Bravoland

Please login or register.

Login with username, password and session length
Advanced search  
collapse
* Nuwe Inskrywings
Afrikanerfront Aksie by Jan Beyers
[March 11, 2010, 09:30:46 PM]


Uitdaging aan Malema by Jan Beyers
[March 11, 2010, 09:28:58 PM]


Nuwe lede: Aansoek om Burgerskap by Tugelarider
[March 11, 2010, 04:30:15 PM]


Nuwe model vir grondhervorming??? by nagwag777
[March 11, 2010, 01:50:28 PM]


Teken van die tyd? by nagwag777
[March 11, 2010, 01:02:58 PM]


Jansen praat twak by Sanderis
[March 11, 2010, 11:20:34 AM]


VTM Nuus by Adri van Staden
[March 11, 2010, 10:05:58 AM]


Mandela het ons versaak’ by Ben Geldenhuys
[March 10, 2010, 05:34:17 PM]


Struktuur by drake2000
[March 10, 2010, 01:55:57 PM]


HOU DOP AS ABSA BLANKE WERKNEMERS ONTSLAAN by Jopieswan
[March 10, 2010, 01:20:28 PM]


* SA Topsites
SA Topsites :: .

Pages: 1 2 3 4 5 [6]   Go Down

Author Topic: Hoekom is daar so min mense in Orania?  (Read 10637 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Boerseun

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 177
Re: Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #100 on: January 13, 2010, 07:58:24 AM »
Hi

Ek bly nou al vir 10 maande op Orania...is tans werksaam by die spa hier...wat 'n groot aanwins vir Orania is. Alhoewel dit maar stil is hier, moet ons nog kliënte opbou...en die spa bestaan nou eers 10 maande.

Dit gaan goed met ons radio...en almal geniet dit baie. Vakansietye is die lekkerste tye in Orania...hier is baie vakansiegangers en Desember selfs 'n vakansieprogram.

Ja...dit is 'n baie vervalle dorpie...die mense wat hier bly is vriendelik!! :D

Orania het sy goeie dele en dan ook soos enige ander plek sy slegte dele.

Dankie julle
Groete

Ek het die vorreg gehad om hierdie desember weer op Orania te gaan kuier.
Ek was as kind laas daar met die bekendstellings naweek, en ek moet julle se dat ek 'n REUSE verskil gesien het. Dit lyk beter en mooier en professioneler as toe ek laas daar was.
As jy vat dat dit die Volk se hande en beperkte geldjies is wat dit gebou het tot wat dit vandag is. Ja alles lyk nie so nie en daar is plekke wat vervalle is, maar ry maar in jou naburige en selfs eie woongebied rond, maak jou oe oop en dan sal jy dit ook sien..... Enige plek het sy goeie en slegte deel, waarom fokus ons op die slegte deel as daar soveel goeie goed is wat sigbaar is. Ek was hoogs beindruk met Orania en sy mense. Vriende van ons wat by die CVO skool betrokke is het wel iets gesê wat jou so klein bietjie anders laat dink oor die mense wat daar is: Hy sê dat jy nie almal wat daar loop op sigwaarde of op sy baadjie moet takseer nie. Daar is bv mense wat op kleinbegin bly, armlastig lyk en maar dorp toe loop, maar die aand toe die skool een of ander fondsinsameling het toe skenk hy 'n hele paar duisend rand by die geleentheid.

Wat Elim en die arm blankes wat daar aankom betref, wil ek vra:
Hoe dan anders? Daar is 'n tuiste wat jong manne en dames weer leer om trots te wees, natuurlik sal daar dan 'n paar opdaag en kom kyk wat dit behels, almal hou nie, maar ons moet ons eie mense help wat gehelp wil word, ons sal altyd met hulle rondom ons leef, dit gaan nog BAIE erger word. Die feit dat jy hulle nie in jou huidige woonbuurt sien nie, beteken nie dat hulle nie bestaan nie. Almal is nie hulpelose bedelaars met dwelm of drank probleme nie.

Maar dit is nou genoeg van hierdie soetsappigheid, dit is nie heeltemal EK nie, maar wou dit gou deel.
Logged
Vir GOD en Volk en Vaderland

Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 40
Re: Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #101 on: January 13, 2010, 08:17:30 PM »
...Ek het die vorreg gehad om hierdie desember weer op Orania te gaan kuier.
Ek was as kind laas daar met die bekendstellings naweek, en ek moet julle se dat ek 'n REUSE verskil gesien het. Dit lyk beter en mooier en professioneler as toe ek laas daar was.
.... Iets wat goed is, kan mos nog beter word.
As jy vat dat dit die Volk se hande en beperkte geldjies is wat dit gebou het tot wat dit vandag is. Ja alles lyk nie so nie en daar is plekke wat vervalle is, maar ry maar in jou naburige en selfs eie woongebied rond, maak jou oe oop en dan sal jy dit ook sien.....
Die kritici het 'n dom-astrante benadering gevolg. Somer net iets uitgesonder wat sleg lyk en oggies toegemaak vir al die goeie dinge wat bereik is.
Enige plek het sy goeie en slegte deel, waarom fokus ons op die slegte deel as daar soveel goeie goed is wat sigbaar is. Ek was hoogs beindruk met Orania en sy mense. Vriende van ons wat by die CVO skool betrokke is het wel iets gesê wat jou so klein bietjie anders laat dink oor die mense wat daar is: Hy sê dat jy nie almal wat daar loop op sigwaarde of op sy baadjie moet takseer nie. Daar is bv mense wat op kleinbegin bly, armlastig lyk en maar dorp toe loop, maar die aand toe die skool een of ander fondsinsameling het toe skenk hy 'n hele paar duisend rand by die geleentheid.
Nie almal se prioriteite is dieselfde nie.
Wat Elim en die arm blankes wat daar aankom betref, wil ek vra:
Hoe dan anders? Daar is 'n tuiste wat jong manne en dames weer leer om trots te wees, natuurlik sal daar dan 'n paar opdaag en kom kyk wat dit behels, almal hou nie, maar ons moet ons eie mense help wat gehelp wil word, ons sal altyd met hulle rondom ons leef, dit gaan nog BAIE erger word. Die feit dat jy hulle nie in jou huidige woonbuurt sien nie, beteken nie dat hulle nie bestaan nie. Almal is nie hulpelose bedelaars met dwelm of drank probleme nie.
Tot nou het dit veral die laer rang mense in staatsbedrywe getref (opgrond van beleid). Die tyd gaan kom daar sal dit die laag bo ook tref (opgrond van ekonomiese ineenstorting).
Logged

Sanderis

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 1853
    • WWW
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #102 on: January 14, 2010, 09:06:45 AM »
Ek het vandag met Jan Beyers gesels en hy vra toe skertsend of ek al vir ons 'n volkstaat gekry het. Dit het my weer laat dink aan die doel van die stryd en iewers het my gedagtes weer by Orania uit gekom.

Ek het weer besef dat Orania 'n ekonomie nodig het en het gewonder hoe dit met hulle toerisme gaan. Daar is lande in die wereld wie se grootste bron van inkomste uit toeriste is. Ek het weereens gedink dat dit so jammer is dat daar nie 'n myn of iets dergliks is wat die ekonomie kan stimuleer nie. Selfs 'n redelike groot fabriek sal ook die ding doen. Natuurlike hulpbronne is 'n probleem het ek myself vertel. Watse hulpbronne kan daar tog in die semi-woestyn wees. Toe onthou ek dat glas van sand gemaak word.

Nou wonder ek, sal 'n reuse glas fabriek werk in Orania?


Dit is dalk net 'n dagdroom, maar as ons nie meer droom nie, dan is ons dood.

Ek het bietjie navorsing gedoen oor glas , hoe dit vervaardig word en die groot rolspelers in die bedryf .
Wat bedoel jy met "reuse" ?
Ek kon in die kort tydperk nie voldoende marknavorsing doen om te bepaal of so fabriek  geskik sal wees nie .
Van die feite wat ek wel opgetel het is dat PFG Building Glass die grootste vervaardiger in die suidelike halfrond is met 'n vervaardigingskapasiteit van 260 000 ton per jaar , hul fabriek in (ek dink) Springs alleen verskaf meer as 3 000 werksgeleenthede .
Daar is klomp feite wat ter harte geneem moet word , en dan natuurlik die hoofvraag : finansiering .
Ek reken selfs net 'n klein fabriek sal so R100 miljoen vereis .

Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 40
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #103 on: January 14, 2010, 01:43:50 PM »
...Daar is klomp feite wat ter harte geneem moet word , en dan natuurlik die hoofvraag : finansiering .
Ek reken selfs net 'n klein fabriek sal so R100 miljoen vereis .
"Finansiering" sal jy kry as dit winsgewend is. Die groot vrae is eintlik net twee:
1. Toegang tot markte.
2. Beskikkbaarheid van hulpbronne.

Dat daar "sand" is beteken nie dat dit die regte sand vir die vervaardiging van glas is nie.
As dit die regte sand is dan kan daar natuurlik oor weeg word om op 'n minder kapitaalintensiewe manier waarde toe te voeg. Ek dink hier eerder in terme van kuns:

Logged

propatria

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 56
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #104 on: January 15, 2010, 01:05:33 AM »
Mense, julle kan maar die ondersoek laat vaar, daar is grond in Orania, nie sand nie, die silikon vlakke is in lek geval ver te laag. As jy glas daar wil maak sal jy die sand baie ver moet gaan haal.

Daar is wel baie geleenthede, ek het reeds minstens 15 baie goeie geleenthede wat tans in verskilende fases van lewensvatbaarheid studies is.

Groete
Logged

Sanderis

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 1853
    • WWW
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #105 on: January 15, 2010, 01:27:08 AM »

Daar is wel baie geleenthede, ek het reeds minstens 15 baie goeie geleenthede wat tans in verskilende fases van lewensvatbaarheid studies is.


Kan jy ons van die geleenthede vertel propatria ?

propatria

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 56
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #106 on: February 04, 2010, 12:00:37 AM »
Sanderis, op die oomblik is daar geleenthede vir n vergruisings aanleg, ek is nie klaar met die totale plan nie, maar iemand sal sowat n half miljoen rand nodig he om van die geleentheid te kan gebruik maak, dit sal meer as 50 000 per maand kan wins maak.

Daar is ook n geleentheid vir n steenmakery.

Ek sal voledige besonderhede eersdaags plaas.

Groete
Logged

Sanderis

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 1853
    • WWW
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #107 on: February 04, 2010, 09:04:26 AM »
Dankie propatria dit sal interesant wees .
Pages: 1 2 3 4 5 [6]   Go Up