Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp:  (Read 3599 times)

0 Lede en 3 Gaste bekyk die onderwerp.

Afrikanermeisie

  • Gas
« Antwoord #20 op: February 10, 2008, 12:56:13 PM »
Kom ons kyk of dit werk!  ;)

Dankie Winter, dit is 100%, ek sien ek het die Ingelse weergawe van Firefox, maar ek sal die Afrikaanse een aflaai!

Winter

  • Gas
« Antwoord #21 op: February 10, 2008, 12:58:19 PM »
Ek het myne lankal Afrikaans gemaak en is nou al gewoond aan die Afrikaanse spyskaarte.

My plesier om te kon help.  :)

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
« Antwoord #22 op: February 10, 2008, 10:45:31 PM »
Spyskaarte (in plaas van menu's) klink darem nie reg nie, dit klink te eetbaar :D.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
« Antwoord #23 op: February 18, 2008, 06:42:44 PM »
Is daar 'n oplossing vir Windows?

Afrikanermeisie

  • Gas
« Antwoord #24 op: February 18, 2008, 06:45:15 PM »
Ek dink ons sal daardie een in die hande van die rekenaarprogrameerders moet los, ek dink nie daar is al sulke sagteware beskikbaar in Afrikaans nie, maar mens weet nooit...!

Afwesig FrantzFanon

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 6
« Antwoord #25 op: February 18, 2008, 06:58:40 PM »
Wat veral op val en irriteer is hoe mense sukkel met goed wat tweewoorde moet wees maar los vanmekaar geskryf word en anders om. Ons praat van bymekaarkom plekke ipv bymekaarkomplekke.  Amptelike verklarings is helaas deur spek met sulke foute.

(In die bostaande is daar heelwat doelbewuste spel foute. Oeps, nog een hier naas. En alweer met dielaaste woord.  Alweer!)

As jy twyfel, maak dit een woord. 

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
« Antwoord #26 op: February 18, 2008, 08:48:46 PM »
Rosie, kom net terug na jou Vaderland - jy het ons net so nodig as wat ons jou het!

Ek weet jy sal - maar hoe lank moet ek nog pleit?

A nee a!

Clem
Kennis is mag

Afrikanermeisie

  • Gas
« Antwoord #27 op: February 18, 2008, 08:50:42 PM »

Afwesig Hendrik van der Merwe

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 106
« Antwoord #28 op: February 21, 2008, 04:19:32 PM »
Is daar 'n oplossing vir Windows?

Ben
As graag jou rekenaar se taal opsie wil verander (Windows se taal) kan jy `n bywerking by die amptelike Windows webwerf gratis aflaai. Sodra dit geinstaleer is sal alle programme wat deur Microsoft gemaak en op jou rekenaar gebruik word dadelik oorskakel na Afrikaans. Dit neem nogal `n tydjie om daaraan gewoond te raak.

Hendrik (pyp)

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
« Antwoord #29 op: February 21, 2008, 05:55:05 PM »
Dankie Hendrik, dit is voorwaar goeie nuus!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal