Header image alt text

Welkom in Bravoland

Uit die Volk , vir die Volk

Opheffing van ons volk?

By Clem de Klerk
Filed Under Uncategorized  | | 4 Comments»

In die onlangse media is berig dat Johann Rupert sowat R55 miljoen aan liefdadigheid geskenk het. Van daardie skenkings is, na die beste van ons wete, geen enkele sent gegee vir een of ander Boere-Afrikaner organisasie nie. Nie eers vir ’n organisasie wat liefdadigheidswerk onder volksgenote verrig nie.

In teenstelling is daar ’n Taiwanese groente verkoper, wat anders as dr. Johann Rupert, kwalik ’n standerd ses skoolsertifikaat kan toon, maar tog sowat R2 miljoen geskenk het aan haar eie volk se mense wat finansieel swaar kry.

Dan is daar Kelly Osbourne, van Fashion Police, wat besluit het om haar klerekas letterlik leeg te maak en dit nie soos voorheen, aan haar aanhangers te skenk nie, maar wel aan die armoediges wat dit veel eerder nodig het.

Minder indrukwekkend is miskien die daad van Angelina Jolie wat sowat R821 490 aan Siriese vlugtelinge geskenk. Wat wel indrukwekkend is, is dat die skenking gemaak is aan vlugtelinge.

Dit bring ons by ’n saak wat elke Boere-Afrikaner na aan die hart lê. Wat van ons eie sukkelende verarmdes wat in die ellende verval het weens die arbeidsbeleid van die kommunisties gesinde regime van die land.

Meer nog: Wat kan gedoen word om ons volk se kinders wat nie behoorlike skoolopvoeding kry nie? Alhoewel daar menige ouer is wat die doopbelofte met onverskillige optrede ignoreer, is daar ook diegene wat die belofte wil nakom. As geld en lewensmiddele jou laat sukkel om die belofte behoorlik na te kom, dan behoort die volk hul steun te gee.

Of anders gestel: Dan behoort die heel rykes uit die volk hul hand baie diep in die sak te steek om daardie sukkelaars te help. Daardie hulp moet kom op twee fronte. Geld om oor die eerste brug te gaan, en tweedens, infrastruktuur waar werksgeleenthede beskikbaar is sodat ’n volhoubare en aanvaarbare lewe geleef kan word.

Die Volksekonomie word stadig maar seker gevestig onder ons mense. Daar is Oranjekas, Oranje Sakekamers, Oranje Sake Instituut, Volkshulp strukture, CVO-skole en nog enkele ander organisasies.

Wanneer kom ons by daardie punt waar die rykes uit ons volk hul miljoene Rand sal skenk aan diegene wat dit so bitter nodig het?

Of nog beter: Wanneer kom ons volk by daardie dag wanneer ons weer oor ons eie mense regeer, waar maatskaplike dienste die opheffing sal doen, waar elke volksgenoot die geleentheid sal kry om te werk volgens die voorskrifte uit die Woord?

Dit is die opheffing wat gedoen moet word – opheffing om saam met elke Bravolander die vryheidspad te bewandel, van nou tot aan die einde van hierdie aardse lewe…….

Dubbelpraters

By Clem de Klerk
Filed Under Uncategorized  | | No Comments»

Ons is van kleintyd uit die Woord geleer dat jou ja, JA moet wees en jou nee, Nee.

Of almal in Suid-Afrika oor hierdie deug beskik, is te betwyfel want dit wat die beskaafdes beleef is presies die teenoorgestelde. Dit is egter nie net die volksvreemdes wat hulle daaraan skuldig maak om nee te sê as hulle ja bedoel nie.

Kortom, diegene wat nee sê as hulle eintlik moet ja sê het ’n bepaalde eienskap – hulle lieg sonder om te bloos.

Dit is mense soos FW de Klerk met sy eie skole en eie woongebiede wat elke witman met oorgawe belieg het.

Daardie selfde politieke dierasie het by die terroris Mandela ’n ander deuntjie gesing – en net daar het sy ja geen betekenis en sy nee nog minder waarde gekry. Met sy verskillende stories by verskillende gehore het hy ’n dubbelprater geword.

So het die ANC hulle ook onderskei as ’n spul dubbelpraters. Daar is te veel voorbeelde om op te noem. Die een sê affirmative moet vir altyd staande bly, die ander een sê miskien moet die praktyk gestaak word.

Dan is daar diegene wat hulself as behoudende volksgenote beskou en tog die F W de Klerk stelsel hulle eie gemaak het. By Radio Pretoria word hoog opgegee dat hulle voortgaan op die ou koers, maar die Vierkleur wapper nie meer nie, die Boere-Afrikaner is ’n term waarvan hulle nie meer gebruik maak nie, en dit maak van hulle dubbelpraters wat die luisteraars blatant mislei. Die musiek is kamtig oorheersend Afrikaans, maar die Engelse woorde swem in elke derde snit.

Die rasgemengde vakbond wil die indruk skep dat hulle pro-volksgerig is, en doen tien dinge om die volk te beïndruk, maar die geld uit die sakke van die volk wat aangewend word om volksvreemdes te bevoordeel, word stil-stil toegepas. Is dit anders as dubbelpratery?

Wat behoort Bravolanders te doen om hierdie euwel te vermy en te bekamp in sy eie geledere?

Miskien is die antwoord heel eenvoudig: Laat jou “Ja” net “Ja” wees en laat jou “Nee” ’n besliste “Nee” wees.

Dit dwing agting en respek af.

Groot volksmanne en –vroue het hierdie reël konsekwent toegepas en daarmee tot groot hoogtes uitgestyg. Ons kan vorentoe beweeg met hierdie een belangrike saak – jou woord is jou eer!

’n Groot voordeel in die toepassing van hierdie reël is dat jy jouself dissiplineer om nie ’n dubbelprater te wees nie.

Afwaarts

By Clem de Klerk
Filed Under Uncategorized  | | No Comments»

Gedurende die laat tagtigerjare het ’n welbekende politieke leier ’n besondere stelling gemaak. Hy het gesê dat ’n klein minderheid van hoogs beskaafdes nie ’n massa onder ontwikkeldes kan ophef tot ’n aanvaarbare vlak nie – die onder ontwikkelde massa trek die klein getal beskaafdes af na die laer vlakke.

 

Daardie waarheid sien ons vandag in Suid-Afrika afspeel soos ’n rolprent.

 

Sonder om elke denkbare voorbeeld wat hier te lande plaasvind, sou dit wel nodig wees om enkele voorbeelde uit te wys.

 

Is dit opheffing wanneer die hospitale van die land in broeineste van peste en plae ontwikkel waar onopgeleide mense die heerskappy voer?

 

Is dit opheffing as die Noord-Transvaal se swart skole na ses maande verloop het, nog steeds nie boeke het nie?

 

Is dit opheffing as ’n baie groot deel van die polisie korrup, onbekwaam en onopgelei is vir die taak wat hulle moet verrig?

 

Hoe sal ’n land wat gister nog ’n eerste wêreld standaard gehandhaaf het, môre nog kan presteer as standaarde vervlak in haas elke sektor van die samelewing?

 

Die land beweeg afwaarts! Die weermag is gelykstaande aan sy vermoë van 1930. Die Onderwys Kolleges is omskep in nugter weet wat – en nou word daar oorweging gegee om dit te heropen omdat bekwame onderwysers so skaars is soos hoendertande in die woestyn op ’n Saterdagmiddag.

 

Die land beweeg afwaarts as hy straatname verander omdat dit vir hom lekker is om blankes te treiter, klaarblyklik met die bedoeling om elke blanke so te frustreer dat hulle die land verlaat soos wat derduisende reeds gedoen het.

 

Die land beweeg na die afgrond as hy toelaat dat die kundige blankes in die land deur middel van “verkeerdstellende aksie” of soos die kommuniste dit noem, affirmative action, uit die ekonomiese aktiwiteite te hou.

 

As die regering van ’n land toelaat dat daar ’n volksmoord plaasvind onder sy toesig, dan is die land beslis nie besig om groter hoogtes te bereik nie.

 

Terwyl alles afwaarts beweeg, sit ’n klomp wat hulleself die elite gemaak het, en verryk hulleself op verskillende maniere. Hiervan is korrupte handelinge nogal beduidend. Of dit ’n voorwaartse stap is, sal nooit as waarheid kan deurgaan nie.

 

So deur dit alles, sien ons een ding gebeur. Daar is van die links-liberales wat nou afwaarts beweeg. Hulle word soos die massas. Miskien is hulle moeg om dinge reg te doen. Of was hulle maar altyd geneig tot die afwaartse ….?

 

Bravolander – sorg net dat jy nie saam gesleur word nie – afwaarts is dalk waar die duiwel wag.

 

Kom ons bly wat ons is – kom ons bly Boere-Afrikaners wat handhaaf en bou !

Tong in die kies

By Clem de Klerk
Filed Under Uncategorized  | | No Comments»

Namate dinge verander, verander dit nie altyd ten goede nie maar, dit is ook so dat daar soms veranderings kom wat ’n mens laat uitroep “hoera” vir die verandering.

Die ou mense wil jou oortuig van hoe goed voorste tyd se motors was – en dan wil hulle jou wysmaak dat die hedendaagse voertuie sommer ’n stuk blik is. Met die stuk blik ry jy darem gerieflik sonder om die masjien te vervang of te herstel vir 250,000 km. En voorste tyd s’n? Kwalik 100,000 gehaal. By hoë uitsondering 160,000 km!

Maar dinge bly verander – die eens magtige NP het gedood, en die HNP wat almal gedink het gaan dood gaan, die bly nog steeds staande – blakend gesond!

Dan is daar die ou Mynwerkers Unie – so wit soos sneeu. Nuwe naam gekry, en toe sommer ’n nuwe jas aangetrek. Nou lyk die spul soos ’n trop bont Frieskoeie!

Kyk maar na die sangers op die kassie – en Afrikaanse kunstenaars staan nie agter in die tou nie! Daar is van hulle wat mos staan en rond trippel en dan skree hulle asof daar iewers ’n moord begaan word, en tog word dit sang genoem en die jonges gooi hande in die lug en spring op en af asof hulle die geskree verstaan….

Dan is daar diegene wat sing. Hulle beweeg rond en is duidelik afgerig of sommer van nature die ware jakob -  die lawaai ontbreek en jy is spyt as die lied klaar is….

Dan is daar die wat allerhande geluide maak, en dit word gedoen in drie eeue terug se kleredrag aangetrek en jy verstaan niks nie maar die mense klap hande en niemand weet of dit vir die sanger is of vir die reuse orkes wat foutloos vertolk het wat eeue gelede gekomponeer is.

En elkeen van die klompe het hulle aanhangers. Nee, elkeen van hierdie sangers het sy teenstanders. Dit is soos met musiek in die algemeen. Die een klomp hou van boeremusiek, die ander verwyt en se dit klink alles eenders. Dié liefhebbers sê dat Beethoven net ’n geraas gemaak het soos die hedendaagse sangers net ’n geraas maak.

Nou wat is dan luisterbaar as almal oor alle soorte sang en musiek wil kla?

Nugter alleen weet! Miskien moet ons weer voor begin. Is sang en musiek soos oom Chris gesing het van sy ryperd en brakkie  - is dit die musiek vir die toekoms of moet ons volstaan met die geraas waarvan geen woord hoorbaar is nie?

Of volstaan ons met Bach en Beethoven as tant Miem op ’n hoë noot sing en beduie….

Nee, dit wil lyk asof die musiek so saamgestel word dat elkeen wat van ’n geraas hou iets het waarna geluister kan word. Die ander luister na die snitte wat sag en vrolik klink op die oor….

Maar musiek is musiek – of dit nou harde metaal is en of dit wol-sag is, luister word daar geluister.

Of sang nou deurspek is met woorde soos “sjokolade” of “babatjies”, die wat weet sê dit bly skynbaar goeie Afrikaanse musiek!

Dit sal maar sukkel om alles te glo wat die beterweters vir ons wil vertel…….