Header image alt text

Welkom in Bravoland

Uit die Volk , vir die Volk

Derderangs

By Clem de Klerk
Filed Under Uncategorized  | | No Comments»

Dit is prysenswaardig om te sien dat ’n Derdewêreldse staat pogings aanwend om Eerstewêreld standaarde toe te pas en sodoende uit te styg uit die moeras van versukkeldheid en agterlikheid. Die probleem ontstaan egter as daardie derderangse staat nie die nodige meganismes in plek kry om die Eerstewêreldse standaarde behoorlik staande te hou nie.

 

Daar is talle voorbeelde van hoe state hulle standaarde doelgerig verhoog deur paslike maatreëls te tref. Hier word twee state uitgewys as voorbeelde. Die Verenigde Arabiese Emirate is ’n baie goeie voorbeeld. Alhoewel die land, behalwe vir sy ryk oliebronne, geen ander hulpbronne het nie, is die klein woestynland besig om uit sy nate te bars. Dit word gedoen deur Westerse kundigheid aan te wend op elke terrein van die samelewing. Dit bring mee dat die mees moderne tegnologie aldaar ingespan word om die land tot groot hoogtes te lei.

 

’n Tweede sprekende voorbeeld is Georgië waar die regering ’n geweldige taak het om sy volk uit die moeras van kommunistiese denke te bevry. Om dit te doen, is kundigheid oor die breë spektrum van die land se bedrywe ingebring, en TLU SA het ’n beduidende rol vervul om die landbou van daardie land weer op koers te kry na sewentig jaar van kommunistiese oorheersing.

Vandag is die land aan die opkom as ’n modelstaat wat as voorbeeld kan dien vir elke sukkelende Afrika staat wat net vêrder in die donker dieptes wegsink.

 

Dit bring ons terug na Suid-Afrika. Die Eerstewêreld standaarde wat deur die blankedom gevestig is, kon dien as norm om die land vêrder te ontwikkel indien die kommunisties gesinde regeerders net meer wou luister en leer en vir ’n oomblik vergeet van hul magsug wat besig is om die land te vernietig.

 

As Eerstewêreld tegnologie in ’n derderangse staat gebruik word, eindig dit in ’n gemors as kundigheid ontbreek. Hiervan is daar te veel voorbeelde om op te noem.  ’n OTM het wonderlike voordele vir die bankiers en ook die kliënte, maar in Suid-Afrika is dit ’n onding waar mense oorrompel en besteel word, dikwels vermoor is, en waar plofstof gebruik word om die geld te steel.

 

’n Tweede voorbeeld is die aanstelling van senior personeel in elke staatsdepartement. In bykans elke geval is die aanstelling polities gemotiveerd en is kennis, opvoedkundige kwalifikasies en werk etiek geensins in ag geneem nie.

 

Dit lei tot een onafwendbare noodlottige einde – ’n staatsmasjien in totale chaos, met die uiteinde van nog meer korrupsie, bedrog, diefstal, omkopery, moorddadigheid en wat daar nog kan wees om die onderwêreld te beskryf.

 

Slegs enkele “kleiner” maatreëls kan al ’n aansienlike verskil maak – doen weg met die verkeerd stellende aksie en stel kundiges aan op elke terrein om die werk te doen. Die huidige gebruik om ’n straatveër wat altyd sy werk goed gedoen het daar weg te neem om hom die burgemeester te maak is tog ’n onnosel ding om te doen.

 

Met sy huidige beleid, sy maghebbers se gemaksug en magsug is die land op pad na ’n Derderangse piesangrepubliek. Die gevestigde en bewese werkmetodes wat in hierdie land gehandhaaf was, is verhewe bo die denke en vermoëns van die onopgeleides wat die regeerders geword het.

Verguising

By Clem de Klerk
Filed Under Uncategorized | Tagged With: , , , | | No Comments»

Om gedurende ’n oorlog die onderspit te delf, is uiters vernederend vir enige volk. Met die ondertekening van die Vredesverdrag te Vereeniging na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog was dit uiters vernederend vir ’n Boer om sy geweer in te handig, en te weet sy leiers het met ’n handtekening erken dat hy verloor het….

Miskien is daar ander volke in die wêreld wat voel dat hulle oor lang tye verguis is, maar nie een van daardie volke sal kan getuig van ’n verguising soos wat die Boere-Afrikaner moes verduur en verdra nie. Verguising is geheel en al anders as vernedering. Om verneder te word is wat in 1902 gebeur het.

Maar die verguising van vroue wat onteer is deur Britse soldate is iets totaal anders. Ewe so is die verguising van die Boere na afloop van die oorlog in die Britse pers iets wat hierdie volk nie moet vergeet nie.

Vandag word ons volk nog steeds onderwerp aan die verguising – gepaard daarmee loop die leuens oor ons volk soos ’n brullende leeu met ’n krulstert van Lucifer rond oor die wêreld.

Die swart kommuniste wat hierdie land op die blink skinkbord van FW de klerk ontvang het, maak van elke geleentheid gebruik om ons volk vêrder te verguis. In hierdie hele proses word daar uit die eertydse volkskerk genaamd die Nederduitsch Hervormde Kerk, dieselfde klanke (en besluite) gemaak. Apartheid is sonde !

Telkens as die Boere-Afrikaners die krane oopdraai teen die kommuniste se rassistiese handelinge, word die apartheid-kaart as troefkaart gebruik. Die speletjie oor apartheid sal waarskynlik nog ’n duisend jaar in die kamp van die liberaliste as troefkaart gebruik word.

Van al die walglike uitsprake wat gemaak is oor apartheid, is daar een wat besonders is. Sonder om die groter besonderhede te herhaal, word verwys na die rassis wat tydens ’n toespraak by ’n skool in Natal te weet te vertel dat daar ’n besliste rede is waarom wiskunde en wetenskap so moeilik is dat swartmense nie die vakke kan slaag nie – Verwoerd het die vakke so moeilik gemaak !!

Maar terug by verguising. Die wonderlike van die Heer se skepping is ook dat tyd iets is waarmee rekening gehou moet word want alhoewel die wiel stadig draai, draai dit so dat die onderste speek uiteindelik bo kom – al neem dit hoeveel tyd.

Ons word nog steeds verguis. Ons word beskuldig asof ons volk net ’n spul wet ongehoorsame vrotterds is, terwyl die binnekant van die tronke die teendeel bewys. Beskuldigings word kwistig rondgeslinger, alles pogings om ons voor die wêreld te verguis. As een blanke ’n swarte vir welke rede ook al doodskiet, dan is die ganse volk moordenaars. As duisende blankes op barbaarse wyse vermoor word, swyg die wêreld…….

Soos wat Duitsland verguis is na afloop van die Tweede Wêreldoorlog en vandag nog moet leef onder die dramatiese van sogenaamde gaskamers, net so word die Boere-Afrikaner telkens verguis met die een woord apartheid terwyl die ganse wêreld hulle hieraan skuldig maak.

Wat is afsonderlike ontwikkeling (apartheid) anders as om Europa in tientalle afsonderlike state in stand te hou? Die wiel draai, maar ons volk sal nooit daal tot daardie vlak waar ons ander volke verguis om ons eie wandade te verberg nie…..

Plaasmoord of Volksmoord?

By Clem de Klerk
Filed Under Bravoland, Uncategorized  | | No Comments»

In die afgelope agtien jaar gaan die Boere-Afrikaner gebuk onder die mees gewelddadige moord veldtog van die afgelope eeu. Gedurende die jare 1834 tot 1838 het ons voorsate ’n soortgelyke ervaring beleef. Kinders is doodgeslaan teen wawiele, vrouens is eers verkrag en daarna wreedaardig gedood.

Hoe verskil dit met wat vandag beleef word? Ons verneem feitlik daagliks deur die media van plaasmoorde wat met reëlmaat deur swartes, ons volk se getalle uitdun op die wreedste denkbare metodes. Hierdie veldtog is veel hewiger, veel meer intensief, met groter presisie as wat in Zimbabwe gedoen is, en tog staan die ganse wêreld stilswyend en toekyk terwyl dit in Zimbabwe se geval tot sanksies gelei het. Bloukrans verskil niks van dit wat ons daagliks beleef in Suid-Afrika nie. Die barbaarse wreedheid is steeds dieselfde.

Met die koms van die sogenaamde nuwe demokrasie het almal hande geklap en gejubel oor die vreedsame oorgang wat plaasgevind het.

Intussen het die sporadiese moorde op landbouers uitgebrei, bykans ongemerk vir die buitelanders wat verblind is oor “die wonder van die vreedsame oorgang na ’n demokratiese bestel”. Vandag weet ons dat dit nie net by plaasmoorde gebly het nie – dit het nie net by die kommer oor voedselsekerheid wat bedreig word, gebly nie – dit het ontaard in ’n nagmerrie wat veel erger is as die moorde van Bloukrans !

Dit het ’n volksmoord geword. Die aanslag is waarskynlik erger as tydens enige oorlog waarin ons volk betrokke was in hierdie land. Hier te lande het ons volk se getalle afgeneem omdat ons jong belowende werkerskorps die land verlaat het weens die werkreserveringsbeleid van die kommunisties georiënteerde regeerders, asook die honderde moorde deur terroriste wat onophoudelik ons volk se voortbestaan bedreig..

Moorde vind oral plaas – in dorpe en stede, op plase, op die openbare paaie en waar jy jou ook al bevind in hierdie land, die moontlikheid bestaan dat jy te enige tyd aangeval kan word.

Ons is dankbaar vir die werk wat gedoen word om hierdie barbaarse optrede teen ons volk aan die wêreld bekend te stel. Elke greintjie werk in die verband verdien ons waardering. Dit is egter nie genoeg nie. Ek en jy het ’n dure plig om meer te doen!

Projek 2010 is ’n poging van ons volk om elke moord op ons mense op rekord te plaas sodat ons dit vir die geslagte wat kom kan bewaar. Meer as dit: die gegewens sal ook gebruik word om op internasionale vlak saam met ander tersaaklike feite voorgehou word om te toon dat ons slegs kan oorleef in ’n volkseie staat – weg van die kommunis en die Antichris.

Bravolanders kan hier ’n besondere rol vervul deur elke moord onder die aandag van Projek 2010 se administrateurs te bring.

Dit is nie net plaasmoorde nie – dit is ’n volskaalse volksmoord wat met oud-terroriste, bekend as MK gedryf en gevoer word – en dit gaan nie stop totdat hier geen Boere-Afrikaner lewend is nie…….. laat ons dan biddend ons paraatheid opskerp ter beveiliging van ons geliefdes.

Die geskrewe woord

By Clem de Klerk
Filed Under Uncategorized  | | 1 Comment»

Oor die jare het skrywers en lesers toenemend die waarde van die geskrewe woord besef. In vele gevalle het die geskrewe woord as riglyn gedien vir nakomelinge. Anders as dit wat gesê is, is dit wat geskryf staan, feitlik onuitwisbaar.

Ons kan met redelike sekerheid aanvaar dat daar te veel waarhede gesê is wat uiteindelik verlore gegaan het omdat dit nooit neergeskryf is nie. Ewe so kan dit gestel word dat daar waarskynlik baie geskryf is, wat liefs nie op papier moes kom nie omdat dit iemand tot nadeel gestrek het….

In Bravoland is daar baie onderwerpe aangeraak – en alles daarvan is geskryf sodat diegene wat Afrikaans kan lees en verstaan, dit onder die oë kan kry. Op die forum word groot waarhede op skrif gestel wat uiteindelik onuitwisbaar ’n invloed uitoefen op iemand.

Hierteenoor is woorde wat nie geskryf is nie, geneig om weg te raak, of verdraaid te raak deur diegene wat daarna geluister het. ’n Uitstekende voorbeeld is die Radio – en meer spesifiek Radio Pretoria. Daar word ’n duisternis dinge gesê wat deur baie mense gehoor word, maar uiteindelik verdwyn die meeste van dit wat gesê is. Soms gebeur dit dat dit wat gesê is, verkeerd vertolk word omdat dit nie herhaal word nie.

As die vêr-linkse omroeper dan sê dat die persoon wat betaal het om ’n renoster te skiet in een of ander reservaat, eerder geskiet moet word, onthou net ’n paar mense die growwe uitlating wat gemaak is.

Daarom is dit goed dat die tegnologie so goed gevorder het dat alles wat gesê word, ook geskryf kan word sodat dit onveranderbaar staan om nimmer betwis te word nie. So sal die geskrewe woord van die Radio se bestuurdertjie ook onuitwisbaar bly toe hy gereken het dat dit onvanpas sou wees om Marnitz aan te spreek oor sy uitlating.

In die jare wat kom gaan daar nog baie geskryf word oor die wel en wee van die Boere-Afrikaner. Daar sal nog geskryf word oor die nuwe generasie hensoppers en hans-kakies, van werklike helde wat rotsvas staan in die stryd om volksvryheid te herwin.

Netso sal daar nog baie geskryf word oor rasgemengde vakbonde wat Radiostasies kaap, wat selfs die linkse FAK onder hul vlerk geneem het omdat hulle self ook links-liberaal is.

Maar die geskrewe woord sal ook ’n duidelike riglyn bly vir die geslagte wat kom oor “wie het wat gedoen” en wie het die vyand omhels terwille van geld en aansien….. iets wat ook sy littekens gelaat het na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog.

Hieroor gaan nog baie woorde op papier verskyn – en die ou tegniek sal dan weer na vore tree:

Ontkenning dat die koers aangepas is.

Om die feite te verdoesel, word daar so af en toe ietsie mooi kwytgeraak, maar die geskrewe woord sal vas bly staan vir ieder en ’n elk om dit te lees……….