Suid-Afrika was vir dekades ’n land wat voedsel geproduseer het om nie net in eie behoeftes te voorsien nie, maar ook op groot skaal uitgevoer het na ander lande te midde van boikotte.
Nou, na byna twee dekades van kommunisties gesinde heerskappy, is die land besig om ook op hierdie gebied vinnig agteruit te gaan. In die winkels vind ons al meer ingevoerde kosse. Selfs blikkies ingemaakte tamaties uit Italië! Dit laat die vrae ontstaan waar het alles verkeerd gegaan.
Vir dekades was hier ’n oorvloed tamaties. Nee, nog beter – hier was baie selde ’n tekort van enige landbou produk. Selfs strawwe droogtes kon nie die produsent se vermoë kniehalter nie. Daar was van tyd tot tyd tekorte – maar daardie tekorte kan toegeskryf word aan klimaatstoestande waaroor niemand beheer het nie. Dikwels het ons in die media verneem dat ’n oorproduksie van verskeie produkte daartoe gelei het dat dit in grootmaat na buurlande gestuur is. Alles gratis natuurlik – selfs die vraggeld was gratis.
Nou word kos ingevoer. Wat egter die verstommendste is, is dat die gehalte daarvan hoegenaamd nie vergelykkanword met die puik produkte wat ons eie landbouers voorsien nie. Het Suid-Afrika nou so vêr terug gesak dat gehaltebeheer ook nie meer toegepas word op invoer goedere nie?
Suid-Afrika is nie ’n landbou vriendelike land nie. Te midde hiervan is die land geseënd met landbouers wat sekerlik onder die bestes ter wêreld beskou word. Vandaar die rede dat ander lande hard vry na ons boere. Georgië, Australië, die VSA en nou is Noord-Afrika state ook aan die wedywer om ons boere se kundigheid te bekom.
Hierdie tendens gaan ernstige gevolge inhou vir die Republiek. Die land is besig om sy eie spens te vernietig met arbeidswette en daarmee voedsel sekerheid in gedrang te bring.
Suid-Afrika se landbougrond gaan in hierdie proses soos wat landboukundiges die land verlaat, uiteindelik in die hande van onkundiges val soos dit in Zimbabwe gebeur het. Dan is daar nie meer kommer oor voedselsekerheid nie. Dan is daar geen voedsel nie – net soos in ons noordelike buurstaat se geval.
Dit sal meebring dat die land uiteindelik sy voedsel moet invoer – en waar gaan die geld vandaan kom om vir die swak gehalte ingevoerde voedsel te betaal?
Suid-Afrika se agteruitgang is waarneembaar.Omin hierdie onseker tye ook nog met voedseltekorte te sit, gaan van hierdie land ’n bedelaars-land maak soos die res van die kontinent.
Die verskil is dat daar state in Afrika is wat die waarde van die blanke landbouers besef en daardie kundigheid probeer bekom. In SA probeer die regime ontslae raak van sy kundiges.
Daar is geen groter faktor wat ’n land so kwesbaar maak as wanneer hy afhanklik is van ander lande vir sy voedsel nie.
’n Leer soldate kruip op hul maag, het Napoleon gesê.
