Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Toeka se Speletjies  (Read 28347 times)

0 Lede en 3 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7642
  • Christa Burger
Insake: Toeka se Speletjies
« Antwoord #120 op: July 11, 2008, 10:20:29 PM »
Ons het dit altyd middelmannetjie genoem :)
Dit is baie interessant dat dieselfde speletjies regoor die land soveel verskillende name gekry het.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: Toeka se Speletjies
« Antwoord #121 op: July 11, 2008, 10:26:57 PM »
Blindemol

Een speler word gekies om aan te wees en word geblinddoek.  Hy word dan in die rondte gedraai om hom "dronk" te maak.  Hy moet dan probeer om die ander spelers in die groep te vang, wat natuurlik net in 'n beperkte ruimte mag beweeg.  Slaag hy daarin om iemand te vang, moet die speler doodstil staan sodat die "mol" kan voel wie die speler is.  As hy nie daarin slaag nie, moet die persoon wat gevang is 'n geluidjie maak.  As die mol nou reg is, moet die gevange speler nou die mol wees.

Sakdoekie

Die groep verdeel in twee spanne en gaan staan sowat 10 tree uitmekaar.  Een speler word gekies om in die middel tussen die twee spanne te gaan staan.  Aan elke speler van beide spanne word 'n nommer toegeken.  Die speler in die middel neem nou 'n sakdoek en laat dit afhang grond toe.  Die speler wat die sakdoek hou, roep nou 'n nommer byvoorbeeld  Nommer drie!  Albei spanne se nommer drie spelers moet nou hardloop om die sakdoek te probeer gryp.  Die suksesvolle speler moet dan terughardloop na sy kant, terwyl die ander speler hom jaag en probeer vang.  As die jaer daarin slaag om die ander speler te vang, moet die aan sy kant gaan staan terwyl hy op sy beurt weer by die ander span moet aansluit indien hy nie daarin slaag om die persoon te vang nie.

'n Variasie hiervan word "Eggie" genoem, en met 'n tennisbal gespeel, al verskil is dat daar nie twee spanne is nie en dat die spelers in 'n kring staan, met die persoon wat aan is, in die middel van die kring.  Elke persoon het dan 'n afsonderlike nommer.  Die persoon in die middel roep dan 'n nommer uit en gooi die tennisbal in die lug.  Die persoon wie se nommer uitgeroep is moet nou vorentoe hardloop en die bal probeer vang, indien hy daarin slaag moet hy dadelik weer 'n nommer uitroep en terselfdertyd die bal in die lug gooi. 

As die speler die bal misvang, moet hy op een been staan.  Die speler wat die bal in die lug opgegooi het moet dan weer 'n nommer roep, en indien dit weer die persoon op een been is, en hy vang weer mis, moet hy op sy knieë gaan staan, as hy weer  geroep word moet hy na die bal kruip en indien hy misvang moet hy op sy rug lê en die volgende keer wat sy nommer geroep word na die bal toe rol.  As hy dan misvang is hy uit.  As hy op enige stadium voor hy uit is die bal vang, mag hy weer op albei bene staan. 

Dryfsand (Stuck in the mud)

Ons het dit op skool baie gespeel, op die rugbyveld.

Word gewoonlik op 'n grasperk gespeel.  Enige aantal spelers kan deelneem en moet binne 'n afgebakende gebied gespeel word.  Een persoon is aan en moet die ander persone probeer vang.  Die ander persone moet probeer om uit sy pad te bly.  As hulle gevang word (hy hoef net aan hulle te raak), dan moet hulle wydsbeen gaan staan.  As 'n speler geraak is en hy staan wydsbeen, kan 'n speler wat nog nie geraak is nie tussen sy bene deurkruip om hom vry te stel.  As die vanger 'n spesifieke speler jaag, mag hy hom nie raak terwyl hy tussen 'n ander speler se bene deurkruip nie.  Die vanger mag egter aan die ander kant gaan staan en vir die persoon wag.  As die speler wat die vangwerk doen aan almal geraak het, al hardloop daar nog van hulle rond wat vrygestel is, is dit weer iemand anders se beurt om die vangwerk te doen.

Slangetjie

Hierdie speletjie is bietjie gevaarlik.  My ouer suster het eenkeer haar arm oopgeval terwyl ons dit gespeel het, en moet liefs onder toesig gespeel word.

Al die spelers staan in 'n ry, twee persone langs mekaar mag nie in dieselfde rigting kyk nie.  Speler 1 en 3, 5 ens se voorkante is in dieselfde rigting en spelers 2 en 4, 6 ens se voorkante is in teenoorgestelde rigting.  Die spelers vat mekaar nou stewig aan die gewrigte vas.  Die voorste speler (kop) begin nou hardloop en die res volg hom sonder om mekaar te los.  Sodra almal beweeg, begin die kop draaie hardloop om sodoende die agterste persoon letterlik oor die grond te laat sweef.  Die agterste speler mag onder geen omstandighede los nie.  As dit gebeur is hy uit.  As hy egter val terwyl hy nogsteeds vashou is dit sy beur om voor te gaan trek.  Indien die slangetjie iewers in die middel, breek, moet die agterste groep voor aanlas, sodat die persoon, waar die slangetjie gebreek het, die stert agter in die ry vorm.

Hierdie speletjie word al hoe lekkerder hoe meer mense daar is, glo my!  Mens moet natuurlik wilde en gevaarlike swaaie verbied.
« Laaste verandering : July 11, 2008, 10:38:03 PM deur Sannie van der Walt »
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: Toeka se Speletjies
« Antwoord #122 op: July 11, 2008, 11:25:58 PM »
Blikaspaai

Die doel van die spel is basies dieselfde as wegkruipertjie.  Bepaal vooraf 'n bof, gewoonlik 'n sirkel op die grond getrek.  Plaas dan 'n blikkie wat klippies in het in die bof.  Terwyl die speler wat aan is met sy oë toe tot honderd tel (gewoonlik sit hy binne die sirkel) kruip die ander spelers weg.  Sodra hy die telling voltooi het, begin hy soek.  Die soeker skree die naam van die persoon wat hy sien uit (byvoorbeeld Piet) en voeg by 'Blikaspaai vir Piet agter die boom!'.  Hy hardloop dan terug na die bof en skop die blik weg en soek haastig 'n wegkruipplek terwyl die speler wat gevind is, die blik moet gaan optel en terugneem na die bof voordat hy begin soek.  Wegkruipers kan natuurlik ook die blik wegskop, wat die soeker dan eers moet gaan haal en in die bof terugplaas voordat hy weer begin soek.  Elke keer as die blik weggeskop word, skreeu die skopper 'Blikaspaai' wat dan aan die ander spelers 'n aanduiding gee dat hulle beter wegkruipplekke kan gaan soek.  Die wegkruiper wat deur die soeker gevind is kan ook probeer om die bof voor die soeker te bereik en die blik weg te skop.  Slaag hy daarin, moet hy hardloop en weer gaan wegkruip.

Die spel moet binne 'n afgebakende gebied gespeel word, en die blik moet nie so weggeskop word dat dit onmoontlik is om dit te kry nie.

Markus, Pasop vir die groot slag  ;D

Vrek lekker en skreeusnaaks, (veral as jy 'n toeskouer is  ;D)

Word deur twee persone gespeel en twee vadoeke en 'n waslap word benodig.  Die twee persone word geblinddoek.  Hulle staan op hulle knieë met hulle gesigte na mekaar en hou 'n waslap styfgetrek met hulle linkerhande op die grond vas.  Een speler sê vir die ander "Markus, pasop vir die groot slag!" en slaan dan na die ander speler  met die vadoek wat hy in sy regterhand hou.  Dan kry die ander speler weer kans om na sy opponent te slaan, maar hulle moet mekaar waarsku deur te sê "Markus, pasop vir die groot slag!"

Dit is gewoonlik baie snaaks, omdat die persone mekaar nie kan sien nie.  Ek weet ons het altyd in die plek van vadoeke, opgerolde koerante gebruik as slaanding.

Koljander, Koljander so deur die bos


Twee spelers hou mekaar se hande in die lug vas terwyl die ander onderdeur moet loop.  Die twee bepaal vooraf wie die lemoen en wie die suurlemoen gaan wees.  Terwyl die spelers onderdeur die arms loop, sing die twee wat die arms omhoog hou 'Koljander, Koljander so deur die bos.  My ma en pa kook lekker kos, my boetie verstik aan 'n druiwetros, die laaste een se kop word af gekap! Kiep, Kiep, Kiep Kap!  Met die noem van Kap laat hulle dadelik hulle hande sak om die persoon wat op daardie stadium daar is toe te vou.  Die gevangene word eenkant toe geneem en gevra waarvan hy hou, lemoene of suurlemoene, waarna hy agter daardie speler wat hy kies moet gaan staan.

Die speler wat gevang word, moet sy keuse tussen die twee maak sonder dat die ander spelers mag weet wat elk van die twee persone voorstel.  As al die spelers klaar hulle keuses gemaak het, trek die twee spanne gewoonlik teen mekaar tou, en dit vind soos volg plaas, die twee spelers wat hulle arms omhoog gehou het, vat mekaar aan die voorarms vas terwyl elkeen se spanlede die speler voor hom om die lyf vashou.  Die span wat eerste val is die verloorder.
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Insake: Toeka se Speletjies
« Antwoord #123 op: July 12, 2008, 12:07:48 PM »
Sannie, jy is pas ingedeel by die AVKB Westfalia kamp se speelavontuur kursus.

Geluk! nou is daar geen omdraai kans meer vir jou nie. Jy gaan kamp.  ;D
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: Toeka se Speletjies
« Antwoord #124 op: August 03, 2008, 12:19:26 PM »
Sannie, jy is pas ingedeel by die AVKB Westfalia kamp se speelavontuur kursus.

Geluk! nou is daar geen omdraai kans meer vir jou nie. Jy gaan kamp.  ;D

Sarel sê net wanneer, dat ek my verlof kan insit...  ;D

Die volgende speletjie weet ek nie of dit van "toeka" is en of my pa dit sommer uitgedink het nie  ;D

Wanneer ons ver gery het, het ons krieket met die verbygaande motors se registrasienommers gespeel - Het ons ure besig gehou en die pad ook sommer verkort.

Twee of meer spelers kan speel (verkieslik in ewe getalle).  Die een span "kolf" dan, en die ander span doen die "boulwerk".  Wanneer 'n motor dan verbykom, word die eerste syfer, (let wel, net die eerste syfer) van sy registrasie nommer gebruik, om dan vir die een span lopies aan te teken of vir die ander span paaltjies te vat. 

As die registrasie nommer begin met 1, is dit 1 lopie vir die kolfspan
Begin met 2, is 2 lopies vir die kolfspan
3 is 3 lopies vir die kolfspan
4 is 4 lopies vir die kolfspan
5 is 'n foutbal "no ball"  ;D
6 is natuurlik 6 lopies vir die kolfspan
7 is 'n wydloper "wide"
8 is die ou uitgevang
9 is die ou skoongeboul

so van 1 tot 7 beteken lopies vir die kolfspan en 8 en 9 beteken paaltjies vir die ander span.
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7642
  • Christa Burger
Insake: Toeka se Speletjies
« Antwoord #125 op: August 04, 2008, 09:00:11 AM »
Hehe, julle sal vandag sukkel om lopies aan te teken met die persoonlike nommerplate  ;D

Ons het ook dit gespeel, maar met die fabrikate en die tipe voertuig, nl motor, vragmotor, motorfiets, ens.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4258
Insake: Toeka se Speletjies
« Antwoord #126 op: August 04, 2008, 11:19:09 AM »
Hehe, julle sal vandag sukkel om lopies aan te teken met die persoonlike nommerplate  ;D

Ons het ook dit gespeel, maar met die fabrikate en die tipe voertuig, nl motor, vragmotor, motorfiets, ens.

Dan is ek mos nie so oud as wat julle dink nie! Ons het dit ook gespeel!
Kennis is mag

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7642
  • Christa Burger
Insake: Toeka se Speletjies
« Antwoord #127 op: August 04, 2008, 11:37:41 AM »
Ek dink die verskil is dat ons net vinnieger en meer lopies kon aanteken as in Oom-hulle se tyd.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Insake: Toeka se Speletjies
« Antwoord #128 op: August 04, 2008, 04:54:10 PM »
In Oom Clem se tyd was dit 'n vyf dag wedstryd gewees.

Toe ons dit gespeel het was dit 'n eendag wedstryd gewees

Vandag sal dit 'n 20/20 wedstryd wees
VOEL TUIS

Afwesig whanita

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #129 op: August 02, 2011, 11:43:37 AM »
Kan iemand help? Een van die boeresport speletjies van die 19de eeu was "ringsteek". wat het dit behels??


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal