Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: WATER TEKORT  (Read 8154 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Karools

  • Gas
WATER TEKORT
« op: January 28, 2008, 10:34:17 AM »
Die onverkwiklike omstandighede waarin die land verkeer met die voorsiening van elektriesiteit kan uiteindelik tot gevolg van 'n tekort in die voorsiening van water lei.

Alhoewel dit op die oomblik vir talle as vergesog beskou kan word, moet in ag geneem word dat die volgende tien jaar beslis genoeg probleme gaan oplewer in die voorsiening van elektriese krag, wat kan lei tot water tekorte aangesien water met elektriese toestelle gepomp word na verskillende punte.

Daarom kan mens nie anders as om ons mense te waarsku teen die moontlikhede nie. Die aangewese ding sou wees om watertenks aan te bring by woonhuise, wat minstens voorsiening kan maak vir die onderbrekings wat mag voorkom in die voorsiening van water. Saam hiermee sal dit wenslik wees om een of ander watersuiweringstoestel aan te skaf wat vir die gebruik van drinkwater nodig mag wees.

Ons het reeds die eerste boodskap ontvang dat mense van Pretoria larwes in die kraanwater gevind het. Onafhanklikheid van die onbeholpenes word n toenemende vereiste vir die handhawing van goeie gesondheid  van volksgenote.

Gegroet
Karools


Afwesig OVSBoerseun

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 6
Re: WATER TEKORT
« Antwoord #1 op: January 28, 2008, 01:30:23 PM »

Afwesig Bart Nel

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 25
Re: WATERTEKORT
« Antwoord #2 op: January 28, 2008, 02:53:10 PM »
Boerseun,

Eskom het aanvanklik gedreig om 18 % verhogings deur te voer, maar die regering het toe uiteindelik iets soos 14% voorgeskryf. Ek aanvaar dat dit die omvang van die volgende verhoging gaan wees. Ek moet byse, dit was voor die jongste krisis ingetree het. Erwin het juis onlangs berig dat Suid-Afrikaners (lees: blanke donateurs) van nou af 'n ongeveer 20% jaar op jaar verhoging kan verwag.

Wat die water betref, drink ek nou al vir etlike maande nie meer kraanwater nie. Ons sit te na aan Delmas en in iedere geval is die waterkrisis nie oral ewe duidelik nie. Dit help nie jy raak bewus van die probleem as die mense in die huis begin maagpyn kry nie.

So is dit dat ek eers "mineraalwater" aangekoop het in 5l bottels.

Toe vind ek uit die mineraalwater is soms net so vrot soos die munisipale water. Daar is 'n sogenaamde "Oasis"winkel in ons dorp, een van 'n groep fransesse (franchises) wat allerhande prosesse gebruik om water mee te suiwer. So ver ek verstaan bevat die munisipale water na behandeling (dit is, BEHOORLIKE behandeling) ongeveer 80 tds (dit is die eenheid wat aantoon hoeveel onoplosbare onsuiwerhede in die water is) is. Baie van die mineraalwaters draai in elk geval in daardie omgewing rond, sommige het selfs meer.

Die grap is dat die munisipale water wat ons wel kry, blykbaar dikwels hier by die 300 tds rond gaan draai. Dink maar 'n wyle daaraan...

So, nou gaan ek maar elke dan en wan Oase toe en maak my klomp houers vol. Hulle tds is immers miner as 10. En dit is goedkoop water.

En so, in die uitstap uit die winkel uit, trek-trek 'n glimlag altyd aan my wange.

In die ou Suid-Afrika het die groenes altyd met hulle kannetjies gaan water haal en het ons die klomp maar half meewarig agternagestaar.

Kyk nou wie loop met kannetjies rond?

Afwesig Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 661
Re: WATER TEKORT
« Antwoord #3 op: January 28, 2008, 03:16:24 PM »
Ons het einde verlede jaar 'n waterverkoeler aangeskaf met 'n ingeboude filter.

So bo gaan die kraanwater in, en onder kom verkoelde, gefiltreerde water uit. Ek's egter nie seker hoe goed die filter filtreer nie.....

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Re: WATER TEKORT
« Antwoord #4 op: January 28, 2008, 04:27:11 PM »
VOEL TUIS

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Is: WATER TEKORT
« Antwoord #5 op: February 18, 2008, 08:26:48 PM »
Water kan baie gevaarlik wees, die goed wat mens kan sien is nie die gevaarlike goed nie. Dit is die goed wat mens nie kan sien nie, wat gevaarlik is!

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Is: WATER TEKORT
« Antwoord #6 op: February 18, 2008, 09:06:38 PM »
Ons gebruik ook 'n watersuiweraar vir inwendige gebruik, maar wat gemaak as ons op n dag nie meer water het nie. Ek dink dit raak tyd om 'n watertenk aan te skaf. Ek het by my seun gesien hy het 'n heel ingewikkelde (so lyk dit vir my) stelsel dat wanneer die dorpwater af is, hy die tenkwater na sy binnehuis krane toe pomp.

Clem
Kennis is mag

Afwesig gelofteboer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 198
Is: WATER TEKORT
« Antwoord #7 op: February 18, 2008, 09:30:51 PM »
As jy van 'n filter gebruik maak om water te suiwer maak seker van die volgende inligting:
Maak die filter self die geakkummileerde bakterie dood deurdat beskik oor silwer binne die filter, anders moet die filter op 'n gereelde basis gekook word om die bakterie te dood.
Vir watter siektes is die filter gesertifiseer om te voorkom.
Bevat die filter geaktiveerde charcoal om smake te verwyder en chloor te verwyder uit die water.
Die probleem ontstaan dat baie munisipaliteiet of glad nie chlorineer nie of oor chlorineer en chloor is 'n karsinogeniese produk (kanker veroorsakend)

Oor die algemeen is 'n gracitasie stelsel beter aangesien daar meer kontak met die water is bv inlyn stelsels verwyder so 50% chloor teenoor die gravitasie stelsel se 95% verwydering.

Algemene spesifikasies van die filter waarna gekyk behoort te word is die volgende:

CS0700 Super Sterasyl Ceramic Element Removal Efficiencies

P= Purification. R= Reduction> 95%. F= Effective Filtration>90%

Contaminants Removal General Description -Rated life 1000 Imperial Gallons
Bacteria P Application: These cartridges are designed for use with pressure fed systems such as the HCP or HIP series of housings.
Strengths: 100% rejection of bacteria, cysts and effective depth filtration of particulates >.5 micron. This system also provides excellent rejection of Chlorine and VOC's. Candles are easily cleaned and require no tools to service.

 

These statistics meet or exceed the NSF certification requirements under NSF International Standard 42 and 53.
 
Cysts P
Taste F
Odors F
Colour F
Chlorine R
Herbicides F
Pesticides F
Lead NA
Metals NA
Fluoride NA
Nitrates NA
Arsenic NA
Particulate Efficiency (Dirt etc.) Rating
Absolute filtration rating Defined as >99.999% 0.9 micron
Nominal or Effective filtration rating 99.9% 0.5-0.8 micron
 99.7% 0.3-0.5m
 98.0% 0.2-0.3m
% Bacteria removal E. coli >99.99%
 Vibrio Cholera >99.99%
 Shigella >99.999%
 Salmonella Typhii >99.999%
 Klebsiella Terrigena >99.999%
% live Cyst removal Cryptosporidium 100%
 Giardia 100%
http://www.doulton.ca/cs0700.html
Read the Bible -- It will scare the hell out of you.
http://inspirasie.blogspot.com
Neem kennis dat kopiereg op stukke geplaas onder die hoof Inspirasie vir die Dag die uitsluitlike eiendom bly van gelofteboer en nie oorgedra word aan Bravoland nie.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Is: WATER TEKORT
« Antwoord #8 op: February 18, 2008, 09:33:42 PM »
Dankie Gelofteboer, ek het dadelik gaan kyk - dit lyk redelik naby aan jou spesifikasies.

Ons mense moet sekerlik na hierdie besonderhede kyk voor hulle iets aanskaf.

Groete
Clem
Kennis is mag

Afwesig gelofteboer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 198
Is: WATER TEKORT
« Antwoord #9 op: February 19, 2008, 07:54:00 AM »
Ja kyk eer baie mooi voor jy koop - sommige filters is heelwat goedkoper as Royal Doulton sin maar jy moet hulle gereeld koop om die bakterie te dood en dan is die kans redelik groot dat die filter kan bars.

Die belangrikste is dat die filter silwer in het want dit onsmet die filter voortdurend en is een van die beste bakterie dodende middels van die vroegste tye af.

Miskien 'n kort staaltjie - gedurende die Amerikaanse burger oorlog het die soldate gereeld 'n silwer dollar in sy waterbottel gegooi om die water te ontsmet as die bron twyfelagtig was. Op daardie stadium was die dollar suiwer silwer en het alle bakterie in water gedood.
Dit is juis vir die rede dat alle drinkwater houers op passasiers vliegtuie van hoe graad silwer gemaak is om te voorkom dat water besmet raak.

Die farmaseutiese maatskappy het oor die jare silwer probeer afmaak as baie gevaarlik vir die mens omdat daar geen patente regte op was waarmee hulle kon geld maak nie. Maar silwer kon hulle eenvoudig nie wegkry nie en wat gebeur vandag - al wat 'n pleister en salf het silwer in om bakterie te dood.

As oorlewings kit sou ek mense strek aanraai om te bele in 'n kollodiale silwer generator stelletjie - jy kan die silwer oplossing wat jy maak gebruik om water te suiwer, wonder skoon te maak en te drink as antibiotika.

GB
Read the Bible -- It will scare the hell out of you.
http://inspirasie.blogspot.com
Neem kennis dat kopiereg op stukke geplaas onder die hoof Inspirasie vir die Dag die uitsluitlike eiendom bly van gelofteboer en nie oorgedra word aan Bravoland nie.

Afwesig gelofteboer

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 198
Is: WATER TEKORT
« Antwoord #10 op: February 19, 2008, 11:46:38 AM »
koop = kook
onsmet  = ontsmet
strek = sterk
wonder = wonde

Wanner kom die edit funksie terug om foute te herstel.
Read the Bible -- It will scare the hell out of you.
http://inspirasie.blogspot.com
Neem kennis dat kopiereg op stukke geplaas onder die hoof Inspirasie vir die Dag die uitsluitlike eiendom bly van gelofteboer en nie oorgedra word aan Bravoland nie.

Karools

  • Gas
Is: WATER TEKORT
« Antwoord #11 op: February 19, 2008, 12:06:41 PM »
koop = kook
onsmet  = ontsmet
strek = sterk
wonder = wonde

Wanner kom die edit funksie terug om foute te herstel.

Daar is darem 'n verskil tussen tikfout en spelfout - altans so dink ek.

Groete
Karools

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Is: WATER TEKORT
« Antwoord #12 op: February 19, 2008, 12:53:19 PM »
koop = kook
onsmet  = ontsmet
strek = sterk
wonder = wonde

Wanner kom die edit funksie terug om foute te herstel.

GB, is die editfunksie nou beskikbaar?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Jaunrie

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 4
Insake: WATER TEKORT
« Antwoord #13 op: February 03, 2009, 09:53:51 AM »
Hallo aan almal.

Ek is 'n matriek leerling en het 'n RTT opdrag gekry wat gaan oor hulpbronne tekort in Suid Afrika.

Ek sal dit like as julle my sal kan help met 'n paar goedjies...
Waar kan ek inligting kry

tot later

ta ta

Sanderis

  • Gas
Insake: WATER TEKORT
« Antwoord #14 op: February 03, 2009, 01:07:41 PM »
Enige spesifieke hulpbronne wat jy ingedagte het Jaunrie ?

Afwesig Jaunrie

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 4
Insake: WATER TEKORT
« Antwoord #15 op: February 03, 2009, 02:38:39 PM »
Hey Sanderis

Ja ek het aan water gedink, maar ek weet nie so lekker daarvan nie.  Enige hulpbron waar daar 'n tekort aan is sal werk.

Dankie dat jy my help ;)

Sanderis

  • Gas
Insake: WATER TEKORT
« Antwoord #16 op: February 03, 2009, 03:29:33 PM »
Elektrisiteits voorsiening is ook 'n probleem .
Dit gaan nie net oor die tekort van water nie maar ook die kwaliteit - met in agneming van cholera wat moontlik 'n bedreiging is .
Wanbestuur van ons natuurlike hulpbronne is nog 'n probleem .
Ek sal bietjie deur my kontakte gaan en kyk of ek jou kan help deur jou op die regte pad te stuur.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: WATER TEKORT
« Antwoord #17 op: February 03, 2009, 04:35:43 PM »
Menslike hulpbronne. Weens rasstellende aksie word kundige vakmanne vervang met onkundige ANC lojaliste.

Sanderis

  • Gas
Insake: WATER TEKORT
« Antwoord #18 op: February 03, 2009, 04:52:47 PM »
 :D

Winter

  • Gas
Insake: WATER TEKORT
« Antwoord #19 op: February 05, 2009, 06:48:58 PM »
Vergeet van die water en die krag....daar is 'n hengse tekort aan wit mense. :o


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal