Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: 365 SPORE  (Read 18595 times)

0 Lede en 3 Gaste bekyk die onderwerp.

baasjan

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #80 op: November 21, 2007, 09:04:08 AM »
1877 - Thomas Edison kondig sy uitvinding van die Fonograaf aan.
1969 - Die eerste ARPANET, 'n voorloper van die Internet, verbinding word daar gestel.

Sonder laasgenoemde sou Bravoland nie bestaan het nie

baasjan

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #81 op: November 23, 2007, 11:33:45 AM »
1988 - Suid-Afrika se President PW Botha begenadig die Sharpeville Ses wat tot dood veroordeel is vir hulle beweerde aandeel in die dood van onderburgemeester van Sharpeville, Kuzwayo Jacob Dlamini in September 1984.

baasjan

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #82 op: November 24, 2007, 10:25:29 AM »
1904 - Die eerste suksesvolle kruiptrekkerspoor word gemaak.

baasjan

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #83 op: November 27, 2007, 09:05:28 AM »
Sterfte

1899 - Frans Lion Cachet, stigter van Ermelo sterf op 27 November 1899

baasjan

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #84 op: December 03, 2007, 10:42:46 AM »
1967 - 'n Span onder leiding van Christiaan Barnard by Grootte Schuur Hospitaal in Kaapstad, Suid-Afrika, voer die eerste hartoorplanting op 'n mens uit in 'n operasie op die 53-jarige Lewis Washkansky.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: 365 SPORE
« Antwoord #85 op: December 04, 2007, 08:08:57 AM »
Dinsdag, 4 Desember 1838
De 4e December vervolgden wy onze reis van de Tugela, in 'n vlak en open veld voortgaande, ('t veld is enigzins zuur, doch niet ongebruikelik (onbruikbaar?)), tot aan de Kliprivier, dewelke wy overtrokken. Omtrent 'n kwartier uurs aan de andere zyde van dezelve, begint 't veld by uitnemendheid fraai te schynen, bekleed met zoete gras, welke jeugdig groen staat, en bont begroeid is met doornbomen.

Doch een eindweegs verder voortgegaan zynde, kampeerden wy, en hadden hier een schoon gezicht aan het veld, doch geen lopend water was er. Het Lager opgeslagen zynde, gaf de Hoofd-Kommandant my weder te schryven, 'n Ordonnantie, ter voorkoming van onbehoorlike aanranding der vrye kleurlingen; - hetwelk ik deed, en vervolgens (nadat wy avond godsdienst verrigt hadden), ter ruste ging.

baasjan

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #86 op: December 04, 2007, 02:34:08 PM »
1981 - Ciskei word 'n onafhanklike tuisland.

123 Blok My

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #87 op: December 06, 2007, 12:11:22 AM »
6 Desember

1823
Pres. J.H. Brand gebore


Johannes Henricus Brand, in Kaapstad gebore, was advokaat, politikus en Staatspresident van die Oranje-Vrystaat, waartoe hy op 2 Februarie 1864 ingehuldig en vier keer herkies is.  As diplomaat het hy volhardend die goeiesaak van die Vrystaat probeer bevorder, die ekonomie probeer versterk, sy burgers te velde in die Basoeto-oorloë bygestaan en bemoedig, die diamant kwessie versigtig en korrek gehanteer, konsuls in Europa en die VSA aangestel en voordelige traktate van handel en vriendskap met verskeie Europese state gesluit.  Op sy standbeeld in Bloemfontein staan die woorde “Vader des Volks”, wat die betekenis van sy lang presidentskap opsom.  Hy was ‘n fynbeskaafde leier, bedeel met groot wysheid, ‘n geliefde gesinsman, gasvry en van Christelike wandel.  Hy is in die amp van die Staatspresident op 14 Julie 1888 in Bloemfontein oorlede. Hy is die vader van die slagspreuk:  Alles sal regkom as elkeen sy plig doen. 
J.H. Brand het ‘n geslag waardige Afrikaners verteenwoordig wat deur die jare heen die beste vir hulle eie mense vanuit ‘n eie sterk posisie gelewer het.  aka fak  D Erasmus

1906
Transvaal-kolonie ontvang verantwoordelike bestuur


Die Engelse Oorlog het die Afrikaaners van die twee voormalige Boererepublieke polities oorweldig gelaat.  Die aanvanklike politieke afsydigheid van die Transvaalse Afrikaners is na 1903  deur ‘n politieke herleweing vervang.  Die regstreekse oorsaak was lord Alfred Milner se invoer van Chinese arbeiders na die Transvaal-kolonie. Genl. Louis Botha het ‘n groot protesvergadering in Julie 1903 op Heidelberg toegespreek.  Daar is besluit dat die regering die verdere invoer van Chinese moet staak, dat die Hollandse taal gelyke reg met Engels moet kry, en dat selfbestuur aan die Transvaal-kolonie toegeken moet word.  Milner en sy ondersteuners wou Transvaal tot elke prys Brits-georiëinteerd hou, maar het deur hulle maatreëls die Afrikaners eerder vervreem.  In Maart 1904 is ‘n Volkskongres in Pretoria gehou
waar ‘n nuwe politieke party, bekend as Het Volk met Botha as leier, tot stand gekom het.  Die plegtige begrafnis van pres. Paul Kruger in Desember 1904 in Pretoria, het die Afrikanerdom tot groter teenstand van Milnerisme besiel en gelei tot die aandrang op verantwoordelike bestuur.  Die druk op Milner het meegebring dat ‘n tussentydse vorm van verteenwoordigende bestuur, die sg. Lyttelton-grondwet, in Maart 1905 vir Transvaal aanvaar is.  Dit is egter nooit in werking gestel nie, want die meerderheid Transvalers sou met niks minder nie as verantwoordelike bestuur tevrede wees.  Nadat Milner in April 1905 Suid-Afrika verlaat het en die Campbell-Bannerman-regering in Brittanje ‘n meer versoenende houding teenoor die voormalige Boererepublieke aangeneem het, is verantwoordelike bestuur amptelik op 6 Desember 1906 aan Transvaal verleen.  Daardeur het Transvaal gelyke status met die Kaapkolonie en Natal gekry.  ‘n Wetgewende Raad van 15 lede is ingestel.  In Februarie 1907 is ‘n algemene verkiesing in Transvaal gehou, waarin Het Volk ‘n besliste meerderheid teenoor die ander politieke partye behaal het.  Genl. Louis Botha het Eerste Minister van Transvaal geword.  In die Oranjerivierkolonie het ‘n soortgelyke politiek ontwikkeling onder leiding van die Orangia-Unie plaasgevind en is verantwoordelike bestuur amptelik op 5 Junie 1907 ingestel.  
Aka fak  J. de Villiers

Gaan jy iets byvoeg?
« Laaste verandering : December 06, 2007, 12:26:05 AM deur RoosMaryn »

baasjan

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #88 op: December 11, 2007, 10:06:13 AM »
1972 - Apollo 17, die laaste Apollo maansending, land op die Maan.

baasjan

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #89 op: December 13, 2007, 09:04:53 AM »
1906 - Laurens van der Post, Suid-Afrikaanse skrywer word in Philippolis in die Oranjerivierkolonie gebore.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: 365 SPORE
« Antwoord #90 op: December 13, 2007, 12:38:16 PM »
Donderdag, 13 Desember 1838
De 13e December vertrokken wy, slecht weder hebbende, 'n eindweegs langs de rivier af, welke ten oosten loopt, om nader aan 't hout te komen.

Met het vertrekken, rapporteerden de swarte-spionnen, weder enige swarte gezien te hebben, die, drie in getal, door de patrouilles werden gevonden, en zy alle sneuvelden.

Na de middag kwam 'n andere patrouille terug, en boodschapte dat zy 'n grote party swarte in 'n lelike plaats op 'n berg aangetroffen hadden, dewelke veel vee by zich hadden; doch zy waren slechts vier mannen tezamen, zodat zy niet meer dorsten wagen, nadat zy drie van gemelde swarte hadden doodgeschoten, en toen van een hunner, zyn geweer in stukken brak.

baasjan

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #91 op: December 15, 2007, 08:10:10 AM »
1815 - Die Slagtersnek-rebelle word in die Uitenhaagse landdroshof verhoor. Een word deur lord Charles Somerset begenadig, maar die ander vyf word ter dood veroordeel.

baasjan

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #92 op: December 15, 2007, 08:10:39 AM »
1993 - Die Suid-Afrikaanse Parlement stem om burgerskap aan nagenoeg 10 miljoen inwoners van die sogenaamde onafhanklike state Transkei, Bophuthatswana, Venda en Ciskei te herstel

123 Blok My

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #93 op: December 16, 2007, 03:20:11 AM »
Kom ons luister bietjie
« Laaste verandering : December 16, 2007, 03:38:42 AM deur RoosMaryn »

123 Blok My

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #94 op: December 16, 2007, 03:54:10 AM »
Bloedrivier is oorleef en die volk het ook sy lus vir die lewe behou, en musiek en saamsing WAS altyd deel van die volk se kultuur.
« Laaste verandering : December 16, 2007, 04:11:37 AM deur RoosMaryn »

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: 365 SPORE
« Antwoord #95 op: December 17, 2007, 12:53:26 PM »
16 Desember 2007

Van die Belofte klippe wat die Ingilse gesteel het by die Paardekraal Monument in Junie 1901, word terug geplaas onder die Monument.

123 Blok My

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #96 op: December 17, 2007, 01:06:04 PM »
16 Desember 2007

Van die Belofte klippe wat die Ingilse gesteel het by die Paardekraal Monument in Junie 1901, word terug geplaas onder die Monument.

Dit is goeie nuus! 
Kan jy ons dalk se  ongeveer hoeveel van die klippe terggebring kon word na die Monument?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: 365 SPORE
« Antwoord #97 op: December 17, 2007, 06:17:18 PM »
Omtrent 40..

123 Blok My

  • Gas
Re: 365 SPORE
« Antwoord #98 op: December 17, 2007, 06:24:41 PM »
Wel dit is GOED gedoen.  Ek dink dit was 'n grootse poging en is trots op almal wat aan die aksie deelgeneem het.  (Wat het van die res geword, is dit nog in die rivier of weg of was dit net te veel)?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: 365 SPORE
« Antwoord #99 op: December 17, 2007, 06:27:47 PM »
Daar is nog in die rivier, die plan is om dit in 2008 te gaan uithaal.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal