Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Na 1940  (Read 2614 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

123 Blok My

  • Gas
Na 1940
« op: September 23, 2007, 08:31:02 PM »
Bietjie volkspele geskiedenis geneem uit:  Vir ons Volkspelers (NRVV)

Tot in 1940 was daar nog geen organisasie wat verantwoordelikheid vir die bevordering van volkspele op hom geneem het nie.  In 1941 het die Reddingsdaadbond na vore gekom om onder sy pasgestigte afdeling vir Vryetydsbesteding volkspele onder sy vleuels te neem.

Dit is toe dat 'n Uniale Komitee vir Volksang en Volkspele en provinsiale en gewestelike volkspelekomitees in die lewe geroep is.  Die eerste Komitee het bestaan uit:  Dr.  S.H. Pellisier (voorsitter): adv. J.F. Marais (sekretaris): dr N. Diederichs (namens die Reddingsdaadbond); dr. S. P. van der Walt (Transvaal); mnr. Stephen Eyssen (Transvaal); ds. jac. Conradie (Kaapland); mnr J.J. Boshoff (Natal); ds. J.J.M. Dreyer (Transvaal); dr. W.J.B. Pienaar (Kaapland) en mej. A.M. Kohler (adviserende lid).  Die eerste vergadering van hierdie komitee het op 1 Maart 1941 om 10.25 vm.  in die Eendragsaal, Braamfontein, Johannesburg, plaasgevind en is met Skriflesing en gebed deur dr. S.P. van der Walt geopen.

Wat baie interessant en van historiese belang is, is die feit dat die notule van hierdie vergadering deur adv. J.F. Marais geskryf is op 22 Maart 1941 in die Marshallplein-polisieselle, waar hy destyds aangehou en daarna na die Interneringskamp op Koffiefontein gestuur is.  Die organisasie van die volkspelebeweging is dus in troebele tye gebore, maar met die drie Hollandse Kerke verteenwoordig in sy sentrale bestuur en met die goeie wil en belangstelling van die Afrikanervolk, het hy van krag tot krag gegroei.

jeug

  • Gas
Re: Na 1940
« Antwoord #1 op: September 23, 2007, 10:43:56 PM »
Kyk net wat het geword van die Kerk wat gister nog volkspele kon promofeer!

123 Blok My

  • Gas
Re: Na 1940
« Antwoord #2 op: September 24, 2007, 12:08:48 AM »
Kyk net wat het geword van die Kerk wat gister nog volkspele kon promofeer!

Ongeag hiervan jeug, 'n bietjie van die:

Eerste Volkspelekursusse

"Onmiddellik na die volkspelekursus wat in Oktober 1940 in Bloemfontein plaasgevind het, het navrae vir volkspelekursusse in ander dele van onsl and ingesttroom.  Die eerste wat gevolg het, het op Cradock plaasgevind in die Kaapse skoolvakansie van April 1941, onder leiding van mnr. Pierre Fourie, wat die eerste kursus op Bloemfontein gevolg het.  Byna gelyktydig daarmee, 'n paar dae later, het 'n tweede gevolg gedurende die Transvaalse Aprilvakansie op Heidelberg, Transvaal.  Die toestroming was so groot dat hierdie kursus onder die gesamentlike leiding van mejj. Kohler en Coetzee byna onhanteerbaar was - daar was ruim 480 kursusgangers.  Mnr. Stephen Eyssen het in die saal van sy eie skool op meesterlike wyse die sang gelei.  Omdat die massa aanwesiges te veel was vir intensiewe gesamentlike oefening, moes die kursusgangers in omtrent 12 groepies verdeel word om in klaskamers, sonder leiding, te gaan oefen wat hulle waargeneem het in die groot saal waar demonstrasies op die verhoog uitgevoer is.  Later kon die verskillende groepe op 'n grasperk buite onder leiding van die twee kursusleidsters saam in een groot groep speel.  Die geesdrif was by die geleentheid so groot, dat praktiese moeilikhede met goeie wil maklik uit die weg geruim is.

Hierna het kursusse in verskillende dele van ons land vinnig op mekaar gevolg - op Stellenbosch, Vryheid, Beaufort-Wes, Port-Elizabeth, Kimberley, Windhoek en Bulawayo , ens.  Mev Elsa Dekker het in hierdie stadium groot dienste gelewer, omdat sy sowel die sang as die volkspele kon lei.

Sedertdien is daar jaarliks verskeie kursusse in alle dele van ons land aangebied.  Hierdie kursusse bly nog steeds van die allergrootste belang.  Dit verseker dat volkspele op 'n gesonde en eenvormige grondslag beoefen word."

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Na 1940
« Antwoord #3 op: September 28, 2007, 12:36:58 AM »
Dankie vir hierdie draad RoosMaryn, ek geniet dit baie!

Pasop net as Hessie op haar witperd spring, want dan gaan die poppe dans. ;)

jeug

  • Gas
Re: Na 1940
« Antwoord #4 op: September 28, 2007, 05:56:50 AM »
Roosmaryn jy is 'n ster!
Miskien moet ons Bravolanders dit oorweeg om hierdie sake aan te spreek en weer laat herleef wat nou so nodig is om ons volk te rig en te lei?

Karools

  • Gas
Re: Na 1940
« Antwoord #5 op: September 28, 2007, 09:17:01 AM »
RM
Wil jy nie leiding neem om ons volk se jeug weer te rig op die wonderlike pad van onskuldige vermaak en volkspele nie - dit miskien organiseer ?

Of moet ons groot dink en Dept. Kultuur vra om hierdie saak "soos Reddingsdaad" van weleer, weer te begin, weg van TV en delms en wat nog!!

Van der Walt

  • Gas
Re: Na 1940
« Antwoord #6 op: September 28, 2007, 01:26:59 PM »
Karools

Hoe gaan mens hiermee te werk gaan?  Daar bestaan reeds 'n aantal volkspele laers in die land, maar hoe gaan ons weer ons volkseie kultuur onder ons volk begin?  Dalk 'n volkspele "kompetisie" waar verskeie skole heen genooi kan word? 

Groete
Sannie

123 Blok My

  • Gas
Re: Na 1940
« Antwoord #7 op: September 28, 2007, 08:36:16 PM »
Ek onthou nog toe ons 'n vertoning gelewer het.  Dit was in die vroeg 70's en was driehonderd paartjies in Durban gewees.  Dit was met een woord 'n Fees gewees!
Dis jammer dat daar so min aandag vandag nog aan volkspele gegee word.  Dit is wel so dat daar nog laers is, en ek weet ook dat dit nog in CVO skole beoefen word. Ag en dis so oulik vir die mense as die kleuters 'n volkspele vertoning gee, maar so jammer as dit nie meer 'n volkseie vertoning is nie.  :'(

jeug

  • Gas
Re: Na 1940
« Antwoord #8 op: September 29, 2007, 06:50:30 AM »
Karools

Hoe gaan mens hiermee te werk gaan?  Daar bestaan reeds 'n aantal volkspele laers in die land, maar hoe gaan ons weer ons volkseie kultuur onder ons volk begin?  Dalk 'n volkspele "kompetisie" waar verskeie skole heen genooi kan word? 

Groete
Sannie
Sannie
Ek weet nie of Karools dalk ander inligting het nie, maar Mnr. Hansie Le Roux was tot onlangs die leier van die Beweging. Sy tel no is: 017 - 778 9003. Hy is een van ons mense. Sy seun is dalk deesdae in bevel op die plaas maar jy kan by hom ook dieselfde inligting bekom.

Om die Volkspele weer op groot skaal aan die gang te kry sal nogal 'n reuse poging verg - met die TV en allerhande tegnologiese ontwikkeling word die jongmense daarheen getrek.

Ek dink die volgende stappe kan bydrae tot die sukses wat bereik kan word:
-  Gesprek met AKB voorsitter Theuns de Wet sodat AKB die gedagte kan oordra na al die geaffilieerde organisasies soos bv. GHA en Verkenners wat aansienlik jonger mense as lede het.

- Gesprek met BCVO vir dieselfde rede

- Gesprek met die APK se sentrale kerkkantoor

- Gesprek met Tukkies studente ( Wat kan uitkring na ander Universiteiete soos Bfn en Potch)

- Betrek ook die Volkspelebeweging se leiersfigure

- Dit kan ook vrugbaar wees om "Afrikaner Volkseie Sport" te betrek met hul duisende jongmense wat jaarliks deelneem aan AVS sport. (Tans bied hulle Skaak aan as deel van hul sport)

Hierna kan 'n aksieplan gesamentlik uitgewerk word

Ek dink dit kan as "eerste ronde" gesien word.

Ons kan selfs daaraan dink om na afloop van die gesprek (afhangende die uitkoms daarvan) dan na die volgende moontlikhede kyk:

- Advertensie van volgende aksiestappe op Radio Pta en ande volkseie stasies
- Advertensie in "Die Afrikaner"
- Werwing van "borge" om die proses finansieel te ondersteun

Jammer dat ek nou eers reageer

Hoop dit help

Groete

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Na 1940
« Antwoord #9 op: September 01, 2009, 06:11:32 PM »
Kyk nou net, hierdie gesprek is twee jaar oud. In die tyd wat hierdie gesprek begin is, het ek maar bitter min van volskpele geweet. Vandag is volkspele 'n deel van my lewe, sonder dat ek self deelneem.

Afwesig Hendrik van der Merwe

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 106
Re: Na 1940
« Antwoord #10 op: September 02, 2009, 08:48:38 AM »
SP
Is al die volkspele laers in ons land nog volkseie?
Die gedagte betaan dat daar geslote laers is wat nog volkseie is en ander sg. "oop" laers" wat ook donker volksgroepe toelaat om aan te sluit. Help my asseblief reg as ek verkeerd is.
Is daar `n Grondwet of samevatting van die doelstellings van volkspele wat ons op die voorblad kan gebruik?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Na 1940
« Antwoord #11 op: September 02, 2009, 09:13:33 AM »
Hendrik,

Volgens dit wat ek aanskou het, is al die laers nog volkseie. Ek was hierdie jaar by 'n saamtrek waar daar laers was van reg oor die land en almal was volkseie.

Ek sal kyk of ek 'n grondwet of iets dergliks kan opspoor.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Na 1940
« Antwoord #12 op: September 02, 2009, 10:12:42 AM »
Die Hoofman oor honderd van SA Volkspele, is mos oom Hansie le Roux van Greylingstad. Ek het ongelukkig net sy huisnommer wat nou al vir jare nie reggemaak word nie, maar sy seun wat op dieselfde plaas bly, Johann, se nommer is 082 907 4693. As iemand jou met 'n grondwet kan help, sal dit een van hulle wees!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7642
  • Christa Burger
Re: Na 1940
« Antwoord #13 op: September 05, 2009, 07:29:10 PM »
Julle 'Kenners' weet nie dalk of daar 'n laer naby aan my is nie?
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal