Water in Vrystaat rooi: Luidens ’n verslag van Dept. van Waterwese en Bosbou in Desember 2008 toon wetenskaplike watermonsters van munisipale water in die Vrystaat dat op 31 dorpe drinkwater as “Kode rooi” geklassifiseer word – nie geskik vir menslike gebruik nie. Van die dorpe is o.m. Brandfort, Verkeerdevlei, Allanridge, Dealesville, Hertzogville, Hobhouse, Kestell, Arlington, Reitz, Senekal, Tweeling, Villiers, Kragbron, Edenville, Koppies, Parys en Vredefort. Van die ander dorpe het gekwalifiseerde graderings ontvang. Hierdie nuus volg op die hakke van ’n opmerking deur die ongewingskonsultant dr. Anthony Turton dat besoedeling met mikro-elemente in Finland kommer werk as dit ’n vlak van 10 eenhede bereik. In Amerika duld hulle nog vlakke van 60 eenhede, maar in sommige Suid-Afrikaanse damme is die vlakke 10 000 eenhede.
Bron : Ditsemblits 13 Februarie 2009