Skrywer Onderwerp:  (Read 1043 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig gelofteboer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 198
« op: November 23, 2007, 01:57:38 PM »
Nou ja nou is ek eers bietjie dik vir ons vriende met die hare - dalk tyd dat ons oorgaan na ons vriende met die vere. Soms baie lieftallig en ander kere sommer skoon befoeterd.

Ek glo daar is ook menige Bravolander wat steeds 'n letsel hier en daar het van Mnr of Mev Papegaai.

Wat ek nou al agtergekom het is dat as een van hulle eers vir hom of haar 'n gunsteling in die huis gesoek het kan die ander gaan doppies blaas - hy sal net toelaat dat daardie een hom vryf en tekere gaan, ander sal hy net verdra en ander sal hy eenvoudig net byt omdat hy nie van hulle hou nie.

Om hulle groot te maak en mak te maak verg baie geduld en as hy nie van jou hou nie raak dit amper 'n onbegonne taak met soms pynlike gevolge.
Read the Bible -- It will scare the hell out of you.
http://inspirasie.blogspot.com
Neem kennis dat kopiereg op stukke geplaas onder die hoof Inspirasie vir die Dag die uitsluitlike eiendom bly van gelofteboer en nie oorgedra word aan Bravoland nie.

123 Blok My

  • Gas
« Antwoord #1 op: November 23, 2007, 02:09:24 PM »
 
Aanhaling
...eers vir hom of haar 'n gunsteling in die huis gesoek het kan die ander gaan doppies blaas...

Ja GB en natuurlik is jy die uitverkore ene!!  ;)

...gee tot vreemde voeltjies kos vroeg in die oggend....  :P

Winter

  • Gas
« Antwoord #2 op: November 23, 2007, 07:12:11 PM »
Klink my julle praat nou van wat ons groente hier rond noem.  ;D

Afwesig gelofteboer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 198
« Antwoord #3 op: November 25, 2007, 09:20:10 PM »
Aanhaling
Klink my julle praat nou van wat ons groente hier rond noem.
 

Enigste groente waarvan ek weet wat verband hou met papegaaie is - papegaaislaai  :D
« Laaste verandering : November 25, 2007, 09:21:55 PM deur gelofteboer »
Read the Bible -- It will scare the hell out of you.
http://inspirasie.blogspot.com
Neem kennis dat kopiereg op stukke geplaas onder die hoof Inspirasie vir die Dag die uitsluitlike eiendom bly van gelofteboer en nie oorgedra word aan Bravoland nie.

123 Blok My

  • Gas
« Antwoord #4 op: November 25, 2007, 10:23:17 PM »
Is Papagaaislaai dieselfde as Aaptwak?
 :D



Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal