Bravoland

Please login or register.

Login with username, password and session length
Advanced search  
collapse
* Nuwe Inskrywings
Volksmoord by Werner Smook
[September 03, 2010, 11:37:39 AM]


2010 Volkshulp aksie by Adri van Staden
[September 03, 2010, 08:50:45 AM]


Werksgeleenthede vir Volksgenote by Sanderis
[September 03, 2010, 04:39:18 AM]


De la Rey toekenning by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:15:01 AM]


Vordering in moordsake by Werner Smook
[September 01, 2010, 09:05:03 AM]


Heldinne-aand 2010 by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:01:13 AM]


Bees Roux by Boo
[September 01, 2010, 08:25:21 AM]


Ons gaan baie armer word by Clem de Klerk
[August 31, 2010, 04:40:20 AM]


Oud-politikus, vrou aangeval by Werner Smook
[August 30, 2010, 10:11:37 AM]


Vakbonde, Arbeid en Stakings! by André Strydom
[August 29, 2010, 11:29:21 PM]


* SA Topsites
SA Topsites :: .

Pages: [1]   Go Down

Author Topic: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?  (Read 993 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 7105
  • Verkenner
    • WWW
Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« on: November 18, 2007, 05:44:21 PM »
Ek het sopas 'n artikel gelees van Tim du Plessis, redakteur van Rapport. Dit is dieselfde Tim wat hierdie week vir Deon Maas in die pad moes steek na 'n boikot aksie gedreig het om sy koerant geld te kos. Die vraag is natuurlik hoe kon hy as redakteur toe laat dat Maas daardie gewraakte pro-satanisme artikel plaas?

Soos reeds gese het ek nou sy nuutste artikel gelees, waarin hy verskonings maak vir die NSA. Hy vaar natuurlik uit teen die ANK maar sing die lof toe van die DA en ook Cosatu. Volgens hom is die idee van die NSA reg maar die ANK is die rede hoekom die land in 'n gemors is. Volgens hom is die grondwet perfek, maar die ANK is volgens hom te magsbehep om dit reg uit te voer.

Verder vaar hy ook uit teen mense wat teen die bestel is en gebruik die DA as voorbeeld hoekom daar vir hom nog hoop is in die NSA.

Sal die liberaliste nooit wakker word nie?
Logged
Die waarheid is haatspraak vir enige mens wat iets wil wegsteek.

Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 7105
  • Verkenner
    • WWW
Re: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« Reply #1 on: February 05, 2010, 09:41:00 AM »



Tim du Plessis 
Saluut van die redelikes
2010-02-04 21:15
 

Gans die wêreld het die afgelope week die hoed gelig vir mnr. FW de Klerk ter herdenking van sy 2 Feb.-toespraak 20 jaar gelede.

Almal behalwe ’n klompie suur, wit regses en die ANC-jeugliga.

Eersgenoemde sê De Klerk het “ons mense” uitverkoop en uitgelewer. Die ANC-jeugliga sê De Klerk verdien geen erkenning nie; dis “ons mense” se kamtige heroïese stryd wat Nelson Mandela bevry het en die ANC ontperk het.

Is dit nie ironies nie dat verbitterdes wie se denke in ’n uitgediende era vasgehaak het dit so roerend eens is met die ANC-jeugliga se skollies? Ook net in Suid-Afrika.

Intussen is daar ’n breë stroom van redelike mense wat vandag, meer as ooit, insien De Klerk het op 2/2/90 beslissend en met oortuiging gehandel. En dit is nogal iets anders as optree bloot omdat daar geen ander opsies was nie.

Abbey Makoe, kommentator en joernalis, het De Klerk gister in The Star bestempel as “die beliggaming van dapperheid”.

“Hy het morele gesag en is in eie reg een van die sterkste pilare waarop ons ontluikende demokrasie rus.”

“Mag God jou ryklik seën, boereseun, vandag en altyd. Amen,” skryf die begeesterde Makoe.

Minder blomryk, maar gewigtiger is die hartlike briewe wat oudpres. Nelson Mandela en emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu geskryf het om De Klerk geluk te wens.

“FW, jy het op 2 Feb. 1990 die regte ding gedoen, vir jou land en jou mense. God seën jou daarvoor,” het Tutu geskryf.

In dié geselskap voel ek nogal tuis. Eerder hulle as mense wat wil opgooi op ’n foto van De Klerk en sy destydse kollegas. Klink erg baie soos die ANC-jeugliga, mense wat hul broeke aftrek op kongresse en Helen Zille onder haar rok in beledig.

Dat die ANC-regering vandag ’n monumentale gemors maak van die suksesvolle land wat aan hulle toevertrou is, doen niks afbreuk aan De Klerk se daad van staatsmanskap op 2/2/90 nie.

Sy toespraak was ook wit Suid-Afrikaners, bepaald Afrikaners, se eerste tree op die herstelpad van selfrespek.

As De Klerk aan die mag vasgeklou het, sou wit Suid-Afrikaners vandag die wêreld se mees veragte groep gewees het. Maar nou is die dag baie naby dat die wêreld sal vergeet het van apartheid en ons nie meer die Kainsmerk van “verdrukker” sal dra nie.

Ek wil hê my kinders en kleinkinders moet met hul koppe omhoog loop, hier in Suid-Afrika of enige ander plek op aarde, bevry van die skandvlek van apartheid.

De Klerk se 2 Feb.-toespraak help ook om krag te gee aan die argument dat alles nie nét sleg was in die verlede nie.

Want dit was nie. As ek ’n ligsinnige parallel mag trek met vandag: apartheid was onregverdig, maar FW de Klerk het minstens nie ’n kind gehad by Louis Luyt se dogter nie. As jy verstaan wat ek bedoel.

Die paaie, waarop wit en swart gery het, was nie so vol slaggate nie. Die staatshospitale, vir wit mense en swart mense, was stukke beter as vandag. En swart skoolkinders was beter daaraan toe onder Bantoe-onderwys as onder dit wat tans deurgaan vir openbare onderwys, veral in township-skole.

Kom ons skuif die emosie eenkant en wees ’n slag brutaal prakties: niks van dié probleme en ander, soos regstellende aksie, die uitrangeer van Afrikaans en verbrok- kelende munisipale dienste, gaan verdwyn as De Klerk net lank genoeg uitgekryt word vir ’n ver-raaier nie.

As Suid-Afrika op sy huidige glybaan gestuit moet word – en ek kan nie sê dit sál gebeur nie – sal dieselfde mense wat De Klerk vandeesweek geëer het weer in die voorste linie wees. Ongeag of hulle wit of swart is.

Dis tog ’n veel groter prioriteit om ’n land van ondergang te red as om die verlede te sit en verwens.










- Beeld


http://www.beeld.com/Content/Rubrieke/TimduPlessis/2145/cad77be608984a24817a06ca1eca8fcb/04-02-2010-09-15/Saluut_van_die_redelikes_
Logged
Die waarheid is haatspraak vir enige mens wat iets wil wegsteek.

André Strydom

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 1549
Re: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« Reply #2 on: February 05, 2010, 09:50:54 AM »
Tim moet maar aansoek doen dat sy naam ook verander word na iTim. Ten minste sal die "i" by hom 'n betekenis hê naamlik "idioot"!
Logged
Ons Sal!!!

Adri van Staden

  • Staatspresident
  • ****
  • Offline Offline
  • Posts: 1021
Re: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« Reply #3 on: February 05, 2010, 10:16:26 AM »
Wonder wat word hy betaal om hierdie ode te sing. Geen mens met 'n IK hoër as kamertemperatuur kan dit tog  bedoel as hy sulke goed skryf nie. Of is hy straks 'n agent vir duistere magte?
Logged
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 808
  • Verkenner
Re: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« Reply #4 on: February 05, 2010, 11:04:35 AM »
Quote
Of is hy straks 'n agent vir duistere magte?

Broederbond/Afrikanerbond

Klink vir my na 'n tipiese geval waar 'n Broer nog 'n Broer beskerm.

As dit nog 'n kind was wat die snert kwytraak, sou ek dit kon verstaan.  Hierdie is net eenvoudig vergesog.

Wat die sot klaarblyklik nie besef nie, is dat hy meer as die helfde van sy koerant se lesers as "wit regses" afmaak.

Quote
Is dit nie ironies nie dat verbitterdes wie se denke in ’n uitgediende era vasgehaak het dit so roerend eens is met die ANC-jeugliga se skollies?

Verwysende na sy lesers?

Beeld kort 'n boikot!!!
« Last Edit: February 05, 2010, 11:06:51 AM by Werner Smook »
Logged
"...hy wat sy nasietrots en identiteit prysgee, het sy reg op voortbestaan verbeur.."  -  Jan Breytenbach

Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 6649
  • Christa Burger
Re: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« Reply #5 on: February 05, 2010, 11:09:42 AM »
Ek dink ons het 'n gepaste kandidaat vir Moegoe van die jaar?  ;D
Logged
Moed Vryheid Eer

Jankejan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 211
Re: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« Reply #6 on: February 05, 2010, 12:19:39 PM »
Ek het so 'n rukkie gespandeer om die kommentaar onder aan die berig te lees. Duidelik is die meerderheid nie ten gunste van sy uitlatings nie. Die meerderheid lesers het tog ook in 'n meningsopname aangedui dat hulle nie met FW se toespraak tevrede is nie. Tim kyk dit doelbewus mis.

Ek sit toe en dink dat een van die eerste dinge wat DF Malan in order gekry het na die skeuring in die NP, was om te sorg dat daar oral koerante is wat die regte boodskap uitdra. So was daar in Transvaal die koerant "Die Transvaler". Verwoerd het byvoorbeeld sy groot bydrae in die volk as redakteur in die koerantwese begin.

Ons kry ongelukkig nie vandag ons boodskap op die geskrewe wyse uit nie. Ons het Radio Pretoria, maar nie 'n sterk koerant in byvoorbeeld die Transvaal nie. Die Vrystaat het wel Ditsem Vrystaat wat 'n ietwat meer gebalanseerde boodskap as Beeld deurgee.

Ons het 'n koerant nodig. Dit gaan wel 'n groot projek wees, en dit is gewoonlik al reeds iets wat mense afsit. Hierdie koerant kan wel werk as dit anders gehanteer word, en eerder onder die volk verkoop word as om dit in die hande van 'n paar besigheidsmanne te hou. Dit sal beteken dat op dieselfde basis van Oranjekas elke aandeelhouer een stem sal he. Indien die bree publiek ingelig word dat 'n mondstuk wat almal se probleme met die land en misdaad op 'n realistiese wyse daargestel kan word, kan dit dalk moontlik wees om so 'n koerant van die grond af te kry. Daar word ook eers met 'n weekblad begin, wat elke Vrydag of Saterdag verskyn. Werkskepping vind plaas deurdat arm-blankes die koerante kan verkoop. Gestel ons kry 5000 mense om elk aandele van R500 in die koerant te koop, beteken dit ons het R2,5 miljoen rand om mee weg te spring. Dit sal egter 'n vereiste wees dat die publiek hierin moet inkoop, nie net die van ons wat primer met die volksaak besig is nie.
Ek mag verkeerd wees, maar ek dink die mense begin moeg raak vir die eentonige stories en opinies in Beeld. Die tyd is dalk ryp om nou dit te kry wat 'n vereiste in ons volksstryd is - 'n algemene koerant wat oor alles berig maar tog ook 'n suiwer boodskap in sy inhoud dra. Dit is "sagte" propaganda, maar tog die manier hoe jy 'n volk weer op koers kry.
Logged
Apartheid is Liefde

Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 423
  • Verkenner
Re: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« Reply #7 on: February 05, 2010, 01:08:22 PM »
Quote
verbitterdes wie se denke in ’n uitgediende era vasgehaak het

Dit is SY opinie dat dit uitgedien was. Dit is MY opinie dat die Verwoerd beleid die enigste werkbare een was vir die unieke RSA situasie.

Quote
“Mag God jou ryklik seën, boereseun, vandag en altyd. Amen,” skryf die begeesterde Makoe.

My vyand se vyand is nie noodwendig my vriend nie. Maar my vyand se vriend is beslis ook my vyand.

Quote
“FW, jy het op 2 Feb. 1990 die regte ding gedoen, vir jou land en jou mense. God seën jou daarvoor,” het Tutu geskryf.

Natuurlik sal hy so dink. In my boek tel sy opinie in elk geval nie. Hy is ook my vyand se vriend.

Quote
Dat die ANC-regering vandag ’n monumentale gemors maak van die suksesvolle land wat aan hulle toevertrou is, doen niks afbreuk aan De Klerk se daad van staatsmanskap op 2/2/90 nie.

Nee dit doen nie afbreuk nie. Jy kan nie iets wat 'n gemors is, verder afbreuk nie. Dit is slegs 'n voortsetting en natuurlik uitvloeisel van die gemors wat die verraaier begin het.

Quote
Sy toespraak was ook wit Suid-Afrikaners, bepaald Afrikaners, se eerste tree op die herstelpad van selfrespek.

Nou DIT is 'n grap. Ons het selfrespek gehad. Nou is ons tweede (derde) rangse "burgers". Waar is die selfrespek daarin ?

Quote
sou wit Suid-Afrikaners vandag die wêreld se mees veragte groep gewees het. Maar nou is die dag baie naby dat die wêreld sal vergeet het van apartheid en ons nie meer die Kainsmerk van “verdrukker” sal dra nie.

Ons is dit steeds omdat die boodskap uitgedra word dat ons alles was en is wat sleg is. Indien die wereld net meer moeite gedoen het om Verwoerd se beleid sonder voorafopgestelde opinies krities te bestudeer, sou hulle gesien het dat ons nie anti-ander is nie, maar eerder pro-eie. Net soos Duitsland NOOIT van Hitler losgemaak gaan word nie, so sal ons altyd in die wereld se oe "slegte mense" wees.

Quote
Ek wil hê my kinders en kleinkinders moet met hul koppe omhoog loop

Nee Tim. Dit is moeilik om kop omhoog te loop terwyl jy in 'n wit plakkerskamp bly omdat jy te wit is vir 'n werk. Jou (en FW) se nasate gaan self nog direk geraak word deur julle kop in die sand houding. Hou op droom en begin werk aan 'n toekoms vir hulle. Anders gaan hulle eendag kop omlaag erken hulle is nasate van jou.

Quote
As ek ’n ligsinnige parallel mag trek met vandag: apartheid was onregverdig, maar FW de Klerk het minstens nie ’n kind gehad by Louis Luyt se dogter nie. As jy verstaan wat ek bedoel.

Presies! Want ons was 'n God vresende land met normes en waardes. Jy sien wat nou om jou aangaan en maak "ligsinnig" grappies daaroor, want vir jou gespuis is dit soveel beter as die ou "verkrampte" SA.

Quote
niks van dié probleme en ander, soos regstellende aksie, die uitrangeer van Afrikaans en verbrok- kelende munisipale dienste, gaan verdwyn as De Klerk net lank genoeg uitgekryt word vir ’n ver-raaier nie.

Nee dit sal nie. Daarom is daar ons "verkramptes" wat na iets beter streef wat werklik daaraan werk om 'n toekoms vir ons en ons kinders te verseker. Dit beteken egter nie dat ek die verraaier gaan ophou uitkryt vir wat hy is nie. Indien hy dan werklik vir "sy mense" omgee, kan hy betrokke raak by iets soos die VVK. Maar hy sal nie, want hy lewer net lippe diens.
Logged

Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 1581
  • Bravolander
    • WWW
Re: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« Reply #8 on: February 05, 2010, 09:47:05 PM »
Sjarko, ek kon dit nie beter stel nie! Dit is belaglik verby!

Jankejan, toe Oranje Sake Instituut (destyds Oranje Sakekamers ::)) nog 'n vonkel in die oog was, was daar groot drome van 'n eie koerant... iets soos die Oranje Weekblad! Maar die droom het vervaag en verdwyn.

Maar ek stem saam met jou, ek dink regtig ons moet hard werk om 'n eie (onafhanklike) koerant te begin. Met onafhanklik bedoel ek die koerant moet met geen spesifieke organisasie/party verbind wees nie, dus moet dit nie 'n mondstuk vir enige groepering wees/word nie.

As daar wel besluit word ons gaan die gedagte dryf, wil ek asseblief by wees!

Die media-monopolie wat ons so vergiftig met allerlei propaganda, kort bietjie kompetisie!
Logged
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Adri van Staden

  • Staatspresident
  • ****
  • Offline Offline
  • Posts: 1021
Re: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« Reply #9 on: February 08, 2010, 08:21:33 AM »
Karina, jy moet net gereed staan om "by" te wees nie: vat voor! Kom ons begin deur regses met joernalistieke ondervindng te identifiseer. Dan reël ons 'n vergadering waarheen ons bg. nooi en beplan 'n strategie. Iemand moet die leiding neem. HvO? OSI? Bravoland?
Logged
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 3546
Re: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« Reply #10 on: February 08, 2010, 08:44:48 PM »
Ek wil nie uit my beurt praat nie, maar daar word ondersoek gedoen deur 'n paar mense wat die bedryf ken.

Hulle is nogal geheimsinnig......
Logged
Kennis is mag

Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 1581
  • Bravolander
    • WWW
Re: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« Reply #11 on: February 11, 2010, 12:46:10 PM »
Ek wil nie uit my beurt praat nie, maar daar word ondersoek gedoen deur 'n paar mense wat die bedryf ken.

Hulle is nogal geheimsinnig......

Die "geheimsinnige mense" moet dan maar laat weet as hulle klaar ondersoek gedoen het.
Logged
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 3546
Re: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« Reply #12 on: February 12, 2010, 04:02:50 AM »
Ek verneem dat daar ondersoek gedoen word na die moontlikheid om 'n bestaande koerant oor te neem - maar  ek weet ook niks meer nie.
Logged
Kennis is mag

Adri van Staden

  • Staatspresident
  • ****
  • Offline Offline
  • Posts: 1021
Re: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« Reply #13 on: February 12, 2010, 07:01:49 AM »
Sondag? ;D  ;D ;D ;)
Logged
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 3546
Re: Gaan die liberaliste nooit wakker word nie?
« Reply #14 on: February 13, 2010, 04:33:18 AM »
Nee Adri, daarvoor is liberaliste nodig !
Logged
Kennis is mag
Pages: [1]   Go Up