Header image alt text

Welkom in Bravoland

Uit die Volk , vir die Volk

Nuus uit Bravoland

Aankondiging !!

Dit is my voorreg om Bravoland se nuutste Staatshoof en Adjunkstaatshoof aan te kondig:

Staatshoof
Baie geluk aan Alwyn de Klerk.

Adjunkstaatshoof
Baie geluk aan Christa Burger .

Kabinet 2011

Dis vir my aangenaam om die kabinet vir 2011 aan te kondig:
Die hoof departement is in donker gedruk, met sy minister aangeheg.
Die sub-departemente onderaan bestaan uit Adjunk ministers en Waarnemende Adjunk ministers.
Elke minister en Adjunk kan bykomende burgers werf vir diens in sy departement.

ASP en Staatsekretaris – Kleinbekkie

Volksekonomie en Finansies – Minister Ben Geldenhuys
Gesondheid, Welsyn en Maatskaplike werke – Sjarko
Handel en Nywerheid, Mineraal en Energie – Jan Beyers

Regterlike Sake – Minister Jankejan
Arbeid – Bittereinder
Beveiliging – Andre Strydom
Gondsake en Justisie – Thys
Staatkundige Ontwikkeling – Witboer (Waarnemend)

Opvoeding – Minister Johan Joubert
Godsdiens sake – Adri van Staden (waarnemend)
Kuns en kultuur en Sport en Ontspanning – James
Onderwys – Werner Smook

Kommunikasie – Minister Sanderis
Bemarking – Cois Conradie (Waarnemend)
Kommunikasie en Uitsaaiwese – Clem de Klerk (Waarnemend)

Voorskou van artikels in die nuwe Bravolander

VRYHEID?  deur Adri van Staden

Ons beywer ons vir vryheid. Dit is goed so en dit is ook goed dat ons onwrikbaar glo dat ons weer vry gaan wees iewers in die toekoms.

Maar wat behels vryheid regtig?

‘n Mens kan vry word van iets en ‘n mens kan vry word om iets te doen. Waarvan wil ons as volk bevry word en wat wil ons doen met ons vryheid?

Uiteraard is ons eerste strewe en begeerte om vry te word van die onderdrukking en vernedering waarvan ons daagliks slagoffers is. Ons wil bevry word van ‘n regering en polisiemag wat uit vrees dat hulle hul onverdiende mag kan verloor, fanaties poog om die blanke, maar veral die behoudende Afrikaner te onderdruk. Dit word gedoen deur intimidasie op allerhande maniere. Daarmee word beoog om die Afrikaner enersyds so bang te maak dat ons soos muisies in ons hoekies gaan sit en niks doen of sê nie, en andersyds so te verneder en verdruk dat ons die land verlaat.

Ons sal moet mooi gaan besin wat ons gaan doen om van hierdie onderdrukking bevry te word. Eerstens sal ons moet weier om ons te laat intimideer. Dit wil sê ons sal moet voortgaan om ons protes te laat hoor op elke moontlike manier.

1 Comment

  1. Elna Lush says:

    Nasionalisering word verwerp

    Die ANC het op gister se beraad Zuma se 2e fase van sy grondhervormingsplan met ‘n meerderheid stemme verwerp. Kenners en politici is vanoggend merkbaar verlig en is vol lofgesange vir die kamerade.

    Vir hoe lank?

    Moet ons werklik so naief wees om te glo dat nasionalisering nie deurgevoer gaan word nie? Was hierdie nie net weer ‘n goed ge-orkestreerde maneuver van die regime om die publiek te flous nie? Alles oëverblindery! Ek vertrou nie die vrede nie. Indien die nasionalisering nie vanuit die regime se kantore gaan plaasvind nie, hou die jeugliga dop! So waar as wat my naam Elna is, sê ek julle hier vandag, die jeugliga gaan nie stilsit nie, hulle gaan ook nie stilbly nie. Hulle is die regime se instrument om hulle vuilwerk te doen!

    Die opdragte vir plaasmoorde kom van die regering af. Hulle maak miljoene uit boedelbelasting, dit is die geldelike motivering. Die plase word daarna oorgedra op die regering se naam, nie op die name van die sg nuwe “swart boere” nie. Hoekom anders sing Jacob Zuma kliphard saam “kill the farmer”? Dit op die jeugliga se kongres in Januarie vanjaar? Hoekom het die regering tot vandag toe nog nie plaasmoorde veroordeel en dit as prioriteitsmisdaad verklaar nie?

    Hou maar die nuus dop. Luister mooi na die jeugliga. Daar by hulle gaan ons moeilikheid begin. Luister na TLU SA se waarskuwing, dit is nie om dowe neute nie. Moenie gerus raak na gister se gebeure in die parlement nie. Hierdie is maar net die begin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>