Skrywer Onderwerp: Die einde van politieke korrektheid  (Read 983 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Die einde van politieke korrektheid
« op: February 14, 2010, 07:58:07 AM »
  Andries Bezuidenhout   

Vir ’n lang tyd is enigiemand wat min of meer nie rassisties wou wees nie, wat voel gay mense behoort dieselfde huweliksregte as heteroseksuele mense te geniet of wat dink vroue hoef nie kaalvoet en swanger voor die stoof te staan nie, as politiek korrek bestempel.

Mense soos ons (want ek skaar my by mense wat sulke menings huldig) is beskou as mense sonder ruggraat omdat ons kwansuis politieke modes navolg.

“Progressiewes dra hul ‘linksheid’ soos Gucci of Police,” skryf iemand twee weke gelede as kommentaar op Jaco Kirsten se rubriek.

Vir lank is “links” en “politiek korrek” as sinonieme gebruik. Wel, die einde van daardie tydperk het aangebreek.

Ek het die afgelope tyd tot die besef gekom dat dit nie meer in die mode is om links te wees nie. Ten minste nie as jy witterig en Afrikaans is nie. Dis amptelik, die meerderheid van “ons” ondersteun die gedagte van ’n volkstaat en die meerderheid voel FW de Klerk se toespraak in 1990 was nie ’n goeie idee nie.

Ek weet! Niemand het ’n referendum gehou nie.

Hierdie indrukke is gegrond op die stemmings wat koerante deesdae op hul webwerwe hou. Maar ek dink ook nie ons linkses is so besig om neoliberalisme te beveg dat ons nie tyd het om die koerant oor die internet te lees nie.

Ons moet ruiterlik erken dat ons verloor het.

Die einde van die linkses het aangebreek.

Ons kan nie meer politiek korrek wees nie, want ons is amptelik uit die mode; só verlede seisoen. Jan-Jan Joubert sê dan ook so.

En daar is nie eens ’n linkse volkstaat vir ons nie.

Julle glo my nie?

Gaan lees ’n bietjie die kommentaar wat Suid-Afrikaners vir mekaar oor die internet skryf. Deesdae skryf hulle kaalvuis. Daar is nie ’n sweempie politieke korrektheid nie. Hulle haat mekaar openlik en met passie.

? Ene “Alkie” skryf: “Ek het ‘Nee’ gestem. Omdat God se Woord jou leer dat jy nie mag onderhandel met die goddeloses nie. Jy mag nie onderhandel oor ’n stukkie grond wat joune is nie. Jy mag nie onderhandel met volke wat nie jou volk is nie. Jy mag nie ’n kontrak met hulle sluit nie.”

Op die sportblaaie snou “Bulls fan” iemand toe: “Jy praat so baie van moffies dat ons almal nou weet jy is een. So, hierdie forum is nie vir jou soort nie, gaan kyk netbal.”

Sarel Fourie sê weer: “Hoor gisteraand op SABC2 die afgelope jaar is 82 ambulanse in Limpopo of Mpumalanga weg. Meskien helle is nou e-taxis, eisj.”

Iemand wat net as “S” bekend staan, skryf: “Vroue word in hoër poste aangestel en mans word daaruit gehaal. Nou sit mans by die huis en moet kinders grootmaak en vroue sit in mans se posisies by die werk. God het vroue gemaak om kinders groot te maak en hul gesin te versorg en mans om die werk te gaan doen en te sorg vir hul gesin.”

Dan is daar “Cv”, heel veglustig: “Ek wens hier kan liewer ’n oorlog uitbreek en klaar kry want ek weet wie het nie die moed (balls, like the English say) om in ’n vuurwarm geveg te bly staan nie! Het jy al gesien hoe hulle kan hardloop as die derde skoot klap?”

Dis maar net paar voorbeelde uit baie. Ek het hier en daar tik- en spelfoute reggemaak.

Hierdie menings word nie in die geheim om braaivleisvure uitgespreek nie.

Dit kom nie van klein, versteekte blogs nie.

Dis op hoofstroomkoerante se webwerwe, ongesensor, vir almal wat kan lees.

Aan al Suid-Afrika se wit en swart rassiste, homofobe en seksiste dus die volgende: Julle het gewen.

Julle haat mekaar, verwag bitter min van mekaar en gun mekaar niks.

Wat nou?


http://www.rapport.co.za/Content/Rubrieke/AndriesBezuidenhout/2386/872a6d3772ac44f6988d07fce57b4471/13-02-2010-02-34/_Die_einde_van_politieke_korrektheid

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Die einde van politieke korrektheid
« Antwoord #1 op: February 14, 2010, 09:07:08 AM »
Wat probeer Andries Bezuidenhout nou hiermee bereik?

Ons mense word beroof, vermoor en verkrag deur sy barbaar-maatjies. En die oorsaak hiervan is juis die sogenaamde "politieke korrektheid" wat hy voorstaan.

Laat hy maar kennis neem dat ons hierdie dinge persoonlik opneem.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 123
Re: Die einde van politieke korrektheid
« Antwoord #2 op: February 14, 2010, 02:11:42 PM »
Wat probeer Andries Bezuidenhout nou hiermee bereik?
Hy probeer van 'n ongeliefde stigma ontslae raak. Vir dekades het linkses die etiket "verkramp" of "rassisties" teen almal gebruik wat nie met hulle wou saam stem nie.
Nou, nadat almal kan sien watter narre idees die linkses voorstaan, proe hulle dieselfde medisyne wat hulle so graag vir ander gegee het. Dit proe duidelik nie lekker nie.


Ons mense word beroof, vermoor en verkrag deur sy barbaar-maatjies. En die oorsaak hiervan is juis die sogenaamde "politieke korrektheid" wat hy voorstaan.

Laat hy maar kennis neem dat ons hierdie dinge persoonlik opneem.
Hy erken dan ten minste, dat hulle nie meer "in die mode" is nie. Nou moet hy net nog erken watter onsin sy linkse ideologie was en altyd sal wees.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Die einde van politieke korrektheid
« Antwoord #3 op: February 15, 2010, 04:41:36 AM »
"Twintig jaar later: of F. W. de Klerk reg was of nie" - is blykbaar die oorheersende onderwerp van bespreking in die politieke kolomme van die Afrikaanse koerante in die laaste tyd.

In hierdie skrywes merk mens aan die een kant n ontnugtering op onder diegene wat uiteindelik die volle implikasie van ons huidige situasie begryp.

Aan die ander kant is daar diegene wat steeds volhard dat F. W. reg was, en dat dit nou almal se plig is om n sukses van die situasie te maak. Hulle gaan selfs so ver as om te beweer dat dit alles ons eie skuld is wanneer dinge nie regkom nie.

Dit wil verder voorkom asof veral die jongste meningspeilings in hulle eie pienk koerante, n redelike geskarrel in die hoenderhok veroorsaak het onder hierdie geharde liberaliste.

Die implikasie is natuurlik dat die gemiddelde leser van hulle koerante, sy politieke onskuld verloor het, en nie meer alle pienk propaganda vir soetkoek opeet nie.

Dan moet die kommunikasie-effek van die internet natuurlik ook nie onderskat word nie. Enige koerant wat nog wil bestaan, moet natuurlik ook die fasiliteit bied sodat sy lesers aanlyn kan gaan, en kommentaar kan lewer op hul skrywes. Die effek hiervan is dat propaganda nie meer eensydig uitgedeel kan word aan die individu nie. Die ontvanger van die propaganda is dus nie meer geisoleer soos 20 jaar gelede nie - hy is nou deel van n groep lesers, wat ook mekaar se menings vorm.

Daar is n verskil tussen stompsinnigheid, naiwiteit en moedswilligheid. Slaan maar enige koerant oop, en kyk wat in die nuus aangaan. Geweldsmisdade, korrupsieskandale, vermorsing van staatsgeld en onbevoegdheid vier hooggety. Dan is daar nog die aanslag op ons taal en kultuur, verandering van plekname, en die nuutste aanteel van die president. En nog misdaad, misdaad, misdaad. Tussenin is daar die absoluut onsinnige en teenstrydige uitsprake van politici, wat werklik nie n toets vir die intelligensie is nie.

Wat anders is daar vir die koerante om oor te skryf? Waar die die goeie nuus wat moet hoop gee vir die toekoms?

Nou is die liberaliste onsteld omdat Jan Publiek nie meer entoesiasies is oor die politieke situasie nie. Veral nie as dit aan sy sak begin vat, of as misdaad aan sy lyf begin vat nie.

Wat het hierdie liberaliste verwag? Hoe lank moet "Politieke Korrektheid" nou in die mode bly onder hierdie omstandighede?

Die tyd vir naiwiteit is verby.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal