Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Toeka se Speletjies  (Read 28347 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

123 Blok My

  • Gas
Toeka se Speletjies
« op: September 12, 2007, 10:26:43 PM »
« Laaste verandering : January 24, 2008, 11:23:27 PM deur RoosMaryn »

Stoetbul

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #1 op: September 13, 2007, 09:43:40 AM »
Ek gaan nou weer speel ;D

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #2 op: September 13, 2007, 04:15:58 PM »
Moenie donkerkamertjie vergeet nie... ;D
VOEL TUIS

Afwesig Banksie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 714
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #3 op: September 13, 2007, 04:18:06 PM »
en dokter dokter ;D ::)
When the rich wage war it�s the poor who dies - Linkin Park
http://www.freewebs.com/freebelieve

123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #4 op: September 13, 2007, 04:23:46 PM »
Plaas
Banksie/Marlize
Baas Jan

Nou julle is veronderstel om te verduidelik hoe die speletjie werk.

 :)


Stoetbul

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #5 op: September 13, 2007, 04:25:55 PM »
Spin the bottle

123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #6 op: September 13, 2007, 04:42:15 PM »
Baie lekker ene Baas Jan.  Natuurlik is ek seker daar was van die meisies wat doelbewus nie verby die seuns kon kom nie.

 :D

Afwesig gelofteboer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 198
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #7 op: September 13, 2007, 05:32:48 PM »
Sekere meisies was "gemerk" :)

Die mooies het altyd vrek vinnig gehardloop en die nie so mooies wou nie baie vinnig hardloop nie.
 ;D
Read the Bible -- It will scare the hell out of you.
http://inspirasie.blogspot.com
Neem kennis dat kopiereg op stukke geplaas onder die hoof Inspirasie vir die Dag die uitsluitlike eiendom bly van gelofteboer en nie oorgedra word aan Bravoland nie.

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #8 op: September 13, 2007, 05:47:28 PM »
True, dare or promise. . .

In ons eie weergawe het ons verkies om van True en Promise te vergeet, dit was net "Dare".  ::)

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #9 op: September 13, 2007, 09:25:40 PM »
Die "Waterkloof 4" se speletjie was ook gewild toe ek op skool was.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #10 op: September 14, 2007, 10:12:27 PM »
hehe

123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #11 op: September 21, 2007, 09:12:58 PM »
Ek wonder ernstig of daar nog speletjies gespeel word en of die elektroniese toerusting van ons eeu gewen het.

Hier is nog ene

Blikbord

Gebruik 'n blikbord of 'n ou skinkbord. 
Almal sit in 'n kring en elkeen kry 'n geheime nommer wat in sy oor gefluister word. 
Een persoon spin die bord, roep 'n nommer uit en gaan sit weer. 
Die persoon wie se nommer uitgeroep is, moet opspring en die bord probeer vang voordat dit omval.
Hy spin hom dadelik weer en roep weer 'n nommer uit. 
Wie nie die bord betyds vang nie, is uit.
'n Mens probeer die sterkste opponent uitskakel deur sy nommer so vinnig na mekaar as moontlik te roep. 
Die een wat die langste kan uithou, wen die speletjie.




jeug

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #12 op: September 23, 2007, 05:53:30 AM »
RM
Jy laat ons terug verlang na mooi kinderdae

123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #13 op: September 23, 2007, 11:17:04 AM »
Blikbord was ook sommer met 'n koekblik se deksel  gespeel.

Jeug, dis natuurlik 'n lekker terugverlang die. 
 ;D
« Laaste verandering : September 23, 2007, 02:09:16 PM deur RoosMaryn »

123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #14 op: September 27, 2007, 11:56:10 PM »
Boompie verplant

Dis verwant aan Derdemannetjie.

Die kinders staan ook twee-twee agtermekaar in 'n kring.  Die buitenste kring kan Adams en die binne kring Evas wees (of enige ander name).  Daar is ook iemand wat met 'n slaanding regstaan en opdragte uitroep.  Hy kan iets uitroep soos: "Evas, drie plekke na regs!" en dan moet al die Evas drie plekke aanbeweeg.  Dan weer: "Adams vyf plekke na links" en so aan.  As hy skree:  "Evas, boompie verplant", moet hulle terughardloop na hul oorspronklike Adam toe en voor hom gaan staan.  As hy skree: "Adam, boompie verplant", moet die Adam sy maat soek.

Die kwaaiste deurmekaarspul is as hy net skree: "Boompie verplant", want dan hardloop almal rond op soek na sy oorspronklike maat.  Die een wat die skreewerk doen, moet ook die slaanwerk doen.  As jy nie gou genoeg by jou regte plek uitgekom het nie, kry jy dit ... natuurlik net speel-speel.
« Laaste verandering : September 27, 2007, 11:59:10 PM deur RoosMaryn »

123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #15 op: September 28, 2007, 02:43:08 PM »
Wie kan nog King Sting onthou ?

Moenie net vra nie, verduidelik sommer ook asseblief  en as daar nog 'n naam daarvoor is noem dit .

Karools

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #16 op: September 28, 2007, 02:45:14 PM »
Wie kan nog King Sting onthou ?

Ek ken nie hierdie een nie!

123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #17 op: September 28, 2007, 02:50:49 PM »
Ek is seker hier moet nog mense wees wat speletjies onthou!  Kom plaas dit asseblief hier vir ons.

 ;D

Karools

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #18 op: September 28, 2007, 02:55:09 PM »
Nouja, daar was wel "verlossinkies" of soms is dit "jaaginkies" genoem, maar ek dink nie dit hoort hier tuis nie - weet nie.

Twee spanne word gekies en die een klomp "vang" die ander, plaas hulle in die tronk (sirkel op die grond getrek) en dan word hulle weer "verlos" deur hul spanmaats.


123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #19 op: September 29, 2007, 01:57:49 PM »
"Verlossinkies"  "Jaaginkies"

Ek onthou die speletjie  ;D ons het dit iets anders genoem.  Dis een van die dinge:  jy kan nie onthou wat nie, maar sodra jy dit hoor, dan weet jy.



Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal