Skrywer Onderwerp: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU  (Read 6847 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #20 op: June 22, 2008, 10:22:31 PM »
Was daar Ben , het probeer kommentaar lewer , weet egter nie of dit gewerk het nie . Dit het 'n error page gelaai toe ek dit wou pos.
Ek wonder of die rektor gaan kommentaar lewer , ek twyfel.

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #21 op: June 23, 2008, 12:30:04 AM »
En die Facebook-groep:
http://www.facebook.com/profile.php?id=696302480#/group.php?gid=64314470152

Kalahari Mac, as enigeen van julle ouens aansluit, laat weet my asb. dan dra ek die adminregte oor na julle toe.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #22 op: June 23, 2008, 08:04:10 AM »
Beeld het die volgende briewe geplaas. Let op die inhoud van die twee briewe, dit is identies. Alby praat van "ware Christene" en ook "verrregse" verder is daar ook die verwysing na die bestuur wat na die pype van die sogenaamde verregses dans..


Bloedrivier-gelofte is ’n mite
Anti-Bloedrivier, Potchefstroom

Die gelofte is ’n mite. Dankie tog vir jong mense wat oopkop genoeg is om dit raak te sien.

En dankie tog dat daar ’n slag iets op die Puk-kampus van die NWU gebeur wat nie grens aan openlike rassisme nie. Dit blyk duidelik uit die berig “Studente mág bulls*** skryf, sê universiteit oor artikel” (21 Junie).

Dit is tyd dat die universiteitsbestuur besef dat sommige mense regdeur hul bemarkingsfoefies sien. Hulle gaan dit net só lank regkry om hul siele aan die verregses te verkoop onder die “Christenskap”-vaandel.

’n Ware Christen sal immers met die skrywer van “Die bulls*** van Bloedrivier” saamstem, want God is groter as rassetwis en kolonialisering



’n Broodnodige klap vir verregses

Trotse Christen, Potchefstroom

Die “Bulls***van Bloedrivier” is ’n nodige klap in die gesig van die verregse elemente op die Puk. Die bestuur het lank genoeg na die pype van die verregses gedans.

Bravo! aan die dapper studente wat gewys het dat daar ook ware Christene op kampus is wat nie skaam is om hul geloof bo hul volk te kies nie. En dankie tog dat daar ’n stuk kontroversie oor wit Afrikaanse studente is wat nie rassisties is nie!

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #23 op: June 23, 2008, 09:46:27 AM »
Ek sien altwee briewe sê ook toevallig dat die Bull**** van Bloedrivier nie rassisme is nie.  ???

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7400
  • Christa Burger
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #24 op: June 23, 2008, 10:03:32 AM »
Die arme mense, na 14 jaar kruip hulle nog steeds in, die dat hulle so baie van bul**** praat. Dit is al wat hulle ken.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #25 op: June 23, 2008, 09:19:48 PM »
Dis belaglik! Mense wat so oor hulle eie volk voel, ly verseker aan 'n identiteitskrisis.
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #26 op: June 24, 2008, 12:15:25 PM »
Kyk nou net die "broederskap brief wat Skewe-Beeld vandag plaas. Die Ds reken die Gelofte sluit nou alle volke in SA in...

Gelofte nie opgehef, dis verruim

Ds. Kobie Fourie, Rietvalleipark
Die briewe in Beeld van “Anti-Bloedrivier” en “Trotse Christen” (23 Junie) het betrekking. Ek skryf hierdie brief in my eie hoedanigheid as NG predikant.

Die kern van die hele Bloedrivier-gelofte word myns insiens totaal gemis. Dit gaan nie om ’n volk nie, maar alleen om die grootheid van God. Hier was mense in nood en in hierdie konteks het hulle tot God gegaan met ’n gelofte. As Christene vorm ons oor alle volke, tale en kulture die geloofsvolk van God. Dit hef egter nie volke, tale en kulture op nie. Dit relativeer dit sodat ons in Christus mekaar in liefde sal aanvaar (dus inklusief sal wees), maar ook ruimte (nie rigiede afskeiding nie) vir mekaar sal gee en maak. Ons nuwe staatkundige konteks van ’n veelheid van volke, tale en kulture kan en mag hierdie gelofte nie ophef nie, maar dit verruim. As daar ooit ’n tyd was dat ons land die grootheid en almag van God nodig het, is dit nou. Kan ons nie as gelowiges 16 Desember as ’n gebedsdag vir ons land herstel nie?


http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Briewe/0,,3-2085-73_2345596,00.html

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #27 op: June 24, 2008, 02:01:43 PM »
Die Afrikaners is vir dekades reeds op hierdie dag in gebed - selfs meer as enige ander volk, maar is ook elke dag in gebed. Wat ander volke doen met hul gebedslewe moet die prediker maar gaan vasstel.

Kennis is mag

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1252
  • Swerwer
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #28 op: June 24, 2008, 11:56:46 PM »
Hoe klink dit vir my iemand wil weer die toring van babel bou ??

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #29 op: June 25, 2008, 11:52:41 AM »
Cois,

Sal ons die liberalis se humanistiese denke ooit kan verstaan?

Dankie tog vir behoudende Christene wat die waarheid altyd eerste stel!

Afwesig Jerrie Conradie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 9
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #30 op: June 25, 2008, 06:56:25 PM »
Die kern van die gelofte was tog:  " ........ om die eer van die oorwinning aan God (Drie-enig) te gee....)

Vanwaar die nuwe insig om dit nou 'n "gebedsdag" te maak?  Sodat elkeen kan aanbid soos hy/sy dit goedvind?  Gebede aan Allah; Boeda; die voorvadergeeste; ens., ens.?

Asseblief!  Kom laat ons nie trag om die geloftes van die verlede te probeer verwêrelds nie

Jerman

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #31 op: June 26, 2008, 06:22:58 AM »
Dit is egter prysenwaardig dat die Geloftekomitees gesamentlik besluit het om vanjaar se fees besonderlik te vier met 'n landswye aksie - dit maak die klomp pienkes paniekerig - vandaar die snert wat hulle kwytraak.
Kennis is mag

Afwesig Maarten Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 326
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #32 op: July 02, 2008, 04:29:31 PM »
Dankie Ben,

Ek neem aan dat daar nog nie 'n antwoord terug gekom het nie. Liberale gemors is mos te bang om in 'n woorde wisseling betrokke te raak, want hulle weet dat hulle argumente vol gate is.

Groete
Maarten
ΜΟΛΩΝ ΛΑΒΕ

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #33 op: July 02, 2008, 06:25:55 PM »
Maarten,

Ek het nog niks van hulle gehoor nie, ek hou ook nie my asem op nie, want soos jy terg se, hulle argument is vol gate.

Afwesig Maarten Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 326
Insake: Ope brief aan die Rektor van die Potchefstroomkampus van NWU
« Antwoord #34 op: July 02, 2008, 06:31:50 PM »
Die dag sal kom wat mense soos die' rektum - ek bedoel rektor, besef dat hulle droog gemaak het. Dit is gewoonlik sekondes voordat mnr. voorheenminderbevoorregte, 'n koël by die loop uit stuur...
ΜΟΛΩΝ ΛΑΒΕ


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal