Header image alt text

Welkom in Bravoland

Uit die Volk , vir die Volk

Slinkse linkses

By Clem de Klerk
Filed Under Uncategorized  | | No Comments»

LIBERALISTE REGEER

 

Dit is alom bekend dat die grootste deel van die wêreld deur liberaliste regeer word. In enkele gevalle is ’n behoudende konserwatiewe regering aan bewind. Oor dekades, dalk oor eeue heen, is daar ’n stryd tussen konserwatisme en liberalisme.

In die geledere van ons volk bestaan hierdie stryd sedert die koms van Van Riebeeck in die dae toe die Vryburgers weerstand probeer bied het teen die liberale neigings van daardie tyd.

Nader aan die hedendaagse is die stryd wat voor 1994 geduur het – toe die konserwatiewes op die punt gestaan het om die regering te word, maar die liberaliste, getrou aan hulle werkswyse, het met verneukery die volk op ’n dwaalweg laat beland en uiteindelik die mag oorgegee aan die kommuniste. Dit is vandag in die volksmond bekend as die FW de Klerk-verraad. Broederbonders het die NP struktuur gebruik om die oorgawe sonder haakplek te bestuur.

Wat kenmerkend is van die werkmetodes van die linkses, is die vermoë om die waarheid nek om te draai. Wanneer linkses aangekla en beskuldig word van ’n beleid wat afstuur op oorgawe, dan word dit heftig ontken en word daar selfs bewyse voorgehou om die teendeel te bewys. Ons onthou mos die eie skole, woonbuurte en ’n Grondwet wat almal beskerm…..

Nou sien ons iets in die kleine wat hom herhaal. Vêr linkses doen hulle voor as behoudendes en vorm vandag die segsmanne binne die eens pragtige volksradio. Klagtes word summier geïgnoreer want dit is onvanpas om te kla. Links-liberales word dié wat koers aandui saam met ander wat permanent-tydelik of tydelik-permanent baasspeel. Tot gister was hulle te lafhartig om deel van die stryders te wees, maar toe die Radio ’n vyfjaar lisensie bekom, word die aas net te aantreklik.

Een “nuweling” is bekend daarvoor dat hy ’n weersin het in alles wat konserwatief is, maar hou deesdae sy lyf amper-Boer omdat dit hom pas. Hy het ’n voorliefde vir Neger sangers en kan nie genoeg melding maak van sy swart sport helde nie. Hy kla oor die toestande in die land,  maar het tog gestem vir die nuwe bedeling. Hy is vêr-links en ’n opperste liberalis en eintlik ’n DA mannetjie.

Nie een van hierdie twee jafels is ondersteuners van die stryd om volksvryheid nie – een van hulle het inderhaas geregistreer by die VVK  toe hy agterkom hy gaan in ’n blik gedruk word. Die ander een probeer om die DA se belange te bevorder by die Radio …. en so, stap vir stap, liberaliseer hulle die struktuur totdat die luisteraars (te laat) agter die waarheid kom. Luister na die nuuskommentaar – dit is nie meer volksgerig nie en dit is duidelik dat die skrywers daarvan opdrag gekry het. Daar is natuurlik ook die kêrel wat by ’n vorige geleentheid weg gedros het toe hy verneem dat hy dissiplinêr verhoor gaan word weens sy liederlike geaardheid. Deesdae laat hy mense heerlik lag vir sy sopraan stem as hy opgewonde raak oor kleinighede….

Konfronteer die direksie of bestuur en alles word ontken – soos die NP van weleer, sal daar selfs bewyse voorgehou word om die teendeel te probeer bewys. Effektief word daar intelligente argumente gebruik om van konserwatiewes ontslae geraak en word ’n paar swakkelinge in plek geplaas sodat geen weerstand ondervind word nie.

’n Klompie linkse direkteure het ander direkteure met ’n geld-geelwortel betower en is hulle op een na, deesdae in hulle noppies met die nuwe linkse rigting…….

Dit is jammer dat die goeie werk van byna twee dekades so gou tot niks gemaak kan word. Dit is egter niks nuut nie. Dit neem mens terug na die slinkse wyse waarop Volkskas gekaap is en in die hande van die Britte beland het. Nou, na baie swoeg en sweet kom ’n koöperatiewe instansie op die been om daardie funksie oor te neem in belang van ons volk.  Dan wonder jy hoe lank daardie nuwe instelling, Oranjekas, in die hand van die volk gaan bly voordat ’n bepaalde veelrassige vakbond ook hier sy lang seekat arms gaan vou om dié instelling –  soos wat hulle met die Radio gedoen het.

Na buite, steeds ontkennend dat hulle links-liberaal is, ontkennend dat hulle kapers is, ontkennend dat hulle net kulturele vryheid ondersteun, stoomroller die veelrassige vakbond voort en sleep die direksie met hulle saam….. . Hierin speel mense wat as konserwatief behoudend geag word, ’n beduidende rol – direkteure wat nou hulle ware kleure wys sit ewe vroom tussen die opperste liberaliste – en alle waarskuwings en beskuldigings wat teen hulle ingebring word, word ontken.

Om jou te beïnvloed, speel hulle vir jou Bok se De La Rey en boeremusiek…….

So regeer die liberalis – hy verdeel om te heers – en hy heers om opponente te verdeel…….

AfriForum ís skaam vir Volkssimbole

Graag reageer ek op die brief “Vlag-bullebakke pla AfriForum Jeug” van  Charl Oberholzer van AfriForum en Ditsem van Pretoria se “Misbruik maak AfriForum skaam.”

Chris Stapelberg slaan die spyker op die kop as hy sê dat AfriForum hulle skaam vir die vierkleur. Met ’n lang relaas verduidelik Charl van brandewyn suipende rand figure wat die vierkleur in die verlede misbruik het en dat dit die rede is hoekom AfriForum hulle daarvoor skaam. As Chris homself mos gedra het, sien ek geen probleem daarmee dat die vlag vertoon word nie.

Sou AfriForum dieselfde opgetree het as iemand die vlag van die nuwe Suid-Afrika vertoon het? Dis nou die vlag wat misbruik was in die onlangse verlede deur ’n  klomp stakende, barbaarse, sorghumbier suipende, buiteband brandende, hiper-linkse randfigure.

As AfriForum hulle skaam vir alles wat in die verlede misbruik is, moet geen van hulle lede Loftus bywoon en vir die Bulle skreeu nie, want in die onlangse verlede was daar ook ’n klomp brandewyn suipende manne wat hulself vieslik gedra het na ’n rugby wedstryd en dit terwyl hulle Bulle rugbytruie aangehad het.
Hierdie tipe verskoning van AfriForum se verhindering van Chris om sy ruiker neer te lê grens aan die belaglike.

Die feit meneer Oberholzer en Naamloos, is dat die volk uit baie uiteenlopende persoonlikhede en opvattings bestaan. Daar is nog ’n menigte van ons wat ons nie skaam vir die vierkleur of enige ander volkssimbool nie. Let asseblief op dat alhoewel hierdie simbole geskiedkundig is, is dit volkssimbole en dus volksbesit.
Veral die ou Boere Republiekvlae is verpolitiseer en was nog altyd, of die jonge heer daarvan hou of nie. Hierdie vlae verteenwoordig ’n republikeinse strewe, wat nog altyd by ons volk teenwoordig was. As ek dus kon besluit, sou geen persoon wat nie so strewe het, die reg hê om enige Boere Republiekvlag te vertoon nie. Maar die besluit is nie myne om te maak nie…

Wie kan dan ook besluit wie ultra-regse woelgeeste en willewragtigs is, of wie hiper-liberalistiese banksitters en niksdoeners is?

Alwyn de Klerk
Nasionale Sekretaris Verkennersbeweging van Suid-Afrika

Lewer gerus hier kommentaar

Kers en Nuwejaarsboodskap

By Redakteur
Filed Under Bravoland  | | No Comments»

Nog ’n jaar het verbygesnel. ’n Jaar wat gevul was met vele hoogte en laagtepunte in ons ou volkie se geskiedenis.

Seker die grootste gebeurtenis in ons onlangse geskiedenis was ongetwyfeld die VVK se verkiesing waar ons volk ’n eie volksraad aangewys het. Dit was ’n verkiesing waar vele Bravolanders hulle volle gewig by ingegooi het om volksvryheid ’n werklikheid te maak. Bravolanders was te sien as hoof kiesbeamptes, kiesbeamptes en selfs kandidate. Daar kan met trots vertel word dat daar selfs ’n Bravolander op die uiteindelike verkose volksraad is.

Daar was egter ook die teenpool. Verraad is gepleeg. Die volk se draadloos is verkwansel vir dertig sikkels silwer. Net die tyd sal leer of die skade ongedaan gemaak kan word. Dit sal deeglike beplanning, onophoudelike werk en toegewydheid verg. Gelukkig is dit iets wat deel is van ons volk se wese.

Ook moes ons die slegte nuus hoor van ’n Bravolander wie se seuntjie in ’n frats ongeluk oorlede is. Die rou seer lê nog vlak in die gemoed. Ons as Bravolanders wil ons innige meegevoel weereens aan Ds. Martin en sy gesin toewens. Ons as mense kan maar nie veel sê of doen behalwe om op ons knieë die nodige troos van die Here vir die gesin toe te bid nie. Veral hierdie tyd van die jaar is besonder moeilik en  geliefdes word geweldig gemis.

Daar is in ons volk se geskiedenis ook vele hoogte en laagte punte. Met die genade van ons Hemelse Vader het ons altyd beter en sterker ander kant uitgekom.

As God  nie ’n skeppingsplan met ons volk gehad het nie, kon ons so maklik al by Bloedrivier ’n doodslag toegedien gewees het. As die meeste van die trekker mans hier gesterf het, sou die res van die laers redelik weerloos gelaat gewees het. Maar voor die genade hier aan die volk bewys is, moes daar ’n Weenen en ’n Bloukrans ook gewees het.

Nie veel later nie, is die skande van die hys van die Union Jack in Pretoria sonder ’n enkele skoot of opstoot deur die volk. Dieselfde volk wat deur die genade weer die oorwinning by Majuba gesmaak het.

In die tyd van die jaar kan ons gerus die genade herleef en die seëninge tel wat ons as volk, maar ook ons as individue, altyd deur ons lewens ontvang van ons Vader in die hemel. Oor so paar dae herdenk ons ook die geboorte van ons enigste Verlosser. Die grootste Genadegawe wat nog ooit aan ons geskenk is.

Mag elke Bravolander hierdie Kersfees herdenk as ’n ware Christusfees. Die belangrikste hier is nie die geskenke wat ons ontvang of gee nie. Ook nie die tyd wat ons saam met die families spandeer nie. Mag ons elkeen vir ons kinders en kleinkinders ten volle inlig oor hoekom Kersdag belangrik is. Moet nie die kinders mislei met die media se storietjies oor vet ouens met lang baarde nie. Vertel hulle eerder van die krip, die wonder van die maagdelike geboorte en die uiteindelike kruis. Leer van genade en vergewing van sondes.

Ook vir die nuwe jaar is my wense dat elke Bravolander ook die liefde van ons God sal ervaar. Maar my bede is nog groter dat ons volk weer Godvresendheid sal ervaar. Waar ons Here ’n Here van liefde is, is hy ook ’n God van toorn. Ons ontvang genade, maar ook straf uit dieselfde Gods hand. Waar ons geseën word, word ons ook gestraf. Die Here gee dan self vir ons die voorskrif in die woord dat ons ons kinders moet tugtig. Hy sal nooit een ding sê en ’n ander doen nie.

Ek wil ook die Here se seën oor ons kuberstaat bid. Mag hy gee dat ons op die blad, maar ook in ons eie lewens God eerste sal stel. Dat ons geen kompromieë sal aangaan as dit by ons Godsdiens kom nie. Dat ons in ons daaglikse doen en late altyd eers ons woorde en aksies sal meet aan Gods woord.

Laat 2012, waar deur vele sogenaamde kenners en waarsêers die einde van die wêreld voorspel word, ons God se grootheid sal sien. Dat die wêreld sal besef dat niks vir ons God te groot is nie. Ook dat ons God homself nie laat voorskryf nie.

Groete,

 

 

Alwyn de Klerk

Staatspresident: Bravoland

Bravoland uitreik 2011

By Alwyn
Filed Under Bravoland  | Tagged With: , , , | | No Comments»

Goeie dag Bravolanders,

Dit is weer die tyd van die jaar waar almal bakhand staan. Ek het begrip vir mense wat al moeg is as daar gevra word vir geld, maar hier by Bravoland doen ons dit darem nie te dikwels nie.

Vir die afgelope drie jaar onderneem Bravoland ‘n uitreik aksie na Tannie Sally se Deurgangshuis in die Vanderbijlpark omgewing. In 2009 het die aksie besonder goed verloop en was daar meer as twintig duisend rand ingesamel. Dit het ons gehelp om ‘n groot aksie te loods. Daar is kos, ‘n bees wat geskenk was, kersgeskenke en Bybels aan die persone wat hier tuisgaan gegee. Daar is ‘n kerkdiens gehou deur Bravoland se eie dominee waarna die Bybels oorhandig is.

My hoogtepunt van die dag was toe daar kersgeskenke aan die inwoners uitgedeel was. Om te sien hoeveel ‘n kind ‘n twintig rand se geskenkie waardeer, het menige Bravolanders ‘n traan in die oog besorg. Veral omdat ons soms ons eie kinders oorlaai met geskenke, maar daardie nietige geskenkie is al wat daardie kind gaan kry.

Na die aksie het Bravolanders ook heerlik saam met die inwoners gekuier en gebraai.

Verlede jaar se aksie was minder suksesvol. Dit was ook moelik om ‘n geskikte dag te identifiseer vir die uitreik. Op die einde het ons net ‘n vinnige kuier ingekry. Ons was egter in tyd vir die kleintjies se ontbyt en kon meemaak hoe hulle aan hul pap smul. Een van die kindertjies kon ek dadelik onthou. Hy het die vorige jaar se kerkdiens in my wederhelf se arms  meegemaak.

Hierdie keer was daar egter nie ‘n ekstra geldjie vir geskenke nie en het ons net kos en klere afgelaai….

Wat my hierdie keer aan die hart gegryp het, is die Boere trots. Hierdie mense wat nie veel het nie, wou ons nie met lee hande wegstuur nie. Hulle het van hulle kosbare spinasie wat hulle self in ‘n tonnel verbou met ons saam gestuur.

Die rede hoekom ons Tant Sally se plek gekies het, is omdat sy dit met ‘n ysterhand regeer. Hierdie is nie ‘n plek vir sleg wees nie en almal wat daar bly moet werk. Of dit buite of op die perseel self is. Hierdie is mense wat gehelp wil word om weer op die been te kom en selfonderhoudend te wees. Hier is almal volkseie.

Ek weet die ekonomie druk, maar sal jy lekker kan smul aan ‘n kersete as jy nie ‘n ander gehelp het nie? Hoeveel gee vir hul kerke se uitreik aksies waar die meeste na volksvreemdes gaan?

Kyk na die gesiggies van die kinders hieronder wat verlede jaar geneem is. Besluit nou of jy kan gee of nie. Elke bietjie sal help, hoe min ookal.

Naam:          Oranjekas

Bank:          Standard Bank

Tipe:          Tjek

Rek nr:            271240490

Takkode:          010545

Verwysing:     0133576533

Die verwysingsnommer is baie belangrik as ‘n betaling gemaak word.

Kersgroete,

Alwyn de Klerk

 

 

Die vraag of ’n gelofte wat deur ons voorouers 173 jaar gelede gemaak is, vandag nog bindend is vir hul nageslag, word al meer gevra. Uiteraard kwel die vraag veral diegene wat nie sterk voel oor die hedendaagse nakoming van die 1838-Gelofte nie. Om die vraag bevredigend te beantwoord, verg deeglike begronding van die bindingskrag van ’n sg. “mensgemaakte” gelofte.

 

Geen ligtelike saak
’n Gelofte kan nie gemaak word sonder dat daar vooraf ernstig in gebed met God geworstel is nie. Dit is geen ligtelike besluit om ’n gelofte af te lê nie. Dit is nie toelaatbaar om agterna om kwytskelding te pleit op grond daarvan dat dit ’n vergissing (Pred. 5:5) was nie! Eers nadat daar sekerheid is dat die situasie menslik gesproke onredbaar is, mag die hulp van die Here gepaardgaande met ’n gelofte, oorweeg word. Nogtans mag die gelofte nie afgelê word met die heil of uitkoms van die mens as hoofdoel nie, maar die eer van God moet die primêre motief daaragter wees. Indien hierdie vereistes nagekom is, kan daar nie meer sprake wees van ’n mensgemaakte gelofte nie – dit is dan die wil van die Here dat die gelofte afgelê word. En dit bring mee dat so ’n gelofte met Goddelike gesag beklee word. Al het die aanvanklike inisiatief vir die aflê van die gelofte oënskynlik van die mens se kant af gekom, moet besef word dat hierdie optrede van die mens deur die Gees van God gewerk is. Derhalwe vind dit plaas binne sy wil en beskikking en bly Hy die Inisieerder van alle godsdienstige handelinge. Die nakoming van ’n gelofte is dan nie langer ’n vrywillige saak nie.

Bybelse gebruik
Die aflê van geloftes kom dikwels in die Bybel voor – veral in die Ou Testament. Verreweg die meeste van hierdie geloftes bind net die maker daarvan sonder om ander mense te impliseer. Dikwels is die vervulling van Bybelse geloftes bloot die bring van beloofde offers (gelofte-offers – Lev. 7:16; Lev. 22:21 – 23; Núm. 15:3, 8; Deut. 12:6, ens.). Hierdie geloftes is gewoonlik afgelê met die oog op ’n geseënde oes, ens.

Daar is slegs enkele geloftes in die Bybel wat wel ander mense impliseer en dié geloftes verdien ons aandag.

Mense aan die HERE gewy (Lev. 27:1 – 8 )
Daar was ’n baie ou gebruik in Israel dat iemand wat regtig ernstige nood gehad het, homself of ’n lid van sy huishouding in ’n gelofte aan die HERE kon wy indien die HERE hom sou red. Hiervan is Hanna se wyding van Samuel sekerlik die bekendste voorbeeld (1 Sam. 1:11). Dit het dan beteken dat iemand ’n ander persoon kon aanwys wat dan volledig in diens van die HERE in die vorm van tempeldiens sou staan. As die persoon nie volgens die voorgeskrewe reëls losgekoop kon word nie, sou hy of sy lewenslank aan hierdie gelofte gebind bly. Dit is dus nie ongehoord dat een persoon of groep persone ander persone met ’n gelofte kan impliseer nie. Die feit dat ons voorouers ons aan die Gelofte gebind het sonder dat ons ’n keuse daarin gehad het, onthef ons nie van die verpligting om dit na te kom nie.

Jefta en sy dogter (Rigt. 11:30 – 36)
’n Mens sou sekerlik kon sê dat Jefta se gelofte om die eerste persoon wat hom tegemoet kom uit sy huis by sy terugkeer ná die oorwinning, aan die HERE te offer, roekeloos was. Daarmee het hy sonder om te weet wie dit sou wees, iemand anders betrek by sy gelofte. Toe die volle implikasie van sy gelofte hom tref, was hy verpletter (v. 35). Wat egter opval, is die feit dat dit juis sy dogter, die geïmpliseerde, is wat by hom aandring om sy gelofte te hou (v. 36). Die feit dat sy aanvanklik geen deel gehad het aan die aflê van die gelofte nie, het haar nie vrygestel van die gevolge daarvan nie.

Dit blyk dus dat ’n gelofte wel ’n verpligting of verantwoordelikheid op ander mense as diegene wat dit aflê, kan plaas. Wat derhalwe inhou dat die nageslag van die Boere wat die 1838-Gelofte afgelê het inderdaad onder die verpligting staan om die gelofte te hou.

Veronderstelde geloof
Die Boere wat die Gelofte aanvanklik afgelê het, het tiperend van hulle voorouers sedert die volksplanting, streng gereformeerde en protestantse geloofsoortuigings gehuldig. Dit beteken dus dat hulle groot waarde aan die verbond geheg het. Daarom het hulle uitgegaan van die veronderstelling dat hulle nageslagte steeds die geloof in die Drie-enige God sou huldig. Omdat verbondsouers by die doop belowe om hulle kinders “in hierdie leer” te onderrig en laat onderrig, behoort die nageslagte tot in die verre toekoms steeds “in hierdie leer” te bly. Solank as wat dit dan inderdaad die geval is, behoort daar geen onsekerheid te bestaan oor die vraag of die nageslag inderdaad aan die Drie-enige God die dank en eer vir die oorwinning moet bring nie. So beskou, word die Gelofte as ’t ware ingemessel in die verbond in – spesifiek t.o.v. die nageslag van diegene wat die gelofte afgelê het en almal wie se toekoms deur die uitkoms daarvan geraak is. Die Gelofte word deel van die godsdienstige erfenis wat kragtens die doopb(g)elofte voortgedra moet word van geslag tot geslag.

Geloftes maak skuld (Pred. 5:3 – 6)
Iemand wat ’n gelofte aan die Here maak, plaas homself daarmee onder die verpligting om dit na te kom. So iemand maak as ’t ware skuld by God – wat vereffen móét word. Hy beskou die minagting van geloftes asof so iemand met Hom die spot probeer dryf – vandaar die onbedekte waarskuwing in vers 5: Waarom moet God toornig word oor jou en die werk van jou hande verwoes? Hierdie is harde woorde, want dit beteken dat God inderdaad dit wat jy van Hom gevra het met die gelofte en wat Hy dan aan jou geskenk het, weer van jou kan wegneem! Ontrou jeens ’n gelofte bring mee dat die aanvanklike genade van God omgekeer word in die openbaring van sy geregtigheid – seën word omskep in oordeel! Die voortbestaan van ’n volk kan omskep word in sy ondergang! Die oorwinning van Bloedrivier kan ongedaan gemaak word deurdat dieselfde magte wat aanvanklik die nederlaag gely het, as oorwinnaars na vore kom. Die implikases daarvan vir ons is te afgryslik om selfs te bedink.

Geloftes en Christus
Hoewel ons nie lees van baie  geloftes in die Nuwe Testament nie, weet ons tog wel dat Paulus een of ander gelofte afgelê het (Hand. 18:18) en dat minstens vier manne die Nasireër-gelofte afgelê het (Hand. 21:23). Jesus Christus se vervulling van die wet het dus nie die aflê van geloftes opgehef of nutteloos gemaak nie. Daar kan hoogstens gesê word dat geloftes wat deur Christene afgelê word ’n verdere dimensie by dié van die Ou Testament kry. Dit sal dan wees dat geloftes afgelê word in die gees van afhanklikheid van die verlossing wat Hy aan die kruis gebring het en na die voorbeeld van liefde en gehoorsaamheid wat Hy kom stel het. Daarby het Hy deur die oorwinning oor die sonde dit vir ons moontlik gemaak om ook by die aflê van geloftes ons hemelse Vader te dien. Dankbaarheid vir die bevryding van die oordeel van God voeg dan die eis van dankbaarheid by die motivering om ons geloftes te betaal – ook die Gelofte van 1838.

Geloftevolk en verbondskerk
Uiteindelik bring dit ons by die vraag wat die onderhouding van die Gelofte dan vir ons as kerkverbande en volk inhou. Omdat die Gelofte ingebed is in die ontstaansgeskiedenis van die Christelike gereformeerde kerke onder ons volk, kan ons ons nie losmaak van die vervulling daarvan sonder om ons wese en die eer van God geweld aan te doen nie. Net soos wat ons ons kinders binne die verbond grootmaak met die verbondsgeskiedenis as inhoud, moet ons hulle ook grootmaak met die begronding van ons ontstaansgeskiedenis daarby. Die nakoming van die Gelofte van 1838 verbind ons aan ons wortels op Afrika-bodem en bevestig die uniekheid van God se handelinge met ons as volk.

Ons het derhalwe geen keuse in hierdie saak nie – ons is deur die Gelofte self gebind tot die huldiging daarvan in ons geslagte. Die feit dat die Geloftevolk vandag verkneg is en die voorreg om dit amptelik te vier, ontneem is, mag dalk in verband gebring word met die ontering van die Gelofte. Is die sege van die Christelike beskawing oor die heidense barbarisme in 1838 en daarna nie geleidelik besig om ’n wending met die teenoorgestelde uitslag te neem nie? Bly daar vir ons enige iets anders oor as om weer met eerbied en dankbaarheid die Gelofte te herdenk en weer God se eer sentraal te plaas in alles, en om daardeur herinner te word daaraan dat God nog steeds met ons bemoeienis maak?

Met erkenning aan “Die Boodskapper” , gepubliseer in die Desember uitgawe .