Ek merk toe dat
skewe-
BEELD sy lesers die geleentheid bied om kommentaar te lewer op die eerste artikel. Insiggewend is dat almal wat kommentaar lewer, die PUK veroordeel:
NWU GEWRAAKTE UITLATING, 20/06/2008, Anton
Mnr. Theuns de Wet, voorsitter van die Federasie van Geloftefeeskomitees moet darem net sy feite regkry - die Rektor van die NWU is laaaankal nie meer Prof Theuns Eloff nie maar wel Prof Annette Combrink.
Nietemin - die feit dat die NWU hierdie stelling enigsins toegelaat het strek hulle beslis nie tot eer nie. SIES!! Ek hoop nie hulle gaan nou ook soos die voorsitter van die ANC Jeugliga hulle self probeer distansieer van die artikel nie!
Jy moet maar die gevolge van wat jou instansie doen of sê dra. Die reaksie van NWU sal BAIE interessant wees!!
Bloedrivier, 20/06/2008, Juan
Onwaarhede & leuens kan nooit verander wat God vir 'n volk gedoen het op daardie besondere dag nie. Daardie God leef nog steeds en ontferm Hom nog net so oor volkere, nasies & mense. Alle eer aan Hom, Here wees ons genadig!
Bangbroek!, 20/06/2008, Saartjie
Aan die 'anonieme' skrywer: is jy bang of hoekom wil jy nie jou naam noem nie? Jammer ou pêl - ons almal weet dalk nie wie jy is nie, maar God (aan wie die GELOFTE gemaak is) weet! Jy is 'n loser man.
Bloedrivier, 20/06/2008, Lillian van den Berg
Wyk, Satan, wyk! Die belofte wat ons voorvaders afgelê het voor die slag van Bloedrivier sal net waarde hê vir diesulkes wat aan 'n Lewende God glo! Heidene sal dit nie verstaan nie!
Bloedrivier, 20/06/2008, PC Badenhorst
Om die oningeligte, kwaadwillige en daarby nog anonieme ploert soos die skrywer van die gewraakte artikel te verwerdig met 'n teenargument of hoegenaamd gesprek, is sinneloos.
Ek is bereid om minstens R5000 by te dra tot die regskoste van enigeen wat die persoon te lyf wil gaan - ek is self ongelukkig te oud.
Skokkend!, 20/06/2008, Rethie
Dis met jammerte en skok dat ek die artikel lees. PUK is my alma mater, maar na so iets toegelaat is, wonder mens ernstig of dit nog werd is om PUK as alma mater te erken! Ek stem saam, die ware Afrikaner ken die geskiedenis en sal dit so aan sy kinders oordra. Ten spyte van al die nuwe variasies en leuens wat verskyn!
Lank lewe die Boere geskiedenis, 20/06/2008, dune
Ten minste het ons as Afrikaner-Boerevolk 'n vol en ryk geskiedenis en het ons die moeite gedoen om ons geskiedenis aan ons nageslag oor te dra, maar nou wil parasiete soos die 'anon' wat heel moontlik nie 'n trotse geskiedenis het sy jaloesie kom toon deur sulke snert kwyt te raak. Lank lewe my Afrikaner-Boere geskiedenis en ek maak seker dat my nageslag die ware feite ken - dit is ook hulle trots net soos wat dit my trots is.
Bloedrivier, 20/06/2008, Marius H. van Staden
Hierdie klink weer na die tipiese Deon Maas-mentaliteit. Dit is vir my duidelik dat die anonieme skrywer 'n identiteitskrisis het en in homself as mens(

) twyfel.
Ons as Boere-Afrikanervolk moet maar aanvaar dat die bose nog menige aanvalle van hierdie onjuiste aard gaan maak. Gelukkig ken ons die waarheid!
Afrikaner Afrika weeskind, 20/06/2008, Henk Stander
Dit is vir my hartseer dat 'n universtiteit soos Potch so gretig is hom te vervreem van die Afrikaner. Na aanleiding van die gebeure by Reits op Kovsies het die Afrikaanse student weer die warm patat van die akedemiese wêreld geword en is almal vinnig om aan die wereld te wys dat hulle niks met die Afrikaner of sy taal of sy geskiedenis te doen wil he nie.
Laat ons onthou wie hierdie land gebou het en wie hom weer gaan moet oor bou as ons huidige onbevoegde diktatorskap hom op gekoffie het.
Bloedrivier, 20/06/2008, Nico
Enige volk sonder 'n geskiedenis is op die afdraande pad en dan ook 'n volk/nasie sonder trots.
Ons moet baie versigtig wees om nie met sulke snert mense aan alle kante van die samelewing van sy geskiedenis/trots te ontneem nie.
(Dit wil voorkom of die artikel juis dit doen, want dit is totaal verdraaide gemors) In tye van hande vat, van saamstaan, van dalk saam weer Godsdiens hou, is die artikel juis besig om ons verder van mekaar en van geloofswaardes weg te neem. Word asb tog net wakker!
, 20/06/2008, Pieter Steyn
Laat die kokaïene kop kosie met die minderwaardigheidskompleks wat die artikel anoniem geskryf het, maar glo wat hy/sy wil.....soek seker maar net 'n bietjie aandag by die grootmense?
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2343699,00.html