Bravoland

Please login or register.

Login with username, password and session length
Advanced search  
collapse
* Nuwe Inskrywings
Volksmoord by Werner Smook
[September 03, 2010, 11:37:39 AM]


2010 Volkshulp aksie by Adri van Staden
[September 03, 2010, 08:50:45 AM]


Werksgeleenthede vir Volksgenote by Sanderis
[September 03, 2010, 04:39:18 AM]


De la Rey toekenning by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:15:01 AM]


Vordering in moordsake by Werner Smook
[September 01, 2010, 09:05:03 AM]


Heldinne-aand 2010 by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:01:13 AM]


Bees Roux by Boo
[September 01, 2010, 08:25:21 AM]


Ons gaan baie armer word by Clem de Klerk
[August 31, 2010, 04:40:20 AM]


Oud-politikus, vrou aangeval by Werner Smook
[August 30, 2010, 10:11:37 AM]


Vakbonde, Arbeid en Stakings! by André Strydom
[August 29, 2010, 11:29:21 PM]


* SA Topsites
SA Topsites :: .

Pages: [1] 2 3 4 5 6   Go Down

Author Topic: Hoekom is daar so min mense in Orania?  (Read 11874 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 7105
  • Verkenner
    • WWW
Hoekom is daar so min mense in Orania?
« on: February 10, 2008, 05:34:53 PM »
Dit is 'n vraag wat ek nou vir 'n paar weke mee worstel. Ek kon egter nog nie tot 'n gevolgtrekking kom nie. Miskien kan die Bravolanders my tot insig bring.
Logged
Die waarheid is haatspraak vir enige mens wat iets wil wegsteek.

Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 6649
  • Christa Burger
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #1 on: February 10, 2008, 06:04:13 PM »
Ek kan net se dat ek Orania aan die begin van die jaar besoek het, maar dat dit baie teleurstellend was.  :(
Logged
Moed Vryheid Eer

123 Blok My

  • Guest
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #2 on: February 10, 2008, 06:34:22 PM »
Ons was in Orania met hulle "ontstaan" wou self 'n plekkie daar koop, maar het eers besluit om 'n bietjie te wag.  Daarna was ons so per geleentheid daar en verlede jaar was ons so drie keer daar.  Dit is maar basies dieselfde as jare gelede.  Hier en daar iets anders verander en dit is dit. Dit voel of daar 'n stilstand is.  Ek self was uiters teleurgesteld.
Logged

Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 7105
  • Verkenner
    • WWW
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #3 on: February 10, 2008, 06:48:30 PM »
Dankie vir almal se eerlike menings.

KB, kan jy dalk se wat het daar verwag wat jy nie gesien het nie?

Roos, wat het jou teleurgestel?
Logged
Die waarheid is haatspraak vir enige mens wat iets wil wegsteek.

123 Blok My

  • Guest
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #4 on: February 10, 2008, 07:15:33 PM »
Logged

Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 7105
  • Verkenner
    • WWW
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #5 on: February 10, 2008, 07:22:19 PM »
Dankie Roos. Ek hoop iemand van Orania lees eendag hierdie stuk van jou, as hulle weet wat fout is KAN hulle dit reg maak.
Logged
Die waarheid is haatspraak vir enige mens wat iets wil wegsteek.

Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 6649
  • Christa Burger
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #6 on: February 10, 2008, 09:34:35 PM »
Roosmaryn, ek stem saam met die dorp wat met die intrapslag verwaarloos voorkom. Dat die sypaadjies en tuine se gras by party plekke al heuphoogte strek. Ek is gewoond aan volkseie arbeid en skroom nie om self hard te werk nie, dus kan ek nie verstaan hoekom die dorpie so verwaarloos daar uit sien nie.

Die ander probleem is dat die mense met wie ons te doen gekry het, se gesindheid nie vir my so toeganklik voorgekom het nie.

Logged
Moed Vryheid Eer

123 Blok My

  • Guest
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #7 on: February 10, 2008, 09:41:14 PM »
Kleinbekkie dit is heeltemal so, en eintlik is dit hartseer.  Ek het dalk my verwagtinge te hoog gestel, en is dit die rede hoekom ek dalk skrikkerig is vir so iets.
Logged

Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 661
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #8 on: February 11, 2008, 09:17:09 AM »
Ek was al 'n paar keer daar sedert 2004 en moet se dat ek nie dieselfde probleme as KB en RM ervaar het nie, almal was baie vriendelik en ek het nie 'n "verwaarloosde" dorp ervaar nie. Daar was wel enkel huise wat verwaarloos voorgekom het.
Logged

Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 7105
  • Verkenner
    • WWW
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #9 on: February 11, 2008, 09:23:55 AM »
Dankie Walter, wat sou jy se is die rede hoekom is daar so min mense daar?
Logged
Die waarheid is haatspraak vir enige mens wat iets wil wegsteek.

Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 661
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #10 on: February 11, 2008, 09:35:44 AM »
Die inwonertal is tans so 650...hoekom is dit so min?

Ek dink daar is baie redes...

Dit is werklik 'n baie klein dorpie, en daarom is werksgeleenthede in sekondere en tersiere bedrywe skaars..sulke werksgeleenthede word eers geskep en word volop as 'n dorpie heelwat meer inwoners het.

Net mense wat baie hard werk sal daar oorleef, want jy moet basies alles self doen, daar is nie volksvreemde arbeid nie. Ek was al daar op 'n Saterdag waar ek langs die rivier ontspan, en dan is daar 'n span van 10+ mense wat gewasse aanplant in die landery langs die rivier...laat mens besef dat die plek nie vir sissies is nie.

Logged

Jan Beyers

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 1293
  • Verkenner
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #11 on: February 11, 2008, 10:18:57 AM »
Dit is baie hartseer dat julle so voel oor Orania.  Dit is ook jammer dat die gras lank is, en die sypaadjies toegegroei.

Ek moet bieg dat dit my glad nie opgeval het die kere wat ek daar was nie.  Miskien was dit omdat ek ook in 'n dorp bly waar arbeid 'n GROOT probleem is.  In Kleinfontein sukkel die mense net so om die plek te onderhou.  Elkeen werk hom dood net om kos op die tafel te hou, dan moet hulle hul eie plek in stand hou en ontwikkel, en dieselfde persoon is vrywillig besig om die dorp in sy geheel in stand te hou.

Geld is altyd 'n probleem.  As hulle iemand wil aanstel om die plek in stand te hou, moet hulle heffings opskuif.  As die heffings opgeskuif word, kan die mense dit nie meer bekostig nie.  Die mense kan dit nie bekostig nie, aangesien dit werklik moeilik is om te oorleef in 'n plek soos Orania.

Hoekom is dit moeilik om finansieel te oorleef in 'n plek soos Orania?  Omdat mense nie soontoe wil trek nie, aangesien die plek nie versorg word nie.

Tussen die duiwel en die diep blou see?
Logged

Stroh

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 24
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #12 on: February 11, 2008, 10:32:11 AM »
Die volgene is my persoonlike mening en ek hoop van harte nie om enige persoon aanstoot te gee nie.

-Ek stem volkome met genoemde werksgeleenthede saam.Ek het ook al ondersoek ingestel en ook ondervind werk is skaars en gemik op arbeid.Ek moes besluit lewe daar en verarm of vlug en verryk.Ek het gevoel ek sal meer beteken oor die lange duur om te vlug,verder te studeer en nuwe ervaringe in my beroep op te doen.Tot dus ver verloop alles volgens plan.Net een groot probleem is dat ek nou so lekker lewe dat ek begin vergeet waar my wortels is.Ek woon in New Zeeland.Dankie vir Bravoland wat my aan my wortels herhinder.
-'n Interressante waarneming in New Zeeland is dat hier min arbeid is.Slegs super rykmense het huishulp.Ambagsmanne werk alleen en maak self agter hulle skoon.Meeste vrouens werk ook.Mans en vrouens maak saam huis en tuin skoon.Ek sien gereeld vrouens gras sny.My vrou knyp my as ek se dit is nou 'n voorslag vrou daai.Boere melk +-500 beeste sonder hulp.Sy vrou help hom.Indien nie het hulle gewoonlik een hulp wat +-N$1500 per maand verdien met rantsoen en behuising.Ek se nie dit is hoe dit gedoen moet word nie ,maar dit laat my dink as hulle kan, kan ander ook.
Die rede vir my storie is dat arbeid nie as verskoning kan gebruik word nie,t.o.v. verwaarlosing,produksie ens.Ek glo die woord arbeid moet verdwyn uit enige verskoning.
-Behuising.Goedkoop behuising sal mense lok.Ek merk waarde van huise het gestyg in Orania.Kleinfontein het ook net duur behuising.Mag net welaf  Boere Volkstaat bou?
-Nywerheispersele die selfde storie.
-Dit wil voorkom asof die met regtig geld nie in 'n Volkstaat wil infesteer nie.Een ordentlike fabriek in Orania sal 'n groot verskil maak.Die welaf mense met wie ek al gepraat het is bang om gebrand te word.Meeste van hulle is al deur volksgenote erg verniel(arbeid+bestuur)Hulle antwoord was toe meganisasie.Dit was duur maar nou lag hulle bank toe.Van hulle het wel ondergegaan.

Ek vra onverskoning as ek enige persoon ontstel het.Help my reg as ek gorrel.
Logged

Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 6649
  • Christa Burger
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #13 on: February 11, 2008, 11:24:01 AM »
Ek stem in 'n mate saam met jou, captainstroh. Ek het grootgeword in 'n huis en ook 'n familie waar die hele gesin inspring en werk en ons het nooit van volksvreemde arbeid gebruik gemaak nie.

Ek het tien jaar gelede oorgegaan Israel toe om op 'n Moshav te werk. Die rede hoekom so 'n klomp van ons oorgegaan het, was dat ons werk in Orania belowe is om ons kundigheid, wat ons op die moshav sou opdoen, daar aan te wend. Met my terugkeer, het hierdie mense verdwyn en was daar geen poste in Orania soos belowe is nie. Ek het nie Orania hiervoor blameer nie en het aan die begin van die jaar vreeslik uitgesien om die dorp te besoek. Ek voel dat my verwagtinge nie onrealisties was nie. Ons het alreeds 'n week voor die tyd oornag plek bespreek (Dit is nog die Dinsdag voor ons aankoms van hulle kant af bevestig), maar toe ons daar kom, toe is daar niemand wat ons kan help nie en kamma weet van ons bespreking nie. Die vrou by wie ons die bespreking gedoen het, was nerens te vinde nie en het ook nie haar selfoon of huisfoon beantwoord nie. Sy het net vroeer die dag ons aankomstyd bevestig. Die enigste vriendelike mens was die vroutjie by die boekwinkel.

Moontlik het ons dit net ongelukkig getref, maar dit is beslis seker dat daar aan sekere aspekte meer aandag geskenk moet word.
Logged
Moed Vryheid Eer

Hans Dons

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 80
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #14 on: February 11, 2008, 12:59:48 PM »
Daar is geen vinnige oplossing nie.

Punt1:  Ek glo mense wil graag daar woon maar finansieel is dit onmoontlik, tensy jy daar gaan aftree. Hoe gaan jy 'n inkoste genereer behalwe as jy net 'n bestaanslewe gaan maak.

Punt 2: Wie van julle het al als self probeer doen. Ons is nie groot gesinne nie en ons families woon ook nie bymekaar nie.  Ek en my vrou moet werk om die huis en kos te bekostig.  Ek probeer ook van die minimum volksvreemde arbeid gebruik maak, dus beteken dit die volgende.  Jy moet help met huis takies,(kinders bad, skottelgoed was, wasgoed ens), jy moet die tuinwerk als self doen, jy moet die aanbouings en instansie als self doen, jy moet die woonwa en voertuie als self hersien. Ek moet dit self doen want daar is nie geld om iemand te betaal nie. 
Dus moet ons  hierdie magdom dinge in ons spaartyd doen, want gedurende die dag werk ons vir 'n baas, ons is nie soos ouds op 'n plaas waar jy jou werk kon spasieer nie.
En mens raak gou moedeloos want dit voel of jy nie vorder nie terwyl jy jou dinges af sukkel.
Logged

Snymansboer

  • Guest
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #15 on: February 11, 2008, 01:02:03 PM »
« Last Edit: February 11, 2008, 01:10:01 PM by Snymansboer »
Logged

Jan Beyers

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 1293
  • Verkenner
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #16 on: February 11, 2008, 01:48:16 PM »
Snymansboer.

Uitstekend gestel. 

Die verskille tussen Orania en Kleinfontein is baie waar soos jy dit uitlig.  Ek self is woonagtig op Kleinfontein, maar as ek eerlik moet wees sou die verskil tussen Orania en Kleinfontein soos volg deur my opgesom word :

Die groot meerderheid mense wat woon in Orania is omdat hulle vry WIL wees, en 'n groot stap geneem het om daar te vestig.

'n Groot meerderheid van mense op Kleinfontein sien Kleinfontein as 'n veilige hawe, waar hulle rustig in hul eie omgewing kan woon, maar tog betrokke kan bly in die NSA ekonomie.

Nie een is seker verkeerd nie, maar Orania is myle voor Kleinfontein wat die vryheidstryd betref.

Oja..  daar is so 1000 mense betrokke by Kleinfontein, waarvan so 800 daar permanent bly.
Logged

Walter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 661
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #17 on: February 11, 2008, 01:51:19 PM »
So Kleinfontein het maar 150 inwoners meer as Orania? Ek het gedink dis heelwat meer.

Kleinfontein is finansieel baie sterker, miskien omdat dit vir die inwoners moontlik is om geld ekstern (Pretoria) te verdien, terwyl dit in Orania nie moontlik is nie.
Logged

Jan Beyers

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 1293
  • Verkenner
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #18 on: February 11, 2008, 01:59:10 PM »
Dit is presies so Walter.

As ek moet skat (raai)

65% van Kleinfontein se inwoners is afgetree.
5% het besighede waar hulle van die huis af werk, of op Kleinfontein
30% van die "kapitaal kragtiger" mense werk in PTA of JHB, maar woon op Kleinfontein.

Op Orania lyk die prentjie seer sekerlik omgedraai?
Logged

Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 7105
  • Verkenner
    • WWW
Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #19 on: February 11, 2008, 04:12:44 PM »
Ek erken al die feite wat hier genoem is, maar waarsku dat ons die Afrikaner nie moet blameer as die "plan" foute in het nie. Enige mens het prioriteite. Vir die Afrikaner is sy prioriteite gewoonlik:
1. Geloof
2. Oorlewing
3. Die Volksaaak

As jou "plan" dit nie in ag neem nie, gaan jou plan faal.
Logged
Die waarheid is haatspraak vir enige mens wat iets wil wegsteek.

Pages: [1] 2 3 4 5 6   Go Up