Meningspeiling

Is u geregistreer as kieser by die VVK ?
 

Wie is aanlyn

We have 4 guests online

Inteken vorm



Welkom in Bravoland
Bravoland Kersaksie 2009 PDF Print E-mail
Written by Christa   
Friday, 05 February 2010 09:20
Ná maande se beplanning, kopkrap en baie gebede, kon Bravoland Volkshulp** in samewerking met die Afrikaanse Protestantse Kerk ‘n grootse Kersaksie loods by Lochvaal Deurgangshuis*. Die aanvanklike idee was om net ‘n Kersgeskenkie aan elkeen van die inwoners, wat met die basiese dinge in die lewe moet oorleef, te kan gee -- iets spesiaals in ‘n baie spesiale tyd van die jaar. Met die restant van die ingesamelde geld het ons kruideniersware gekoop om die inwoners se las te verlig. Daarmee saam het die besef gekom dat ons juis in hierdie spesiale tyd ook na hierdie mense se geestelike voedsel moet omsien. Op ons versoek het die Gemeenskaplike Kerkekommissie (GKK) van die Afrikaanse Protestantse Kerk vyftig Bybels geskenk. Dit was ongelooflik om te aanskou hoedat hierdie Bybels ontvang is deur die mense en hul opregte dankbaarheid om ‘n eie Bybel te kon besit.

Hoe nader die 13deDesember gekom het, hoe belangriker het dit geword dat ons ons beoogde bedrag sou insamel. ‘n Anonieme persoon het ‘n belofte gemaak dat hy/sy die ingesamelde bedrag tot maksimum van R10 000 sal verdubbel. Ons was maar skepties of ons ons doelwit sou haal, want die meeste wat ons nog op een slag kon insamel, was R9000 en dit was reeds ‘n besondere bedrag.  Slegs ‘n paar dae voor die aksie, haal ons die R10 000-kerf met groot gejuig en diepe dankbaarheid teenoor elke skenker, maar meer nog teenoor ons hemelse Vader. Dit het beteken dat ons R20 000.00 gehad het om geskenkies vir elkeen individueel asook ‘n goeie voorraad kruideniersware kon aankoop vir Lochvaal se mense.

Op 13 Desember 2009 het ‘n klompie Bravolanders koers gekies na Vanderbijlpark met twee sleepwaentjies tot boordens toe gelaai met die kruideniersware en in die kattebakke die geskenke. Ná ‘n erediens gelei deur ds. Adri van Staden, wat ook namens die AP Kerk die Bybels oorhandig het, het elkeen, van die kleinste kleintjie tot die oudste inwoner ‘n geskenkie gekry. Daarna het ons almal saam vleis gebraai, so reg in die Afrikanertradisie.

Met die terugrit huis toe was ons gemoedere vol nadenke en ootmoed.  Ons het besef dat ons werklik nog baie rede het om voor dankbaar te wees.

*Lochvaal Deurgangshuis te Vanderbijlpark is ‘n veilige hawe vir hulpbehoewende blanke Afrikaners.  Mev. Sally Bruwer en haar man het dit reeds sowat 23 jaar gelede begin uit ware liefde vir hul minder bevoorregte volksgenote, omdat hulle toe reeds die nood onder blankes begin raaksien het. Vandag sorg hulle vir meer as sewentig persone, waarvan die ouderdomme wissel van drie maande tot hoogs bejaard. Elkeen het sy plig op die lappie grond en geeneen sal versorging ontvang as daar nie hande uit die moue gehaal en gewerk word nie. Hulp word ook verleen om vir diegene wat kan, weer werk te vind. Hulle probeer hard om weer menswaardigheid aan hierdie mense terug te gee, ‘n taak wat besonder baie van ‘n mens vra. Skenkings en welwillendheid van die omliggende boere en ander welmenendes is waarvan Lochvaal Deurgangshuis afhanklik is.
 
Die Doel van die Afrikanerfront PDF Print E-mail
Written by Ben   
Tuesday, 05 May 2009 18:21

Afrikanerfront

Die doel is die herstel van die Afrikanervolk se vryheid in ‘n eie soewereine staat. Ons wil dit bereik deur:

 

(a)  vryheidsgesinde Afrikaners in eendragtige optrede ter bereiking van dié doel saam te snoer.  Die optrede behels alle geoorloofde middele wat die bereiking van dié ideaal bevorder, insluitende ordelike versetoptrede teen handelinge van die regime of enige ander instansie wat hierdie ideaal onderdruk, teenstaan of misken

 

(b) saamwerkende volksorganisasies te ondersteun sonder inperking van elkeen se outonomie.

Last Updated on Thursday, 07 May 2009 22:03
 
Oranje Tuindienste PDF Print E-mail
Written by Ben   
Monday, 30 November 2009 14:05

 

30 November 2009

 GEAGTE VOLKSGENOOT 

Dit is vir ons ’n groot voorreg om hierdie skrywe aan u te rig om ons besigheid aan u bekend te stel.   Vanaf 1 Desember 2009 gaan Oranje Tuindienste aan die volgende gebiede hul dienste kan lewer :

·         Hele Pretoria gebied

·         Verwoerdburg

·         Kleinfontein

·         Rayton

·         Cullinan

·         Bronkhorstspruit

 Die dienste wat gelewer kan word sluit die volgende is:

·         Sny van grasperke

·         Sny van rante

·         Versorging van blombeddings

·         Verwydering van dooie blare

·         Vee van plaveisels en stoepe

·         Aanwend van onkruiddoder op versoek

·         Verwydering van tuinvullis

·         Snoei van bome en struike

·         Verwydering van ongewenste bome

·         Enige ander versoek in verband met u tuin

Die bogenoemde dienste kan op ’n weeklikse diensbasis gedoen word, maar ook eenmalig. Oranje Tuindienste gaan besigheid doen op bepaalde beginsels.  Die belangrikste is dat Oranje Tuindienste SLEGS van Volkseie arbeid gebruik gaan maak.  Ons is ook trots om te sê dat Oranje Tuindienste net in Afrikaans gaan besigheid doen. Skakel ons gerus vir ’n gratis kwotasie.  Oranje Tuindienste staan gereed om vir u tot diens te wees! 

 U kan direk vir die skrywer skakel by 082 737 6325. 

  Die uwe  

 

 Johan Beyers

Last Updated on Monday, 30 November 2009 14:11
 
HIER KOM ’n DING ! PDF Print E-mail
Written by Clem de Klerk   
Friday, 05 February 2010 09:01

Iemand vra onlangs wat is die moontlikhede wat 2010 vir Suid-Afrika inhou. Hoe meer jy daaroor nadink, hoe groter word die verskeidenheid van moontlikhede. Hoe vinniger die dae verby vlieg, hoe groter is die uitdagings wat omskep moet word in geleenthede. Hier is ’n paar moontlikhede wat ons te wagte kan wees in 2010:   

Ons weet dat die sokkerspul die media en veral die kykkassie sal oorheers. Dit sal ook nie soos in die westerse idioom wees nie. Dit sal beslis in afrikastyl plaasvind. Groot geraas, vreemde klanke en geure sal die Westerling tot die uiterste beproef. Die volksvreemdes se prestasies (indien enige) sal aan die groot klok gehang word, en kykers sal siek en sat word vir die bykans ewigdurende pogings om dié sogenaamde sukses te beklemtoon. Die nederlae en verleenthede sal verswyg word in die mate wat dit moontlik is.- Maar dit is nie waar dinge eindig nie. Die duisende bykomende voertuie op die reeds oorvol paaie, gaan elke vverantwoordelike Westerling se geduld tot die uiterste beproef.- Woonplek en speelplek sal sinnoniem word. Afrika se mense gaan sommer die nuwe stadions inwy met geraas en breek en steel, en word dit sommer slaapplek en as dit kan, die plakkerskamp van môre.  Miskien is dit juis die rede waarom die balskoppers nie die kaarjies verkoop kry nie. Gelukkig is dit die minder goeie deel – daar is ook die slegter deel van die saak.                   

 Diegene wat dink hulle gaan geld maak en vinnig ryk word uit die geskop en kamma-kamma spelery, moet weer dink. Ja, natuurlik gaan die dwelmsmouse en prostitute ’n bykomende klientebasis vind. Hier en daar gaan ’n drankwinkel sy winste geniet. Diegene wat hulle huise verhuur gaan aanvanklik lag in die gesig van sy bankiers – tot die skades bymekaar getel word  en wie laaste lag, gaan die lekkerste lag…… Maar daar is nog ’n ander kant – die kant van ons volk, wat ander moontlikhede inhou:                    

Dinamiese groei in ons volksekonomie  ons Oranjekas, ons oranje sakekamers, ons Oranje sake Instituut, ons volkseie skole, die Afrikanerfront, en elke lidorganisasie.                   

 Ons moet nog harder werk om ons volksregistrasie deeglik gedoen te kry.   Ons moet nog ons lewens verander sodat ons in ootmoed sal leef en werk. As sekere elemente nou begin om vanuit swart geledere hul eie land op te eis, dan sal die Afrikanervolk nie huiwer om op besondere wyse, binne die internasionale spelreels, ook sy eise stel ten einde weer ’n vrye volk in eie land te wees. 2010, eenhonderd jaar na Uniewording, word dalk die draaipunt in ons stryd om vryheid. Bravolanders sal hulle deel doen, deur woord en daad, want die vryheid van ons volk is nie goedkoop nie  en daarom mag ons nie toelaat dat ander dit goedkoop maak nie. Hier kom ’n ding !

Last Updated on Friday, 05 February 2010 09:10
 
Moenie van die uitsondering die reël maak nie PDF Print E-mail
Written by Radio Pretoria   
Thursday, 19 November 2009 07:08

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php

 Wanneer ‘n volk, of dan ten minste ‘n kerngedeelte van die volk, namens die passiewe res van die volk ‘n vryheidstryd voer, word sekere opofferings en offers gevra. Ongelukkig is dit so dat dit die klein groepie vasberade idealiste en diegene met die visie van vryheid is, wat daardie offers bring, ook namens die passiewe res van die volk, terwyl daardie passiewe deel van die volk wel uiteindelik die voordeel daaruit gaan trek. Dit was so in die verlede, dit is so in die hede, en in die toekoms sal dit netso gebeur.

Mense wat vanuit Europa vertrek het in die sewentiende eeu, was die klein groepie wat sterk gevoel het oor byvoorbeeld geloofsake, en het daarom na Suid-Afrika gekom. Die Groot Trek, was in wese ‘n trek van ‘n minderheid van die Kaapse bewoners van daardie tyd. Die meerderheid het hulle die verdrukking en vertrapping van die Engelse laat welgeval. Dit was slegs ‘n handjievol Boere wat so sterk oor hulle vryheid gevoel het, dat hulle die lang pad na iewers waar aangepak het. Maar dit was daardie handjievol wat die geskiedenis van hierdie land onherroeplik in ‘n bepaalde rigting gestuur het. Maar dit was ook daardie handjievol wat bereid was om aanvanklik verguis en bespot te word deur die agterblywendes. En dit was daardie handjievol wat die offers gebring het: wat alles agtergelaat het, die ontberings getrotseer het, en wat deur die barbare vermoor is by ‘n Weenen en Bloukrans.

Read more...
 
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>

Page 1 of 10