Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Wiskunde kopkrappers  (Read 19722 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afrikanermeisie

  • Gas
Wiskunde kopkrappers
« op: October 31, 2007, 11:46:19 PM »
Ek hoop nie julle gee om as ek hier 'n Wiskunde-draad oopmaak nie, ek is bang KwaaiMaryn verjaag ons daar in die taaldrade!  ;D

Ek is bly om te sien ek is nie die enigste een met standaard graad matriek hierrond nie ne Karina.
Ek is so bly Sannie het reg geraai want as ek nog moet verder raai het ek netnou minis gehad. :o

Ja Oom, ek voel ook so, wanneer doen ons Wiskunde-speletjies - lekker kopkrappers? Iets soos bv. Wat is die oppervlakte van 'n bal met 'n radius/straal van 10cm?

(Ek weet regtig nie wat die formule vir die oppervlakte van 'n bal is nie, ek sal dit BAIE waardeer as iemand kan help, dit sal dalk nie op die forum moontlik wees om al die breuke en kwadrate aan te dui nie.)

Oops, ek sien nou eers ek is in die Taaldraad, ek het gedog dis Raai raai...  :-[ ::)

Ek dink so wiskunde ietsie kan daar in die Onderwys se kantore gedoen word.  BAIE eenvoudiges, sodat arme GB dit darem ook gedoen sal kry.
 ;)

My wiskunde is verroes...maar ek dink dis vier paai radius kwadraat vir 'n sfeer se opp.

Kan dit regtig so maklik wees? Ek het iets vreesliks verwag...

123 Blok My

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #1 op: November 01, 2007, 12:22:30 AM »
KARINA




So jammer die Wiskunde vraestelle is klaar geskryf, maar nou ja liewer laat as nooit, en agteros kom ook in die kraal.  :D

Winter

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #2 op: November 12, 2007, 07:46:55 PM »
Jy het 'n geweer en 'n los punt. Die punt in jou hand is netso swaar soos die punt in die dop wat in die geweer is. Die geweer en die punt word ewe hoog van die grond gehou. As die geweer gevuur word, word die punt laat val...watter punt gaan eerste die grond tref?

Daar is nie goed soos heuwels en ander opstruksies in die pad nie.

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #3 op: November 12, 2007, 08:10:33 PM »
Dalk 'n dom vraag, maar wanneer die geweer afgevuur word, is dit reg horisontaal, wys dit na onder, of .... ?

(Ek weet hierdie is nou weer een van daardie vrae waar almal weer te diep gaan dink, maar die antwoord is eintlik ooglopend.)  >:(

Winter

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #4 op: November 12, 2007, 09:11:26 PM »
Die leidraad gaan die antwoord weggee....wat het die hangende toring van pissa bewys tot ongeveer die snelheid waarmee voorwerpe na die aarde aangtrek word?

Van der Walt

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #5 op: November 12, 2007, 09:13:57 PM »
Die leidraad gaan die antwoord weggee....wat het die hangende toring van pissa bewys tot ongeveer die snelheid waarmee voorwerpe na die aarde aangtrek word?

Hoe swaarder die voorwerp hoe swaarder is die aantrekkingskrag van die aarde?  Met ander woorde die swaarste voorwerp gaan eerste die grond tref?

123 Blok My

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #6 op: November 12, 2007, 09:15:03 PM »
Dit maak nie saak van die gewig of die grote van die voorwerp nie, hulle sal teen dieselfde spoed val.   ???

Newton se wet??


Winter

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #7 op: November 12, 2007, 09:29:00 PM »
Jy het hom Karina  :D

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #8 op: November 12, 2007, 09:30:27 PM »
Gee nog een!  ;D

Winter

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #9 op: November 12, 2007, 09:46:48 PM »
'n Ma stuur haar seuntjie om water te gaan haal vir haar en jy is toevallig by die kraan en help hom met raad:

1) Sy gee aan hom 'n 7 liter emmer en 'n 4 liter emmer om 3 liter water te gaan haal. Wat moet hy doen?

2) Sy stuur hom weer om 11 liter te gaan haal met 'n 8 liter emmer en 'n 5 liter emmer. Wat moet hy die keer doen?

3) Sy stuur hom 'n laaste keer om 3 liter te gaan haal met 'n 9 liter emmer en 'n 4 liter emmer. Wat moet hy nou doen?

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #10 op: November 12, 2007, 09:52:42 PM »
1. Maak die 7 L emmer vol en gooi die 4 L emmer daaruit vol, die water wat in die 7L emmer oorbly is 3 liter.

2. Maak die 8 L emmer vol, gooi die 5 liter emmer daaruit vol, die water wat in die 8 liter emmer oorbly is 3 liter, maak nou die 5 liter emmer leeg, gooi die 3 liter wat oorgebly het in die 5 liter emmer, en maak dan weer die 8 liter emmer vol, 3 +8 = 11 liter

3. (Ek gaan nou nou kom antwoord, het gou werk gekry, iemand anders kan solank probeer.)

Winter

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #11 op: November 12, 2007, 09:56:07 PM »
Aangesien daar so vinnig gevorder word met die vorige een...hier's die volgende een:

Wat kom volgende?

4   9   25   49   81   ?




Goeienag aan ieder en elk.  :)

123 Blok My

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #12 op: November 12, 2007, 11:05:29 PM »
Aanhaling
3) Sy stuur hom 'n laaste keer om 3 liter te gaan haal met 'n 9 liter emmer en 'n 4 liter emmer. Wat moet hy nou doen?

Maak twee keer die 4l emmer vol gooi dit in die 9l emmer, maak die 4l emmer 'n derde keer vol gooi die 9l emmer vol wat 1l gekort het en dus is daar nou 3l in die 4l emmer

Maak die 9l emmer leeg en gooi die 3l daarin sodat die seuntjie nie sal mors as hy dit huistoe vat nie
« Laaste verandering : November 12, 2007, 11:09:25 PM deur RoosMaryn »

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #13 op: November 12, 2007, 11:12:03 PM »
Hehe, sjoe ek sal die arme outjie hard laat werk!  ;D

Dankie Roosmaryn.  :D

123 Blok My

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #14 op: November 12, 2007, 11:26:23 PM »
Aangesien daar so vinnig gevorder word met die vorige een...hier's die volgende een:

Wat kom volgende?

4   9   25   49   81   ?

Goeienag aan ieder en elk.  :)

121

2x2=4
3x3=9
5x5=25
7x7=49
9x9=81
11x11=121

??

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #15 op: November 13, 2007, 08:20:21 AM »
Ek glo nie 9 is 'n priemgetal nie.

baasjan

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #16 op: November 13, 2007, 10:56:23 AM »
9 is definitief nie 'n priemgetal nie

Kan deur homself en deur 3 gedeel word

Die reels vir priemgetalle:

Kan slegs deur homself en deur 1 gedeel word

Die getal twee is die enigste ewe getal wat ook 'n priemgetal is
« Laaste verandering : November 13, 2007, 11:10:08 AM deur Baas Jan »

Winter

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #17 op: November 13, 2007, 05:38:05 PM »
Ben is reg...ek het gefouteer met 9.

Jammer julle.  :-[

Winter

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #18 op: November 13, 2007, 05:52:21 PM »
Geheime kode wat onderskep is:


TEIK STROKE TG AD EIDNA VGNIREGEREI DTADM ODI EHKILIEO MTO ORG NIS IAKIRF ADIUS

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #19 op: November 13, 2007, 05:55:14 PM »
Kyk hoe ongelukkig is ek nou dat ek dit nie kan ontsyfer nie:

Nt arr zna Jvagre, qvg urg obttreby zrg qvr ebggr gr qbra avr. :-(


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal