Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp:  (Read 3599 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

123 Blok My

  • Gas
« op: January 04, 2008, 08:40:53 AM »
« Laaste verandering : January 04, 2008, 09:08:35 AM deur RoosMaryn »

Karools

  • Gas
« Antwoord #1 op: January 04, 2008, 08:56:09 AM »
Rosie
Jy slaan die spyker op sy kop. Ek is self nie baie gelukkig met die wyse hoe onns omgaan met ons taal nie. Tikfoute is verskoonbaar. Die res moet ons regmaak!

Ek is van oordeel dat die volgende stappe geneem kan word om ons taal tot sy reg te laat kom:

1 Gebruik 'n woordeboek om seker te maak van hoe die woord gespel word.
2 Maak van die woordeboek gebruik om anglisisme te beperk - ek lees van woorde soos "opinie" wat direk uit die Taal van die Onderdrukker kom, terwyl daar 'n eenvoudige ou woordjie is "mening" wat dit selfs duideliker stel.
3 Kom ons maak ons self trots op ons taal - en kom ons as burgers gee leiding aan andere wat hier lees. Deur die woordeboek gereeld te raadpleeg, verryk ons ook ons eie kennis van taalgebruik en spelreels.

Voorwaarts Burgers, ons taal is ons trots!
Groete
Karoo;s

123 Blok My

  • Gas
« Antwoord #2 op: January 04, 2008, 09:41:54 AM »
Sakkie jy is seker reg en ons wil darem nie eers tot more wag voor ons vandag se poste kan lees nie  ;)

Natuurlik is daar 'n speltoetser vir die wat in Word skryf, maar soms word woorde soos beter- better (Engels) gemaak en so aan.  Ek gebruik dit ook maar net as dit 'n redelike lang pos is, en nie vir almal nie.


Afrikanermeisie

  • Gas
« Antwoord #3 op: January 04, 2008, 10:23:05 AM »
Ek wil hier met Sakkie saamstem, die boodskap is belangriker as die spelling, as ek alles in Word moet tik om te verseker dat die spelling reg is, gaan ek eerder myself die moeite spaar en liewer stilbly.

My broer kan ook nie spel nie, en ek en hy het al baie daaroor gepraat, en ek wou natuurlik weet hoekom kan hy nie spel nie, en sy antwoord was, hy weet hy kan nie spel nie, maar hy besef ook nie wanneer hy 'n woord verkeerd spel nie.

Ek dink nie ons moet so hard met mense wees wat nie kan spel nie, almal het nie 'n taalaanleg nie, maar hulle het weer ander gawes wat byvoorbeeld ek nie het nie.

Die speltoetser help, maar dit help ook nie met die los en vas skryf van woorde nie.

123 Blok My

  • Gas
« Antwoord #4 op: January 04, 2008, 10:27:09 AM »
Karina jy is ook soos Sakkie reg, dit is die boodskap wat belangrik is, ek is seker maar net onnodig gevoelig oor ons Taal.

Afwesig Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 661
« Antwoord #5 op: January 04, 2008, 10:30:49 AM »
Ek dink ons almal moet maar net harder werk om ons taalgebruik suiwer te kry. As ons nie eers bereid is om te probeer nie, gaan ons taalgebruik nie verbeter nie.

123 Blok My

  • Gas
« Antwoord #6 op: January 04, 2008, 10:32:27 AM »
Karools lyk my ek en jy is voorwaar in die minderheid hier!   

Maar dit is ook waar dat mense nie ontmoedig moet word om deel te neem net omdat daar 'n ou klein spelfoutjie hier en daar is nie.

Skryf maar soos julle wil   ;)

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
« Antwoord #7 op: January 04, 2008, 10:58:41 AM »
VOEL TUIS

123 Blok My

  • Gas
« Antwoord #8 op: January 04, 2008, 11:13:24 AM »
Mens kan maklik 'n fout maak deur letters te verwar, soos bv 'n "t" in plaas van 'n "d" te skryf of  "v" "f" ensovoorts, maar wanneer ons begin om klinkers uit te laat weet ek nie meer so lekker nie.

trug = terug
ous = ouens

of

gud = goed
leka = lekker



Afwesig gelofteboer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 198
« Antwoord #9 op: January 04, 2008, 11:39:42 AM »
Read the Bible -- It will scare the hell out of you.
http://inspirasie.blogspot.com
Neem kennis dat kopiereg op stukke geplaas onder die hoof Inspirasie vir die Dag die uitsluitlike eiendom bly van gelofteboer en nie oorgedra word aan Bravoland nie.

Karools

  • Gas
« Antwoord #10 op: January 04, 2008, 02:21:08 PM »
Rosie
Walter was nog altyd 'n voorstander van korekte spelling. Maar ek is nou nie so erg oor die saak nie - en dan wonder ek of die boodskap wel belangriker is as die taal, want as ons die taal verwurg kom die boodskap dalk dood anderkant uit :) :) :)

Maar die boodskap is tog belangrik - skryf Boere, skryf!

123 Blok My

  • Gas
« Antwoord #11 op: January 04, 2008, 02:29:34 PM »
Aanhaling
Maar die boodskap is tog belangrik - skryf Boere, skryf!

Nou toe Karols lat ons begin skryf.  Eerder flytige fingers as rustende vingers!

Vir almal wat vir my kwad is...ek is baie jammer. (lees: Rosy  verskoning van haar blonde oomblik) ;)  :D

Afwesig gelofteboer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 198
« Antwoord #12 op: January 04, 2008, 04:45:54 PM »
Blink idee

Ons kan bietjie geld maak vir Bravoland

Kry T hemp met die volgende woorde

Skryf ordentelik Afrikaans of ek breek jou vingers

 ;D >:( :o :( ;D
« Laaste verandering : January 07, 2008, 04:25:26 PM deur gelofteboer »
Read the Bible -- It will scare the hell out of you.
http://inspirasie.blogspot.com
Neem kennis dat kopiereg op stukke geplaas onder die hoof Inspirasie vir die Dag die uitsluitlike eiendom bly van gelofteboer en nie oorgedra word aan Bravoland nie.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
« Antwoord #13 op: January 04, 2008, 09:32:09 PM »
Aanhaling
Maar die boodskap is tog belangrik - skryf Boere, skryf!

Nou toe Karols lat ons begin skryf.  Eerder flytige fingers as rustende vingers!

Vir almal wat vir my kwad is...ek is baie jammer. (lees: Rosy  verskoning van haar blonde oomblik) ;)  :D

Rosie, wat doen jy  :) :)
Kennis is mag

123 Blok My

  • Gas
« Antwoord #14 op: January 04, 2008, 10:12:09 PM »
Aanhaling
Maar die boodskap is tog belangrik - skryf Boere, skryf!

Nou toe Karols lat ons begin skryf.  Eerder flytige fingers as rustende vingers!

Vir almal wat vir my kwad is...ek is baie jammer. (lees: Rosy  verskoning van haar blonde oomblik) ;)  :D

Rosie, wat doen jy  :) :)

Ag oom Clem, dit het gelyk of iemand my dalk gaan stenig, en toe vertel my afstammeling my so ewe ek moet onthou hy kry net 'n "klein" toelaag vir selfoon gebruik en daarom gebruik hy ook woorde soos:  biki, ko hi (kom hier), gut (goed) ens.  So dus gee hy my 'n keuse.. of hy skryf so of ek verhoog sy toelaag.

Wel "VOORLOPIG" laat ek hom (hulle) WEN, ek werk maar net aan 'n ander strategie, dis al wat ek doen.  ;)

Miskien moet ek maar die rede vir my ontsteltenis vertel:  Ek het gedurende die week gesien hoe ons afrikaanse taalgebruik (spel gewys en swak woorde) veel te wense oorlaat, (NIE HIER OP ONS FORUM NIE) EN ek het so groot geskrik dat ek net bang was dat ons ons hier ook daaraan kan skuldig maak.  Dit gebeur so maklik en Afrikaans is tog so 'n mooi taal, as ons nie daarvoor gaan baklei nie, WIE GAAN?

Ek dink ek het maar net oorreageer, maar is tog bly dat ek weet dat ons almal hier bewus is van ons TAAL en ons eie tekortkominge raaksien,  maar dat ons ongeag daarvan die STRYD voort stry.

Uit die Volk Vir die Volk.


Afrikanermeisie

  • Gas
« Antwoord #15 op: January 04, 2008, 10:35:00 PM »
Dankie vir die uitklaring, dalk het ons almal bietjie oorreageer, na albei kante.

Jy weet dat ek erg is oor my taal, anders sou ek dit seker nie as beroep gekies het nie. :)

En ek weet ook wat jy bedoel met die verkragting van ons taal, ek is nie werklik bewus daarvan nie, totdat eksamentyd kom, en ek moet hope vraestelle merk waarin die volwassenes van more nie 'n ordentlike sin aanmekaar kan slaan nie, en elke tweede woord is SMS-taal, of jy kan sien dit is nie presies SMS-taal nie en dat hy dit probeer reg skryf het, maar hulle kan eenvoudig nie meer spel nie. As ek begin merk wil ek eers lag, dan wil ek huil, en dan wil ek my hare uit my kop uit trek, want ek weet hierdie ongeletterde student stap hierdie jaar uit al sy eerstejaar-vakke en vorder na die tweede jaar sonder om te kan spel, hy gaan nooit weer in sy lewe spelling leer nie.

So jou kommer is definitief gegrond, ek het net gedink dit verwys spesifiek na die mense op die forum. Ek gaan hierdie jaar strenger wees, ek het sopas besluit!  ;D Juffrou Rottemeier  >:(

123 Blok My

  • Gas
« Antwoord #16 op: January 04, 2008, 10:41:35 PM »
Aanhaling
Dankie vir die uitklaring, dalk het ons almal bietjie oorreageer, na albei kante.

Ek is bly dit is uitgeklaar, dit was nie my bedoeling om op IEMAND hier se tone te trap nie.  Ek is trots op Bravoland en sy mense, en wil dit vir altyd wees.  Dit is regtig opmerklik dat hier nie "vloek" woorde en ander "kru"  taal gebruik word nie, daarvoor dan ook 'n GROOT dankie aan al die Bravo bewoners!!
RoosMaryn

Winter

  • Gas
« Antwoord #17 op: February 10, 2008, 12:32:17 PM »
Ek het nooit reg leer tik nie, so ek moet op die sleutelbord kyk as ek tik en dan lees op die skerm as ek klaar is. Ek spel maar vrot, maar op die manier vang ek nogal baie foute. O ja, My firefox het 'n ingeboude Afrikaanse woordeboek, dit help ook baie.

Afrikanermeisie

  • Gas
« Antwoord #18 op: February 10, 2008, 12:38:00 PM »
Winter, wys jou Firefox die foute uit selfs as jy op Bravoland tik?

Myne wys ook die rooi lyntjies soos wat ek nou tik, maar dit is op Engels gestel, ek weet nie hoe verander mens dit na Afrikaans nie. Help asb. Dit sal waardeer word.  :)

Winter

  • Gas
« Antwoord #19 op: February 10, 2008, 12:48:38 PM »
« Laaste verandering : February 10, 2008, 12:53:41 PM deur Winter »


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal