Ek wou kyk na die foto's van laasjaar se Majuba fees, maar dit is nie meer beskikbaar nie. Gaan daar weer hierdie jaar so-iets wees? Dalk kan iemand inligting gee oor wat mens moet saamneem in terme van slaapgeriewe, kosmaak, ensovoorts.
As ek op daardie stadium in SA kan wees sal ek graag wil meedoen, ek het nog net daar verbygery tussen Standerton en Newcastle.