Bravoland

Please login or register.

Login with username, password and session length
Advanced search  
collapse
* Nuwe Inskrywings
Volksmoord by Werner Smook
[September 03, 2010, 11:37:39 AM]


2010 Volkshulp aksie by Adri van Staden
[September 03, 2010, 08:50:45 AM]


Werksgeleenthede vir Volksgenote by Sanderis
[September 03, 2010, 04:39:18 AM]


De la Rey toekenning by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:15:01 AM]


Vordering in moordsake by Werner Smook
[September 01, 2010, 09:05:03 AM]


Heldinne-aand 2010 by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:01:13 AM]


Bees Roux by Boo
[September 01, 2010, 08:25:21 AM]


Ons gaan baie armer word by Clem de Klerk
[August 31, 2010, 04:40:20 AM]


Oud-politikus, vrou aangeval by Werner Smook
[August 30, 2010, 10:11:37 AM]


Vakbonde, Arbeid en Stakings! by André Strydom
[August 29, 2010, 11:29:21 PM]


* SA Topsites
SA Topsites :: .

Pages: 1 2 3 4 [5] 6   Go Down

Author Topic: Hoekom is daar so min mense in Orania?  (Read 11873 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 7105
  • Verkenner
    • WWW
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #80 on: August 25, 2009, 10:35:14 PM »
Ek het vandag met Jan Beyers gesels en hy vra toe skertsend of ek al vir ons 'n volkstaat gekry het. Dit het my weer laat dink aan die doel van die stryd en iewers het my gedagtes weer by Orania uit gekom.

Ek het weer besef dat Orania 'n ekonomie nodig het en het gewonder hoe dit met hulle toerisme gaan. Daar is lande in die wereld wie se grootste bron van inkomste uit toeriste is. Ek het weereens gedink dat dit so jammer is dat daar nie 'n myn of iets dergliks is wat die ekonomie kan stimuleer nie. Selfs 'n redelike groot fabriek sal ook die ding doen. Natuurlike hulpbronne is 'n probleem het ek myself vertel. Watse hulpbronne kan daar tog in die semi-woestyn wees. Toe onthou ek dat glas van sand gemaak word.

Nou wonder ek, sal 'n reuse glas fabriek werk in Orania?

Dit is dalk net 'n dagdroom, maar as ons nie meer droom nie, dan is ons dood.
Logged
Die waarheid is haatspraak vir enige mens wat iets wil wegsteek.

Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 6649
  • Christa Burger
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #81 on: August 25, 2009, 10:42:05 PM »
Ek dink daar is meer klippe as sand.....

Dit is nogal interessant dat hulle hierdie klomp klein ondernemings het, maar nog nie groot gegaan het met iets spesifieks nie.

Daar sit Israel met meer woestyn as land en kyk wat word op 'n klein stukkie woestyn vermag. Hulle het iewers in die verlede daardie gedagtes gekoester, want ons is deur die vriende van Orania oorgestuur. Met ons terugkoms het die vriende van Oranie verdwyn.....
Logged
Moed Vryheid Eer

MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 855
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #82 on: August 26, 2009, 04:10:51 AM »
Logged
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

propatria

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 63
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #83 on: January 01, 2010, 02:49:09 PM »
Hallo vriende, ek is nuut hier en die meeste van julle ken my nie. (ek sal myself behoorlik bekendstel op n gepaste draad)

Wat Orania betref het ek die volgende kern vrae:

Toe ons voorouers uit die Kaap getrek het:
1. Was hier nie werksgeleenthede nie
2. Was hier nie lowergroen tuine nie
3. Was hier nie bestaande ekonomie nie.

Tog het hulle geloof en die behoefte om hul self te bestuur en ook hulle misnoe aanleiding gegee daartoe dat hulle wel die gevaarlike en moeilike reis aangepak het.
Vandag is die stede, dorpe, monumente en standbeelde in die Vrystaat en Transvaal bewys dat die idiaal suksesvol was.

Ek het besluit om te bele in Orania, en op 23 Desember 2009 die grootste eiendomstransaksie in die geskiedenis van Orania aangegaan en gaan n aftree oord ontwikkel aanvanklik. 750 eenhede sal uiteindelik gebou word (Deel van ons ooreenkoms bepaal dat nie een van die partye die inhoud van die kontrak mag bekend maak nie)

Hierdie sal ook die mees tegnologies gevorderde ontwikkeling in Suid Afrika wees. Ons is tans besig met verskeie ontwerpe (later meer daaroor). Die beginsel is egter dat ek eerstens pasiewe inkomste groep mense trek, en verder gaan uitbrei sodra hierdie in fase twee kom.

Ek is tans in onderhandelinge met verskeie partye vir die vestiging van n paar fabrieke, dit sluit in:
Die vervaardiging van Vragmotor bakke, en sleepwaens (Interlinks ens)
Die vervaardiging van Sonpanele
Die vervaardiging van wind laaiers en Batterye
Kos verwerkings aanleg wat verskeie produkte sal vervaardig onder meer baba kosse, konfyt, tamaiesouse, butternut sop ens.

Hierdie glo ek sal n verskil maak aan Orania. Ek is egter beperk met persoonlike energie en ook kapitaal, en rig n versoek aan erenstige belangstellendes om betrokke te raak.

Luister ook asseblief my geselsies op Radia Pretoria rakende die projek.

Groete
   
Logged

Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 104
Re: Is: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #84 on: January 01, 2010, 03:47:46 PM »
Dit is baie hartseer dat julle so voel oor Orania.  Dit is ook jammer dat die gras lank is, en die sypaadjies toegegroei.

Ek moet bieg dat dit my glad nie opgeval het die kere wat ek daar was nie.  Miskien was dit omdat ek ook in 'n dorp bly waar arbeid 'n GROOT probleem is.  In Kleinfontein sukkel die mense net so om die plek te onderhou.  Elkeen werk hom dood net om kos op die tafel te hou, dan moet hulle hul eie plek in stand hou en ontwikkel, en dieselfde persoon is vrywillig besig om die dorp in sy geheel in stand te hou....
Net so het ek dit beleef. Die storie van die "gras wat nie gesny het" hoor ek meestal van mense wat van Orania af weet, maar nog nooit daar was nie.  Ek wonder of dit nie maar 'n storie is wat in daardie mense se verbeelding opkom. Hulle kan eenvoudig nie glo die gras word gesny nie as daar nie 'n booi is  nie wat dit doen. Intussen gaan die sypaadjies, maar ook elders in die later agter uit.

Die kwessie van dienste is maar net 'n klein issue wat voorgeskuif word. Aan die een kant is daar maar seker mense wat of niks wil doen nie of angstig in die nuwe Suid Afrika probeer aanpas. Maar daar is ook baie mense wat die Transvaal as hulle historiese grondgebied beskou. Dus sien hulle nie 'n rede nie om Orania toe te trek.
Logged

Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 2489
    • WWW
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #85 on: January 01, 2010, 05:35:14 PM »
Dit klink na goeie nuus Propatria , is daar dalk 'n webtuiste wat ons kan besoek wat die projek in besonderhede bespreek bv. beleggingsmoontlikhede , ek is tans besig om beleggers te werf vir ander doeleindes , ek kan dit net sowel aanwend vir Orania ook indien dit potensiaal bied .
Kontak my gerus by epos indien dit privaat van aard is .
Logged
http://bravolandmedia.blogspot.com
http://bravolandads.blogspot.com


Kliek op boonste logo om Oranjekas te besoek

propatria

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 63
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #86 on: January 01, 2010, 05:51:42 PM »
Dit klink na goeie nuus Propatria , is daar dalk 'n webtuiste wat ons kan besoek wat die projek in besonderhede bespreek bv. beleggingsmoontlikhede , ek is tans besig om beleggers te werf vir ander doeleindes , ek kan dit net sowel aanwend vir Orania ook indien dit potensiaal bied .
Kontak my gerus by epos indien dit privaat van aard is .

Sanderis, ek beoog om n webwerf saam te stel, ek hoop om vordering daarmee te maak vroeg in die nuwe jaar.

Alhowel ek alleen sover die projek bevonds het en die grond in my persoonlike naam gekoop het, is ek oop vir volksgenote wat wil betrokke raak. Daar is natuurlik sekere dinge wat mens nie so publiek wil maak dat jy dit self weer in die Raport wil lees nie is daar nie geheime nie. Daar is ook wel geheimhoudings klousules met die partye met wie ek onderhandel rakende die sonpaneel vervaardiging en kan nie hulle naam noem nie ens.

Ek verwelkom jou hand wat jy uitsteek en sal jou graag kom sien en die hele plan met jou bespreek, ek is deesdae gereeld in Pretoria aangesien die ingeneurs wat ek gebruik vir die ontwerp van die dienste in Pretoria is.

Ek beoog ook om n inligtings aand te reel in Pretoria in Januarie en sal ook hulp waardeer.

Wat die belegings betref kan ons meestal op n oop Forum bespreek maar dit sal sekerlik meer gepas op n draad van sy eie wees?

Daar is verskeie dele van die groter prentjie wat ek nie kan behartig op hierdie stadium nie aangesien my fokus huidiglik le by die tegniese kant.

Groete
Logged

Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 2489
    • WWW
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #87 on: January 01, 2010, 06:06:26 PM »
Die beleggers waarmee ek handel , handel spesifiek met eiendom - residensieel , kommersieel en industrieel asook finansiering van ondernemings .
Jy is welkom dat ons dit eendag privaat kan bespreek , laat my gerus weet wanneer dit jou sal pas per Pb of epos .
Logged
http://bravolandmedia.blogspot.com
http://bravolandads.blogspot.com


Kliek op boonste logo om Oranjekas te besoek

propatria

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 63
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #88 on: January 08, 2010, 08:44:26 PM »
Die beleggers waarmee ek handel , handel spesifiek met eiendom - residensieel , kommersieel en industrieel asook finansiering van ondernemings .
Jy is welkom dat ons dit eendag privaat kan bespreek , laat my gerus weet wanneer dit jou sal pas per Pb of epos .

Dit is goed, ek sal met jou kontak maak.

Groete
Logged

Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 210
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #89 on: January 10, 2010, 12:29:05 PM »
Enige ontwikkeling in van die groeipunte is goeie nuus. Ek sal graag wil weet wanneer gaan die gesprek ivm die ontwikkeling op radio Pta plaasvind. Is 'n ouetehuis nou nodig op Orania? Moet ons nie eerder fabrieke bou en jong mense probeer inkry nie?
Logged

propatria

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 63
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #90 on: January 10, 2010, 03:32:36 PM »
Die eerste gesprek was op die 22ste Desember en die twede gesprek die 5de Januarie, ek weet nie wanneer die res uitgesaai sal word nie, ons werk nou daaraan.

Jy is reg oor die fabrieke, ons is ook besig met planne, maar daar moet eers kapitaal gegenereer word (die aftree oord) en geld in omloop plaas wat die plaaslike ekoomie verbeter.

Daarna sal jy sien hoe Orania ontplof

Groete
Logged

Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 1581
  • Bravolander
    • WWW
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #91 on: January 11, 2010, 11:39:57 AM »
Propatria, hierdie projek lui 'n klokkie, was dit jy wat oor so iets op Vegkop gepraat het die naweek van 24 September 2009??
Logged
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 2489
    • WWW
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #92 on: January 11, 2010, 12:50:59 PM »
Ek dink so ja , maar dit was alvorens Vegkop op BJVR ook bespreek .
Logged
http://bravolandmedia.blogspot.com
http://bravolandads.blogspot.com


Kliek op boonste logo om Oranjekas te besoek

propatria

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 63
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #93 on: January 11, 2010, 09:08:02 PM »
Propatria, hierdie projek lui 'n klokkie, was dit jy wat oor so iets op Vegkop gepraat het die naweek van 24 September 2009??
Jy is korek. Jy is die klein dametjie met die bruin hare wat skuins links agter my gesit het en skuins regs voor oom Eugene?
Groete
Logged

Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 1581
  • Bravolander
    • WWW
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #94 on: January 11, 2010, 09:11:27 PM »
Hahaha, dis korrek! En jy het weer regs skuins agter dr. Lets en kie gesit. Ek dink jy het donker krullerige hare (of dalk verwar ek jou met Rooi Jan!!)  ;D  En jou voorletters is MH...? Ek sal net weer op my notas gaan kyk wat ek oor jou daar geskryf het...  ;)

Goed, nou weet ek wie jy is, my ma was vuur en vlam om in julle projek te belê, tot en met die "uitbarsting". Sy was erg teleurgesteld oor julle houding, want sy wil regtig bitter graag in Orania belê. Wil selfs daarheen trek.
« Last Edit: January 11, 2010, 09:14:08 PM by Karina »
Logged
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

propatria

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 63
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #95 on: January 11, 2010, 09:46:50 PM »
Hahaha, dis korrek! En jy het weer regs skuins agter dr. Lets en kie gesit. Ek dink jy het donker krullerige hare (of dalk verwar ek jou met Rooi Jan!!)  ;D  En jou voorletters is MH...? Ek sal net weer op my notas gaan kyk wat ek oor jou daar geskryf het...  ;)

Goed, nou weet ek wie jy is, my ma was vuur en vlam om in julle projek te belê, tot en met die "uitbarsting". Sy was erg teleurgesteld oor julle houding, want sy wil regtig bitter graag in Orania belê. Wil selfs daarheen trek.

Karina, ek weet nie wat jy edoel met 'julle' uitbarsting nie. As jy verwys na my uitbarsting oor die gesanik, moet ons of moet ons nie, ens. dan is ek seker skuldig as ek veroordeel word daaroor.

Ongelukkig het ek nie geduld om te luister na heen en weer storetjies die hele dag nie,(Gaan gerus die band na ek kyk wat het my bloed laat kook) Jy sal merk dat ek voorts nie deelgeneem het aan gesprekke waar mense teem en op een plek bly stilstaan nie.

Groete
Logged

Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 1581
  • Bravolander
    • WWW
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #96 on: January 11, 2010, 09:54:50 PM »
Ek kan regtig nie onthou waaroor jy ontevrede was nie, maar dit was nie mooi nie...

Ek het nie 'n band om dit na te gaan nie, ek onthou maar net daar was iets wat "gepla" het en dat dit onaangenaam was vir die res van ons wat die vergadering bygewoon het.

Ek weet dit was nie tydens die Boer-Afrikaner-kwessie nie, want toe het ek nie agter jou gesit nie, ek was naby genoeg om vir Henry Pinkham met 'n stoel te gooi. Maar ek moes my ma in toom hou, so ek het my hande vol gehad!  ;D

Die dag toe jy jouself ongewild gemaak het, het ons agter jou gesit. So ek kan regtig nie onthou waaroor dit was nie.
Logged
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

propatria

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 63
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #97 on: January 11, 2010, 10:35:45 PM »
Karina, ons dwaal bietjie van die punt af, maar ek kan vir jou ook se dat baie mense ook vir my gese het hulle het presies soos ek gevoel, en waardeer dat ek dit tot n punt gebring het.

Sou ek dus 10 of selfs 50 mense geafronteer het vra ek steeds omverskoning.

Wat enige van my projekte betref, ek het wen produk en n wen span en n wen adres. Mense wat nader aan my beweeg leer gou dat ek n projek dryf met passie en krag. Ongelukkig is ek kort van geduld indien spanlede die span terughou. Ander projekte wat ek in my lewe aangepak het, het juis hierdie eienskappe dit suksesvol gemaak.

Groete
Logged

eugnice

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 1
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #98 on: January 12, 2010, 03:13:13 PM »
As iemand my gaan se waar ek kan werk daar kry, pak ek die naweek. So as iemand weet van enigiets (ek het 'n regsagtergrond,laat my asseblief weet. (enkelvrou met 1 seun) :-\
Logged

propatria

  • Besoeker
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 63
Re: Hoekom is daar so min mense in Orania?
« Reply #99 on: January 12, 2010, 04:33:22 PM »
As iemand my gaan se waar ek kan werk daar kry, pak ek die naweek. So as iemand weet van enigiets (ek het 'n regsagtergrond,laat my asseblief weet. (enkelvrou met 1 seun) :-\

Dame, stuur maar jou cv aan reddingsbootjie@gmail.com die naweek is dalk bietjie vinnig, maar binne kort sal daar geleenthede wees.

Groete
Logged
Pages: 1 2 3 4 [5] 6   Go Up