Skrywer Onderwerp: Staat se nuwe planne met grond  (Read 2884 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #40 op: August 27, 2011, 07:10:45 PM »
Groenskrif kan vertroue skep - Nkwinti
 
Deur JOYLENE VAN WYK

‘n Meer oortuigende en samehangende visie is in die Groenskrif oor grondhervorming vervat, wat vertroue kan skep, sê mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming. Die Groenskrif is pas goedgekeur.

Sedert die uitlek van die dokument verlede jaar was baie oproepe van verskeie politici en ander belanghebeendes gemaak dat die dokument geopenbaar moet word. Nadat die Kabinetskomitee wat dit deurgegaan het, dit drie keer na Nkwinti teruggestuur het, is dit uiteindelik goedgekeur.

Nkwinti het in die Nasionale Vergadering by die Parlement op ‘n vraag van me. Annette Steyn van die DA, geantwoord dat die Kabinet die Groenskrif goedgekeur het.

Ontwikkeling en grondhervorming geskei
‘n Opgewekte Nkwini het ná die sitting in ‘n onderhoud met Landbou.com aangedui dat die inhoud van die dokument nie veel van die uitgelekte weergawe verander het nie. Die gedeelte wat handel oor landelike ontwikkeling is egter van dié van grondhervorming geskei.

In die een oor grondhervorming is die Regering se voorstel van ‘n viervlakstelsel van grondbesit. Dit behels onder meer dat staatsgrond slegs onder huurbesit moet wees; dat ’n beperking op die besit van private grond moet wees; buitelandse eienaarskap van grond verbind moet wees aan produktiwiteit en vennootskappe met Suid-Afrikaners; en kommunale grondbesit moet sekere institusionele gebruiksregte inhou.

Die been oor kommunale grondbesit sal egter nie ‘n maklike taak wees om aan te pak nie. “Ons wil kommunale grondbesit as ‘n afsonderlike beleidskwessie hanteer, want dit is ingewikkeld. Dit was verder gekompliseer deur die ongeldigverklaring van die Wet op Kommunale Grondregte (Wet 11 van 2004) ook bekend as CLaRA.”

Nkwinti het aangedui dat uitgebreide konsultasie sal plaasvind om die fundamentele kwessies van kommunale grondbesit te dek. Dit kan insluit die beginsels wat in CLaRA vervat was, wat nie teenstrydig is met grondwetlike bepalinge nie.

Beginsels bly dieselfde
Op ‘n vraag of die ellelange geskiedenis uit die dokument verwyder is oor waarom grondbesit in die land moet verander, het Nkwinti gesê dat die inligting verminder is, maar dat die beginsels onveranderd gebly het.

“Ons het nie niks nuuts ingebring nie, ook niks weggeneem nie. “Ons het net ‘n probleemstelling bygevoeg wat meer skerper en meer duidelik is van wat ons wil probeer oplos.”

Die dokument neem nou die regte karakter aan van ‘n besprekingsplatform en gee die gevoel dat mense steeds die voorgestelde beleidsrigting kan verander, het hy gesê. In die nuwe dokument is ook meer inligting oor die waardeerder-generaal, die grondbestuurraad en grondkommissie.

Die Groenskrif behoort binnekort in die Staatskoerant gepubliseer te wees waarna openbare verhore gehou sal word.

25 Augustus 2011

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #41 op: August 27, 2011, 07:15:04 PM »
Grond: Plafonne nie op ras gegrond
 
Deur JOYLENE VAN WYK

Die goedgekeurde groenskrif oor grondhervorming bevat geen grondplafonne op die grondslag van ras nie.

Só sê mnr. Sunday Ogunronbi van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming. Ogunronbi het vrae oor die dokument beantwoord in die tweeweeklikse inligtingsessie oor kabinetsbesluite.

Verskeie opsies
Hy het aangedui dat voorstelle oor grondplafonne steeds bestaan. Daar is verskeie opsies, maar geen oorkoepelende beperkings of spesifikasies oor hoeveel grond besit mag word nie. Die dokument bevat ook heelwat inligting oor buitelandse eienaarskap van grond.

“Die bedoeling is om on ’n volkome beleidsposisie hieroor te ontwikkel. Die Kabinet sal binne ’n paar maande ’n nuwe wet daaroor voorstel.”

Ogunronbi het benadruk dat die idee nie is dat buitelanders nie toegang tot Suid-Afrikaanse grond mag hê nie. Dit moet egter met voorwaardes gepaard gaan, soos in ander lande.

Groenskrif baie dieselfde
Intussen het mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, aan Landbou.com gesê dat die weergawe wat die Kabinet goedgekeur het, nie veel verskil van die dokument wat verlede jaar uitgelek het nie.

In die uitgelekte dokument se voorstelle oor eiendomsbesit met beperkings op private grond, word aangedui dat Suid-Afrikaners vrye erfpag op grond moet hê, en die verkoop van grond aan buitelanders sekere beperkings moet hê.

Regulerende beperkings moet geplaas word op eiendomme wat deur Suid-Afrikaners besit word ten opsigte van sensitiewe en nasionale grond, soos gemeenskaplike grond, kus-, erfenis-, landelike, landbou-, omgewingsensitiewe en veiligheidsensitiewe grond asook grond langs grensgebiede.

Om die gelyke herverdeling van grond te verseker, word grondplafonne, voorkoopreg en die reg van eerste weiering voorgestel, wat aan Suid-Afrikaanse en buitelandse grondeienaars opgelê kan word.

Voorwaardes
Die uitgangspunt is dat dit vir buitelandse burgers ’n voorreg is om Suid-Afrikaanse grond te besit en daarom moet voorwaardes vir die besit daarvan ingestel word.

Buitelanders sal voortaan spesiale toestemming en goedkeuring moet kry om sensitiewe grond en grond met ’n belang in die nasionale veiligheid te bekom. Hulle sal ook slegs grond kan huur.

Nkwinti het aan Landbou.com uitgewys dat ’n viervlakstelsel van grondbesit voorgestel word, wat op die volgende elemente gegrond is.
* Staatsgrond moet slegs in huurbesit wees.
* ’n Beperking op die besit van private grond.
* Buitelandse eienaarskap van grond moet verbind wees aan produktiwiteit en vennootskappe met Suid-Afrikaners.
* Kommunale grondbesit moet met sekere institusionele gebruiksregte gepaardgaan.

Die groenskrif sal waarskynlik teen volgende week in die Staatskoerant gepubliseer word. Kliek op die PDF hierby aangeheg om die besprekingsdokument oor die groenskrif te lees. Laai ook die voorlegging wat aan die Kabinet oor grondhervorming gedoen is, af of kliek hier.

25 Augustus 2011
« Laaste verandering : August 27, 2011, 07:16:37 PM deur Sanderis »

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #42 op: September 07, 2011, 12:53:46 PM »
Grond nié swart en wit
2011-09-06 23:23


Sarel van der Walt

Grondhervorming is ’n baie ingewikkelde probleem wat die foute van die verlede moet takel sonder om voedselsekerheid in die gedrang te bring, het mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gistermiddag gesê.

Nkwinti het op die Food and Allied Workers’ Union (Fawu) se kongres in Johannesburg gesê sosiale samehorigheid in die land is nie moontlik sonder grondhervorming nie.

Die minister het toegegee te veel kundigheid gaan verlore weens die restitusieproses.

Baie boere ontwikkel nie meer hul plase nadat eise daarop in die Staatskoerant verskyn het nie. Van die boere en hul opgeleide werkers verlaat dié plase en kundigheid gaan só verlore.

Met verwysing na voorstelle in die groenskrif op grondhervorming vir die daarstelling van ’n sogenaamde waardeerder-generaal (WG), het Nkwinti gesê “daar is iets drasties verkeerd” met die manier waarop eiendom soos plase gewaardeer word. Hy hoop die WG sal dít regstel.

Nkwinti het gesê daar is gevalle waar boere wat hul plase vir grondhervorming verkoop het, nie die geld kry wat hulle toekom nie omdat dit iewers “tussen die staat en die boere” in die hande van “skelm eiendomsagente” beland.

Die probleme word vererger deurdat junior en onervare amptenare in sy departement ook te make kry met byvoorbeeld uitgeslape prokureurs.

Nkwinti het gesê die voorgestelde landboudorpies in die groenskrif sal plaasarbeiders help om onafhanklik van boere te wees. Die grond waarop dié dorpies gevestig sal word, sal van boere en ander grondeienaars gekoop word.

Die minister het plaaswerkers, boere, die polisie “en al die ander rolspelers in landelike gebiede” aangemoedig om deel te neem aan die voorgestelde grondbestuursrade en dié probleme op grondvlak te takel.

- Me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en vissery, het op dieselfde kongres gesê kospryse in die land is so hoog “dat julle werkers wat dit gehelp produseer het dit nie kan bekostig nie”.

Sy en haar kabinetskollegas sal nie toelaat dat plaaswerkers uitgebuit word nie.

“Ons sal sorg dat boere wat hulle werkers uitbuit agter tralies beland waar hulle hoort,” het Joemat-Pettersson gesê.

Plaaswerkers soos dié in die Wes-Kaap wat volgens ’n onlangse omstrede verslag van Human Rights Watch onder haglike omstandighede moet woon en werk, moet bevry word, het die minister onder toejuiging gesê.

Fawu moet sy lede in die voorgestelde landboudorpies mobiliseer en die ANC se “nasionale demokratiese revolusie” moenie ondermyn word nie, het die minister gesê.

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #43 op: September 18, 2011, 07:17:05 PM »
Grondeise: Ondersoek na lêers op straat
2011-09-17 23:30


Mnr. Gugile Nkwinti



Llewellyn Prince

’n Ondersoek op hoë vlak is begin om vas te stel hoe lêers vol vertroulike dokumente oor grondeise op ’n straathoek in die Kaapse township Guguletu beland het.

Die ondersoek is gelas deur die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming. Die departement se sekuriteitseenheid en interne ouditeurs, asook die spesiale ondersoekeenheid (SOE) van adv. Willie Hofmeyr is deel daarvan.

Die dokumente handel hoofsaaklik oor eise vir geldelike vergoeding in verband met grondsake.

’n Klag van diefstal is by die polisie ingedien omdat die dokumente nie veronderstel was om uit die Wes-Kaapse kantore van die grondeise-komitee geneem te word nie.

Die Wes-Kaap is die provinsie met die meeste aansoeke om geldelike vergoedingseise, met sowat 1 700 onafgehandelde aansoeke.

Mnr. Michael Worsnip, nuwe hoof van die grondeisekommissie in die Wes-Kaap, het Donderdag gesê ’n lid van die publiek het amptenare verlede Saterdag ingelig oor die dokumente op ’n straathoek in Guguletu.

In die lêers is afskrifte van die dokumentasie oor 37 eise, waarvan 19 reeds afgehandel was.

Worsnip sê die uitbetaling van die betrokke eise sal voortgaan, “maar dis ’n ernstige veiligheidskwessie”.

Hy sê die oorspronklike dokumente is nog deurlopend in veilige bewaring. Dit is onduidelik wie die afskrifte verwyder en weggegooi het en wat die rede daarvoor was.

“Die inligting wat daarin vervat is, mag egter nooit sonder my toestemming ons kantore verlaat nie.”

Volgens Worsnip is veiligheidsmaatreëls by die kommissie se kantore weens die voorval hersien om te verseker dat so iets nie weer gebeur nie.

Mnr. Mdu Shabane, direkteur-generaal van landelike ontwikkeling en grondhervorming, sê die voorval word as baie ernstig beskou.

“Ons is baie in die openbaar gekritiseer oor die stadige pas van grondhervorming. As lêers verlore raak weens swak veiligheidsmaatreëls kan dit meebring dat baie eisers dalk nie vergoed word nie.

“Omdat die Wes-Kaap die meeste eise het, is dié ontdekking van die lêers uiters kritiek. Dit is waarom ons alle nodige maatreëls sal instel om so iets voortaan te verhinder.”

Volgens Shabane het hulle ’n opdrag van die minister, mnr. Gugile Nkwinti, gekry dat alle uitstaande vergoedingseise teen die einde van die 2012-’13-boekjaar afgehandel moet word.

“Dit is waarom ons die SOE en ons interne ouditeurs by dié ondersoek betrek het – om die integriteit van ons vergoedingsproses te verseker.”

Mnr. Bethuel Sadiki, senior bestuurder van sekuriteitsbestuur in die departement, sê die departement bestee jaarliks sowat R5,5 miljoen aan veiligheid.

“Strenger veiligheidsmaatreëls is begin Maart ingestel en ons weet nie of die lêers vroeër of daarna uit die kantore verwyder is nie. Dit is daarom verkeerd om te sê dat ons eers ná die voorval strenger veiligheidsmaatreëls ingestel het nie,” sê Sadiki.

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #44 op: October 06, 2011, 02:36:43 PM »
Nuwe wet kom om te onteien
2011-10-05 23:17



Lizel Steenkamp

Kaapstad. – Die departement van openbare werke gaan ’n nuwe onteieningswetsontwerp in die parlement ter tafel lê wat die regering sal magtig om eiendom in openbare belang te ont­eien.

Mnr. Mandla Mabuza, waarnemende direkteur-generaal, sê in die departement se verslag vir die 2010-’11-boekjaar omvangryke konsultasies met ’n verskeidenheid belangegroepe word beoog en dat die wetsontwerp teen Maart volgende jaar terug in die parlement sal wees.

’n Vorige onteieningswetsontwerp is in Augustus 2008 onttrek ná erge teenkanting van verskeie belangegroepe, waaronder kommersiële banke, wat aangevoer het dit is ongrondwetlik.

Die regering wou dié wet, wat die Wet op Onteiening van 1975 moes vervang, onder meer gebruik om grondhervorming te versnel.

Die landbou-organisasie Agri SA het gister bevestig hulle het sedert die vorige wetsontwerp onttrek is nog nie weer van die departement gehoor nie.

Me. Annelize Crosby, Agri SA se beleidsadviseur, meen die tydraamwerk laat nie veel ruimte vir behoorlike konsultasie nie.

“Ons het geen idee hoe dit (die ­nuwe wetsontwerp) gaan lyk nie, maar ons is in beginsel nie teen onteiening gekant nie,” het sy gesê.

Agri SA het wel ernstige besware gehad teen die vorige wetsontwerp omdat dit die benadeelde party se toegang tot die hof wou beperk en dit funksies aan die minister sou toe­eien wat ingevolge die Grondwet in die howe hoort.

“Ons meen ook markwaarde moet steeds die vertrekpunt wees (wanneer die regering eiendom wil ont­eien),” het Crosby gesê.

Volgens adv. Nikki de Havilland, direkteur van die FW de Klerk-stigting se Sentrum vir Grondwetlike Regte, moet die Onteieningswet van 1975 hersien word omdat dit die regering nie magtig om eiendom in “openbare belang” te onteien soos die Grondwet vereis nie.

De Havilland meen egter die departement sal “nooit” vóór Maart volgende jaar ’n nuwe wetsontwerp ter tafel kan lê nie omdat die groenskrif oor grondhervorming ’n beduidende invloed op die regering se finale ont­eieningsbeleid sal hê.

Die groenskrif sonder die beginsel van gewillige koper/verkoper uit as ’n “swak plek” en die voorstel is dat ’n nuwe statutêre evalueringsmeganisme – ’n grondwaardeerder-generaal – moet bepaal teen watter vergoeding grond onteien sal word.

Beeld het reeds eergister by die departement van openbare werke navraag gedoen oor wanneer met rolspelers oorleg gepleeg gaan word oor die voorgenome ont­eienings­wets­ontwerp en of die nuwe wetsontwerp aansienlik van dié een van 2008 sal verskil.

Mnr. Thamsanqa Mchunu, mediadirekteur, het gister gesê die navrae kan nie beantwoord word nie omdat die departement sy jaarverslag eers met die parlementêre portefeulje­komitee oor openbare werke moet bespreek.

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #45 op: November 20, 2011, 04:47:30 PM »
Regering 'sal grond nie gryp'
Nov 18 2011 07:53

Johannesburg. – Die regering wil grond in die grondhervormingsproses voortaan aan swart kommersiële boere toeken.

Buitelanders se besit van grond móét ook beperk word, het mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gister op die jaarvergadering van die Black Management Forum (BMF) gesê.
Nkwinti het gesê grondhervorming moet voortaan op kommersiële boerdery toegespits wees.

“Ons kan nie meer grond toeken soos wat ons gedoen het nie. Ons sal nou openbaar maak watter grond beskikbaar is en mense wat plase as ondernemings wil bedryf, eerder as mense wat net daar gaan braai, vra om aansoek te doen.

“Landbou is ’n onderneming. Jy moet aansoek doen en ons sal jou bystaan, want dit is duur om te boer,” het Nkwinti gesê.

Grondhervorming moet landbouproduksie volgens hom so min as moontlik ontwrig.

“Ons gaan nie mense se grond gryp nie. Kom ons laat vaar dié idee.”

Nkwinti het sy departement se nuwe groenskrif oor grondhervorming, wat einde Augustus bekend gemaak is, se standpunt oor grondbesit deur buitelanders herhaal. Buitelanders kan ingevolge die plan steeds onvervreembare eiendomsreg hê, maar kan nie te groot hoeveel­hede grond beheer nie. “In daardie gebiede waar ons hulle nie kan verwyder nie, moet hulle bydra tot transformasie. Ons sal nie skaam wees nie, selfs al word ons van rassisme beskuldig.”

Prof. Shadrack Gutto, voorsitter van Unisa se Sentrum vir Afrika-Renaissance-studies, het ook die konferensie toegespreek en gesê ’n Kodesa oor grondhervorming is nodig.

Hy het verder bevraagteken waarom grondhervorming op die grondslag van onvervreembare eiendomsreg moet geskied.

Die DA het gister in ’n ver­klaring oor die groenskrif onder meer die grondwetlikheid van die voorgestelde grondwaardeerder-generaal bevraagteken.

Dié voorgestelde nuwe kantoor, wat in gevalle van onteiening die vergoeding sal bepaal, strook ook nie met die Nasionale Ontwikkelingsplan van die na­sionale beplanningskommissie nie, beweer die DA.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #46 op: November 20, 2011, 05:02:58 PM »
Hierdie hele grondsteel program sou lagwekkend gewees het, as dit nie so hartseer was nie. Wat die minister eintlik vertel, is dat hulle gaan grond steel by blankes, hulle moet net uitwerk hoe hulle dit gaan doen sonder dat dit hulle geld kos en sonder dat dit die wereld kwaad maak.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #47 op: November 29, 2011, 03:39:56 PM »
Swartes kry nie meer grond
2011-11-28 22:54

 DJan-DJan Joubert

Kaapstad. – Die regering het sedert 1 April verlede jaar opgehou om die eienaarskap van grond wat herverdeel moet word aan swart mense oor te dra.

Volgens mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, word alle grond wat sedertdien kragtens sy departement se pro-aktiewe grondkoop-strategie bekom is aan swart boere verhuur en behou die staat in die praktyk eienaarskap van die grond.

Nkwinti het gereageer op ’n skriftelike parlementêre vraag deur me. Annette Steyn, DA-LP.

Steyn het by navraag gesê Nkwinti se antwoord strook glad nie met wat LP’s op oorsigbesoeke op baie plase aantref nie.

“Die minister se antwoord bevestig dat die departement se beleid verander het van die oorspronklike ideaal van eienaarskap na ’n huurpagstelsel.

“Daar is egter verskeie voorbeelde van mense wat nie eienaarskap of huurooreenkomste het nie. Hulle is basies net op die grond geplaas en hul status is onseker.”

Volgens Steyn het die staat sy beleid oor die oordrag van eienaarskap verander toe dit ge-blyk het baie van die bevoordeeldes verkoop hul grond taamlik gou as hulle nie gou wins maak nie.

Aangesien heelparty van die swart boere die grond aan wit boere verkoop, werk dit die ANC se rasgebaseerde teikens vir die oordrag van grond teen.

Steyn meen egter dis nie ’n goeie beleidsverandering nie.

“Die idee was dat die swart boere eienaarskap van die grond neem sodat hulle ’n bate op hul naam het.

“Die DA meen nie dis ideaal as die herverdeelde grond te gou herverkoop word nie, maar dis per slot van rekening die nuwe eienaar se besluit. Selfs as hy verkoop, het hy darem ekonomies gevorder.”

Sy meen die oorskakeling van eienaarskap na huur toon dat die ANC nie ekonomiese transformasie met die beleid beoog nie, maar eerder die najaag van rasteikens.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #48 op: November 29, 2011, 11:09:13 PM »


DJan-DJan Joubert


Ja lyk my dis sy nuwe naam in Bravoland .

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #49 op: November 30, 2011, 08:38:14 AM »
Ek het gewonder of iemand die verandering gaan agterkom.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #50 op: December 01, 2011, 10:14:47 PM »
Ek het arendsoë Alwyn , dit is min dat dit iets mis ; hier in die kuberruim sowel as in die regte lewe . In die kuberruim het ek ook die vreemde onverklaarbare vermoë om soms deur kuberpersoonlikhede te kyk asof hulle glas is . Net vir intresandheid genoem .

Maar ek dwaal nou af van die onderwerp .

Sanderis

  • Gas
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #51 op: February 08, 2012, 12:26:27 PM »
Grond: Verslag oor bedrog by Zuma
 
Deur JOYLENE VAN WYK

Die verslag oor oor bewerings van wanadministrasie, wanbestuur en onwettige optrede by die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming is nou in pres. Jacob Zuma se hande.

Zuma sal eers dié verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) deurgaan voordat dit voorgelê word aan die Parlement se portefeuljekomitee wat hiermee belas is.

Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het die SOE versoek om bewerings van wanadministrasie, wanbestuur en onwettige optrede te ondersoek. Die wanoptrede het glo vanaf 1 Januarie 2006 tot 18 Februarie 2011 gebeur.

Onwettige toekenning van geld?
Die SOE se ondersoek dek die beweerde onwettige toekenning van geld of die uitgee van openbare geld of eien¬dom, onwettige of nie-goedgekeurde transaksies, maatreëls of praktyke rakende staatseiendom, ernstige wanadministrasie rakende sake van die departement en onbehoorlike of onwettige optrede deur amptenare.

Nkwinti het die portefeuljekomitee vir landelike ontwikkeling en grondhervorming gevra om die bespreking van die verslag van die ondersoekeenheid eers van sy agenda te haal om Zuma tyd te gee om dit na te gaan. Hy het gesê dat dit onbedagsaam sal wees om inligting daarvan vry te stel terwyl die president die een was wat ‘n proklamasie oor die ondersoek uitgevaardig het.

Landbouweekblad het vroeër berig dat die aanvanklike ondersoeke na verskeie staatstoelaes het gedui op growwe misbruik waarna die SOE besluit het dit sal groter impak oor ’n korter tydperk hê as elke projek volledig in die volgende drie jaar ondersoek word.

Nkwinti sal die verslag wanneer dit afgehandel is, aan die Kabinet voorlê, waarna dit na die Parlement sal gaan.

8 Februarie 2012

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 183
  • Verkenner
Re: Staat se nuwe planne met grond
« Antwoord #52 op: February 08, 2012, 11:53:26 PM »
Wat 'n sirkus.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal