Karools,
Die feit dat jy versigtig is oor die saak, is 'n bewys dat jy die erns van die saak kan insien.
Ons bou aan Bravoland, dus hoef ons niemand anders te verkleineer om onsself beter te laat voel nie. Ons praat oor die toekoms en wat ons wil bereik. As jy na ras wil verwys, doen dit dus sonder om byname te gee. Byname kan onnodige komplikasies vir Bravoland veroorsaak, iets wat ons nie nou kan bekostig nie.
Groete,
Ben