Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Kersaksie 2007  (Read 6725 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig manie_maritz

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 211
Re: Kersaksie 2007
« Antwoord #40 op: December 17, 2007, 01:24:08 PM »
As dit in Maart is sal ek probeer kom help.

123 Blok My

  • Gas
Re: Kersaksie 2007
« Antwoord #41 op: December 17, 2007, 01:29:33 PM »
Ag Kleinbekkie ek het maar net gedink as dit saam met die Majuba fees is en in daardie omgewing kon dit nogal lekker gewerk het.  Ek begin weer 4 Februarie werk en om die laaste week van Februarie sommer "af" te wil he, sal ek sowaar nou al moet begin om planne te maak om te herskeduleer.  Dis hoekom ek gevra het.  Ek wil baie graag na die Majuba fees gaan maar sal nie altwee aksies(fees en hulp) kan bywoon nie. Maar soos jy se, laat julle nou net eers bietjie asemskep!

Op kantoor Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7642
  • Christa Burger
Re: Kersaksie 2007
« Antwoord #42 op: December 17, 2007, 01:41:26 PM »
Rosie, ek is seker ons kan 'n plan maak! Ek het ook daaraan gedink, maar ek het gedink dat die program gedurende Majuba dalk so besig sal wees, dat ons moontlik nie tyd sal kry vir so iets nie. Die datum is mos nog nie vasgestel nie, so ons kan regtig begin idees rondgooi.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Aster

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 967
Re: Kersaksie 2007
« Antwoord #43 op: December 17, 2007, 03:13:50 PM »
Die program by Majuba is maar gewoonlik elke jaar dieselfde.
Vrydagaand is daar 'n fakkel loop, meestal die kinders en van die studente wat die berg invaar met hulle fakkels. Verder word daar net saam gekuier die vrydagaand.

Saterdag oggend word jy wakker gemaak baie vroeg.. ;D Met boeremusiek ens. en dan is dit vlagparade en die uitvoering van Majuba. Daarna klim die wat wil die berg uit. ( Dit is gewoonlik die groot gebeurtenis van die naweek)Die middag is daar gewoonlik boeresport, volkspele en daar is ook stalletjies. Saterdag aand omtrent 5uur is daar kinder cantus. En dan omtrent so 7uur is die groot cantus. Dit hou aan omtrent tot 9uur -10uur se kant. En dan word daar gekuier tot 12uur, waarna alles stil moet wees want dan is dit sondag.

Sondag oggend is daar 'n erediens, en verder pak die mense maar net hulle tentjies ens op.

Ek sal voorstel as julle dan 'n volkshulp aksie wil loods is Volksrust so 10km van Majuba berg. Dit kan die saterdag ingepas word. Mense klim gewoonlik die berg van 9uur tot 11uur. Die boere sport ens begin gewoonlik so 2uur-3uur se kant.  So as julle dit daai spesifieke naweek wil doen is  tussen 11uuur en 2uur 'n goeie tyd.


Afwesig manie_maritz

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 211
Re: Kersaksie 2007
« Antwoord #44 op: December 17, 2007, 05:45:48 PM »

Afwesig Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 661
Re: Kersaksie 2007
« Antwoord #45 op: December 17, 2007, 07:29:26 PM »
Ek dink ons as Bravoland het darem weer vandag 'n paar mense se harte aangeraak, al is dit maar klein treetjies wat ons gee..maak ons darem 'n verskil in 'n paar mense se lewens vandag.

123 Blok My

  • Gas
Re: Kersaksie 2007
« Antwoord #46 op: December 17, 2007, 07:44:44 PM »
Ek dink ons as Bravoland het darem weer vandag 'n paar mense se harte aangeraak, al is dit maar klein treetjies wat ons gee..maak ons darem 'n verskil in 'n paar mense se lewens vandag.

Walter ek stem saam.  Daarom ook dankie vir elkeen wat vandag nie net daar was om pakkies uit te deel of te gee nie, maar spesiaal vir die wat 'n stukkie van hulleself kon gee.

Afwesig Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 661
Re: Kersaksie 2007
« Antwoord #47 op: December 18, 2007, 09:16:29 AM »
Toe ons gister by Villa Gloria was het ek gehoor dat hulle ook 'n webwerf het, het gou bietjie gesoek en hier is die adres: http://www.vg-ads.co.za/index.html

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Kersaksie 2007
« Antwoord #48 op: December 18, 2007, 12:11:45 PM »
Vir terugvoering oor die aksie: http://www.bravoland.co.za/nuus200712004.htm

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Kersaksie 2007
« Antwoord #49 op: August 10, 2008, 11:45:23 AM »
Ons moet begin dink aan 'n lente-aksie en ons kan ook al idees gee vir hierdie jaar se Kersaksie.

Met die Ondersteunersklub wat nou goed op dreef is, gaan dit ons hopelik in staat stel om die ekstra myl te loop. Volkshulp was in die verlede slegs afhanklik van skenkings, maar noudat 'n paar lede elke maand 'n R30.00 donasie gee, is Volkshulp nie meer so afhanklik van kontant-skenkings nie.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Kersaksie 2007
« Antwoord #50 op: August 11, 2008, 08:59:55 AM »
Enige voorstelle?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal