Header image alt text

Welkom in Bravoland

Uit die Volk , vir die Volk

Bravoland Ondersteuners Klub

Die Bravoland Ondersteunersklub is in die lewe geroep om ondersteuning te bied. Die klub is oop vir alle Bravoland-burgers en lidmaatskap is vrywillig.

Daar is baie burgers wat nie aktief betrokke kan wees by al die aktiwiteite en werksaamhede nie, maar wat aangedui het dat hulle ‘n finansiële bydrae wil maak.

Die grootste deel van die Ondersteunersklub se fondse gaan vir Volkshulp aangewend word. Hier volg ‘n kort opsomming van Bravoland se Volkshulp-aksies:

Vanaf die ontstaan van Bravoland was om ons Volk te help een van ons belangrikste doelstellings. Daarom dat ons, met Bravoland skaars ouer as ‘n maand, reeds die eerste aksie geloods het.  Op 9 Junie 2007 hou ons Operasie Wolmer aangesien hierdie gemeenskap soveel aandag in die nuus ontvang het omdat die stadsraad hulle uit hul huise wou verjaag. Oorspronklik was die plan om hul huise te gaan help opknap, maar aangesien politici van die NSA reeds ingegryp het, het ons die aksie verander in ‘n skenking van kos, klere en komberse. Dit het so spontaan oorgegaan na ‘n maandelikse aksie waar ons elke maand ‘n ander area se arm Volksgenote probeer help het. Op 14 Julie 2007 het ‘n span Bravolanders vertrek na die Vrystaat om vir Tant Corrie en haar mensies te help met voorraad kos in Parys. In Augustus het die finansies egter begin lol en ons het besluit om ‘n klein groepie oumensies te trakteer op badprodukte. Weens die tekort aan broodnodige fondse, het ons besluit om die aksies te verminder na elke drie maande. Dus was daar gedurende die orige maande van 2007 hard gewerk om genoeg fondse te bekom om die Kersaksie te Krugersdorp moontlik te maak. Met die aksie gedurende Maart vanjaar op Vanderbijlpark, waar Bravoland onder andere ‘n koolstoof geskenk het, het ons weer eens besef dat ons iets dringends sal moet doen om van meer hulp vir ons arm Volksgenote te wees.

Die idee vir die Ondersteunersklub het dus uit ons Volkshulp-aksies ontstaan. Elke lid wat bereid is, dra ‘n klein vaste maandelikse bedrag by en dit sal ons dan ook in staat stel om Bravoland se verpligtinge na te kom. Bravoland se webwerf moet elke maand betaal word en daar is lidmaatskapgelde aan die Afrikanerfront betaalbaar. Ten einde die las ligter te maak, sal van die Ondersteunersklub se fondse aangewend word om die verpligtinge na te kom. Alle oorblywende fondse gaan vir Volkshulp aangewend word.

Die hoofdoel van die Bravoland Ondersteunersklub is dus om ondersteuning te verleen.

Hiermee wil ons u vriendelik uitnooi om deel te word van die Bravoland Ondersteunersklub.

Om aan te sluit, plaas u naam hier :

10 Comments

  1. Donald Burns says:

    het julle dalk daaraan gedink om besighede op doie forum te adverteer?
    groete

    • Redakteur says:

      Ons is besig om die reëlings vir Premium advertensies te finaliseer Donald , ek sal vir jou die skakel van die betrokke besprekingsdraad stuur sodra dit afgehandel is .

  2. cindy says:

    kan ek aansluit

  3. Ilzet says:

    Ek kan glad nie iets plaas nie. Geen idee waar nie. Wil graag werk aanvra vir skoolverlaters.

    Dankie Ilzet

    Indien iemand my so gou moontlik kan e-pos

  4. Chris Janse van Vuuren says:

    Goeiemôre Volksgenote. Graag wens ek julle ‘n baie voorspoedige 2013 toe en bid dat julle die Vader se seën, leiding en genade elke dag sal ervaar met die groot taak wat julle met onvermoeide ywer op die Volksakker doen.
    Ook hartlike dank aan Clem vir sy gereelde kommentare om die Volk se harte warm te hou en as Volksgenote eendragtig saam te snoer.
    Clem, kan jy moontlik enige inligting verstrek mbt Volkspers, of die organisasie nog bestaan en wat van die aandele geword het wat Volksgenote uitgeneem het.

    Verneem graag van jou.

    Boeregroete

    Chris Janse van Vuuren
    Boksburg

  5. Deon Brits says:

    Aandag Clem de Klerk, e-pos my jou e-pos adres asb. Wil bietjie gesels oor ou dae en toekoms. Dankie. Deon

  6. Dup du Preez says:

    Uit ‘n gesprek ‘n tyd gelede op Radio Pretoria het ek verneem dat daar binne die geledere van Bravoland ‘n “Volkseie Museumraad” bestaan.

    Ek is Dup du Preez ‘n kurator by die “Orania Kultuurhistoriese Museum” op Orania. Ek het gepoog om “Volkseie Museumraad” raak te te lees sonder sukses. Die internet sny my kort kort af of wil nie alles oop maak nie, die kennis skiet ook maar tekort met hierdie tegnologie. Ons wil graag by ‘n organisasie aansluit waar binne ons museum en alle ander museums wat nog onder volkshande ‘n bestaan voer beskerming sal kan vind en ook inligting sal kan bekom met die pad vorentoe. Ons weet dat niks wat onder Boere-Afrikaner hande staan onaangeraak sal bly nie.
    Ek vertrou dat u daar by Bravoland sal kan help.
    Ek is’n Registrasiebeampte vir die VVK) en my kollega Kokkie de Kock ‘n Streekregistrasiebeampte vir die VVK)
    Hoe raak mens lid by Bravoland
    Dup du Preez

    • Christa says:

      Goeie naand

      Indien u by Bravoland wil registreer, volg asb. die skakel: http://www.bravoland.co.za/forum

      Daar is mense in Bravoland met wie u in verbinding kan tree, wat u meer inligting kan gee in verband met u navraag. Ben Geldenhuys, Clem de Klerk en Alwyn de Klerk behoort u behulpsaam te kan wees.

      Groete
      Christa Burger
      Republiek van Bravoland

  7. Coenie Hanekom says:

    Goeie Dag Volksgenote

    Ek vind dat ons Bravoland meer onder ons mense moet promofeer sodat hulle bewis kan word en dat hulle in die gees om vry te kan wees te kan kom.Ek het nou maar eers gister ingetrek in Bravoland en dit voel vir my as of ek reeds in my belofte land Bravoland is.Ek strewe en ek sal sterwe vir die ideaal.Boeregroete.Coenie Hanekom

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>