Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Gebedsversoeke  (Read 9147 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Gebedsversoeke
« op: May 15, 2007, 06:10:11 PM »
Wilna de Wet: Ons beoog om 'n geldinsameling te loods om vir haar operasie te betaal. Dus vra ek u elkeen om asb. voorbidding vir haar in haar pyn, asook vir die fondsinsameling se sukses te doen.
Moed Vryheid Eer

100% Witvrou

  • Gas
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #1 op: May 18, 2007, 12:10:22 PM »

Afwesig Wilna de Wet

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 357
  • "Fear, the thief of Dreams"
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #2 op: May 18, 2007, 01:20:01 PM »
Esleen Potgieter: Sal u asseblief saam met ons bid vir Eslene se moeder. Sy is ernstig siek, en gaan deur 'n baie traumatiese tydperk. Dra haar asseblief in u gebede aan God op vir genesing en emosionele ondersteuning.
Vir God die Vader, die Seun, en die Heilige Gees.

Afwesig Banksie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 714
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #3 op: May 21, 2007, 03:35:19 PM »
Dit is Rainier Storm, my broer se sewe en twintig jarige seun.  Hy was Sondag, 6 Mei 2007 in n tragiese quad bike ongeluk betrokke en is sedertdien in George Staatshospitaal se Intensiewe Sorg eenheid in n koma en op die respirator.  Rainier het veelvuldige breinbeserings opgedoen en asook n skedelbreuk.  Die res van sy liggaam is ongeskonde.  Die dokters kan niks vir hom doen nie, hy het baie seer gekry.  Hulle dien antiobiotika en pynstillers toe per aarvoeding, maar verder is hy in die Groot Geneesheer se hande.
 
Rainier is besig om vir sy lewe te veg.
 
Hy het Maandag aand n nood operasie ondergaan om n dreineringspyp van sy brein na sy maag in te sit.   
 
Ek doen n beroep op al my email vriende om hierdie email te versprei na almal op julle adres lys.
 
Ek glo dat slegs God oor die mag beskik om Rainier weer na ons toe terug te bring, daarom glo ek hoe meer mense bid en dit van Hom vra, kan dit gebeur.  Dra asseblief sy ouers, Koos en Onelia, sy broers, Kobus en Louwrens en sy sussie, Marone aan die Here op in julle gebede.  Dat hulle die krag en sterkte sal kry om deur te druk en Rainier by te staan en nie moed verloor nie.

please note not mine it has been forwarded to me!


When the rich wage war it�s the poor who dies - Linkin Park
http://www.freewebs.com/freebelieve

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #4 op: May 22, 2007, 07:06:24 PM »
OPS Whitewash: Dat die beplande operasie 'n sukses sal wees.
Moed Vryheid Eer

Van der Walt

  • Gas
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #5 op: May 25, 2007, 09:11:56 AM »
Volksraadverkiesing: Dat die persone wat verkies word deur die leiding van Bo die regte besluite sal neem.  Dat hulle daagliks gelei sal word in die belangrike taak wat hulle het. 

Van der Walt

  • Gas
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #6 op: May 27, 2007, 12:59:29 PM »
Arrie van Heerden: Gaan deur 'n baie emosionele tyd.   Bid asseblief vir hom en sy huisgesin.

Van der Walt

  • Gas
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #7 op: May 30, 2007, 03:47:16 PM »
Rita O'Kelly:  Dit is Eslene se moeder.  Sy het vandag gehoor dat die helfte van haar dikderm verwyder moet word.  Ons dink aan haar en haar gesin.

Afwesig Piet

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 269
  • Dit is nou tyd vir moue oprol.
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #8 op: June 09, 2007, 10:05:08 PM »
David Evans My swaer. Hy was vanmiddag in 'n motorfiets ongeluk. Ons was nou by die hospitaal maar kon hom nie sien nie. Sy nek is op twee plekke gebreek, hy het weerskante van sy kop bloeding op die brein, sy regterbeen is op 'n paar plekke gebreek, so ook sy knieg en sy enkel. Ons weet nog nie van enige inwendige beserings nie.

Op 'n vraag aan die dokter of hy gaan oorleef was sy antwoord dat hy nou stabiel is en niks verder kan se nie, wat dit beteken weet ek nie. My vrou is oom nou inderhaas van Skotland af oppad terug huis toe om haar broer by te staan. Hou hulle in julle gebede asb.
« Laaste verandering : June 09, 2007, 10:06:41 PM deur Piet »
'n Volk sonder grond is niks meer as net 'n treknasie nie.

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #9 op: June 10, 2007, 02:37:23 PM »
Piet - Mag ons Hemelse Vader ook Sy Helende Hand oor u swaer en sy gesin hou. Spoedeige Beterskaop en volkome hertsel word hom toegewens.

Winter - Mag u en u vrou leiding en krag ontvang, mag Sy wil geskied. Alle voorspoed en sterkte word ook vir u en u gesing toegewens.

Liefde Groete

Cois

Afwesig Johann Venter

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 337
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #10 op: June 12, 2007, 09:20:04 AM »
Werner Brecher:  Hy is 'n goeie vriend van my, 35 jaar oud, en het sy regterbeen reeds twee keer in ongelukke baie ernstig beseer - die laaste ongeluk was 'n paar jaar gelede. Die ortopediese chirurg het met die vorige operasie ten minste 7 penne in sy been gesit .  Op die oomblik verduur hy ongelooflike pyn in sy regterbeen en dit swel ook baie op.  Die chirurg het bevind dat hy net ongeveer 20% bloedsirkulasie na die been toe het. Die moontlikheid bestaan dat daar gangreen in die been kan kom. Werner is 'n Christen-gelowige wat Jesus Christus as sy Saligmaker ken.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #11 op: June 14, 2007, 09:35:05 PM »
Banksie, ek sal dit waardeer as jy my meer omtrent jou situasie kan inlig per epos of pb. As jy skype het, moet ons eendag 'n afspraak maak, asb.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Wilna de Wet

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 357
  • "Fear, the thief of Dreams"
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #12 op: July 23, 2007, 01:34:37 PM »
Goeie dag aan my Volksgenote.
Ek wil asseblief vra dat U gebede ook aan my kleinseun, Leander nou 17 maande, opgedra word. Hy is prematuur gebore op 28 weke van swangerskap, en moes vir 2 en 'n half maande op suurstof om te oorleef.  Toe die suurstof geleidelik gestaak is, het hy ROP (Retinopathy of Prematurity) ontwikkel. Hy is nou reeds in ROP fase 5.  Dit is die losskeur van die retina, a.g.v. bloeding wat ontstaan in die speen van die suurstof aparaat, in die ogies teen die brein. As gevolg hiervan is hy blind, en kan net effens lig en donker (na vele gebede) onderskei. Hy was totaal blind, en God was goed vir ons en het hom die lig/donker sensasie van sy ogies teruggegee. Die hospitaal waar hy gebore is het nagelaat om sy ogies te ondersoek (wat blykbaar roetine is) en daar was sjirurgies niks meer wat hulle kon doen om sy ogies te red nie. Die gesig (die wenkbrou skedel-gedeelte) maak op die oogballe staat vir ondersteuning tydens normale groei van die gesiggie. Omdat sy ogies besig is om weg te droog, het die staatshospitaal 'n besluit geneem om sy ogies te verwyder en te vervang met prosteses. (glas ogies).  Ons probeer dit ten alle koste vermy, en het nou dokters in die buiteland genader wat eksperimentele alternatiewe operasies doen, om sulke babas se sig terug te kry, of gedeelte daarvan. Daar is nog net 4 maande oor voor geskeduleerde operasie.
Ek vra om asseblief u gebede te rig, dat ons hulp van oorsee kan kry, om sy ogies te red. Ek voel net hoekom moet ons hom weer beroof van die bietjie lig-sensasie wat God vir hom teruggegee het, as daar ander alternatiewe is.
Baie dankie.
Vir God die Vader, die Seun, en die Heilige Gees.

Michelle

  • Gas
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #13 op: September 09, 2007, 05:10:09 PM »
Jacobs familie, Witbank.   Ian Jacobs (15 jaar) is gisteraand doodgeskiet nadat hulle deur 'n polisievoertuig aangewys is om te stop.  Dit was op 'n stil pad en laat in die aand.  Sy 21 jarige nefie het bestuur en was bang om te stop.  Ian was raakgeskiet.  Bid asseblief vir sy familie en veral die vier jongmense wat ook in die bakkie was.

Dankie julle

007Meisie

  • Gas
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #14 op: September 09, 2007, 06:21:37 PM »

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #15 op: October 02, 2007, 08:58:03 AM »
Net ietsie vir bemoediging aan elkeen.
Moed Vryheid Eer

Afwesig ANTJE

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 20
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #16 op: October 02, 2007, 09:45:10 AM »
gebed's versoek

Banksie en dogtertjie skarlaken koors onder huis aress,  haar dogtertjie is baie siek.

Dankie almal!

Afwesig Banksie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 714
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #17 op: November 01, 2007, 03:16:12 PM »
hey kyk ek was ook al op :o

dankie

Hoor hier julle die is baie baid dringined ek werk saam met n dame wie se suen nou 21 jaar oud is die drikking in sy oe het die senuwees heeltemal vernietig en hy is blind in die een oog (dit het alles leterlik oornag gebeer)   hulle kan niks doen vir die een oog nie maar hulle probeer nou die ander oog red,   as hulle nie die drikking op die oog kan verlaag nie gaan hy heeltemal blind wees,   hy is n argitek student.    Mense asb bid saam,  hy is 21 en het n briljante toekoms voorhom bid dat God die driking sal verlaag in die oog, so dat hy dit kan behou.  Die naam en help my is n sicloom* of so iets.

Sy naam is Eugene Neethling.

Julle gebede word opreg wardeer

*Gloukoom
« Laaste verandering : November 02, 2007, 09:58:55 AM deur Kleinbekkie »
When the rich wage war it�s the poor who dies - Linkin Park
http://www.freewebs.com/freebelieve

Afrikanermeisie

  • Gas
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #18 op: November 12, 2007, 11:10:20 PM »
« Laaste verandering : November 20, 2007, 05:49:51 PM deur Karina de Jager »

123 Blok My

  • Gas
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #19 op: November 20, 2007, 05:53:29 PM »
Ons almal ken vir Micky hier in Bravoland.  Miskien weet julle nie dat sy deur 'n baie moeilike tydjie gaan nie.  Dit is al 'n tydjie wat haar pa ernstig siek is en Vrydagaand is hy na die Multi Intensiewe Sorgeenheid by Unitas in Pretoria oorgeplaas.  Die nuutste ontwikkeling is  dat hy stabiel maar nog nie wakker is nie.  Die familie maak beurte om saam met hulle moeder by hom te waak.  Micky gaan van more af tot die naweek daar by hom bly. 

Ek wil vra of ons almal  nie maar asseblief aan hulle in ons gebede kan dink nie?

RoosMaryn



Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal