Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Wiskunde kopkrappers  (Read 19722 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 562
  • Verkenner
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #140 op: June 16, 2010, 05:26:41 PM »
Kom ons kyk n bietjie nader na hierdie stelling:

(a + b)(a - b) = b(a - b)

onthou nou dat a = b, d.w.s (a - b) = 0

vervang dit nou in bogenoemde stelling:

(a + b) x 0 = b x 0

d.w.s 2 x 0 = 1 x 0

albei kante van die vergelyking is 0, maar dit maak nog nie dat 2 = 1 nie!

Meerkat. Ons elimineer (a-b) aan beide kante deurdat ons beide kante deur (a-b) deel. Dit beteken dat ons nie met 0 maal nie.

Die probleem wat ons het wat maak dat die bewerkings ongeldig is, is dat ons deur 0 deel. (a-b) = (1-1) = 0. Daarom dat 1 NIE gelyk aan 2 is nie.

Groete.

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 562
  • Verkenner
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #141 op: June 16, 2010, 07:35:42 PM »
Weer 'n maklike een.

Jy koop items in 'n R5 winkel. Jy vra die eienaar hoeveel die items kos. Hy antwoord dat alles R5 per item is. Hy kyk na jou items en sê dat jy sal R5 betaal vir 1, R10 vir 10, en R15 vir 100. Hoe is dit moontlik ?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #142 op: June 17, 2010, 09:21:13 AM »
Die eienaar is seker 'n kilo4 wat uitkomsgebaseerde wiskunde gehad het op skool.

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 562
  • Verkenner
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #143 op: June 17, 2010, 09:29:03 AM »
Lyk vir my ook so Ben.  :D

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 562
  • Verkenner
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #144 op: June 17, 2010, 06:13:57 PM »
Dit kan tog nie te moeilik wees nie.  ???

Terwyl ons wag dat iemand hom uitwerk, hier is nog een om te probeer:

6, 15, 35, 77, 143, 221, 323, 437, ?

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #145 op: June 18, 2010, 07:25:46 PM »
Dit kan tog nie te moeilik wees nie.  ???

Terwyl ons wag dat iemand hom uitwerk, hier is nog een om te probeer:

6, 15, 35, 77, 143, 221, 323, 437, ?

6   =   2   x   3
15   =   3   x   5
35   =   5   x   7
77   =   7   x   11
143   =   11   x   13
221   =   13   x   17
323   =   17   x   19
437   =   19   x   23
667   =   23   x   29

« Laaste verandering : June 18, 2010, 09:18:55 PM deur André Strydom »
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #146 op: June 18, 2010, 07:26:49 PM »
'n Baie maklike ene:

Wat is die helfte van 2 + 2?
Ons Sal!!!

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 562
  • Verkenner
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #147 op: June 19, 2010, 08:34:09 AM »
Jou antwoord is reg André. Dit is die produk van twee opeenvolgende priem getalle. Hier is die een weer wat nog nie 'n antwoord het nie:

Jy koop items in 'n R5 winkel. Jy vra die eienaar hoeveel die items kos. Hy antwoord dat alles R5 per item is. Hy kyk na jou items en sê dat jy sal R5 betaal vir 1, R10 vir 10, en R15 vir 100. Hoe is dit moontlik ?

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 562
  • Verkenner
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #148 op: June 19, 2010, 08:36:47 AM »
'n Baie maklike ene:

Wat is die helfte van 2 + 2?

3

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #149 op: June 19, 2010, 09:54:34 AM »
Jou antwoord is reg André. Dit is die produk van twee opeenvolgende priem getalle.

Daar gee jy my nou die begrip waarna ek gesoek het. 'n Priemgetal is 'n getal wat slegs deur dit self gedeel kan word of deur een.
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #150 op: June 19, 2010, 09:55:55 AM »
Hier is die een weer wat nog nie 'n antwoord het nie:

Jy koop items in 'n R5 winkel. Jy vra die eienaar hoeveel die items kos. Hy antwoord dat alles R5 per item is. Hy kyk na jou items en sê dat jy sal R5 betaal vir 1, R10 vir 10, en R15 vir 100. Hoe is dit moontlik ?

Hierdie tipe van besigheid het ek nog nooit raakgeloop nie!  ;D
Ons Sal!!!

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #151 op: June 19, 2010, 10:31:36 AM »
Dalk is dit omdat daar los lekkers gekoop word.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #152 op: June 21, 2010, 08:36:45 AM »
Weer 'n maklike een.

Jy koop items in 'n R5 winkel. Jy vra die eienaar hoeveel die items kos. Hy antwoord dat alles R5 per item is. Hy kyk na jou items en sê dat jy sal R5 betaal vir 1, R10 vir 10, en R15 vir 100. Hoe is dit moontlik ?

Sjarko, vertel ons asseblief waar hierdie winkel is en hoe die eienaar sy dinge doen! ::) ???
Ons Sal!!!

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 562
  • Verkenner
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #153 op: June 21, 2010, 10:16:09 AM »
Lyk my ek het julle weer vas gevra met hierdie een. Kom ek gee die antwoord.

Die winkel verkoop onder andere straat nommers vir huise. Die nommers is net van 1 tot 9. Jy moet dus jou straat nommer saamstel uit een of meer van hierdie nommers. Daarom is "1" = R5, "10" is "1" en "0" en daarom R10 en "100" is dus R15.

Groete.

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 562
  • Verkenner
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #154 op: June 21, 2010, 02:28:09 PM »
Hierdie week se kopkrapper. Wat is die volgende nommer ?

1, 5, 32, 288, 3413, ?

Sterkte.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #155 op: June 21, 2010, 05:45:34 PM »
Hierdie week se kopkrapper. Wat is die volgende nommer ?

1, 5, 32, 288, 3413, ?

Sterkte.

1 = 1¹
5 = 1¹ + 2²
32 =  1¹ + 2² + 3³
288 =1¹ + 2² + 3³ + 4(²+²)
3413 = 1¹ + 2² + 3³ + 4(²+²) + 5(²+³)
50069 = 1¹ + 2² + 3³ + 4(²+²) + 5(²+³) + 6(³+³); So kan jy aangaan tot in oneindigheid!

By gebrek aan die simbole vir "mag 4", "mag 5" en "mag 6", het ek die getalle in hakies gebruik naamlik "mag 4" = (2+2), "mag 5" = (2+3) en "mag 6" = (3+3).
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #156 op: June 21, 2010, 05:46:52 PM »
Lyk my ek het julle weer vas gevra met hierdie een. Kom ek gee die antwoord.

Die winkel verkoop onder andere straat nommers vir huise. Die nommers is net van 1 tot 9. Jy moet dus jou straat nommer saamstel uit een of meer van hierdie nommers. Daarom is "1" = R5, "10" is "1" en "0" en daarom R10 en "100" is dus R15.

Groete.

Dankie vir die antwoord Sjarko! Ek dink daar was te min leidrade vir my om by 'n antwoord te kon uitkom.  ??? ::)
Ons Sal!!!

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 562
  • Verkenner
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #157 op: June 21, 2010, 07:19:55 PM »
Nog 'n maklike een

Wat is die 4 syfer nommer ?

Die eerste syfer is een derde van die tweede syfer
Die derde syfer is die som van die eerste en tweede syfers
Die laaste syfer is drie keer soveel as die tweede syfer

Sterkte.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1922
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #158 op: June 21, 2010, 07:37:45 PM »
Nog 'n maklike een

Wat is die 4 syfer nommer ?

Die eerste syfer is een derde van die tweede syfer
Die derde syfer is die som van die eerste en tweede syfers
Die laaste syfer is drie keer soveel as die tweede syfer

Sterkte.

1349 ??
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #159 op: June 21, 2010, 07:46:54 PM »
Nog 'n maklike een

Wat is die 4 syfer nommer ?

Die eerste syfer is een derde van die tweede syfer
Die derde syfer is die som van die eerste en tweede syfers
Die laaste syfer is drie keer soveel as die tweede syfer

Sterkte.

Veronderstel die tweede syfer is 3. Dan is die eerste syfer 1 en die derde 4. Die vierde syfer is dan drie maal drie wat 9 is.

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal