Gedurende die laat tagtigerjare het ’n welbekende politieke leier ’n besondere stelling gemaak. Hy het gesê dat ’n klein minderheid van hoogs beskaafdes nie ’n massa onder ontwikkeldes kan ophef tot ’n aanvaarbare vlak nie – die onder ontwikkelde massa trek die klein getal beskaafdes af na die laer vlakke.

 

Daardie waarheid sien ons vandag in Suid-Afrika afspeel soos ’n rolprent.

 

Sonder om elke denkbare voorbeeld wat hier te lande plaasvind, sou dit wel nodig wees om enkele voorbeelde uit te wys.

 

Is dit opheffing wanneer die hospitale van die land in broeineste van peste en plae ontwikkel waar onopgeleide mense die heerskappy voer?

 

Is dit opheffing as die Noord-Transvaal se swart skole na ses maande verloop het, nog steeds nie boeke het nie?

 

Is dit opheffing as ’n baie groot deel van die polisie korrup, onbekwaam en onopgelei is vir die taak wat hulle moet verrig?

 

Hoe sal ’n land wat gister nog ’n eerste wêreld standaard gehandhaaf het, môre nog kan presteer as standaarde vervlak in haas elke sektor van die samelewing?

 

Die land beweeg afwaarts! Die weermag is gelykstaande aan sy vermoë van 1930. Die Onderwys Kolleges is omskep in nugter weet wat – en nou word daar oorweging gegee om dit te heropen omdat bekwame onderwysers so skaars is soos hoendertande in die woestyn op ’n Saterdagmiddag.

 

Die land beweeg afwaarts as hy straatname verander omdat dit vir hom lekker is om blankes te treiter, klaarblyklik met die bedoeling om elke blanke so te frustreer dat hulle die land verlaat soos wat derduisende reeds gedoen het.

 

Die land beweeg na die afgrond as hy toelaat dat die kundige blankes in die land deur middel van “verkeerdstellende aksie” of soos die kommuniste dit noem, affirmative action, uit die ekonomiese aktiwiteite te hou.

 

As die regering van ’n land toelaat dat daar ’n volksmoord plaasvind onder sy toesig, dan is die land beslis nie besig om groter hoogtes te bereik nie.

 

Terwyl alles afwaarts beweeg, sit ’n klomp wat hulleself die elite gemaak het, en verryk hulleself op verskillende maniere. Hiervan is korrupte handelinge nogal beduidend. Of dit ’n voorwaartse stap is, sal nooit as waarheid kan deurgaan nie.

 

So deur dit alles, sien ons een ding gebeur. Daar is van die links-liberales wat nou afwaarts beweeg. Hulle word soos die massas. Miskien is hulle moeg om dinge reg te doen. Of was hulle maar altyd geneig tot die afwaartse ….?

 

Bravolander – sorg net dat jy nie saam gesleur word nie – afwaarts is dalk waar die duiwel wag.

 

Kom ons bly wat ons is – kom ons bly Boere-Afrikaners wat handhaaf en bou !