Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Wiskunde kopkrappers  (Read 19722 times)

0 Lede en 3 Gaste bekyk die onderwerp.

Winter

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #20 op: November 13, 2007, 06:07:52 PM »
Karina dis 'n baie maklike raaisel, die moeiliker een kom nog.

Lyk my jy praat weer rotte taal.  :)

123 Blok My

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #21 op: November 13, 2007, 06:11:21 PM »
Geheime kode wat onderskep is:


TEIK STROKE TG AD EIDNA VGNIREGEREI DTADM ODI EHKILIEO MTO ORG NIS IAKIRF ADIUS

Suid Afrika is in  groot moelikheid omdat die regering van die dag te kort skiet

Winter

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #22 op: November 13, 2007, 06:18:40 PM »
Mooi so Roosmaryn....die woorde was presies in dieselfde orde as wat hulle van voor na agter geskryf is.

123 Blok My

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #23 op: November 13, 2007, 06:30:11 PM »
Mooi so Roosmaryn....die woorde was presies in dieselfde orde as wat hulle van voor na agter geskryf is.

Dit was 'n maklike ene, en ek wou eers vra wat dit nou eintlik met wiskunde te doen het, amper het ek vergeet van die "basiese"  begin begrippe van wiskunde soos: voor/ager, bo/onder, links/regs ens. Gedink jy gaan ons uitvang ne!   :-\ 
Die kodeskrif is mos eintlik Karina se kos, so ek los dit maar vir haar.

Winter

  • Gas
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #24 op: November 13, 2007, 08:52:40 PM »
Wie gaan 'n nuwe een uit dink?

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #25 op: November 16, 2007, 09:58:41 AM »
In 'n dam groei 'n waterlelie (reg in die middel). Die lelie verdubbel elke week in oppervlakte. As die dam na 30 weke toegegroei is, na die hoeveelste week was dit halfpad toegegroei?

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #26 op: November 16, 2007, 10:02:11 AM »
Nog een.

Ek het twee ou Suid -Afrikaanse munte in my hand. Een van die munte is nie 'n 5sent nie. Saam is dit 15 sent wat ek vashou. Kan julle raai watter muntsukke ek vashou ?

Afwesig Andre

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 419
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #27 op: November 16, 2007, 10:20:27 AM »
In 'n dam groei 'n waterlelie (reg in die middel). Die lelie verdubbel elke week in oppervlakte. As die dam na 30 weke toegegroei is, na die hoeveelste week was dit halfpad toegegroei?

29ste
En hoor jy die magtige dreuning...

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #28 op: November 16, 2007, 02:08:20 PM »
Andre

Reg en reg !!  Jy kan maar vroeg huistoe vandag !!

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #29 op: April 26, 2008, 07:06:24 PM »
Aangesien ek moet leer, is ek lus vir kopkrappers (ek kan nie die enigste een wees wat my breinkrag moet gebruik nie  :P)

1.  Jy en 'n klomp maats is by 'n oase in die middel van die Sahara gestrand nadat jul voertuig die gees gegee het.  Dit is ses dae se stap na die naaste stad, Timboektoe, en boonop kan elkeen van julle slegs kos en water vir vier dae dra.  Dit is dus duidelik dat julle nie een die staptog alleen sal kan aanpak nie - sy voorraad sal gedaan wees voordat hy by Timboektoe aankom.
Jy word egter gekies om hulp te gaan soek.  Hoeveel van jou maats sal jy nodig hê om voorraad te dra sodat jy Timboektoe kan bereik?  En wat sal jy doen om te verseker dat hulle veilig na die oase terugkeer?

2.  Bennie en Berta ry langs 'n skilderagtige kuspad met min verkeer toe hul motor 'n pap wiel kry.  Gelukkig is daar 'n noodwiel in die kattebak.
Bennie se:  "Ek ruil net gou-gou die band om, Berta", en klim uit.  Hy haal die naafdop af, verwyder die wielmoere en plaas hulle in die naafdop. 
Intussen besluit Berta om te gaan kyk wat Bennie doen.  Toe sy om die motor loop, sien sy nie die naafdop nie en skop dit per ongeluk.  Daar rol die naafdop met die moere daarin oor die afgron en plons in die see
Hoe gaan die twee by die huis kom?
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #30 op: April 26, 2008, 07:47:43 PM »
1. Ek sal twee persone saam met my neem. Na die eerste dag gee persoon A aan my en Persoon B elkeen een dag se kos en gaan terug, na twee dae neem ek een dag se kos by persoon B hy het dus genoeg kos om terug te gaan en ek genoeg om die reis te voltooi.

2. Haal een moer van elk van die ander drie wiele af en gebruik dit op die wiel wat geruil word.


Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #31 op: April 26, 2008, 08:06:35 PM »
Skerp Ben

Ek sal moeiliker kopkrappers moet vind
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #32 op: April 26, 2008, 08:17:09 PM »
Hierdie een is maklik


In n stal is daar mense en perde (almal normaal)
Daar is 22 koppe en 72 voete. Hoeveel perde en hoeveel mense is in die stal?
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #33 op: April 26, 2008, 08:26:11 PM »

14 perde en  8 mense.

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Insake: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #34 op: April 26, 2008, 09:09:29 PM »
Dankie Ben

Ek dink ek gaan nou maar weer leer, jy is heeltemal te slim vandag.
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 562
  • Verkenner
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #35 op: June 03, 2010, 03:24:35 PM »
Twee vaders en twee seuns vang vis. Elke persoon vang een vis maar altesame het hulle 3 visse gevang.

Hoe is dit moontlik ?

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #36 op: June 03, 2010, 03:55:02 PM »
  twee het saam die 83kg baber uitgetrek  :P  ;D

Moed Vryheid Eer

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #37 op: June 03, 2010, 04:03:33 PM »
Twee vaders en twee seuns vang vis. Elke persoon vang een vis maar altesame het hulle 3 visse gevang.

Hoe is dit moontlik ?

Daar was drie persone wat vis gaan vang het - Oupa (Vader1), Pa (Vader2 en Seun1) en Seun (Seun2)

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1922
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #38 op: June 03, 2010, 04:40:18 PM »
Twee vaders en twee seuns vang vis. Elke persoon vang een vis maar altesame het hulle 3 visse gevang.

Hoe is dit moontlik ?

Daar was drie persone wat vis gaan vang het - Oupa (Vader1), Pa (Vader2 en Seun1) en Seun (Seun2)

Oupa se slim kind!!  :D
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 562
  • Verkenner
Re: Wiskunde kopkrappers
« Antwoord #39 op: June 03, 2010, 04:58:18 PM »
Uitstekend Boo. Die volgende kopkrapper volg binnekort.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal