Skrywer Onderwerp: Hulp benodig  (Read 2558 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 513
  • Verkenner
Hulp benodig
« op: February 04, 2008, 07:57:13 PM »
Hier kan hulp wat benodig word vir ons mense, onder ons aandag gebring word. Ons sal dan alles binne ons vermoe doen om hulp te verleen indien dit moontlik is.

Laat weet ons asseblief.

Afwesig philisty

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Insake: Hulp benodig
« Antwoord #1 op: March 20, 2009, 03:58:21 PM »
My broer, Wesley(28),  is ‘n “Heroin crack/cocaine” verslaafde, Die samelewing het sy rug op hom gedraai,  Hy is onkruid in almal se oe en hul wense is dat hy eerder dood moet wees.  Sy lewe is kosbaar vir my en ek kan nie toelaat dat dit vernietig word nie. Hy is my bloed, hy is my broer, en het dringend hulp nodig.

Hy bly by my bejaarde ouers, wat pensionarisse is en finansieel uitgeput is.

Na weke se gesoek, en honderde oproepe het ek in aanraking gekom met Adeline Feiling van “Eliada Life Skills Center” Coligny, sy het ‘n plekkie vir hom om sy pad na genesing te begin, Adeline sal n aftrek order vir R3400pm vir 6 maande aanvaar om ons te help. Ons kan nie die behandeling bekostig nie.

Groot asseblief  is daar enige iemand wat sy pad kan oopsien om ons te help in hierdie tyd van nood?

Groete
Philisty Zevenster

Die sentrum se kontak besonderhede is:
Eliada Life Skills Center, Coligny
018 673 1142
Julle kan reelings met Adeline bespreek

 

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Hulp benodig
« Antwoord #2 op: March 20, 2009, 04:49:20 PM »
Ek het al n heroin verslaafde gehelp, sy het skoon gekom en is sover nog steeds skoon. Ek se sover want dis n lewenslange verslawing, wêreldwyd is die persentasie wat skoon bly 1%.

Ek se dit weer, 1 uit elke 100 en jy kan nie help as hulle nie gehelp wil word nie. Die maklikste is om jou broer 1stens n polisieverklaring te laat afle waarin hy verklaar dat hy werkloos en dwelm afhanklik is, dan moet jy rond bel na rehabilitasie sentrums daar is van hulle wat op grond van die polisie verklaring en die verslag van n geregistreerde welsynswerker wat julle saam sal moet gaan sien, vir jou afslag gee.

Elim sentrum in Kemptonpark het die dame gehelp maar ek weet nie of hulle nog heroin verslaafdes vat nie, maar hulle het haar gehelp vir +-R4000 danksy regerings subsidies. Daar is goedkoper opsies.

Die ander harde uitweg is om hom in die tronk te laat uitdroog, dis hard maar daar is ouers wat hul kinders laat arresteer sodat hulle kan skoon kom dan moet hy watter kant toe ook jy kies by NA(Narcotics anonymous) aansluit en betrokke bly. Sonder dit mors hy sy tyd en jou tyd!!! Laastens as hy kla is moet hy oor begin op n ander plek dorp/platteland of n plaas verkieslik.

As jy my n persoonlike boodskap stuur kan ek dalk vir jou n paar kontak nommers kry van organisasies wat help.

Groete,
Attie     
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig philisty

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Insake: Hulp benodig
« Antwoord #3 op: March 21, 2009, 09:54:58 AM »
Attie

Baie dankie vir die advies.  Die werklikheid is seker dat net 1% deur dit sal kom.  Wesley wil gehelp word wat al klaar 'n geweldige stap na genesing is.  Wat die uitkoms na behandeling gaan wees sal niemand weet nie, maar ek moet na die 1% gryp. 

Tronk toe is nie eers 'n opsie nie, ons blanke mans en seuns wat daar opland word "gerape" en dwelms is daar nog meer beskikbaar. 

Al wat ek vra is net 'n klein donasie van iemand, al is dit net R5, Eliada skills center is soos 'n plaas, die eienaars is blanke afrikaners en is mense wat na aan God lewe en is bereid om hom te help vir 'n tydperk van 6 maande en langer. 

Ek wil Wesley nie verder deur die vernedring sit om soos 'n melaatse na welsyn werkers te gaan nie, ek het nog nie in twee weke na my soektog met een blanke persoon in die staats departement gepraat nie (polisie, welsyn, staats hospitale hof) ek is deur dit. Al die vorms en vrae het tot nou nog net kosbare tyd gemors en daar is wynig min plekke wat gewillig is om iemand in te vat met 'n staats subsidie vir 'n lang tydperk.

Philisty


Afwesig philisty

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Insake: Hulp benodig
« Antwoord #4 op: March 26, 2009, 11:29:58 AM »
Hi Daar

Wil julle net laat weet dat Wesley vanoggend 26.3.09 ingeneem is by Eliada Life skills center.  Deur middel van hierdie skrywe was daar lesers en lede wat nie genoem wil word nie, wat bydraes gemaak het. 

Daar is nie woorde vir die dankbaarheid nie, baie baie dankie.

Ons het nog nie die volle bedrag vir 6 maande nie,  Enige donasie sal help al is dit hoe klein.  E-mail my vir bank besonderhede.

Groete
Philisty

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Insake: Hulp benodig
« Antwoord #5 op: March 26, 2009, 11:41:42 AM »
Ek is baie bly en dankbaar dat julle darem al sover gekom het. Alle sterkte vir die herstel pad.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Hulp benodig
« Antwoord #6 op: November 20, 2011, 04:31:46 PM »
CVO Pretoria is in die proses om 'n koshuis te begin vir leerlinge. Indie u enige bydraes kan lewer in die vorm van meubels, eetgerei, kontant, hoe gering ookal, skakel asb die skool. Baie dankie byvoorbaat.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal