Skrywer Onderwerp: Re: BVI  (Read 2092 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: BVI
« op: October 02, 2007, 02:28:56 PM »
Ek het darem ook oor die naweek by Winter gehoor waar is die Swartland, vir my is alles sommer weer die Wes-Kaap, as ek die woord Boland hoor dink ek aan uitgestrekte wingerde. . .

Sanderis

  • Gas
Insake: Re: BVI
« Antwoord #1 op: September 08, 2008, 03:39:09 PM »
4 September 2008

Geagte volksgenoot,

VRYHEIDSKONFERENSIE

'n Tyd gelede het ons die voorstelle vir 'n volkskongres/vryheidskonferensie aan u gestuur.  Die raadplegingingsfase is nou afgehandel en die volledige verslag van die meningsopname word hierby ingesluit.  Indien u moontlik nie die voorstelle ontvang het nie, kan u dit lees in Vryheidsbulletin nr 20 op ons webtuiste by vryheidenreg.com.

Uit die opname is dit vir ons duidelik dat verreweg die meeste Boere/Afrikanerorganisasies op hierdie stadium nie gereed is vir 'n byeenkoms in sy voorgestelde vorm, naamlik 'n landswye verteenwoordigende kongres/konferensie van die groots-moontlike getal organisasies nie.  Die BVI het aan die hand van die resultate van die meningsopname gekonsulteer met die ander instansies wat ook met inisiatiewe vir so'n byeenkoms begin het.  Daarop gebaseer dink ons dat daar op die volgende wyse met hierdie saak vorentoe beweeg moet word:

* Die tyd vir die beoogde byeenkoms in sy huidig-voorgestelde vorm is nie nou ryp nie.  Dit is egter uiters noodsaaklik dat daar 'n gesamentlike strategie vir die herwinning van ons vryheid ontwikkel moet word en daarvoor sal verteenwoordigers van ons volksorganisasies wel op een of ander stadium in die toekoms bymekaar moet kom.

* Daar was egter ses organisasies en dertig individue by wie daar 'n behoefte aan so 'n konferensie bestaan.  Dan is daar nog twee organisasies wat voorwaardelik ingestem het.  Saam met die BVI gee dit nege organisasies.  Ons kan aanvaar dat hulle verteenwoordigend is van 'n groter getal mense.  Ons voel dus dat ons moet voortgaan met die byeenkoms, maar in 'n ander vorm.  'n Vryheidskonferensie waarheen alle vryheidsgesinde Boere/Afrikaners in hulle persoonlike hoedanighede uitgenooi word, moet gehou word.  Dit sal dus nie meer 'n konferensie wees waarheen organisasies verteenwoordigers stuur nie maar een wat individue in hulle eie hoedanighede bywoon.

* Die doelstellings van die konferensie sal nog dieselfde bly naamlik:

* Vryheidsgesinde Afrikaners moet mekaar persoonlik ontmoet en beter leer ken.
* Gedagtes oor bestaande en beplande vryheidsaksies kan  uitgeruil word.
* Daar kan besin word oor 'n gesamentlike strategie vir die herwinning van ons vryheid.

Sommige praktiese reëlings sal bietjie aangepas moet word om vir die veranderde vorm van die konferensie voorsiening te maak.  Na ons mening sal dit beter wees om dit op 'n sentrale plek soos byvoorbeeld Bloemfontein te hou ten einde meer individue die geleentheid te gee om dit by te woon en verder sal dit baie moeilik wees om dit nog gedurende 2008 te hou.  Ons dink dat ons moet kyk na 'n datum in 2009 soos 6 April (Van Riebeeckdag/Stigtingsdag) of 31 Mei (Bittereinderdag/Republiekdag).

* Dit  is belangrik dat die konferensie op so'n wyse ingerig word dat dit 'n konkrete, positiewe bydrae tot die uiteindelike herstel van ons vryheid in 'n soewereine staat kan lewer.  Die doel moet wees om bestaande aksies, wat tans op 'n gefragmenteerde basis plaasvind, te koördineer en kragte saam te snoer om 'n groter impak te maak.  Wanneer die konferensiegangers na die konferensie huistoe gaan, moet elkeen presies weet wat hy/sy prakties kan doen om die vryheidsideaal te bevorder.  In besonder moet mense toegerus word om die vryheidsideaal tot op voetsoolvlak in die harte van mede-volksgenote in te dra.  Die beweging vir vryheid sal uit die volk self moet kom.  Alleen dan sal ons uiteindelike vryheid, as God ons dit genadiglik skenk, 'n blywende, langtermyn karakter hê.


'n Beplanningsvergadering word DV op Saterdag 20 September in Bloemfontein gehou waarheen alle voornemende beskermhere uitgenooi word.  Ons het egter besluit om ook ander persone wat alreeds hulle belangstelling in en meelewing met ons vryheidstryd betoon het, uit te nooi om die vergadering in hulle persoonlike hoedanigheid by te woon.  U is een van hierdie persone.  Die vergadering word om 10h00  in die CVO-skool Dankbaar  se saal gehou.  Bloemfontein is gekies vanweë sy sentrale ligging.  Dit sal waarskynlik duur tot ongeveer 16h00 en 'n ligte middagete en verversings sal teen geringe koste aangebied word.  Vir roete-aanwysings kan  mnr Marius de Vos by 082 - 745 5183 geskakel word.  Die BVI sal as sameroeper van die vergadering optree en by die aanvang daarvan sal 'n voorsitter uit die aanwesiges gekies word.  Die doel van die vergadering sal wees om finaliteit te kry oor die doelstellings en praktiese reëlings vir die beoogde vryheidskonferensie en om 'n datum en 'n plek daarvoor te bepaal.  Die voorstelle in verband met die volkskongres/ vryheidskonferensie wat uitgestuur is, sal as basis van bespreking dien maar 'n volledige agenda sal voor die vergadering gestuur word aan alle persone wat die vergadering wil bywoon.

Ons vertrou dat dit vir u moontlik sal wees om die beplanningsvergadering by te woon.  Ons sal baie graag u antwoord voor of op Donderdag 18 September 2008 wil ontvang.  Hierby ingeslote is 'n vormpie wat u kan gebruik om op die uitnodiging te reageer.

Verskoon asseblief die onpersoonlike vorm van hierdie brief.  As gevolg van tydsdruk moes ons noodgedwonge op dié wyse te werk gaan.


Met vriendelike groete

Frikkie Strauss

nms Dagbestuur van die BVI









* Ek .................................................................................beplan om die beplanningsvergadering wat DV op Saterdag 20 September in Bloemfontein gehou word, by te woon.  (Aantal persone.........................)


*******************************************************
* Ek kan nie die vergadering bywoon nie, maar is gewillig om 'n bydrae van R............. tot die delging van die kostes daarvan te maak.

********************************************************
Naam: ....................................................................................
Posadres/e-posadres:.................................................................
Tel/Sel:....................................................................................
Stuur na BVI by Posbus 339, Piketberg 7320, Faks 022 - 913 1482,
e-pos strausse@xsinet.co.za of bel ons by 022 - 913 2391

Bankbesonderhede:  BVI  :  Absa, 334-211 :  910 397 1109

Sanderis

  • Gas
Insake: Re: BVI
« Antwoord #2 op: October 15, 2008, 09:39:16 PM »

VOLKSVERGADERING

Dankie vir jou belangstelling in die vergadering wat ons op 20
September in Bloemfontein gehou het.  Dit was 'n suksesvolle
vergadering en daar is besluit om 'n volksvergadering DV gedurende die
naweek van 24 - 26 April 2009 in Bloemfontein te hou.

'n Volksvergaderingreëlingskomitee (VVR) is verkies en bestaan uit die
volgende persone:

Dr Ronnie van der Merwe   -   Voorsitter   (Fraserburg)
Flip Swanepoel   -   Onder-voorsitter   (Groot-Marico)
Frikkie Strauss   -   Sekretaris   (Piketberg)
Div de Villiers    -   Addisionele lid   (Bloemfontein)
Marius de Vos   -   Addisionele lid   (Bloemfontein)

Hiermee die eerste pamflet van die VVR. Indien jy jouself daarmee kan
vereenselwig wil ons vra of jy dit asseblief so wyd moontlik op jou
poslys of welke ander wyse jy goeddink te versprei en die
ge-adresseerdes versoek om dieselfde te doen.  Die ideaal is dat ons
in die volgende paar maande moet probeer om op elke dorp in
Suid-Afrika ten minste een persoon te kry wat die bekendstelling van
die volksvergadering in sy eie omgewing sal doen.

In die volgende drie of vier weke sal ons komitee oor 'n werkswyse ter
bekendstelling, organisering en finansiering van die volksvergadering
besin en ons sal vir jou op hoogte hou van verwikkelinge.

Groete

FRIKKIE STRAUSS

Sanderis

  • Gas
Insake: Re: BVI
« Antwoord #3 op: May 01, 2009, 10:17:34 PM »

Geagte Volksgenoot,

Ons stuur vir u hiermee die jongste uitgawe van die Afrikaner
Vryheidsbulletin van die Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief.  Daarin
doen ons verslag van die gesprek met Agri SA op 9 Februarie te
Moorreesburg.  Tydens die gesprek het ons dit weereens aan hulle
gestel dat dit in die belang van die behoud van Boeregrond en die
langtermyn toekoms van die Afrikanervolk is dat Agri SA aan
grondhervorming onttrek.  Hulle het verskeie redes vir hulle
voortgesette betrokkenheid by die proses genoem en ons het die gesprek
opgevolg met 'n brief waarin ons daarop gereageer het.  'n Opsomming
van, en uittreksels uit die brief verskyn in die Vryheidsbulletin.

Ons berig verder ook oor die vordering met die reëlings vir die
beplande volksvergadering en oor 'n Bittereinderdag op Fraserburg.
Ons vertrou dat die inligting vir u waardevol en
intellektueel-stimulerend sal wees.

Dagbestuur van die BVI

Dokumente beskikbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/8450548f379af85f

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Insake: Re: BVI
« Antwoord #4 op: May 02, 2009, 02:10:25 AM »
Sanderis,

Ek dink dat hierdie inligting baie belangrik is en het 'n nuwe draad daarvoor geskep met spesifieke verwysing na die korrespondensie en gesprekke tussen BVI en AGRI SA sedert 2007.

Sien draad "AGRI SA se rol in grondhervorming".
Ons Sal!!!

Sanderis

  • Gas
Insake: Re: BVI
« Antwoord #5 op: May 02, 2009, 10:03:32 AM »
Dankie André .


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal