Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Stof die Solder af  (Read 4656 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

123 Blok My

  • Gas
Stof die Solder af
« op: October 24, 2007, 08:23:24 PM »

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4258
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #1 op: October 24, 2007, 08:38:24 PM »
« Laaste verandering : January 24, 2008, 11:18:52 PM deur RoosMaryn »
Kennis is mag

123 Blok My

  • Gas
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #2 op: October 24, 2007, 09:05:14 PM »

Karools

  • Gas
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #3 op: October 25, 2007, 09:10:23 AM »
Aanhaling
Rosie, jy maak mens erg skrik met sulke berigte - moet tog net nie dat Rapport dit sien nie

Groete
Clem

Is dit advies die?  ;D  Moet ek liewer 'n papier daaroor plak? Ek sal dit verwyder as jy so dink  ;D

Ek verander dan liewer gou gou die onderwerp.....

Skinderstories
Nee, Rosie, die geskiedenis staan vas, al laat dit my skrik :) :)


123 Blok My

  • Gas
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #4 op: October 25, 2007, 05:14:26 PM »
Aanhaling
Rosie, jy maak mens erg skrik met sulke berigte - moet tog net nie dat Rapport dit sien nie

Groete
Clem

Is dit advies die?  ;D  Moet ek liewer 'n papier daaroor plak? Ek sal dit verwyder as jy so dink  ;D

Ek verander dan liewer gou gou die onderwerp.....

Skinderstories
Nee, Rosie, die geskiedenis staan vas, al laat dit my skrik :) :)



So ek kan dan tot die gevolgtrekking kom dat die geskiedenis hom na ongeveer 300 jaar weer herhaal het.....

123 Blok My

  • Gas
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #5 op: October 25, 2007, 05:29:47 PM »
Hier is nog 'n bangmaker.....

Eerste Skool aan die Kaap geopen

Slawekinders Kry Brandewyn en Tabak

Fort Die Goeie Hoop.
17 April 1658
Die eerste skool aan die Kaap is vandag geopen.  Dit is bedoel vir kinders van die slawe wat met die skip  Amersfoort aangeland het.  Na wat verneem word is die skooltjie nodig omdat Van Goens opdrag gegee het dat die slawe geen ander taal as "ons moedertaal" mag leer nie.

Aan die einde van die eerste skooldag het Pieter van der Stael, wat as onderwyser opgetree het, gese dat sy taak nou baie moeliker skyn te wees as wat hy aan die begin gedink het. 

Om sy leerlinge aan die werk te hou, het hy belowe om hulle "een croesjen brandewijn" en twee duim tabak te gee as hulle goeie vordering maak..

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4258
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #6 op: October 25, 2007, 09:01:57 PM »
Rosie, is jy besig om 'n Ou Kaapse Riller op te diep?

Hoe meer dae, hoe meer dinge!
Kennis is mag

123 Blok My

  • Gas
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #7 op: October 25, 2007, 09:38:55 PM »

123 Blok My

  • Gas
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #8 op: October 28, 2007, 03:25:01 PM »
GODSDIENS AAN DIE FORT

Swaar Strawwe As Manne Dienste Nie Bywoon Nie

Fort Die Goeie Hoop


Uit 'n verslag (25 Maart 1653) van die sieketrooster, Willem Barentsz Wijlant, blyk dit dat opperhoof Van Riebeeck baie streng toesien dat die godsdiens van die mense aan die Kaap nie verwaarloos word nie.  Saans eet almal saam en daarna gaan Van Riebeeck voor in gebed.  Dan word daar twee of drie verse saam gesing.

Die sieketrooster wou Sondae graag twee dienste hou, maar Van Riebeeck ken die menslike natuur te goed, en omdat die manne gedurende die week so hard moet werk, het hy gelas dat slegs een diens op die Sabbatdag gehou word.  Almal moet egter die diens bywoon. 

Met die koms van die eerste lente het party begin wegbly van die dienste en die opperhoof het dadelik 'n plakkaat uitgevaardig dat die persoon wat eenmaal sonder rede wegbly, daardie week geen wyn ontvang nie.  Bly hy twee maal weg, verbeur hy boonop 'n maand gasie.  Bly hy 'n derde maal weg, moet hy 'n jaar sonder betaling
"in de kettingh" werk.  'n Paar manne het reeds ondervind wat hierdie straf beteken en niemand sal dus drie keer van die dienste van die sieketrooster wegbly nie.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4258
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #9 op: October 28, 2007, 06:57:35 PM »
Dit lyk vir my Genl. De la rey en Oom Jan v R sou 'n gedugte span uitmaak - dalk kort ons ook 'n Oom Jan om die gesstelike sy van ons volk reg te ruk!
Kennis is mag

123 Blok My

  • Gas
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #10 op: October 28, 2007, 07:20:10 PM »
Ek sien dat tabak en wyn daardie jare 'n baie groot rol gespeel het, as afpersmiddels, aansporings, belonings, ens.  Mag ons tog nooit met so iets aangespoor of gestraf word nie.

123 Blok My

  • Gas
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #11 op: October 30, 2007, 08:01:23 AM »

123 Blok My

  • Gas
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #12 op: October 31, 2007, 12:01:26 PM »

123 Blok My

  • Gas
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #13 op: November 06, 2007, 05:11:38 PM »

123 Blok My

  • Gas
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #14 op: November 06, 2007, 09:11:32 PM »
SENSITIEF!!

Dominee kwaad oor Straatnaam


Dominee Jan Pieter Serrurier het op 31 Desember 1790 beswaar gemaak teen die naamsverandering van die straat waarin hy woon.   Die kommissie van die hooggeregshof, wat aangestel was om die nuwe strate en pleine van die stad van name te voorsien, het Bergstraat na Venusstraat verdoop en die naambord van die straat is bokant die dominee se deur vasgespyker.  Vriende van die dominee het beweer dat hierdie naamsverandering in opdrag v an die goewerneur geskied het.  Dit was algemeen bekend aan die Kaap dat goewerneur Van de Graaff baie kwaad was oor dominee Serrurier se preek oor Isebel, want die goewerneur was oortuig dat die dominee in daardie preek op sy vrou geskimp het.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #15 op: November 07, 2007, 07:13:52 AM »
Naamsveranderings as staf is dus 'n ou gewoonte?

123 Blok My

  • Gas
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #16 op: November 07, 2007, 03:49:12 PM »
SP Ben, ek het gewonder of iemand dit gaan raaksien.  Dit wil tog lyk of die ons al vir eeue met sekere dinge roei en stoei.  Wat die werklike beweegrede agter hierdie naamsveranderinge was, kon ek nog nie uitvind nie.  Was dit net 'n sameloop van omstandighede of moedswilligheid of magsvertoon dat die straatname toe ook verander moes word.

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #17 op: November 08, 2007, 03:15:41 PM »
Ek dink  dit is moedswillige magsvertoning, (soos vandag ook die geval is)

123 Blok My

  • Gas
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #18 op: November 12, 2007, 10:27:33 PM »
Eerste Trein

Die Nuusbode berig op 1 Januarie 1893 vanuit Pretoria:
Die eerste trein het op Nuwejaarsdag van Kaapstad af Pretoria bereik.

Die tyd van die ossewa en die poskoets nader nou sy einde. 

Ook elders vorder die bou van spoorwee.    Natal se spoorweg het Harrismith verlede jaar bereik en is reeds in 1891 van Newcastle na Charlestown aan die Transvaalse grens verleng.  Die verbinding tussen Lourenco-Marques en Pretoria, wat deur die Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy gebou word, is nog nie voltooi nie, sodat die Kaapse spoorweglyn voorlopig geen mededingers het nie.

Na ons verneem, vorder die spoorlyn van Kimberley af vinnig in die rigting van Mafeking, waarna Cecil Rhodes dit so vinnig moontlik na Bulawayo wil verleng.  Hierdie lyn loop egter nie deur Transvaalse grondgebied nie.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7620
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Stof die Solder af
« Antwoord #19 op: November 16, 2007, 01:13:17 AM »
Roos?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal