Skrywer Onderwerp: Re: Oumense in Wolmer  (Read 9090 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Aster

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 967
Re: Oumense in Wolmer
« op: August 02, 2007, 11:08:47 AM »
Kleinbekkie
Ek dink dit is 'n goeie idee, veral die persoonlikke notas. Oumense waardeer sulke goedjies, aangesien baie van hul vergete voel deur die res van die samelewing. Ek bied dus my dienste aan, veral met die skryf van nota'tjies. Dink hulle sal dit ook meer waardeer as dit met die hand geskryf is.
Stuur asseblief vir my 'n lys van name ens.

Afwesig Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 661
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #1 op: August 02, 2007, 11:36:38 AM »
Moet ons nie dalk eerder 'n ander plek as Wolmer ook 'n kans  gee nie? Wolmer het darem 2 maande terug 'n beurt gehad?

Ek skiet nie die idee af nie, ons kan dit wel doen, maar ek dink ons moet vir Augustus se aksie 'n plek kies wat nog nie 'n beurt gehad het nie.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #2 op: August 10, 2007, 08:40:31 PM »
Aangesien daar geen ander voorstelle gekom het vir Augustus se volksaksie nie, gaan ons voort met die Ops Wolmer Senior.

Kan ons asseblief 'n datum vasmaak en ook wie teenwoordig kan wees? Ons tydjie raak min, dus wil ek so gou as moontlik die los drade vasknoop en ek kan dit regtig nie sonder julle samewerking doen nie.

Die beplanning is om vir die 25 Huisies, 'n badkamerpakkie op te maak, met 'n pakkie koekies by as bederfie. Aster het aangebied om 'n kaartjie namens Bravoland aan elke pakkie vas te maak om dit meer persoonlik te maak.

Walter, ek dink die geld wat jy oorgehou het van Ops Grenspos behoort die ding te doen, maar as enige iemand nog wil skenk vir hierdie operasie, voel meer as welkom.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Anneke

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 574
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #3 op: August 10, 2007, 08:53:59 PM »
Kleinbekkie

Ek sal help se maar net wat ek moet doen!!!


Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #4 op: August 11, 2007, 09:33:52 PM »
Baie dankie Anneke, julle is voorwaar staatmakers.

Ek dink die datum is op hierdie stadium die belangrikste om vas te maak. Dit sal seker dan bepaal wie beskikbaar sal wees om die aksie by te woon.
Moed Vryheid Eer

Michelle

  • Gas
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #5 op: August 12, 2007, 08:23:22 PM »
Baie dankie Anneke, julle is voorwaar staatmakers.

Ek dink die datum is op hierdie stadium die belangrikste om vas te maak. Dit sal seker dan bepaal wie beskikbaar sal wees om die aksie by te woon.

Hi Kleinbekkie, wat het julle nog nodig en waar moet dit uitkom?


Afwesig Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 661
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #6 op: August 13, 2007, 07:41:08 AM »
Daar bly basies twee Saterdae in Augustus oor. 18 en 25. Ek kan net help as dit op 18 Augustus is, en dan ook net as dit redelik vroeg in die oggend plaasvind (tussen 9 en 11?)

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #7 op: August 13, 2007, 04:39:17 PM »
Walter, ek het gisteraand met Sannie gesels daaroor en sy voel ook dat Saterdag, 18 Augustus vroeg die oggend dalk die ideale tyd sal wees. Ons moet nou net by Ben en Nantes uitvind of dit hulle ook sal pas.

Micky, welkom in Bravoland en ook hier in Volkshulp. Op hierdie stadium gaan ons badkamerbenodighede benodig vir 25 huisies, wat wissel van 1 tot 2 inwoners.

Ek het aan die volgende gedink wat in die pakkie kan kom:
4 x badseep
1x sjampoe
1x waslap
1x handdoek
en 'n pakkie koekies of iets vir bederf

Laat weet asb. of hierdie lysie reg is en of julle beter idees het.
Moed Vryheid Eer

Michelle

  • Gas
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #8 op: August 13, 2007, 09:19:34 PM »
Kleinbekkie, ek het 'n elektroniese oorplasing gedoen.  Sal volgende keer graag self hand bysit.


Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #9 op: August 13, 2007, 09:27:17 PM »
Kleinbekkie, ek het 'n elektroniese oorplasing gedoen.  Sal volgende keer graag self hand bysit.



Baie dankie, Micky

Dit word opreg waardeer. Daar sal definitief 'n volgende keer wees waar ons almal gaan help en lekker gaan kuier.

Dis net jammer ons is so wyd verspreid, daar is baie van ons wat graag by elke aksie betrokke sou wou wees.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #10 op: August 13, 2007, 09:49:16 PM »
Micky, vir in geval jy dit nog nie raakgelees het nie. Ons volgende aksie word gehou in die Vrystaat in Koppies se omgewing. Dit word beplan saam met die BBB:Bravo Bivak Braai, 'n kuier naweek vir die Bravolanders. Dit word gehou vanaf 21 tot 24 September.
Die beplande aksie sal dan daardie Saterdag wees.

Baie dankie vir jou bydrae, dit word opreg waardeer.
Moed Vryheid Eer

Michelle

  • Gas
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #11 op: August 13, 2007, 10:00:15 PM »
Dankie vir jou/julle, dit is lekker om te weet daar gaan 'n paar mense wees wat spesiaal gaan voel!  Ja ek het julle September naweek al raak gelees...

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #12 op: August 13, 2007, 10:05:10 PM »
Dankie vir jou/julle, dit is lekker om te weet daar gaan 'n paar mense wees wat spesiaal gaan voel!  Ja ek het julle September naweek al raak gelees...

Ek is bly jy het dit raakgelees, ek belowe jou dit gaan 'n ondervinding soos min wees, en alle Bravolanders is welkom (vir die hele naweek of net vir die dag). Dit sal ongelooflik lekker wees om julle te ontmoet.  ;)

Skuus, ek is nou van die draad se onderwerp af!

Oumense in Wolmer!  :D

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #13 op: August 15, 2007, 08:30:03 AM »
Wolmer koordineerder:
Ina van Heerden
selnr. 083 241 2429

Broodrykstraat 467B
Wolmer
Pretoria Noord
Moed Vryheid Eer

Afwesig Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 661
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #14 op: August 15, 2007, 08:37:10 AM »
Ek het vanoggend die geld wat oorgebly het van die laaste aksie in Ben se rekening oorbetaal. Jammer dat ek dit nie gisteraand kon doen nie, het nie 'n kans gekry om gisteraand in te log nie.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #15 op: August 15, 2007, 08:46:36 AM »
Alles reg, Walter en baie dankie vir jou moeite.

Ons beplan die aksie vir Saterdag, 18 Augustus 2007 om nege-uur die oggend. Ek dink dat almal eers by Ina bymekaarkom, dat sy julle verder na die oumensies kan neem.

Anneke, daar is 21 bewoonde huisies, dus kan jy jou eie inisiatief neem of  jy nog steeds vir 25 huisies wil koop of nie. Daar is nog oumensies wat saam met kinders ook bly, dus sal die ekstra pakkies daar verwelkom word.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #16 op: August 15, 2007, 08:54:08 AM »
Sal almal wat Saterdag daar gaan wees, asb hulle name op die lys plaas (ons kom 09h00 by Ina se huis by mekaar):

1. Anneke
2.
3.
4.
5.

Stoetbul

  • Gas
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #17 op: August 15, 2007, 09:42:29 AM »
Sal almal wat Saterdag daar gaan wees, asb hulle name op die lys plaas (ons kom 09h00 by Ina se huis by mekaar):

1. Anneke
2. Stoetbul
3.
4.
5.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #18 op: August 15, 2007, 11:49:12 AM »
Kommandant Stoet, is dit reg as Aster die kaartjies, wat aan die pakkies kom,  saam met jou stuur?
Moed Vryheid Eer

Stoetbul

  • Gas
Re: Oumense in Wolmer
« Antwoord #19 op: August 15, 2007, 11:59:18 AM »
Ja sal die kaartjies bring


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal