Skrywer Onderwerp: Trekker Versorging  (Read 1098 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig gelofteboer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 198
Trekker Versorging
« op: November 20, 2007, 02:16:19 PM »
Aangeheg is die basies van trekker versorging maar vir die dames is hierdie ook 'n baie goeie basiese agtergrond kennis om na te gaan op jou motor. Die basiese dinge is maar dieselfde en sal net voorkom dat mens nie onnodig langs die pad gaan staan vanwee 'n klein dingetjie wat net nie nagesien is nie.

GB
Read the Bible -- It will scare the hell out of you.
http://inspirasie.blogspot.com
Neem kennis dat kopiereg op stukke geplaas onder die hoof Inspirasie vir die Dag die uitsluitlike eiendom bly van gelofteboer en nie oorgedra word aan Bravoland nie.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7400
  • Christa Burger
Re: Trekker Versorging
« Antwoord #1 op: November 20, 2007, 02:36:22 PM »
Dankie GB! Dit is so reg in my lyn van werk.
Moed Vryheid Eer

Afwesig gelofteboer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 198
Re: Trekker Versorging
« Antwoord #2 op: November 20, 2007, 04:13:51 PM »
As jy dit deurgewerk het laat weet tog hoe het jy dit gevind sodat mens so bietjie beter idee kan kry van hoe dit is bv te eenvoudig en elementer, word daar gesoek na meer detail of is dit reg so.

Dankie
Read the Bible -- It will scare the hell out of you.
http://inspirasie.blogspot.com
Neem kennis dat kopiereg op stukke geplaas onder die hoof Inspirasie vir die Dag die uitsluitlike eiendom bly van gelofteboer en nie oorgedra word aan Bravoland nie.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7400
  • Christa Burger
Re: Trekker Versorging
« Antwoord #3 op: November 20, 2007, 04:24:23 PM »
GB, ek het net so vinnig daardeur gespoedlees. Ek vind dit baie leersaam en dit is redelik basies, so maklik om self toe te pas, veral op ouer model trekkers. Soos jy in jou eerste pos genoem het, kan dit op motors ook toegepas word.

Wat die onderdele betref en dit is nie omdat ek vir 'n agent van 'n trekkermaatskappy werk nie, maar dit is regtig meer voordeliger om die trekker se vervaardiger se onderdele te koop as nagemaaktes. Dit hou regtig langer en jou waarborge op onderdele  is ook heelwat langer. Selfs die vervaardiger se olies gee beter verrigting, want dit is vir die spesifieke trekker ontwerp.

Jammer GB, ek is nou heeltemal van die punt af!
Moed Vryheid Eer

Afwesig gelofteboer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 198
Re: Trekker Versorging
« Antwoord #4 op: November 20, 2007, 08:08:33 PM »
Nie 'n probleem met die afdwaal nie dit skep ten minste weer 'n ander aanknopings punt op die onderwerp.
Ek stem heeltemal saam met die oorspronklike onderdele - normaalweg het 'n onderdeel by die handelaar gewoonlik 'n 6 maande tot 1 jaar waarborg maar die by die algemene onderdele winkel is daar geen waarborg op die onderdele nie.
Ten opsigte van motors is die teendeel ook waar naamlik dat die handelaar gewone onderdele koop soos by die onderdele handelaar beskikbaar en dit herverpak onder sy eie handelsmerk. (hierdie geld gewoonlik ten opsigte van lugfilters, olie filters en petrol filters).
Maar moenie 'n minderwaardige onderdeel insit nie - paar voorbeelde  - heelwat Nissans kom uit met 'n staal petrol filter maar jy kan dit vervang met 'n plastiek een en die onderdele winkel sal maklik vir jou die plastiek een aanbeveel - die staal een is eenvoudig net meer duursaam en hou langer.
Olie filters - maak doodseker dat die filter reg is - sommige ouers voertuie se oliefilter het 'n nie-terugkeer klep nodig om die spanning te hou op die "timing chain" -tyd ketting, terwyl die motor afgeskakel is - indien 'n filter opgesit word wat nie 'n nie-terugkeerklep het nie sal die tyd ketting geweldig raas sodra die motor aangeskakel word totdat die olie druk op die korrekte druk is.

Olies - moet nie met elke diens 'n ander olie gebruik nie- om een of ander rede veroorsaak dit neerslae in die oliepan wat skadelik is vir die voertuig - hou by die voorgeskrewe olie of gaan beter maar hou dan die heeltyd by dieselfde olie - vermy maar die "cheapies" by Checkers tensy dit nou regtig 'n ou skedonmk is vir net hier om die pot.
Read the Bible -- It will scare the hell out of you.
http://inspirasie.blogspot.com
Neem kennis dat kopiereg op stukke geplaas onder die hoof Inspirasie vir die Dag die uitsluitlike eiendom bly van gelofteboer en nie oorgedra word aan Bravoland nie.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal