Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875  (Read 1819 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875
« op: July 24, 2007, 02:10:22 PM »

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875
« Antwoord #1 op: July 24, 2007, 02:14:48 PM »
Baie dankie Johann

Dan kan ons dalk sien wat is 'n "regte Afrikaner" en kan die mense wat hulle nie met die naam wil vereenselwig nie dalk tot ander insigte kom.  ;D

Ek sien uit na jou volgende pos op hierdie draad.

Groete
Karina

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875
« Antwoord #2 op: August 06, 2008, 11:58:09 PM »
Dit is baie jammer dat hierdie inligting verlore gegaan het, want volgende Donderdag herdenk ons weer "Afrikaanse Taal-dag".

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Insake: Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875
« Antwoord #3 op: August 08, 2008, 09:13:39 AM »
Hier is die stuk wat ek verlede jaar hier geplaas het.

Die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) is 133 jaar gelede op 14 Augustus 1875 in die Paarl gestig.  ’n Aantal persone het vir ’n vergadering bymekaar gekom om te besluit oor ’n moontlike vertaling van die Bybel in Afrikaans. Die vergadering waartydens die GRA gestig is, is bygewoon deur persone wat byna almal op daardie stadium op die een of ander wyse reeds hulle stemme laat hoor het vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans, of wat later in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis bekendheid sou verwerf. Die agt persone wat teenwoordig was, naamlik S.J. du Toit, Gideon Malherbe, D.F. du Toit (Dokter), D.F. du Toit (Oom Lokomotief), C.P. Hoogenhout, P.J. Malherbe, August Ahrbeck en S.G. du Toit, het egter op dié betrokke dag besluit dat die tyd nog nie ryp was vir ’n vertaling van die Bybel in Afrikaans nie. Een belangrike oorweging was die stand van Afrikaans op daardie tydstip:  die taal is wel wyd gepraat, maar daar was geen nog gestandaardiseerde spelreëls of geboekstaafde grammatika nie. Ook het baie mense nog gedink dat Afrikaans maar net ’n dialek van Nederlands was, of selfs erger nog, dat die taal eintlik nie in beskaafde geselskap gebruik behoort te word nie. In die lig hiervan sou ’n Bybelvertaling dus op die stadium nog nie die regte ding wees nie, so het die agt manne in die Paarl gevoel, maar die volk sou bewus gemaak en oortuig moet word van die belangrikheid van hulle taal.  Die Genootskap van Regte Afrikaners (oorspronklik:  Afrikaanders)  kom dus juis tot stand om dié doel te bereik.

In die sewentigerjare van die negentiende eeu was daar ook ’n besondere ontwaking van ’n Afrikaanse nasionale gevoel. Die GRA kom derhalwe in dié besondere klimaat tot stand, en moet nie as ’n suiwer taalgenootskap beskou word nie. Van die begin af was dit die doel van die GRA om die Afrikaner se nasionale belange in die algemeen te bevorder. In artikel II van die “Algemene Bepalings” word die doel van die GRA geformuleer as “om te staan ver ons Taal, ons Nasie en ons Land”.

Gedurende die beginjare van die GRA was dit veral ’n klein groepie intellektuele (hoofsaaklik in die Paarl woonagtig) wat oor die toekoms van die Afrikaner en sy taal besin het, en ook oor die vraag of die Afrikaner sy eie nasionaliteit en kultuurwaardes in Suid-Afrika sou kon behou, en wat die moontlikhede vir die voortbestaan van die Afrikaner sou wees.

Op 15 Januarie 1876 verskyn die eerste uitgawe van Die Afrikaanse Patriot, ‘n blad wat die mondstuk van die GRA word. Dié blad het baie gou gewild geword onder die breë Afrikanerbevolking in die Kaap, en baie belangrike Afrikaanse literatuur van voor 1900 het in dié blad verskyn.

Aanvanklik het die GRA baie groot teenstand ondervind in sy stryd om Afrikaans tot skryftaal te probeer verhef. Die leiers van die GRA het egter altyd erken dat Afrikaans op daardie stadium nog ongevorm en swak was, en hulle het veral die ondersteuning gesoek van Nederlanders en mense wat Nederlands as amptelike taal vir die land ondersteun het.

Enkele publikasies van die GRA is die volgende:  Eerste beginsels van die Afrikaanse taal (1876), later uitgebrei tot Fergelykende taalkunde fan Afrikaans en Engels (1897); Die geskiedenis van ons land in die taal van ons volk (1877); sewe versamelings van Afrikaanse gedigte uit Die Patriot en die Almanak; die Eerste Afrikaanse printjies boeki ver soet kinders (1879) deur C.P. Hoogenhout.

Bron:  Kannemeyer, J. C. 2005.  Die Afrikaanse literatuur 1652-2004. Pretoria: Human & Rousseau.

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875
« Antwoord #4 op: August 08, 2008, 10:27:39 AM »
Baie baie dankie Johann!

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4258
Insake: Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875
« Antwoord #5 op: August 08, 2008, 10:56:24 AM »
Johan, dit is n kosbare bydrae - baie dankie.
Kennis is mag

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Insake: Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875
« Antwoord #6 op: August 08, 2008, 11:01:36 AM »
Karina en Oom Clem, dis 'n groot voorreg!
Die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) se leuse was:

“Om te staan ver ons Taal, ons Nasie en ons Land”

Hier volg twee uittreksels uit poësie wat ontstaan het in die dae van die GRA.

“Ek is ’n arme Boerenôi,
      By vele min geag;
Maar tog is ek van edel bloed,
      En van ’n hoog geslag.
Uit Holland het myn pa gekom
       Na sonnig Afrika;
Uit Frankryk, waar die druiftros swel,
       Myn liewe, mooie ma.”
            Uit:  Die Afrikaanse Taal, deur J. Lion Cachet

En twee strofes uit Die Afrikaanse Volkslied

“’n Ieder nasie het syn TAAL,
Ons praat van Kaap tot in Transvaal
Wat almal maklik kan verstaan,
Wat gaan die ander tale ons aan?
Ons praat soos Pa en Oupapa,
Die landstaal van Suid-Afrika.



Want al die nasies het één God,
Hy regel ieder volk syn lot;
Hy het vir ieder volk syn Taal,
Syn Land, syn Reg, syn Tyd bepaal.
Wie dit verag, sal syn straf dra:
O God, beskerm Suid-Afrika!” 

A. Pannevis, C.P. Hoogenhout, D.F. du Toit, S.J. du Toit

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4258
Insake: Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875
« Antwoord #7 op: August 08, 2008, 11:05:19 AM »
Ek het dit nog op laerskool geleer - Johan jy neem my op ver paaie daarmee.
Kennis is mag

Jankejan

  • Gas
Insake: Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875
« Antwoord #8 op: August 08, 2008, 11:18:31 AM »
Enkele publikasies van die GRA is die volgende:  die Eerste Afrikaanse printjies boeki ver soet kinders (1879) deur C.P. Hoogenhout.

 ;D ;D

Die arme stout kinders mag nie printjies gekyk het nie.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7642
  • Christa Burger
Insake: Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875
« Antwoord #9 op: August 08, 2008, 12:27:02 PM »
Aanhaling
Ons praat van Kaap tot in Transvaal
Wat almal maklik kan verstaan

Sien jy, SP Ben?

« Laaste verandering : August 08, 2008, 12:28:59 PM deur Kleinbekkie »
Moed Vryheid Eer

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875
« Antwoord #10 op: August 08, 2008, 12:34:35 PM »
Enkele publikasies van die GRA is die volgende:  die Eerste Afrikaanse printjies boeki ver soet kinders (1879) deur C.P. Hoogenhout.

 ;D ;D

Die arme stout kinders mag nie printjies gekyk het nie.

Sout kinders soos jy het net die groot Hollandse Bybel gekry om te lees.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4258
Insake: Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875
« Antwoord #11 op: August 08, 2008, 02:57:59 PM »
Julle twee moet dit nou staak anders laat ek julle in die hoekie staan vir n halfdag!

Wie van julle ken van hoekie staan?
Kennis is mag

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875
« Antwoord #12 op: August 08, 2008, 03:01:55 PM »
Nee Oom, ek moes nog nooit in die hoekie staan nie, maar ek is seker Jankejan het baie ondervinding.  ;D

Jankejan

  • Gas
Insake: Stigting van die GRA - 14 Augustus 1875
« Antwoord #13 op: August 09, 2008, 09:11:10 PM »
Ons lewer maar net billike kommentaar op die geskiedkundige ontwikkeling van ons taal en kultuur...


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal