Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: GESKIEDKUNDIGE DATUMS  (Read 2099 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Karools

  • Gas
GESKIEDKUNDIGE DATUMS
« op: July 25, 2007, 03:45:08 PM »
Vergun my as besoeker om hier (na my mening) 'n paar belangrike datums te gee - en miskien iets oor die meeste te vertel ter toeligting aan diegene wat na ons die leisels moet vat:

6 Januarie 1857 word die Vierkleur gehys in Potchefstroom

8 Januarie 1806 - Die Slag van Blouberg waar 'n klein Boeremag deur die Britse magte verslaan word

20 Jan.1900 het die dapper Boer, kapt H.Slegtkamp saam met twee makkers Spioenkop uitgeklim onder swaar Britse geweervuur, en hys die Vyfkleur (Boere oorlogsvlag) waarna die Britte hul aanval staak en ritereer omdat hulle geglo het daar skuil 'n magtige Boere kommando.

22 Jan.1900 Die Slag van Spioenkop waar sowat 1000 Britte sneuwel en 60 Boere sterf.

28 Jan. 1881 - Slag van Laingsnek Genl Piet Joubert stuit sir Colley in sy poging om Transvaal binne te val.

28 Jan 1876 is Kapt. J.Naude gebore. Hy was die baasspioen vir die Boeremagte en het dikwels in Engelse uniform tussen die Engelse beweeg. Tweeduisend Pond word op sy hoof geplaas - sterf in 1956 in Pretoria

4 Feb 1939 - Stigtingsdatum van die Ossewa Brandwag (later bekend as die OB)

6 Feb 1838 - Piet Retief en sy volgelinge word vermoor

8 Feb.1901 Slag van Skuinshoogte was een van die grootste oorwinnings wat die Boeremagte gehad het toe Genl. Nicolaas Smit die Engelse verras het.

10 Feb 1901 het Genl.De Wet die Kaapkolonie binne geval

17 Feb 1838 Bloukransmoord toe 481 voortrekker vroue en kinders vermoor is op bloedorstige wyse. Kinders en babas is teen wawiele dood geslaan.

18 Feb 1902 word Kmdt.Gideon Scheepers deur die Britte gefusilleer na 'n blitsverhoor en geheimsinnig begrawe sodat sy oorskot nooit gevind is nie. Scheepers was nie net 'n gewilde vegter nie, maar ook uiters intelligent en dapper en het bekend gestaan as "die Springbok van die Hoeveld"

13 Feb 1854 Die staat Oranje Vrystaat kom tot stand met ondertekening van die Bloemfontein Konvensie.

23 Feb 1957 word die Vrystaatvlag die eerste keer gehys.

25 Feb 1902 word die Engelse op skitterende wyse deur die Boermagte verslaan by Ysterspruit.

1 Maart 1941 is die Volkspelebewing gestig.

17 Maart 1951 kry PU vir CHO universiteitstatus.

23 Maart 1962 word die Oranjerivierskema aangekondig. Behels die bou van die Verwoerddam, vd Kloofdam, die tonnel tussen die Oranje- en Visriviere.

3 April 1866 Louw Weppener sterf 'n heldedood

6 April 1652 Van Riebeeck land aan die Kaap - en hy kondig aan dat hierdie dag 'n dankdag sal wees in die geskiedenis van die volk.

11 April 1838 Piet uys en sy seun Dirkie sterf 'n heldedood nadat hulle in n hinderlaag gelok is.

13 April 1688 Die eerste Hugenote stap aan wal in die Kaap de Goede Hoop

17 April 1948 Die Hugenotemonument word onthul in Franschhoek

23 April 1914 Erkenning van Afrikaans in Kaapse provinsiale Raad.

26 April 1679 Die Kasteel in Kaapstad voltooi.

23 Mei 1842 Die eerste skote klap tussen Boer en Brit in Natal
Die dag toe die Tweede Vryheidsoorlog be-eindig is en die Vrede van Vereeniging gesluit
word - en dit was 1902

Op 31 Mei 1910 word die Unie van Suid-Afrika tot stand gebring

Op 31 Mei 1928 word die Unievlag die eerste keer gehys, wat later ook die Republiekvlag sou word

Op 31 Mei 1957 word die Stem van Suid-Afrika die amptelike Volkslied

Op 31 Mei 1961, word die Unie van SA 'n Republiek buite die Statebond

29 Mei 1933 Die Eerste Afrikaanse Bybel kom uit London in die Kaap aan (10,000)

1 Junie 1897 Fort Schanskop voltooi

1 Junie 1773 Wolraad Woltemade verdrink saam met sy perd nadat hy sewe keer die see ingegaan het en mense van die sinkende skip gered het. As die drenkelinge na hom geluister het, sou hy waarskynlik almal kon red op die skip. Hy word beskou as een van die grootste helde van sy tyd.

5 Junie 1918 Die Afrikaner Broederbond gestig in Johannesburg

9 Junie 1934 Volkskas bank geregistreer - Sou later die trots van menige Afrikaner word, om uiteindelik met verraad daarin, te amalgameer met ander banke en later neem Barclays Bank beheer .

14 Junie 1912 die Unie Verdedigingsmag kom tot stand

14 Junie 1895 Engelse annekseer die ZAR hawe, Kosibaai en verbreek daarmee die Swaziland-Konvensie

14 Junie 1977 word die tweede Taalmonument oorhandig aan die Regering vir bewaring.

Volgende keer begin ons by Juliemaand - as ek nog leef

Afwesig Aster

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 967
Re: GESKIEDKUNDIGE DATUMS
« Antwoord #1 op: July 28, 2007, 10:46:05 AM »
Karools, baie intressant en dankie vir die moeite,sien graag uit na die res...
Ek sien dat u net 'n besoeker is...? Wil u nie dalk aansoek doen om burgerskap nie?

Karools

  • Gas
Re: GESKIEDKUNDIGE DATUMS
« Antwoord #2 op: July 31, 2007, 12:26:40 PM »
Aster, nee ek mag nie 'n burger word nie - en vra liewer nie "waarom " nie!


Karools

  • Gas
Re: GESKIEDKUNDIGE DATUMS
« Antwoord #3 op: July 31, 2007, 12:35:29 PM »
5 Julie 1914 - Afrikaans word amptelik in skole gebruik.
7 Julie 1507- Oudste "poskantoor" in SA is n skoen aan 'n melkhoutboom - Mosselbaai.
14 Julie 1893- Adv.hans Strydom gebore - word bekend as "die Leeu van die Noorde"
27 Julie 1904- SA Landbou-unie gestig

1 Aug 1936 - SAUK kom tot stand
3 Aug 1881- Pretoria Konvensie word onderteken saam met die Britte
8 Aug 1938- Simboliese Ossewatrek begin in Kaapland en word die belangrikste faktor om die verdeelde volk weer te herenig
« Laaste verandering : July 31, 2007, 02:45:44 PM deur Karools »

Karools

  • Gas
Re: GESKIEDKUNDIGE DATUMS
« Antwoord #4 op: July 31, 2007, 02:46:48 PM »
iewers groot fout - van hier tot 29 desember is weg - weg soos in weg!
sal weer later probeer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: GESKIEDKUNDIGE DATUMS
« Antwoord #5 op: July 31, 2007, 02:57:38 PM »
Aster, nee ek mag nie 'n burger word nie - en vra liewer nie "waarom " nie!



Karools,

Vra en aan jou sal gegee word.

Groete,


Ben

Karools

  • Gas
Re: GESKIEDKUNDIGE DATUMS
« Antwoord #6 op: July 31, 2007, 03:09:54 PM »
10 Aug 1783-Louis Trichardt gebore (Sterf 25 Okt 1838)
12 Aug 1873-J.C.langenhoven gebore- skrywer,digter filosoof, senator- digter van "Die Stem van Suid-Afrika" en ontvang ere dr. graad te Stellenbosch
13 Aug 1908-D.F.Malan lewer beroemde toespraak- "Het is ons erns"
14 Aug 1948-Afrikaanse Studentebond gestig
29 Aug 1848- Slag van Boomplaats- Andries Pretorius verslaan met 300 man die mag van Harry Smith met sy 1200 man

5 Sept 1900-Danie Theron sneuwel terwyl hy verkenningswerk doen
6 Sept 1966-Hendrik Verwoerd word deur die tydelike bode Stafendas vermoor in die Parlement
7 Sept 1801-Sarel Cilliers gebore
8 Sept 1901- Dr.H.F.Verwoerd gebore
13 Sept 1932- Afrikaanswording van Universiteit Pretoria
15 Sept 1914-Genl.De La Rey doodgeskiet - Een van die dapperste helde - bekend geword as die Leeu van Wes-Transvaal - onoorwonne in die Tweede Vryheidsoorlog
17 Sept 1819- Pres.MW Pretorius gebore
18 Sept 1993-Radio Pretoria se eerste uitsendings word gehoor met n lisensie vir 3 dae.
23 Sept 1869- Genl C.F.Beyers gebore - bekend vir guarilla-taktiek
27 Sept 1862-Genl Louis Botha gebore - later teen sy eie mense gedraai saam met Smuts



Karools

  • Gas
Re: GESKIEDKUNDIGE DATUMS
« Antwoord #7 op: July 31, 2007, 03:13:10 PM »
Ben
Jammer Vriend - jammer

Karools

  • Gas
Re: GESKIEDKUNDIGE DATUMS
« Antwoord #8 op: August 03, 2007, 02:39:31 PM »
31 Julie 2007    -           Karools word Burger van Bravoland!


Karools,

wil jy nie asb net seker maak oor die plasing van 4 Okt 1836, sover ek weet was Jameson, op 2 Januarie 1896  in die rigting van Doringkop tot oorgawe gedwing. Jou 29 Desember 1895 datum is dus korrek, hy het op die datum die ZAR binne geval, maar is eers op die 2de Januarie 1896 verslaan. Die tronk waarin Jameson aan gehou was voor hy verhoor is, staan steeds in Krugersdorp.

Ben, Kyk mooi na die 4 Okt datum - Dit dui die geboortedatum aan - en daarna word een of meer van die roemryke gebeurtenisse genoem om "aan te dui" waarom sy geboortedatum belangrik is.

Miskien swak gestel- maar ek het deurgaans dit probeer doen.

En Ben, jy mag nie soos die ander snaakse regeerders maak nie - n mens sommer burger maak nie - a nee a - alla wereld vriend! :)


Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: GESKIEDKUNDIGE DATUMS
« Antwoord #9 op: August 03, 2007, 02:45:25 PM »
Karools,

Jammer, ek het dit mis verstaan. Is u dan nie trots om 'n burger te wees van Bravoland?


Groete,

Ben

Karools

  • Gas
Re: GESKIEDKUNDIGE DATUMS
« Antwoord #10 op: August 03, 2007, 02:51:27 PM »
Ben
Ek mag jou nie hierop antwoord nie - en eendag gaan jy mooi verstaan wat gaande is.

Weet net - alles in belang van ons volk

dankie Ben

Afwesig Riemlander

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 12
Re: GESKIEDKUNDIGE DATUMS
« Antwoord #11 op: September 24, 2007, 08:40:11 PM »
« Laaste verandering : October 01, 2007, 09:45:55 PM deur Riemlander »
Onthou Vegkop. Onthou Bloedrivier. Onthou Majuba.

Sanderis

  • Gas
Jopie Fourie dag
« Antwoord #12 op: November 13, 2011, 11:23:56 PM »
Per epos ontvang :

Geagte volksgenoot

As jy hierdie skrywe ontvang beteken dit dat ek jou sien as n belangrike menings vormer in die bevrydingstryd van die Boer. Ons almal probeer op ons eie manier die volk in beweging bring, en het sekerlik onderlinge verskille, maar hierdie verskille of geskille kan opsy geskuif word waar een doel nagestreef kan word ter voordeel van die stryd.

Jopie Fourie is tereggestel op die 20ste Desember, ek is nie n voorstander van mense vereerings nie, en daarom vereer ek net sy dade.

Ek doen n beroep op almal om van nou tot 20 Desember n veldtog van stapel te stuur in alle media oor Jopie, skryf en steun die aksie asseblief. Dit sal n defnatiewe inpak maak op ons volksgenote indien daar oor die hele spektrum organisasies en meningsvormsers en aktiviste n bewustheids veltog geloods word?

Hiermee my gediggie oor die onderwerp

Ter gedagte aan Jopie Fourie

 

Kom Boerekrygers waar is julle nou

Kom nader en maak tog gou

die stryd gaan netnou begin

en wragtig….. ons is dan so min

 

Moet tog nie dat die vrees jou pak

Of dat jou moed in jou skoene sak

Die bloed van Jopie het die boom benat

Ek kan getuig daarvan in my Boere hart

 

Daar voor die vuurpeleton het Jopie geweet

Dat sy bloed nie verniet gaan giet

Vir hom en Suzy is daar geen kind gebaar

Maar n hele geslag sal die gedagte aan hom spaar

 

Jopie het vir ons gesterf

Sodat ons die vrijheid kan beerf

Hy het geweet dit gaan op ons harte wees

Dat hy sal lewe in die gees

 

Voordat Jopie sy psalm klaar kon sing

Is dit tien koels wat sy hart in dring

Sy kop sak leweloos op sy bors

Maar Jopie se siel kon hul nie bemors

 

Hy het gesterf vir vrijheid van die Britse ryk

Soos sy vaders dan uit die Kaap van hul gewyk

Vandag dra ons weer die juk van slawerny

Wees getrou aan God wat ons gaan bevrij

 

Boerekrygers kom ons bid nou saam

Vir ons edel bloed is ons nie skaam

Met min getalle het ons geen probleem

Want ons het tog die regte geen

 

Boerekrygers kom laat ons veg

Vir onse kinders en vir reg

Ons het geen eer aan Hom gegee

As ons verbonde met die vyhand smee

 

Kom Boerekrygers ons kan nie langer wag

Vrijheid is dit waarna ons kinders so smag

O Boervolk wat n blye wonderlike ding

Wanneer ons weer die volkslied sing

 

- Die onbekende digter

 

Die les wat ek geleer het uit die verhaal van Jopie Fourie is dat hy met sy manne nooit moes oorgee nie, hy moes geveg het tot die dood, want genade na oorgawe bestaan daar nie.

Mag die Almagtige God waarmee die Boervolk n verbond opgerig het gee dat ek nooit sal oorgee onder druk nie, en wanneer die nood op sy velste is, sal volhard en deurdruk wat ookal die einde is.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal