Skrywer Onderwerp: Hoekom is daar so min mense in Orania?  (Read 15920 times)

0 Lede en 3 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1252
  • Swerwer
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #60 op: May 13, 2008, 06:37:46 PM »
My Neef het onlangs verhuis na Orania. Hy en sy vroutjie werk nou by die nuwe radiostasie. Ek weet net nie of dit 'n voltydse werk is of hul net sekere tye werk nie.

Sanderis

  • Gas
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #61 op: May 14, 2008, 12:45:26 PM »
Karoo in bloom
A tourism boom and ?semigration? is rejuvenating the Karoo with obvious benefits for property.

The full story can be found at:
http://iafrica.com/property/hot_property/909359.htm

Karina , daar mag wel baie gastehuise wees , maar daar kan nie tè veel wees nie. Buite-seisoen kan ek 'n stil tyd verwag ja , maar ek dink binne-seisoen tye kan drasties verander oor die volgende paar jaar.
Met seisoen-tyd verwys ek na toerisme.

Ek meen , as ek 'n groot perseel het moet dit vir my werk , selfs die moontlikheid van konferensie fasiliteite en lokale is haalbaar.

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #62 op: June 10, 2008, 05:56:36 PM »
Hallo Almal, ek het besluit om hier aan te sluit na julle Ubuntu Lombaard gevra het om vriendelik te verkas. Ek was nou 4 keer op Orania(buite seisoen) en die plekkie groei heel bestendig, elke keer sien ek nuwe huisies of besighede. Vir ons groei dit te stadig want dis ons passie maar ook ons skuld. Mens kan met elke gesprek kla oor sypaadjies; huispryse; koste van arbeid; te min geld vir arbeid; wat ook al. Die waarheid is die Afrikaner volk sit sonder visie. Orania sal groei maar eers as ons as volk betrokke raak sal dit massief groei. Almal kan aansluit en ʼn bydrae lewer[ www.orania.co.za/raakbetrokke.asp]. Vb. Ons oortuig net 200,000 Afrikaners uit die volk om aan te sluit( vra niemand om te trek nie) maar om elkeen R200p.m te skenk nou het jy 40Miljoen per maand om Orania mee op te dollie. Dan sien jy hoe trek hulle!!! ;D
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afrikanermeisie

  • Gas
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #63 op: June 10, 2008, 06:05:43 PM »
Goeienaand Attie,

Baie welkom in Bravoland, ek is bly jy het besluit om aan te sluit.

Ek weet nie of jy dieselfde Attie is wat op die Praag-e-poslys is nie, maar ek dink ek het hierdie voorstel van jou al erens gelees, en ek dink dit was daar.

As meer mense net al by die Orania Beweging aansluit sal dit hulle ook in staat stel om baie meer te doen.

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #64 op: June 10, 2008, 06:17:38 PM »
Baie dankie en ja dit is ek. Het so paar stukke geskryf wat ek nou sal begin plaas en lede van bravoland vra om op kommentaar te lewer hulle kan dit ook “copy” en sommer in e-poste vir onoortuigdes aan stuur as hulle dit goedvind.
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Sanderis

  • Gas
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #65 op: June 10, 2008, 06:23:19 PM »
Ubuntu Lombaard gevra het om vriendelik te verkas.

He,he ; die kap van die KAP.

Dankie Attie , u bydraes sal hoogs waardeer word.
« Laaste verandering : June 10, 2008, 06:27:59 PM deur Sanderis »

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #66 op: June 10, 2008, 06:25:36 PM »
My seun (14) was tydens die laaste skoolvakansie in Orania. Volgens hom is dit die beste plek in die wereld.

Hy het vriende gemaak met van die inwoners se kinders en sy gunstelling storie was dat hulle na donker by "maatjies" gaan kuier het. Ook vertel hy dat die kinders hulle fietse op die sypaadjie los as hulle by ander kinders kuier.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #67 op: August 04, 2008, 02:55:31 PM »
My Neef het onlangs verhuis na Orania. Hy en sy vroutjie werk nou by die nuwe radiostasie. Ek weet net nie of dit 'n voltydse werk is of hul net sekere tye werk nie.

Enige nuus oor hoe dit gaan met hulle Radio?

Afwesig Gerhardus

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #68 op: October 06, 2008, 04:36:46 PM »
Dagse

Ek self was nou al op Orania twee keer en twee jaar uitmekaar. En terwyl ek baie van die skrywers se negatiweteit deel moet ek net 'n paar dinge deel.

1.  Die dorp lyk so verwaarloos, omrede van die inwoners nie bereid is om self die tuin in stand te hou of om 'n mede Afrikaner te kry om dit onder beheer te kry nie.

2.  As jy 'n Duitser al ontmoet het sal jy dalk verstaan, met hulle geskiedenis het hulle die gevoel dat almal die Duitsers haat a.g.v die tweede wereldoorlog en daarom dat hulle nie almal so hartlik is nie. Kyk na die media en baie van die ander Afrikaners in die NSA en jy kan verstaan hoekom hulle so voel. Die media kry niks goed om te se nie, die mede Afrikaners wat wel daar 'n draai kom maak is verbaas dat daar nie 'n masiewe winkelsentrum, 'n lughawe en 'n treinstasie is nie. Die regering "pomp" nie geld in Orania van 1500 mense in nie. Alle dienste vanaf, vullisverwydering, paaie, skole en ander moet deur die inwoners self gefinasier word.
As jy van Pretoria, Kaap, Natal of Bloemfontein kom kan dit nogal 'n skok wees want jy het groot geword, met 'n teerpad voor jou huis, 'n hospitaal met opgeleide dokters, 'n skool wie se onderwysers betaal word deur die regering. 

3.  Ons roep vir 'n Volkstaat maar ons vergeet dat Piet Retief en span niks gaan kry het in die binneland nie. En baie van hulle mede Afrikaners het agter gebly om die al die Britse geriewe te geniet in die Kaap. Die oues van dae het geriewe opgegee vir 'n vrye Afrikanervolk en nou vergelyk ons wat hulle nagelaat het met Orania. Dink so daaraan dat Orania is daardie bebosde stukkie grond wat opgebou moet word, om soos al die ander wonderlike stede in die NSA te lyk.

4.  Hoekom lyk dit nie asof Orania groei nie is die maklikste vraag om te beantwoord, want jy is nie daar om te help nie.

Bring my weer by die vraag, "Watter tipe mens is jy?" Wil jy deel wees van die oplossing om daar te wees en te help al is dit hoe swaar ookal, of is jy maar van daardie ou Kaapenaars wat vir Piet Retief en sy mense gelag, gespot en afgemaak het en toe hulle alles in plek gekry het soontoe getrek het en bree bors die Kaap gaan besoek om te vertel hoe wonderlik die Afrikaners is en dat jy trots is om een te wees.

Waarom 'n "waterfront" oprig as daar net 600 mense is wat daar kan koop. Ontwikkeling en groei vind plaas soos die behoefte van die inwoners van 'n spesifeke dorp groei en die inwoners groei.

Dit is maklik om in te trek maar nie so maklik om 'n huis te bou nie.

Groete,

Gerhardus   

Afwesig OssewaTdi

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 146
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #69 op: October 06, 2008, 06:20:25 PM »
Ek was self al daar en dit lyk vir my aangenaam daar.Daar is wel mense wat nie tuin maak nie,maar die hele Orania sisteem lyk goed.Dit moes harde werk gekos het.Toe ek laas daar was,was hulle besig by die "Aan-die-oewer" om 'n spa op te rig.'n Dokter(ek dink) het my op 'n twee uur toer met sy groen motor gevat.Ek dra my Orania hempie gereeld.Orania is vir my 'n goeie bewys van wat wit arbeid kan doen.O ja,die tannie by die kafee oorkant die pad kan net bietjie meer glimlag.Sy het maar baie nors gelyk.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #70 op: October 06, 2008, 11:31:11 PM »
Die antwoord op die vraag van die draad is eenvoudig. Daar is nie 'n ekonomiese rede om daarheen te verhuis nie.

Afwesig Bosveldwolf

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 67
    • Greencustodians
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #71 op: October 06, 2008, 11:47:46 PM »
Die antwoord op die vraag van die draad is eenvoudig. Daar is nie 'n ekonomiese rede om daarheen te verhuis nie.

En wie se skuld is dit behalwe ons eie?
'n Suid-Afrikaner deur geboorte... 'n Boer deur die genade van God!!

Afwesig Basjan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 258
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #72 op: October 07, 2008, 12:59:53 PM »
Kleinfontein is baie netjies, behalwe vir die CVO skool.  Ek sal nie Oramia toe trek nie maar gaan wel daarna kyk om 'n stukkie grond te koop in Kleinfontein.

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1331
  • Verkenner
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #73 op: October 07, 2008, 01:18:12 PM »
Kleinfontein is baie netjies, behalwe vir die CVO skool.  Ek sal nie Oramia toe trek nie maar gaan wel daarna kyk om 'n stukkie grond te koop in Kleinfontein.

Basjan,

Ek het 'n hektaar beskikbaar op die landbouhoewes...  Kontak my gerus as jy sal belangstel.

groete

Jan Beyers

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #74 op: March 03, 2009, 08:49:17 PM »
Enige iemand wat onlangs in Orania was wat kan terugvoer gee?

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4072
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #75 op: March 04, 2009, 02:14:38 PM »
'n Goeie vriend was nou daar - en reken die sypaadjie gras staan nou heining hoog na die mooi reen - sowat 100 mm in twee weke - byna soos 'n vloed vir hulle

Diefstal is 'n rare verskynsel en alles is rustig. Die aangeplante neut bome word bietjie beduiwel met die gras wat nie gesny word nie.

Lekker blyplek, reken hy, maar voeg by: dit lyk ietwat armmoedig
Kennis is mag

Afwesig Werner Pereira

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 45
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #76 op: March 05, 2009, 08:30:08 AM »
Ek gaan vir die Paasnaweek Orania toe en sal bietjie oplet na alles en terugvoer gee

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #77 op: March 05, 2009, 11:59:22 AM »
Hallo Almal,

Ek was twee weke terug daar met die VF+ se jeug toer, dit was lekker soos altyd en ja dit het baie gereën. Daar was n hele aantal nuwe huisies en oorkant die Oewerpark het hulle nuwe spoghuise gebou (ongelukkig nie goedkoop nie). Met so n toer kan mens nie werklik die groei in die ekonomie meet nie maar Oom John het gese die dorp is nou gewaardeer op n R100,000,000 en mens kan fisies die nuwe geboue sien as jy soos ek 1 of 2 keer per jaar gaan kuier.

Saam met die reën kom die bossies ook, maar dis n mooi wêreld daai veral as dit kla gereën het. Ek het klaar gereken as ek daar gaan bly gaan my tuin swart plastiek met gruis op wees en n paar kleurvolle kaktusse en lekker turksvye, m.a.w. so min as moontlik werk. Wat Orania kort is maar net volgehoue beleggings en n paar entrepreneurs elke jaar om die groei patroon volhoubaar voort te sit. Die volle omvang van Orania se ekonomie kry mens eers as jy die kwartaalblad – "Voorgrond" as lid van die beweging ontvang. Om Orania vinniger te laat groei sal ondersteuners wat nie daar bly nie al meer betrokke moet raak as finansierders sowel as agente vir afsetgebiede van goedere en verkoop van dienste, n ander belangrike punt dink ek is, maak nie saak hoeveel mense saamspan om n besigheid te finansier nie, iemand moet verantwoordelikheid vir n projek vat, nie as 2de of 3de belang nie maar as n primêre werk of pos, anders gaan jy met teleurgestelde mense sit.

Groete,
Attie
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #78 op: March 08, 2009, 11:13:10 PM »
Ek was nog nie op Orania nie, maar woon self op Kleinfontein.

Werk is maar skaars op Kleinfontein aangesien hier nie groot  bedrywe is nie. Hier is byvoorbeeld geen kommersiele landboubedrywighede soos op Orania nie.  Die kooperasie is self maar die grootste werkverskaffer in terme van sekuriteitsbeamptes, administrasie, tuindienste, paaie, water - en ander dienste. Hierdie salarisse kom maar uit die heffings wat laag gehou word ter wille van die meerderheid pensioenarisse.

Hier is wel n geringe "privaat-sektor" wat werk verskaf, soos die boubedryf, n veselglas vervaardiginsbedryf, ingeneurswerke, wassery, drukkery, rekenaardienste en nog n paar ander klein bedrywe. Dan is daar ook heelwat mense wat voltyds buite Kleinfontein werk, en so kan werk verskaf aan blanke huishulp.

Die meeste dinge moet jy maar self doen, en as jy in die week moet werk, is Saterdae is bedrywig.

Hier is n winkel op Kleinfontein, maar voorraad is beperk en pryse is kleinhandel. Derhalwe gaan die inkopiegeld maar grootliks na die Pick&Pay op Rayton. :'(

Ja, dis rustig en landelik, asook baie veilig. Lewenskoste is redelik laag (behalwe vir die tolgelde). Soms gaan dit egter tandekners met selfdoen en Volkseie arbeid. Maar hier is nog n lang pad om te loop na ekonomiese selfstandigheid.

Ons moet nie Kleinfontein en Orania as die grootpad na ekonomiese selfstandigheid beskou nie. Hierdie is die klein voetpaadjies, en vol dorings. Maar veral Orania stel n beginselvoorbeeld. Beginsels sit egter nie geld in jou sak nie, en niemand is vies vir geld nie. Dit is dalk tyd om die groter ekonomie daar buite te betrek. Hierin het die Oranje Sakekamers n leidende rol om te speel.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Quelene

  • Gas
Insake: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Antwoord #79 op: March 13, 2009, 10:31:37 AM »
Hi

Ek bly nou al vir 10 maande op Orania...is tans werksaam by die spa hier...wat 'n groot aanwins vir Orania is. Alhoewel dit maar stil is hier, moet ons nog kliënte opbou...en die spa bestaan nou eers 10 maande.

Dit gaan goed met ons radio...en almal geniet dit baie. Vakansietye is die lekkerste tye in Orania...hier is baie vakansiegangers en Desember selfs 'n vakansieprogram.

Ja...dit is 'n baie vervalle dorpie...die mense wat hier bly is vriendelik!! :D

Orania het sy goeie dele en dan ook soos enige ander plek sy slegte dele.

Dankie julle
Groete


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal