Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Plaasbeveiliging.  (Read 3198 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Nantes

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 333
Plaasbeveiliging.
« op: August 05, 2007, 09:14:46 PM »
Na aanleiding van die aantal plaas aanvalle wat ons die laaste paar jaar aanskou en beleef het, begin ek hierdie draad.
Van Departement Beveiliging se kant af wil ons graag 'n positiewe verskil maak, daarom wil ons nie net praat oor misdaad nie maar positief daar toe bydra om 'n verskil te maak.

Enige voorstelle sal waardeer word. Plaas gerus enige raad of wenk hier.  Sal graag 'n dokument wil saam stel met raad en voorstelle.

Groete.
Nantes Kelder
Hoofkommandant Beveiliging.
« Laaste verandering : August 05, 2007, 09:37:53 PM deur Nantes »
VRYHEID MY STREWE!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #1 op: August 05, 2007, 11:44:07 PM »
Nantes,

Hierdie is voorwaar nie 'n maklike taak nie. Dit is ook 'n baie belangrike taak.

Ek glo dat ons nie gras onder ons voete moet laat groei nie, daar is lewens wat daarvan afhang.


Groete,

Ben

Afwesig Desia

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 59
    • Aikona
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #2 op: August 06, 2007, 12:48:00 AM »
Ek het iewers gelees van iemand in SA wat gruisklippe (nie seker of dit die regte woord is nie) direk om sy huis gegooi het omdat mens enigiets wat daarop beweeg kan hoor.
Weet nie of dit sal help nie, maar enigiets wat bydra tot beveiliging van wonings is sekerlik goed

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #3 op: August 06, 2007, 01:07:30 AM »

Afwesig Nantes

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 333
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #4 op: August 06, 2007, 06:39:57 AM »
Ben.

Jy is heeltemal reg met dit wat huidiglik aangaan in die NSA moet ons daadwerklik begin om 'n verskil te maak.  Ek dink dit is baie belangrik dat ons dalk op 'n stadium 'n vergadering hou.  Ek en kobus weet hoe ons dink maar sal graag wil hoor wat het julle in gedagte.

Ek sal ook met ander organisasies gaan sit en hul kennis ook tap rondom hierdie onderwerp.

Groete.
Nantes.
VRYHEID MY STREWE!

Afwesig Nantes

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 333
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #5 op: August 06, 2007, 06:45:34 AM »
Karina en Desia.

Dankie vir jul inset goeie idee van die gruisklip.

Karina wat jy gemeld het van die honde, as jy jou plaas huis 'n dubbel heining opsit en honde daar binne laat loop(aan elke kant 'n mensvreter) en dan 'n hond of twee binne in die erf. Jack Russels vir die "alarm".

Groete en veilige dag.

Nantes.

VRYHEID MY STREWE!

Afwesig Chaka

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #6 op: August 09, 2007, 11:35:18 PM »
Sakkie is reg! 'n Goeie Vroeewaarskuwingstelsel is 'n vereiste. Op die plaas en in die stad.

Die nuutste tendens is waar gesinne aangeval word tussen son-onder en middernag! Dis die tyd wanneer jy op jou rustigste is want jy kom terug vanaf 'n harde dag se werk en wil net ontspan terwyl die vrou kos maak en die kinders reg kry vir bed. Die TV is aan en die agterdeur staan oop vir die honde.

Niemand hoor die honde blaf nie want hulle is al vroeg aand vergiftig. As jy jou weer kan kry staan drie gewapende aanvallers in jou sitkamer en jy kry nie eens kans om op te staan nie!

'n Gunsteling is op Saterdag middag wanneer die Rugby aan is of wanneer dit 'n verjaardag fees is. Baie gaste - baie karre. Almal sit om die kroeg in die agterplaas en die kinders baljaar om die swembad terwyl die boerewors op die hardekool knetter. Niemand hoor die voorhek oopgaan nie en as jy jou weer kan kry staan daar 6 van hulle by jou agterdeur.

Klink soos die nuutste Hitchcock riller? Nee, dis slegs van die rillers wat van my kliente aan my oorvertel het.

Sien, ek is die eienaar van 'n Maatskappy wat in Elektroniese Vroeewaarskuwingstelsels en anti-kapingstelsels spesialiseer en kom daagliks met soortgelyke slagoffers in aanraking.

Ek lees toe as besoeker Nantes se draad wat hy begin het hierbo en dink toe terug aan die Forum "Oproep tot Deelname" en dink dat ek dalk kan waarde toevoeg wat beveiliging aanbetref. Ek is seker ons kan 'n ekonomiese bekostigbare stelsel ontwerp vir ons boere wat tot dusver weerloos staan teen sulke aanvalle.

Nantes kan my gerus kontak sodat ons dit kan bespreek. My e-pos adres is beskikbaar.

Dankie en groete,

Chaka.   

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #7 op: August 10, 2007, 10:20:33 PM »
Hier is 'n paar van my idees:

1. Buurtwag. Dit is natuurlik die eerste prys, maar ons mense is lui dus gaan mens sukkel om mense betrokke te kry.

2. Kontak met bure. Maak seker jy het 'n lys met al jou bure se telefoon nommers op, versprei ook so lys aan al jou bure. Indien iets gebeur, kontak al die bure.

3. Volksvreemde arbeid. Indien ons nie volksvreemde arbeid gebruik nie, sal die volksvreemdes ook nie teenwoordiges wees nie. (weereens sal die gemeenskap moet inkoop in die idee)

4. Indien jy Volksvreemdes in die pad sien loop, vra hulle vriendelik waarheen gaan hulle en waar kom hulle vandaan.

5. Buite ligte. Hoe meer verlig 'n area is, hoe beter.

6. Ganse en Honde. Diere is natuurlik 'n goeie vroee waarskuwing.



Groete,


Ben

Afwesig Retha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 8
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #8 op: August 10, 2007, 10:27:46 PM »

Afwesig Retha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 8
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #9 op: August 10, 2007, 10:37:37 PM »

Afwesig Nantes

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 333
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #10 op: August 11, 2007, 10:36:36 PM »
Baie dankie vir die insette van almal af ons lyk my ons is op die regte pad.
Reatha en Stefan dankie ook vir die pm, dit is lekker om julle betrokke te sien.

Chaka baie dankie ek sal met jou kontak maak.

Ben dankie vir jou inset.  Ons dink baie keer te groot in plaas daarvan om terig te keer na die basiese.  Het geruime tyd al die telefoon nommer ding gedoen en dit werk, bure sal tot bel as hulle net sien die motor hek staan oop.  So ja as ons net eers rondom ons begin.

Groete.
Nantes
VRYHEID MY STREWE!

Afwesig Adolph

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 28
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #11 op: August 17, 2007, 02:03:45 AM »
Hier is 'n paar van my idees:

1. Buurtwag. Dit is natuurlik die eerste prys, maar ons mense is lui dus gaan mens sukkel om mense betrokke te kry.

2. Kontak met bure. Maak seker jy het 'n lys met al jou bure se telefoon nommers op, versprei ook so lys aan al jou bure. Indien iets gebeur, kontak al die bure.

3. Volksvreemde arbeid. Indien ons nie volksvreemde arbeid gebruik nie, sal die volksvreemdes ook nie teenwoordiges wees nie. (weereens sal die gemeenskap moet inkoop in die idee)

4. Indien jy Volksvreemdes in die pad sien loop, vra hulle vriendelik waarheen gaan hulle en waar kom hulle vandaan.

5. Buite ligte. Hoe meer verlig 'n area is, hoe beter.

6. Ganse en Honde. Diere is natuurlik 'n goeie vroee waarskuwing.



Groete,


Ben
[/quote
Hi Ben
Ek stem met jou saam oor jou punte wat jy geopper het. My ouers woon op 'n netjiese plaas in die Bosveld en dis 'n feit, hoe meer ligte en honde hoe beter !!! Terloops daar is 22 honde op die plaas en nie watse goed nie, boerboele !!
Dan verder word geen vreemde springkane toegelaat nie, die plaasvolk word vergoed as hulle inligting kom rapporteer, dit werk uitstekend.
Verder word daar gereeld pattrollie gery en almal kry 'n beurt, natuurlik in groeps verband.  Dan word daar ook opleiding bygewoon deur alle boere en gesins lede. Wel sover werk dit vir ons en ek glo dit sal so bly !!
Die ander belangrike feit is om betrokke te raak by die DLU in jul gebied, as julle op 'n plaas of plot woonagtig is.
Groete
Geteken : Adolph Hitler

Afwesig Basjan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 258
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #12 op: August 17, 2007, 09:14:12 AM »
Boerboelle vreet net hel baie, maar hulle werk en hulle lyk soos 'n klomp leeus.

Ja betrefende plaas veiligheid dink ek die belangrikste is om paraat te wees, as jy deur die nag opstaan om 'n draai te loop maak 'n venster oop en luister. In die nag trek klank  baie ver en dit kan jou 'n goeie idee gee wat om jou aangaan.

Die liewe Vader het ook ons verstand gegee om die nodige veiligheids versperrings aan te bring soos diefweering, hou tuin gereedskap in die motorhuis en moet nie ander wapens oop en bloot los nie.

Deesdae kry mens energie besparende ligte wat dag en nag skakelaars in gebou het, dit werk as jy weg gaan kan jy jou buiteligte aan los sonder dat dit deur die dag brand en weggee dat jy nie tuis is nie.

Ja en so af en toe die klap van 'n .375 maak Die wat idees het gehad het of wil he stil. Bom krekers werk net so goed selfs in die dorp, jammer aan al die honde maar dit haal die was uit julle ore.

Maak seker dat jy en jou familie 'n plan van aksie het al is dit 'n kleintjie. Weet wie wat moet doen en en  waar basisiese  noodhulp goed is, om te weet waar die pleisters is help ook wanneer iets gebeur is daar nie tyd vir pleisters soek nie.

Maak elke aand seker alle sleutels is daar moet nie aanneem dat almal daar is nie.

 

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #13 op: May 17, 2009, 09:42:07 PM »
Enige vars gedagtes in die verband?

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Insake: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #14 op: May 18, 2009, 10:08:52 PM »
Ben

Ek het vir 'n paar jaar 'n privaat sekuriteits firma besit wat gespesialiseer het in plaasbeskerming. 'n Private plaaswag (waarvoor die boere sal moet betaal) Hierdie is werklik een van die beste maniere vir misdaadvoorkoming in 'n gebied. In 'n jaar het ons die misdaadsyfer (veediefstalle, telefoon/krag kabels diefstalle, branstigting ens)in sekere gebiede afgebring tot 0%. "Petty crimes" soos diefstalle uit werkwinkels ens het afgeneem, maar nie noemenswaardig nie.

Gesteelde vee is opgespoor terwyl die SAPD by nog die boer besig was om verklarings te neem.....

Ons het een groot wapen gehad teen misdaad......   Geeneen van my personeel het iewers heen gery sonder 'n klein digitale kamera nie...  Elke persoon wat langs die distrikspaaie geloop het is afgeneem, en aangeteken. Dit alleen het enige voornemende skurk skrik op die lyf gejaag....

Ongelukkig het ons gevind dat jy wel hier moet staatmaak op 'n paar volksvreemde lede. Dit was juis hulle wat met die gemeenskap kontak gemaak het (en in meeste gevalle 'n verdagte gou "om die hoek" te neem vir 'n paar vragies....

MAAR die kruks van die saak is dat plaasbeveiliging net so goed is as wat die gemeentskap sin is. As daar 'n plaasaanval plaasvind in 'n gebied dan is die hele gemeenskap in rep en roer....   Net vir 'n rukkie dan verslap alles weer.

So is my dienste een vir een deur die boerevereenigings beeindig - omdat hul my en my mense nie meer nodig gehad het nie....

Sanderis

  • Gas
Insake: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #15 op: May 19, 2009, 08:46:38 AM »

So is my dienste een vir een deur die boerevereenigings beeindig - omdat hul my en my mense nie meer nodig gehad het nie....

Ek kan nie insien dat dit die geval is in vandag se situasie nie . Ek het reeds my hulp aangebied waar nodig , nog nie een dooie woord terug gehoor nie .
Daar is 'n ou gesegde : dié wat nie wil luister nie moet voel .

Afwesig Fortis

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #16 op: January 28, 2011, 02:53:36 PM »
Ons doen juis dit - plaasbeveiliging. Loer gerus na ons webtuiste vir meer inligting as wat ek hier kan neerskryf.

http://www.plaasveiligheid.co.za/


Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Insake: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #17 op: January 28, 2011, 03:24:05 PM »
So is my dienste een vir een deur die boerevereenigings beeindig - omdat hul my en my mense nie meer nodig gehad het nie....

Cois! ek het so tyd gelede op die webwerf oor diesefde onderwerp 'n paar kommentare geplaas dit was negatief ontvang. Die probleem is, en ek se dit weer en sommer in groot letters DIE BOERE DOEN NIKS OM EFFEKTIEWE PLAASBESKERMING EFFEKTIEF TOE TE PAS NIE. Lees dit weer, dit is 'n kortlikse opsomming van die groter probleem.         

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #18 op: January 29, 2011, 08:49:37 PM »
Mike,

Ek nooi jou om 'n naweek te kom kuier op Kleinfontein en toe kom sien wat die Boere doen. As jy dan steeds voel die Boere doen nie genoeg nie, sal ek jou verskoning vra. As die teendeel egter bewys word, sal ek 'n verskoning van jou verwag.

Hoe lyk dit Mike, is jy mans genoeg?

Sanderis

  • Gas
Re: Plaasbeveiliging.
« Antwoord #19 op: February 02, 2011, 07:03:37 AM »
Ons doen juis dit - plaasbeveiliging. Loer gerus na ons webtuiste vir meer inligting as wat ek hier kan neerskryf.

http://www.plaasveiligheid.co.za/




Dankie Fortis .


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal