Skrywer Onderwerp: Die Trekkers.  (Read 1228 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Die Trekkers.
« op: October 05, 2007, 03:57:47 PM »
'n Mens het soms 'n geleentheid nodig om te ontspan en bietjie weg te breek van die dolle gejaag van die NSA. Wanneer ek ontspan, verkies ek dit egter om dit saam met "my mense" te doen.

Tot sowat 'n maand gelede was ek nog lid van SAWA (Suid-Afrikaanse woonwa ass.). Ek was onder die indruk dat hulle waardes dieselfde is as my eie. Ek het egter met 'n skok agter gekom dat hulle waardes begin neig na die van die ATKV. Nog nie heeltemal so erg nie, maar die skrif is aan die muur. Ek is oor die kole gehaal omdat ek na musiek luister soos 'de la Rey" en "Boer en sy roer". Ook is daar vir my gese dat ek nie oor die Verkenners mag gesels nie.  ???

Hiervoor was ek en verskeie ander lede nie te vinde nie, dus het ons besluit om 'n nuwe groep te stig:

Die Trekkers

Die Trekkers is 'n kampeer klub vir behoudende, Christelike Boere/Afrikaners, wat die natuur geniet en ook geniet om ons kultuur onbeskaamd uit te leef. 

Hierdie naweek is die eerste kamp van Die Trekkers. Indien julle sou belangstel, sal ek Maandag kom terugvoering gee oor die naweek.


Groete,

Ben

123 Blok My

  • Gas
Re: Die Trekkers.
« Antwoord #1 op: October 05, 2007, 04:17:00 PM »
Ben ek dink dit is 'n uitstekende stap wat julle geneem het om so 'n klub te stig.  Daar is beslis 'n behoefte vir iets wat  net ons eie genoem kan word  (buiten CVO en BCVO  ;D). 

Wat van die mense wat nie kamp nie,  bedoelende dat hulle nie karavaan of tent mense is nie.  Hulle soek ook 'n plekkie, as julle klub suksesvol is kan julle dalk uitbrei?

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Die Trekkers.
« Antwoord #2 op: October 05, 2007, 04:17:06 PM »
Ons sal graag wil hoor hoe die 'dwars' Trekkers toe gekamp het. Julle moet dit regtig geniet.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Hendrik van der Merwe

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 106
Re: Die Trekkers.
« Antwoord #3 op: February 22, 2008, 03:39:38 PM »
....
Die Trekkers

Die Trekkers is 'n kampeer klub vir behoudende, Christelike Boere/Afrikaners, wat die natuur geniet en ook geniet om ons kultuur onbeskaamd uit te leef. 
...

Ben

Het Die Trekkers al wiele gekry? Daarmee bedoel ek wat doen julle, is julle aktief?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal