Julius Malema, die ANC se militante jeugleier, se tugverhoor vind Dinsdag die 30ste Augustus 2011 by Shell house, of soos dit deesdae bekendstaan, Lethuli House plaas. Na al die omstrede uitsprake van Malema is dit insiggewend dat hy deur die ANC aangekla word weens sy uitspraak dat hy die Botswana regering omver wil werp. Dit bevestig dat die ANC Malema se nasionalisering planne van myne, banke en plaasgrond steun en ook sy aanhitsing om Boere te vermoor.
Suid-Afrika het onder die ANC in ‘n sosialistiese staat ontaard met sosiale hulp programme vir die swart massas wat deur blanke belastingbetalers gefinansier word. Daar word bereken dat ‘n blanke belastingbetaler 50% van sy inkomste aan direkte en indirekte belasting betaal. Hiervan word meer as 70% uitsluitlik aan swart sosiale programme bestee. Met die beoogde Nasionale gesondheidsprogram gaan die blanke belasting betaler se belastinglas na meer as 50% van inkomste verhoog.
Tog is dit nie die blankes wat in massas in opstand kom nie, maar die swart stemvee aan wie daar beloftes gemaak is wat nie nagekom word nie. Die skuld vir die nie nakoming van beloftes, word dan op die skouers van Apartheid gepak en by implikasie op die skouers van die blankes. Want vir die swart massas is daar geen onderskeid tussen blankes en Apartheid nie. Uitsprake soos die van Desmond Tutu dat blankes welvaard belasting moet betaal, blaas hierdie haat heens blankes net verder aan.
Malema is gevolglik die ideologiese produk van ANC propaganda en nou wil die ANC om verhoor.
Daar word gereken dat Malema se steun al meer as 20 miljoen sterk is, wat beteken dat indien hy hom vir vader Jakob wip, hy wel ‘n kans het om volgende jaar President van die ANC te word en gevolglik President van Suid-Afrika. As dit nie volgende jaar is nie, sal dit wel met die volgende ANC kongres plaasvind. Feit is, Malema sal President van Suid-Afrika word, die vraag is net wanneer.
Ook Zuma behoort dit te besef. Indien hy Malema teenstaan, kan dit ‘n skeuring in die ANC tot gevolg he soos by die ANC se Pietersburg kongres toe Zuma met die hulp van Malema vir Mbeki uit die stoel gelig het en COPE daaruit ontstaan het.
Vir nie een van die twee sal dit tot voordeel wees as die ANC skeur nie en gevolglik kan mens van Malema sowel as Zuma ‘n magsvertoning verwag. Malema se verhoor is so ‘n geleentheid en daar word reeds voorspel dat die jeugliga ingespan gaan word om in massas Malema se mag te wys. Mnr. Kebby Maphatsoe, voorsitter van Umkhonto we Sizwe (MK) se veterane-organisasie, het daarteenoor gesê MK-veterane sal die ANC se hoofkantoor en leiers “met hul lewe” verdedig.
Die tafel is gedek vir konflik. ‘n Tweede Shell House is moontlik, maar onwaarskynlik. Nog die jeugliga, nog MK is vreeslik dapper en kan waarskynlik slegs weerlose oumense wat alleen op plase is aanval. En dit is ‘n groter waarskynlikheid dat Apartheid en by implikasie blankes skuldig bevind sal word by Malema se verhoor.


