Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet  (Read 3177 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« op: January 23, 2008, 08:08:50 PM »
Net 'n eenvoudige vragie: word ons nuwe lede nog verwelkom sodra hulle registreer as gebruikers ? Dit is nogal redelik belangrik- dit laat hul makliker tuis voel .

Michelle

  • Gas
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #1 op: January 24, 2008, 09:09:24 AM »
Ek sien gereeld woorde van verwelkoming aan al die nuwe lede, hoewel nie altyd aan een persoonlik gerig.

Dit maak nogal 'n groot verskil as jy welkom geheet word met die intrapslag, weerspieel net 'n mooi gesindheid vanuit Bravoland.

Moet ons dit probeer 'n punt maak om elkeen individueel (as burgers), wanneer jy hier is en 'n nuwe burger merk hom of haar welkom te heet of moet dit eerder die verantwoordelikheid van een of meer burger gemaak word om te verseker dat almal met registrasie verwelkom word?  Partykeer word 'n nuwe burger per ongeluk meer verwelkom as die vorige een en kan dit dalk gevoelens seer maak en sommer 'n negatiewe gevoel kweek van die begin af?  Weet nie, hoor graag van julle.

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #2 op: January 24, 2008, 09:13:30 AM »
Ek weet nie of die Bravoland-forum so 'n funksie het nie, maar as mens by die Buurplaas aansluit, stuur die forum outomaties vir jou 'n "Welkom-boodskap". As ons dalk so iets kan instel met 'n boodskap en die skakel gee na waar mens aansoek doen om Burgerskap en net 'n kort beskrywing van Bravoland se doel in die boodskap sit, sal die nuwe lede ook nie so verlore op die forum wees nie.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #3 op: January 24, 2008, 09:14:00 AM »
Mickey,

Die gewoonte aan die begin was om 'n pm te stuur aan nuwe lede. Ek weet nie of die mense dit nog doen nie, maar ek vermoed dit het goed gewerk.

Afwesig Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 661
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #4 op: January 24, 2008, 09:24:46 AM »
Ek weet nie of die Bravoland-forum so 'n funksie het nie, maar as mens by die Buurplaas aansluit, stuur die forum outomaties vir jou 'n "Welkom-boodskap". As ons dalk so iets kan instel met 'n boodskap en die skakel gee na waar mens aansoek doen om Burgerskap en net 'n kort beskrywing van Bravoland se doel in die boodskap sit, sal die nuwe lede ook nie so verlore op die forum wees nie.

Karina, jy slaan die spyker op die kop....dit is hoe dit behoort te werk. Ons moet probeer om dit so te laat werk, dis die beste oplossing

Michelle

  • Gas
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #5 op: January 24, 2008, 09:35:56 AM »
Ek stel voor die Adviseurs maak dalk op 'n maandelikse basis beurt om die verantwoordelikheid te neem.  Net 'n kort pm aan elke nuwe burger, dis persoonlik en laat jou dadelik voel dat jy reeds ingeskakel het en jy het 'n dan ook 'n "bekende kontak" om jou te help waar nodig.

Karina het die rol vervul toe ek burger word en dit het gewerk soos 'n bom, dit maak nogal 'n verskil as jy dadelik welkom en spesiaal gevoel laat word  ;D

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #6 op: January 24, 2008, 09:42:25 AM »
Hehe, Micky, as ek reg onthou het dit bladsye en bladsye se e-posse gevat om jou hier te kry!  :D

Ek het op 'n tyd sommer 'n vasgestelde welkom-boodskap in 'n Word-dokument gestoor, en elke keer as iemand aangesluit het, het ek dit net gespoeg en geplak in 'n PM en die persoon se naam bo-aan gesit. Maar ek het dit lanklaas gedoen, ek sien ook nou my boodskap is al bietjie verouder, daar staan nog ons het nege departemente...

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 562
  • Verkenner
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #7 op: January 24, 2008, 09:47:04 AM »
Karina,

Wat is die kans dat jy die welkom-boodskap kan opdateer ? Ons kan hom dan as die standaard verwelkoming gebruik. Sodoende kry alle nuwe lede dieselfde boodskap en word belangrike inligting nie uitgelaat nie.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #8 op: January 24, 2008, 09:47:57 AM »
Hier is 'n nuwe lid wat julle kan welkom heet: http://www.bravoland.co.za/Forum/index.php?action=profile;u=618

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #9 op: January 24, 2008, 09:48:19 AM »
Sjarko, ek sal dit met graagte doen.

Ek moet net gou klas toe gaan, ek sal so 12:00 terug wees, dan skryf ek sommer 'n nuwe een en kom plak dit hier.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #10 op: January 24, 2008, 10:34:51 AM »
Sover ek weet is dit deel van Binnelandse Sake se funksies. Die betrokke Minister is reeds besig om persoonlik met die onaktiewe lede kontak te maak.
Moed Vryheid Eer

Michelle

  • Gas
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #11 op: January 24, 2008, 11:00:50 AM »
Nee dan is dit reg so, laat weet maar as ek kan help ;D ;)

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #12 op: October 14, 2008, 04:56:14 PM »
Baie dinge het verander sedert hierdie gesprek. Nou wonder ek of iemand hierdie funksie oorgeneem het.

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #13 op: October 14, 2008, 05:05:59 PM »
Iemand het eenkeer gesê stilbly is ook 'n antwoord, maar ek sal maar eerlik wees...  8)

Ek glo nie Ben. Jy moet maar iemand aanstel/aansê om dit weer te begin doen.
« Laaste verandering : October 14, 2008, 05:09:36 PM deur Karina de Jager »

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #14 op: October 14, 2008, 05:11:31 PM »
Nou mag ek vra dat jy en KB dit doen?

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #15 op: October 14, 2008, 05:15:26 PM »
Nou mag ek vra dat jy en KB dit doen?

Jy mag seker vra...  :P

Ons sal so maak.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #16 op: October 14, 2008, 05:29:07 PM »
Baie dankie.

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #17 op: October 14, 2008, 11:28:33 PM »
Dit is my plessier en sal vir my 'n voorreg en 'n eer wees.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #18 op: October 14, 2008, 11:29:44 PM »
Jammer was by verkeerde draad!!
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Word nuwe lede nog persoonlik welkom geheet
« Antwoord #19 op: October 15, 2008, 08:04:14 AM »
Nou mag ek vra dat jy en KB dit doen?

Reg so, SP!
Moed Vryheid Eer

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal