Publieke Kantoor van die Volksraad > Algemene Klagtekantoor
123 Blok My:
Karools:
Rosie
Jy slaan die spyker op sy kop. Ek is self nie baie gelukkig met die wyse hoe onns omgaan met ons taal nie. Tikfoute is verskoonbaar. Die res moet ons regmaak!
Ek is van oordeel dat die volgende stappe geneem kan word om ons taal tot sy reg te laat kom:
1 Gebruik 'n woordeboek om seker te maak van hoe die woord gespel word.
2 Maak van die woordeboek gebruik om anglisisme te beperk - ek lees van woorde soos "opinie" wat direk uit die Taal van die Onderdrukker kom, terwyl daar 'n eenvoudige ou woordjie is "mening" wat dit selfs duideliker stel.
3 Kom ons maak ons self trots op ons taal - en kom ons as burgers gee leiding aan andere wat hier lees. Deur die woordeboek gereeld te raadpleeg, verryk ons ook ons eie kennis van taalgebruik en spelreels.
Voorwaarts Burgers, ons taal is ons trots!
Groete
Karoo;s
123 Blok My:
Sakkie jy is seker reg en ons wil darem nie eers tot more wag voor ons vandag se poste kan lees nie ;)
Natuurlik is daar 'n speltoetser vir die wat in Word skryf, maar soms word woorde soos beter- better (Engels) gemaak en so aan. Ek gebruik dit ook maar net as dit 'n redelike lang pos is, en nie vir almal nie.
Afrikanermeisie:
Ek wil hier met Sakkie saamstem, die boodskap is belangriker as die spelling, as ek alles in Word moet tik om te verseker dat die spelling reg is, gaan ek eerder myself die moeite spaar en liewer stilbly.
My broer kan ook nie spel nie, en ek en hy het al baie daaroor gepraat, en ek wou natuurlik weet hoekom kan hy nie spel nie, en sy antwoord was, hy weet hy kan nie spel nie, maar hy besef ook nie wanneer hy 'n woord verkeerd spel nie.
Ek dink nie ons moet so hard met mense wees wat nie kan spel nie, almal het nie 'n taalaanleg nie, maar hulle het weer ander gawes wat byvoorbeeld ek nie het nie.
Die speltoetser help, maar dit help ook nie met die los en vas skryf van woorde nie.
123 Blok My:
Karina jy is ook soos Sakkie reg, dit is die boodskap wat belangrik is, ek is seker maar net onnodig gevoelig oor ons Taal.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version