Header image alt text

Welkom in Bravoland

Uit die Volk , vir die Volk

Bravoland uitreik 2011

By Alwyn
Filed Under Bravoland | Tagged With: , , , | | No Comments»

Goeie dag Bravolanders,

Dit is weer die tyd van die jaar waar almal bakhand staan. Ek het begrip vir mense wat al moeg is as daar gevra word vir geld, maar hier by Bravoland doen ons dit darem nie te dikwels nie.

Vir die afgelope drie jaar onderneem Bravoland ‘n uitreik aksie na Tannie Sally se Deurgangshuis in die Vanderbijlpark omgewing. In 2009 het die aksie besonder goed verloop en was daar meer as twintig duisend rand ingesamel. Dit het ons gehelp om ‘n groot aksie te loods. Daar is kos, ‘n bees wat geskenk was, kersgeskenke en Bybels aan die persone wat hier tuisgaan gegee. Daar is ‘n kerkdiens gehou deur Bravoland se eie dominee waarna die Bybels oorhandig is.

My hoogtepunt van die dag was toe daar kersgeskenke aan die inwoners uitgedeel was. Om te sien hoeveel ‘n kind ‘n twintig rand se geskenkie waardeer, het menige Bravolanders ‘n traan in die oog besorg. Veral omdat ons soms ons eie kinders oorlaai met geskenke, maar daardie nietige geskenkie is al wat daardie kind gaan kry.

Na die aksie het Bravolanders ook heerlik saam met die inwoners gekuier en gebraai.

Verlede jaar se aksie was minder suksesvol. Dit was ook moelik om ‘n geskikte dag te identifiseer vir die uitreik. Op die einde het ons net ‘n vinnige kuier ingekry. Ons was egter in tyd vir die kleintjies se ontbyt en kon meemaak hoe hulle aan hul pap smul. Een van die kindertjies kon ek dadelik onthou. Hy het die vorige jaar se kerkdiens in my wederhelf se arms  meegemaak.

Hierdie keer was daar egter nie ‘n ekstra geldjie vir geskenke nie en het ons net kos en klere afgelaai….

Wat my hierdie keer aan die hart gegryp het, is die Boere trots. Hierdie mense wat nie veel het nie, wou ons nie met lee hande wegstuur nie. Hulle het van hulle kosbare spinasie wat hulle self in ‘n tonnel verbou met ons saam gestuur.

Die rede hoekom ons Tant Sally se plek gekies het, is omdat sy dit met ‘n ysterhand regeer. Hierdie is nie ‘n plek vir sleg wees nie en almal wat daar bly moet werk. Of dit buite of op die perseel self is. Hierdie is mense wat gehelp wil word om weer op die been te kom en selfonderhoudend te wees. Hier is almal volkseie.

Ek weet die ekonomie druk, maar sal jy lekker kan smul aan ‘n kersete as jy nie ‘n ander gehelp het nie? Hoeveel gee vir hul kerke se uitreik aksies waar die meeste na volksvreemdes gaan?

Kyk na die gesiggies van die kinders hieronder wat verlede jaar geneem is. Besluit nou of jy kan gee of nie. Elke bietjie sal help, hoe min ookal.

Naam:          Oranjekas

Bank:          Standard Bank

Tipe:          Tjek

Rek nr:            271240490

Takkode:          010545

Verwysing:     0133576533

Die verwysingsnommer is baie belangrik as ‘n betaling gemaak word.

Kersgroete,

Alwyn de Klerk

 

 

Die vraag of ’n gelofte wat deur ons voorouers 173 jaar gelede gemaak is, vandag nog bindend is vir hul nageslag, word al meer gevra. Uiteraard kwel die vraag veral diegene wat nie sterk voel oor die hedendaagse nakoming van die 1838-Gelofte nie. Om die vraag bevredigend te beantwoord, verg deeglike begronding van die bindingskrag van ’n sg. “mensgemaakte” gelofte.

 

Geen ligtelike saak
’n Gelofte kan nie gemaak word sonder dat daar vooraf ernstig in gebed met God geworstel is nie. Dit is geen ligtelike besluit om ’n gelofte af te lê nie. Dit is nie toelaatbaar om agterna om kwytskelding te pleit op grond daarvan dat dit ’n vergissing (Pred. 5:5) was nie! Eers nadat daar sekerheid is dat die situasie menslik gesproke onredbaar is, mag die hulp van die Here gepaardgaande met ’n gelofte, oorweeg word. Nogtans mag die gelofte nie afgelê word met die heil of uitkoms van die mens as hoofdoel nie, maar die eer van God moet die primêre motief daaragter wees. Indien hierdie vereistes nagekom is, kan daar nie meer sprake wees van ’n mensgemaakte gelofte nie – dit is dan die wil van die Here dat die gelofte afgelê word. En dit bring mee dat so ’n gelofte met Goddelike gesag beklee word. Al het die aanvanklike inisiatief vir die aflê van die gelofte oënskynlik van die mens se kant af gekom, moet besef word dat hierdie optrede van die mens deur die Gees van God gewerk is. Derhalwe vind dit plaas binne sy wil en beskikking en bly Hy die Inisieerder van alle godsdienstige handelinge. Die nakoming van ’n gelofte is dan nie langer ’n vrywillige saak nie.

Bybelse gebruik
Die aflê van geloftes kom dikwels in die Bybel voor – veral in die Ou Testament. Verreweg die meeste van hierdie geloftes bind net die maker daarvan sonder om ander mense te impliseer. Dikwels is die vervulling van Bybelse geloftes bloot die bring van beloofde offers (gelofte-offers – Lev. 7:16; Lev. 22:21 – 23; Núm. 15:3, 8; Deut. 12:6, ens.). Hierdie geloftes is gewoonlik afgelê met die oog op ’n geseënde oes, ens.

Daar is slegs enkele geloftes in die Bybel wat wel ander mense impliseer en dié geloftes verdien ons aandag.

Mense aan die HERE gewy (Lev. 27:1 – 8 )
Daar was ’n baie ou gebruik in Israel dat iemand wat regtig ernstige nood gehad het, homself of ’n lid van sy huishouding in ’n gelofte aan die HERE kon wy indien die HERE hom sou red. Hiervan is Hanna se wyding van Samuel sekerlik die bekendste voorbeeld (1 Sam. 1:11). Dit het dan beteken dat iemand ’n ander persoon kon aanwys wat dan volledig in diens van die HERE in die vorm van tempeldiens sou staan. As die persoon nie volgens die voorgeskrewe reëls losgekoop kon word nie, sou hy of sy lewenslank aan hierdie gelofte gebind bly. Dit is dus nie ongehoord dat een persoon of groep persone ander persone met ’n gelofte kan impliseer nie. Die feit dat ons voorouers ons aan die Gelofte gebind het sonder dat ons ’n keuse daarin gehad het, onthef ons nie van die verpligting om dit na te kom nie.

Jefta en sy dogter (Rigt. 11:30 – 36)
’n Mens sou sekerlik kon sê dat Jefta se gelofte om die eerste persoon wat hom tegemoet kom uit sy huis by sy terugkeer ná die oorwinning, aan die HERE te offer, roekeloos was. Daarmee het hy sonder om te weet wie dit sou wees, iemand anders betrek by sy gelofte. Toe die volle implikasie van sy gelofte hom tref, was hy verpletter (v. 35). Wat egter opval, is die feit dat dit juis sy dogter, die geïmpliseerde, is wat by hom aandring om sy gelofte te hou (v. 36). Die feit dat sy aanvanklik geen deel gehad het aan die aflê van die gelofte nie, het haar nie vrygestel van die gevolge daarvan nie.

Dit blyk dus dat ’n gelofte wel ’n verpligting of verantwoordelikheid op ander mense as diegene wat dit aflê, kan plaas. Wat derhalwe inhou dat die nageslag van die Boere wat die 1838-Gelofte afgelê het inderdaad onder die verpligting staan om die gelofte te hou.

Veronderstelde geloof
Die Boere wat die Gelofte aanvanklik afgelê het, het tiperend van hulle voorouers sedert die volksplanting, streng gereformeerde en protestantse geloofsoortuigings gehuldig. Dit beteken dus dat hulle groot waarde aan die verbond geheg het. Daarom het hulle uitgegaan van die veronderstelling dat hulle nageslagte steeds die geloof in die Drie-enige God sou huldig. Omdat verbondsouers by die doop belowe om hulle kinders “in hierdie leer” te onderrig en laat onderrig, behoort die nageslagte tot in die verre toekoms steeds “in hierdie leer” te bly. Solank as wat dit dan inderdaad die geval is, behoort daar geen onsekerheid te bestaan oor die vraag of die nageslag inderdaad aan die Drie-enige God die dank en eer vir die oorwinning moet bring nie. So beskou, word die Gelofte as ’t ware ingemessel in die verbond in – spesifiek t.o.v. die nageslag van diegene wat die gelofte afgelê het en almal wie se toekoms deur die uitkoms daarvan geraak is. Die Gelofte word deel van die godsdienstige erfenis wat kragtens die doopb(g)elofte voortgedra moet word van geslag tot geslag.

Geloftes maak skuld (Pred. 5:3 – 6)
Iemand wat ’n gelofte aan die Here maak, plaas homself daarmee onder die verpligting om dit na te kom. So iemand maak as ’t ware skuld by God – wat vereffen móét word. Hy beskou die minagting van geloftes asof so iemand met Hom die spot probeer dryf – vandaar die onbedekte waarskuwing in vers 5: Waarom moet God toornig word oor jou en die werk van jou hande verwoes? Hierdie is harde woorde, want dit beteken dat God inderdaad dit wat jy van Hom gevra het met die gelofte en wat Hy dan aan jou geskenk het, weer van jou kan wegneem! Ontrou jeens ’n gelofte bring mee dat die aanvanklike genade van God omgekeer word in die openbaring van sy geregtigheid – seën word omskep in oordeel! Die voortbestaan van ’n volk kan omskep word in sy ondergang! Die oorwinning van Bloedrivier kan ongedaan gemaak word deurdat dieselfde magte wat aanvanklik die nederlaag gely het, as oorwinnaars na vore kom. Die implikases daarvan vir ons is te afgryslik om selfs te bedink.

Geloftes en Christus
Hoewel ons nie lees van baie  geloftes in die Nuwe Testament nie, weet ons tog wel dat Paulus een of ander gelofte afgelê het (Hand. 18:18) en dat minstens vier manne die Nasireër-gelofte afgelê het (Hand. 21:23). Jesus Christus se vervulling van die wet het dus nie die aflê van geloftes opgehef of nutteloos gemaak nie. Daar kan hoogstens gesê word dat geloftes wat deur Christene afgelê word ’n verdere dimensie by dié van die Ou Testament kry. Dit sal dan wees dat geloftes afgelê word in die gees van afhanklikheid van die verlossing wat Hy aan die kruis gebring het en na die voorbeeld van liefde en gehoorsaamheid wat Hy kom stel het. Daarby het Hy deur die oorwinning oor die sonde dit vir ons moontlik gemaak om ook by die aflê van geloftes ons hemelse Vader te dien. Dankbaarheid vir die bevryding van die oordeel van God voeg dan die eis van dankbaarheid by die motivering om ons geloftes te betaal – ook die Gelofte van 1838.

Geloftevolk en verbondskerk
Uiteindelik bring dit ons by die vraag wat die onderhouding van die Gelofte dan vir ons as kerkverbande en volk inhou. Omdat die Gelofte ingebed is in die ontstaansgeskiedenis van die Christelike gereformeerde kerke onder ons volk, kan ons ons nie losmaak van die vervulling daarvan sonder om ons wese en die eer van God geweld aan te doen nie. Net soos wat ons ons kinders binne die verbond grootmaak met die verbondsgeskiedenis as inhoud, moet ons hulle ook grootmaak met die begronding van ons ontstaansgeskiedenis daarby. Die nakoming van die Gelofte van 1838 verbind ons aan ons wortels op Afrika-bodem en bevestig die uniekheid van God se handelinge met ons as volk.

Ons het derhalwe geen keuse in hierdie saak nie – ons is deur die Gelofte self gebind tot die huldiging daarvan in ons geslagte. Die feit dat die Geloftevolk vandag verkneg is en die voorreg om dit amptelik te vier, ontneem is, mag dalk in verband gebring word met die ontering van die Gelofte. Is die sege van die Christelike beskawing oor die heidense barbarisme in 1838 en daarna nie geleidelik besig om ’n wending met die teenoorgestelde uitslag te neem nie? Bly daar vir ons enige iets anders oor as om weer met eerbied en dankbaarheid die Gelofte te herdenk en weer God se eer sentraal te plaas in alles, en om daardeur herinner te word daaraan dat God nog steeds met ons bemoeienis maak?

Met erkenning aan “Die Boodskapper” , gepubliseer in die Desember uitgawe .

Desember is Afrikaans

By Alwyn
Filed Under Kultuur  | | No Comments»

Deelnemers aan hierdie wondelike geleentheid sal die hele Desember Afrikaans praat, lees en skryf. Gelukkige deelnemers sal ook slegs Afrikaanse musiek luister en slegs na Afrikaanse radio stasies luister.

In winkels is deelnemers in die gelukkige posisie dat hulle kan aandring om in Afrikaans hulle swaar verdiende geld te bestee.

Deelnemers het ook die geleentheid om ondernemings te versoek om amptelik hulle steun aan hierdie wonderlike, vreugdevolle maand te gee.

Nuus oor sulke ondernemings kan op hierdie byeenkomsblad gedeel word!

Laastens onderneem deelnemers om rekord te hou van elke Engelse woord wat ‘n deelnemer in Desembermaand oor sy/haar lippe laat glip en aan die einde van Desember ‘n Rand per woord te skenk aan blanke plakkerskampe. Deelnemers kan ook die skenking aan Bravoland Ondersteuners klub maak, waarvandaan dit gebruik sal word vir ‘n uitreikaksie aan ‘n organisasie wat slegs blankes help.

 http://www.facebook.com/events/229431223790624/

Nuus vanaf die Volksraad

By Ben
Filed Under VVK | Tagged With: | | No Comments»

Nuus vanaf die Volksraad

 Op die 24ste September 2011 het die Volksraadverkiesingskommissie (VVK) se langverwagte Volksraadsverkiesing plaasgevind. Tydens hierdie verkiesing is nege persone tot die Boere-Afrikaner Volksraad verkies: Andries Breytenbach, Abel Malan, Henk van de Graaf, Ben Geldenhuys, Steyn van Ronge, Sakkie van der Merwe, Franz Jooste, Tiaan Theron en Etienne le Roux.

Die nuutverkose Volksraad het op Saterdag die 8ste Oktober 2011 vergader, waartydens ‘n verskeidenheid sake bespreek en besluite oor die belangrike taak wat aan die Volksraad opgelê is, geneem is. Daar is ook tydens hierdie eerste byeenkoms ‘n Dagbestuur saamgestel, bestaande uit Andries Breytenbach (voorsitter), Abel Malan (ondervoorsitter), Henk van der Graaf (sekretaris) en Ben Geldenhuys (finansies).

Op die 10de Oktober 2011 is die Volksraad tydens ‘n glansgeleentheid wat deur die VVK gereël is, ingehuldig. Sedertdien het die Volksraad heelparty administratiewe take gehad om aan aandag te skenk. ‘n Embleem vir die Volksraad is ontwerp en daarmee saam ‘n briefhoof, posbus, webwerf en Bakkiesblad (Facebook). Verder word ‘n gedragskode vir die Volksraad opgestel.

Soos alle aksies het die Volksraad ook fondse nodig en is ‘n Finansiële Komitee in die lewe geroep om ondersoek in te stel na moontlike bronne van fondse en metodes van insameling. Weens die geografiese verspreiding van die Volksraadlede, word die frekwensie van volle volksraadsvergaderings beperk, dog daar word deurlopend met mekaar deur middel van die elektroniese media gekommunikeer, en die Dagbestuur vergader weekliks.

Intussen het die Volksraad ook begin om uitvoering te gee aan die mandaat wat aan hom opgedra is. Die eerste stap was om ‘n Brief van voorneme aan die regime te lewer, waarin laasgenoemde in kennis gestel word van die totstandkoming van die Volksraad en van die Raad se voorneme om ons reg tot selfbeskikking ten uitvoer te bring.

Alle Westerse ambassades en goedgesinde lede van buitelandse regerings sal hieroor ingelig en deurlopend op hoogte gehou word van die Volksraad se pogings om ons volk se selfbeskikking te verkry. Sodoende moet die buitewëreld bewus gemaak word van ons strewe en ‘n gunstige klimaat geskep word. In dié verband is ‘n brief van die Volksraad op Saterdag 5 November 2011 aan Georgië se Minister van Diaspora gegee, wat onderneem het om dit aan die President van Georgië te oorhandig. Daarin word die geadresseerde ingelig oor ons reg op vryheid, die verloop van die verkiesing, en word ook gedagtes gewissel oor moontlike deurlopende kontak met die regering van Georgië.

Die Volksraad het ook besluit dat ‘n Advieskomitee bestaande uit vakkundiges op toepaslike terreine, byvoorbeeld juriste, historici en volkekundiges aangewys moet word om die Volksraad behulpsaam te wees met die formulering van die eis wat aan die regime voorgelê sal word. ‘n Loodsvergadering van die Adviesraad en die Dagbestuur van die Volksraad sal binnekort gehou word.

Die tjankbalies

By Clem de Klerk
Filed Under Bravoland | Tagged With: , , | | 1 Comment»

Die Ruwe Suid-Afrika het miskien nie veel ruimte vir ware vreugde vir die Boere-Afrikaner nie.

Miskien is dit nodig om net weer terugskouend die hele gemors se oorsprong na te gaan.

Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog was daar diegene wat hensoppers en joiners geword het. Hulle het nie geglo in die vermoë van ons volk nie. Hulle het verkies om Engelse te word – eintlik maar net daarin geslaag om hans-kakies te word.

Netso is dit in dieselfde land meer as ’n eeu later. Al verskil is dat ons nou te doen het met die nasate van joiners wat nou ook tjankbalies geword het. Die ou proffie wat nou tjank oor die verengelsing van Stellenbosch se universiteit aktiveer menige helderdenkende se lagspiere.

Die ou proffie tjank oor sy taal – het hy gedink dit gaan anders wees toe hy en sy ander tjankbalies met oorgawe “JA” gestem het.

So tjank die FAK lot, en in die koor van tjankende liberaliste sien jy hulle – broedertjies, die ATKV-lot, en die politieke domkoppe wat nou binne in die DA en ANC beland het omdat hulle traansakkies opgedroog het…..

Toe Boere-Afrikaners hierdie spul hensopper-joiners gewaarsku het teen prokureurtjie FW de Klerk se dommighede, toe word elke konserwatiewe met ’n vloedgolf bangmaakstories gegooi. Die leuens het gewissel van handelsboikotte tot by eie skole – alles om behoudende helderdenkende mense om die bos te lei.

Die een klomp tjank oor Malema; ander oor twee super-luukse vliegtuie wat die filistyne wil aankoop; dan is daar die klomp tjankbalies wat agter die Vakbond skuil en saamdraf omdat kulturele vryheid die mikpunt is. Dit doen hulle omdat die murg soos water geword het en omdat ’n getjank dalk daartoe kan lei dat iemand hulle te hulp sal kom…

Maar soos wat die uurglas vir hierdie liberaliste leegloop, so loop hulle trane weg in die sand van donker Afrika. Niemand gaan hul getjank hoor nie – en as iemand dit dalk hoor, sal dit met die tongklap van ’n filistyn ge-ignoreer word.

Nou tjank elke liberalis oor die filistyne wat dan nou nie mooi maak nie – die filistyne verneuk hulle terwyl dit dan ’n demokrasie moet wees….. en deur dit alles heen word die las net swaarder vir die tjankbalies want hulle het verwag dat die demokrasie se tjeks en balanse mooi sal werk met ’n kamma Grondwet en al.

En die Boere-Afrikaner? Hy lag oor dit alles, met ’n traan in die oog………