Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Toeka se Speletjies  (Read 28347 times)

0 Lede en 4 Gaste bekyk die onderwerp.

123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #80 op: October 18, 2007, 09:12:24 PM »
Aanhaling
Ai Tannie, ons is die ene ore Tannie. Dankie vir die speletjies Tannie! 


Word daar nou alweer met die "Tannie" gespot, 'n Desperate poging om my uit die groen dakkies te hou?  :o

Jammer Nooi, ek het nie gedink dit is jou verantwoordelikheid alleeeeen nie. Ons moet almal help om dit gedoen te kry.

Jeug (sal nie meer "oom" se nie, netnou leen Karina KB se besem!) ek is glad nie onwillig om dit te doen nie, maar  moet darem seker wag vir die opdrag, en as dit my taak word  gaan jy my natuurlik daarmee help.

jeug

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #81 op: October 18, 2007, 09:15:58 PM »
Rosie, Karina, julle is werklik bekkig!

Natuurlik sal ek help, maar dit is nie net ons drie nie - elke burger moet sy deel doen - dit is ter wille van ons kinnertjies se kinnertjies se kinner.....

jeug

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #82 op: October 18, 2007, 09:29:38 PM »
Karina !!!

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7642
  • Christa Burger
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #83 op: October 18, 2007, 09:33:06 PM »
Mag ek ook saamspeel? ::)
Moed Vryheid Eer

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #84 op: October 18, 2007, 09:35:25 PM »
Iemand moet vir die kinders wys hoe dit gedoen word! En het Tannie my al met kinders gesien?  ::)

Die kinders is partykeer net te energiek vir hierdie "ou" bene! Dan speel ek maar skeidsregter.  :) Ek is hoeka lus vir 'n lekker jeugkamp!  :)

jeug

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #85 op: October 18, 2007, 09:35:58 PM »
Rosie, het jy gesien wat is ons geagte SP se kommentaar oor hoe om die jeug te bereik? Hier kom 'n opdrag.

Ek wonner of Karina by magte is om so 'n opdrag te gee, of is dit Minister Sannie se taak - en sy is baie stil! Maar ek weet sy leeer dat dit bars! Miskien lees sy tog op 'n stadium - maar ons moet ook onthou sy wil nog die jongelinge by tiekiedraai en volkspele kry... :)

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #86 op: October 18, 2007, 09:37:09 PM »
Mag ek ook saamspeel? ::)

Ja KB, natuurlik, mens is so oud soos jy voel. Ons gaan vir die kinners 'n ding of twee wys! ;D

123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #87 op: October 18, 2007, 09:46:09 PM »
Mag ek ook saamspeel? ::)

Ja KB, natuurlik, mens is so oud soos jy voel. Ons gaan vir die kinners 'n ding of twee wys! ;D

Hoe meer siele hoe meer vreugde!

Rosie, het jy gesien wat is ons geagte SP se kommentaar oor hoe om die jeug te bereik? Hier kom 'n opdrag.

 Waar? Wanneer? :o  Ek het dit gemis...

Van der Walt

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #88 op: October 18, 2007, 10:29:05 PM »
Julle het werklik die wonderlikste idees!  Ek weet my ma besit 'n boek propvol lekker speletjies, wat ons ook altyd gespeel het toe ons kleiner was, sal hom bietjie by haar gaan bedel. 

123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #89 op: October 18, 2007, 10:36:35 PM »
Julle het werklik die wonderlikste idees!  Ek weet my ma besit 'n boek propvol lekker speletjies, wat ons ook altyd gespeel het toe ons kleiner was, sal hom bietjie by haar gaan bedel. 

Kry die boek asb Sannie.  Ons kry dalk speletjies se name wat ons nie meer kan onthou nie, en leer dan dalk ook nog 'n hele paar by.

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #90 op: October 19, 2007, 02:45:22 PM »
Ek is seker daarvan almal het vingerbord gespeel. Ek het natuurlik ook die grootste pakslae van my lewe oor vingerbord gekry.  ;D

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #91 op: October 19, 2007, 02:49:52 PM »
Ek sal ook help met die samestelling en met die uit toets van speletjies. ;D
VOEL TUIS

123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #92 op: October 19, 2007, 02:57:21 PM »
Dit begin net al lekkerder en lekkerder te klink.  Amper net soos die "ou" Boeresport dag van vroeer jare.  Verskil is net die sal sekerlik 'n Boere Bravo Dag wees!!  ;D of so iets, waar al Toeka se Speletjies en Boeresport Spele gekombineer kan word.
En as ek so hierna kyk, gaan dit nie net 'n jeugdag wees nie, maar 'n familiedag vol pret en plesier.  So baie mense het mos nie meer tyd vir mekaar nie, dink net hoe sal 'n pret dag gesinne bymekaar kan bring.......ek dink en ek sien 'n prentjie wat vol van vreugde is tenspyte van al die aaklige dinge om ons.
 ;D

« Laaste verandering : October 19, 2007, 02:59:56 PM deur RoosMaryn »

jeug

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #93 op: October 19, 2007, 08:21:54 PM »
Maar daar is ook ander moontlikhede - ons kan op elke dorp, in elke stad begin met die stigting van Bravo-klubs (sonder sterk drank) waar allerhande speletjies daagliks gespeel kan word, en so kry ons die kinder (en die ouers) weg van die TV vloek.

Groete

123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #94 op: October 19, 2007, 09:21:55 PM »
Maar daar is ook ander moontlikhede - ons kan op elke dorp, in elke stad begin met die stigting van Bravo-klubs (sonder sterk drank) waar allerhande speletjies daagliks gespeel kan word, en so kry ons die kinder (en die ouers) weg van die TV vloek.

Groete

Het dit reeds sterk oorweeg en was al met die beplanning besig, nog voor ek "Bravo" ontdek het.  Dit wou net nie werk nie, die navorsing wat ek gedoen het was nie van 'n baie positiewe resultaat nie.  Die jong kinders was/sou "gekeur" word om aanvanklik aan te sluit, jy weet, van ons mense, eksklusief wit.  Dit het aanvanklik baie aantreklik gelyk totdat die jongklomp gevra het of hulle dan regtig nie mag drink en rook nie?  Die doel was om die groep tussen 12 -18 van die drinkplekke ens weg te hou.  So my benadering was defenitief nie reg gewees nie. 

123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #95 op: October 20, 2007, 12:36:13 AM »
"Hopscotch"  (Afrikaanse naam??)

Trek twee sirkels op die grond, een bo die ander en eken dan 'n lang reghoek bo die boonste sirkel.  Deel die reghoek in twee.  Trek weer 'n sirkel, weer 'n reghoek, weer twee sirkels e dan die groot soos "ouma se maag" -sirkel.
Elkeen wat saamspeel, kry 'n pand (ghoen)  Dit kan 'n klippie of stukkie glas of iets wees wat jy maklik kan gooi en maklik kan uitken.  Elkeen kry 'n beurt om te speel.  Jy gooi jou pand in die eerste sirkel en spring dan op een been bbo-oor die sirkel waarin jou pand le tot in die tweede sirkelo.  twee voete in die reghoek, een aan elke kant.  een been in die volgende sirkel en so hou ja aan totdat jy by ouma-se-maag kom, waar jy met twee voete land en omdraai.  (kort rus kan hier geneem word)  Op pad terug doen jy dieselfde, maar jy stop op een been voor die sirkel waarin jou pand is, tel die pand op en spring weer oor die sirkel uit.  Jy mag nie op die strepe trap nie, jy mag nie op die strepe trap nie, jy mag nie met twee voete gelyk in 'n blok land nie.  (behalwe in ouma-se-maag)  en jy mag ook nie land in die blok waarin jou pand is nie.  Sodra jy klaar is, i dit die volgende een se beurt.  Dis 'n baie lekker speletjie om alleen te speel.
« Laaste verandering : October 20, 2007, 12:39:07 AM deur RoosMaryn »

jeug

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #96 op: October 23, 2007, 06:00:53 AM »
RoosMaryn, ons het dit baaaaie gespeel, maar die naam daarvan is weg!

Daar was ook die ander spel met net een gaaitjie, en almal staan om die beurt by die streep (2 meter weg) en gooi jou "ghoen"  om te kyk wie is die naaste aan die gaaitjie. ('n Ghoen wat gewoonlik verkry is van 'n koeellaeris ook genoem "iny" (spelling?) wat afkomstig is van die Engelse woord Iron.

Die een wat die naaste aan die gaaitjie is, gooi sy ghoen in die gaaitjie, en dan kan hy een van die ander wegskiet (send). Sodra hy een weggeskiet het, moet hy weer sy ghoen in die gaaitjie gooi. Hy kan aanhou om ander weg te skiet van die gaaitjie tot hy mis skiet, of tot hy die ghoen nie weer in die gaaitjie kon gooi nie, dan is die een wat tweede naaste aan die gaaitjie was, aan die beurt.

Dit het ons "gaaitjie" genoem.
« Laaste verandering : October 23, 2007, 06:03:03 AM deur jeug »

jeug

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #97 op: October 23, 2007, 06:16:06 AM »
En ons het met albasters "gedobbel"

Trek 'n driehoek met die vinger op die grond. Elke speler "put" ooreengekome aantal albasters in die driehoek. Gewoonlik so twee albasters per speler, maar dit hang af hoeveel "alies" jy het.
Die spelers gaan staan by die streep en gooi na die driehoek. Die ou wat naaste is skiet eerste en elke albaster wat hy uit die driehoek skiet, is sy eiendom.

As jou ghoen met die eerste gooi in die driehoek beland, speel jy laaste. Jy kan ook jou opponente weg skiet voor jy begin om die alies uit die driehoek te skiet. Jy hou aan skiet solank jy alies uit die driehoek skiet.

Daardie dae was die meeste van ons maar arm, en baie het nie albasters gehad nie, wat meegebring het dat jy soms een geleen het en as jy dan meer uitgeskiet het weer die geleende alie terug gegee.

Soms het die ouens met "halfies" (stukkende albasters) gespeel omdat hulle nie geld gehad het om te koop nie.

Dit was nogal 'n kuns om te "skiet"

Skiet was soos volg:  Jy sit die ghoen teen die wysvinger  met die linkerhand se wysvinger (hou die ghoen dus tussen die twee wysvingers),  buig die regterhand se wysvinger terug en skiet.

Karools

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #98 op: October 23, 2007, 11:26:45 AM »
Dankie Jan.

123 Blok My

  • Gas
Re: Toeka se Speletjies
« Antwoord #99 op: October 23, 2007, 07:54:15 PM »
Aanhaling
Die speletjie se naam is "Giffie"
Dankie!

Dit wil so al voorkom asof Jan baie meer speletjies ken as wat hy te kenne wil gee.  Hoe lyk dit, wil jy nie van hulle hier met ons kom deel nie?




Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal