Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Re: Boekwurm  (Read 6632 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Boekwurm
« Antwoord #20 op: January 13, 2008, 11:38:14 PM »
Die volgende twee resensies het verlede Maandag (7 Januarie 2008) in Die Burger verskyn:

De la Rey - 'n Stryd vir Vryheid
Christiaan Rudolph de Wet - Krygsman en Volksman

Afwesig OssewaTdi

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 146
Re: Boekwurm
« Antwoord #21 op: January 14, 2008, 05:52:05 AM »
Kan ons nie skakels op ons webblad opsit na verskillende uitgewers toe nie.Dit sal dinge baie maklik maak.Net 'n voorstel.Nog 'n boek wat jul kan lees is Geloftevolk ontwaak deur Susan Pohl as ek dit nie mis het nie.

Karools

  • Gas
Re: Boekwurm
« Antwoord #22 op: January 14, 2008, 08:33:33 AM »
Bekom gerus die boek: "Semantiese bedrog" - skrywer Dolf Buitendach

Beskikbaar by Radio Preoria - tel 012-543 0120 - vra vir Lizette

Groete

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Boekwurm
« Antwoord #23 op: January 14, 2008, 09:08:25 AM »
Kan ons nie skakels op ons webblad opsit na verskillende uitgewers toe nie.Dit sal dinge baie maklik maak.Net 'n voorstel.Nog 'n boek wat jul kan lees is Geloftevolk ontwaak deur Susan Pohl as ek dit nie mis het nie.


Tdi, ons kan dalk van die uitgewers se webadresse op die voorblad sit, bv.:

Bienedell Uitgewers  http://www.suidland.com/publikasies.htm

Kraal-Uitgewers  http://www.kraaluitgewers.co.za/

Suidland Media http://www.suidland.com/
(Let wel, hulle het niks met die groep te doen wat bekend staan as die Suidlanders nie, dit is die BVI (Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief se uitgewers.)

Vaandel Uitgewers  http://vaandel.co.za/

Woord-en-Klank Winkel  http://www.radiopretoria.co.za/WoordenKlank.html

Afwesig OssewaTdi

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 146
Re: Boekwurm
« Antwoord #24 op: January 14, 2008, 11:47:02 AM »
Ja dit klink na 'n idee.Mense moet die boeke vir hul kinders koop.Al hoe die jongmense op ons toekoms kan bou is as hulle weet van waar kom hulle.Dankie Karina.

Afwesig Bloedbroer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 127
Insake: Re: Boekwurm
« Antwoord #25 op: July 07, 2008, 05:22:05 PM »
Bo en behalwe die meer feitlike boeke waaroor almal in hierdie draad gesels, is ek natuurlik ook lief om fiksie te lees, veral rillers (meer spesifiek medies), spanningsverhale, misterie, en so af en toe ’n speurverhaal. Ek hou nou nie so baie van gruwel en wetenskaplike fiksie nie.

Elk geval, ek’t die naweek bietjie ’n ou boekerak reggepak. Dit was nou nogal interessant om te sien dat die Afrikaanse skrywer / skryfster grotendeels romanne en berede beeswagter verhale geskryf het. Tot my verassing het ek ’n riller van Herman Venter ontdek. Magtig, maar die kluisenaar mag maar ’n rillerstorie vertel.

Ken julle dalk Afrikaanse outeurs wat goeie fiksie skryf in die tipe genre/soort van my voorkeur?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Re: Boekwurm
« Antwoord #26 op: July 07, 2008, 06:01:24 PM »
Die enigste riller waarvan ek weet is Skewe-Beeld.....

Afwesig Bloedbroer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 127
Insake: Re: Boekwurm
« Antwoord #27 op: July 07, 2008, 08:45:15 PM »
Die enigste riller waarvan ek weet is Skewe-Beeld.....

Dankie Ben. Weet jy dalk wie's die outeur?

Dis eintlik skrikwekend hoe min goeie Afrikaanse verhale daar in hierdie genre/soort bestaan.

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7642
  • Christa Burger
Insake: Re: Boekwurm
« Antwoord #28 op: July 07, 2008, 09:43:55 PM »
Ek weet nie of jy Heinz Konsalik se werke ken nie, maar hy het veral (ek dink) speurverhale geskryf. Francois Bloemhof skryf nogal lekker spannende goed, maar ek dink sy goed sal dalk te wetenskaprig wees. Dan Jeanette Fereira het ook 'n paar spannende boeke wat lekker lees.  PG du Plessis het ook heelwat goeie werke al opgelewer.

Dit is nou maar die skrywers wat ek so vinnig aan kan dink. Ek is gewoonlik nie gepla oor wie die skrywer is nie, solank die storie vloeiend lees en dit 'n goeie storie is of ten minste goed oorgedra word, het ek nie 'n probleem nie.
Moed Vryheid Eer

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7642
  • Christa Burger
Insake: Re: Boekwurm
« Antwoord #29 op: July 07, 2008, 09:44:39 PM »
Die enigste riller waarvan ek weet is Skewe-Beeld.....

Dankie tog daardie koerant word nie hier uitgegee nie :)
Moed Vryheid Eer

Afwesig Bloedbroer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 127
Insake: Re: Boekwurm
« Antwoord #30 op: July 08, 2008, 06:42:20 PM »
Dankie Christa,

Ek sal bietjie van die outeurs wat jy voorgestel het se werk opsoek.

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Re: Boekwurm
« Antwoord #31 op: August 16, 2008, 10:31:06 PM »
'n Hele lys kinderboeke met die Anglo-Boereoorlog as tema:

http://www.childlit.org.za/boerelys1.html

Afwesig Beert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 116
Insake: Re: Boekwurm
« Antwoord #32 op: August 17, 2008, 04:58:50 PM »
So gepraat van kinderboeke Karina.

Toe jy gebore is kon mens die volgende Afrikaanse kinderboekies in elke kafee om die hoek koop:

Rooi-Jan. (Hierdie Boer het busladings Bantoes voor brekfis opgeboender)
Sahara-Avontuurreeks.
Olaf die Seerower.
Die Swart Luiperd.
Temmers van die Woestyn.
SA Polisie, Swerwer en Speurderreeks.

Ben, jy moes van die boekies gelees het.

Dan vir die kinders van destyds wat nie sonder prentjies kon lees nie, was daar die volgende swart-wit fotoverhale:
Die Wit Tier.
Grensvegter.
Die Swart Luiperd.
Kid Colt.

Vier Fritz Deelmanboeke is oor die afgelope 4 jaar weer uitgegee.

Omtrent al Konsalik se boeke is in Afrikaans beskikbaar, al sedert die dae van Dallas.

Maak ons bly na die dae waarin u ons verdruk het. Laat u werk vir u knegte sigbaar word. Die werk van ons hande, bevestig dit.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Re: Boekwurm
« Antwoord #33 op: August 17, 2008, 05:53:12 PM »
Ek onthou daardie boeke Beert. My oupa het weekliks die "Ruiter in swart" gekoop. Ek onthou goed as ek by hulle op die plaas gaan kuier het en Oupa sy Sondagmiddag slapie gevat het, het ek dit gelees.

Afwesig Beert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 116
Insake: Re: Boekwurm
« Antwoord #34 op: August 17, 2008, 06:12:41 PM »
Ja dit was Ruiter in Swart, dankie vir die korreksie.

Dit lui nou ook 'n klok. Was Ruiter in Swart se regte naam nie Ben nie?

Ben Brand!

Met sy swart perd Duiwel en sy hond Kaptein...
« Laaste verandering : August 17, 2008, 07:05:53 PM deur Beert »
Maak ons bly na die dae waarin u ons verdruk het. Laat u werk vir u knegte sigbaar word. Die werk van ons hande, bevestig dit.

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7642
  • Christa Burger
Insake: Re: Boekwurm
« Antwoord #35 op: August 17, 2008, 10:35:10 PM »
Nou net jammer daar is nie 'n groot genoeg pert vir SP Ben nie  :P
Moed Vryheid Eer

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Re: Boekwurm
« Antwoord #36 op: August 18, 2008, 12:02:48 AM »
Nou net jammer daar is nie 'n groot genoeg pert vir SP Ben nie  :P

Wat op aarde is 'n pert? LMGA, klink vir my na 'n pert van 'n ander kleur.  :D

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7642
  • Christa Burger
Insake: Re: Boekwurm
« Antwoord #37 op: August 18, 2008, 07:38:41 AM »
Ag nou toe, PERD dan !!

Die taalpolisie is alweer streng  ;D
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Boekwurm
« Antwoord #38 op: October 11, 2009, 12:41:15 PM »
Paul Kruger - 'n biografie deur D.W. Krüger

Paul Kruger is waarskynlik die grootste en invloedrykste Afrikaner wat ooit geleef het. In hierdie klassieke biografie wat die resultaat is van ongeveer twintig jaar se navorsing, hier en oorsee, skilder D.W. Krüger 'n prentjie van Paul Kruger as onverskrokke jong Voortrekker, jagter, boer, vader, kommandant-generaal, stryder vir sy volk en uiteindelike president.

In die 1880s behaal Kruger een diplomatieke deurbraak ná die ander en verseker so dat die Transvaal meer onafhanklik as ooit raak. Hy en sy volk word geag deur die grootmoondhede van Europa en bou ook 'n enorme gevolg in die Engelse gebiede van Suid-Afrika op, in die Kaapkolonie en selfs in Natal.

Die opbloei van die Zuid-Afrikaansche Republiek onder Kruger was merkwaardig en hy is allerweë vir sy wysheid, verdraagsaamheid en insig geloof. Maar as die onweerswolke van 'n tweede oorlog teen Brittanje saampak, word Kruger voor die onverbiddelike keuse gestel of hy wil veg of roemloos oorgee.

Benewens die magdom interessante feite wat in die boek ter sprake kom, bevat dit insgelyks vele lesse vir die hedendaagse politiek en die situasie waarin die Afrikaner hom tans bevind.

Koop dit hier:
http://praag.org.za/index.php?page=shop.product_details&flypage=gk_flypage.tpl&product_id=43&category_id=8&option=com_virtuemart&Itemid=3&vmcchk=1&Itemid=3

Normale prys:  R329.00
Afslag prys:     R263.20

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7642
  • Christa Burger
Re: Boekwurm
« Antwoord #39 op: February 10, 2012, 01:30:33 PM »
Op 'n ligter noot; Ek herlees tans vir Fluitwiel (ek dink dit is deur 'n Strauss geskryf), wat ware-liegstories van die Boesmanland, Hantam en Namakwaland bevat. Dit is regtig lekker om dit weer 'n slaggie te lees en as 'n mens die wereld se mense ken, dan maak baie van die goed sin.
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal