Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Re: Departemente binne Finansies  (Read 1635 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Maarten Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 326
Re: Departemente binne Finansies
« op: June 02, 2007, 07:53:53 PM »
Val Belasting ook onder die' departement?
ΜΟΛΩΝ ΛΑΒΕ

Sanderis

  • Gas
Insake: Re: Departemente binne Finansies
« Antwoord #1 op: June 04, 2008, 10:58:45 AM »
Ek glo so , wat is op die hart Maarten ?

Jankejan

  • Gas
Insake: Re: Departemente binne Finansies
« Antwoord #2 op: June 04, 2008, 03:39:14 PM »
Jong Sanderis ek is nie heeltemal so seker nie, val dit nie dalk onder die Departement Sport en Loterye nie?

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7642
  • Christa Burger
Insake: Re: Departemente binne Finansies
« Antwoord #3 op: June 04, 2008, 05:42:41 PM »
Jong Sanderis ek is nie heeltemal so seker nie, val dit nie dalk onder die Departement Sport en Loterye nie?


 ;D      ;D     ;D

In die NSA beslis!
Moed Vryheid Eer

Afwesig Maarten Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 326
Insake: Re: Departemente binne Finansies
« Antwoord #4 op: June 04, 2008, 05:53:55 PM »
Ek glo so , wat is op die hart Maarten ?
Sanderis, belasting is so 'n ongemaklike punt van bespreking vir enige volk wat vryheid so hoog op prys stel soos ons. Dit is iets wat met baie takt en sorg benader moet word.
'n Belasting stelsel moet nie as 'n straf of 'n ketting om die nek van die werkende man gesien word nie, maar as 'n bydrae aan die welstand van die Volk se land.
Nou hoe sal mens te werk gaan om die belasting stelsel so te ontwerp dat mense nie vyandig daarteen reageer nie? Maklikste manier is om 'n belastingstelsel te hê wat feitlik onsigbaar is. Mense betaal die belasting en besef dit nie eers nie.
In plaas van 'n maandelikse of jaarlikse aftrekking van jou salaris af, betaal jy slegs belasting op die goedere wat jy nuut koop. Jy betaal byvoorbeeld nie belasting op 'n gebruikte motor of radio stel nie. Slegs op nuwe items.
Daar is tans 'n groot beweging om so 'n belasting stelsel hier in Amerika aan te bring. Dit is amper soos BTW, maar 'n bietjie meer. Dit sal egter die Staats en Federale Belasting skrap. Dit word die Fairtax genoem. Ek dink die web blad is fairtax.org. Ek dink dit kan vir 'n Volk wat 'n nuwe "land" begin, van baie waarde wees - dit sal ons in staat stel om van die begin af, nuut, vars en effektief te werk, in plaas van om op ou foute te bou.
ΜΟΛΩΝ ΛΑΒΕ

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4258
Insake: Re: Departemente binne Finansies
« Antwoord #5 op: June 04, 2008, 08:08:14 PM »
Ek is ook 'n voorstander van "onsigbare" belasting. Dit maak die staatsadministrasie heelwat ligter, en die kanse vir ontduiking verminder, terwyl vermyding van belasting in die hand van die koperspubliek is, want die koper het die opsie om tweedehands te koop, meer selektief aankope te doen en ook meer positief is oor die vergoeding wat ontvang word.

Daar mag wel nadele wees, maar ek is van oordeel dat die stelsel meer voor- as nadele inhou.
Kennis is mag

Afwesig Maarten Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 326
Insake: Re: Departemente binne Finansies
« Antwoord #6 op: June 04, 2008, 08:30:37 PM »
Baie waar Clem. Soos met alle goed in lewe, is daar voor en na dele. In die geval, dink ek die voordele is meer as die nadele.
Die koper het die opsie om tweedehandse items te koop - maar sekere goed soos kos, moet steeds gekoop word.
Die wonderlike ding van so 'n stelsel is dat selfs toeriste die belasting sal betaal :D En hulle besef dit nie eers nie.
ΜΟΛΩΝ ΛΑΒΕ


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal