Skrywer Onderwerp: Gebedsversoeke  (Read 8759 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Insake: Gebedsversoeke
« Antwoord #40 op: November 20, 2008, 09:50:56 PM »
Baie dankie aan almal wat al gebel en boodskappe gestuur het en dit nog steeds doen. Pa het vanoggend 'n hartklepvervanging en twee hartomleidings ontvang. Hy was agtuur in en twintig oor een het die dokter gebel om te sê dit was suksesvol. Hulle sou hom eers vanaand of môre oggend bygebring het, dus was dit 'n groot verrassing toe hy met ons besoek om sesuur al wakker was. Hy lyk goed onder omstandighede. Weereens baie dankie vir jul gebede, dit dra ons werklik. Groete Christa en Winter en die res van die Burgers van Elders
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Insake: Gebedsversoeke
« Antwoord #41 op: November 21, 2008, 12:31:17 PM »
Ons is saam met jou dankbaar dat dit goed gaan onder omstandighede - dra ons beste wense oor aan jou Pa, en weet net dat ons steeds aan hom dink want daar is nog n pad om te loop na volkome herstel - en ons glo dat alles wel sal wees.

Gegroet tot later
Kennis is mag

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #42 op: November 25, 2009, 07:11:13 PM »
Ek wil graag vra dat julle asb. vir Sannie se pa moet bid. Hy het Sondag blykbaar sleggevoel en is toe gediagnoseer met veelvuldige orgaanversaking. Toe hulle hom later oorplaas na Intensief, het sy hart op 'n stadium gaan staan. Hy is tans in 'n koma. Sal julle asb hom en sy gesin in jul gebede aan ons Vader opdra?

Sannie, kan jy net ons asb op hoogte hou en dalk ook sy naam vir ons kom gee?
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #43 op: November 25, 2009, 11:58:59 PM »
Sterkte Sannie , ons hoop en bid vir alles van die beste .

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #44 op: November 26, 2009, 07:19:37 AM »
Sannie se pa is vanoggend vroeg oorlede. Ek was ongelukkig te laat om met hom te praat, maar kon darem vir die familie vertroosting gee. Dink maar aan die familie in julle gebede, Abel se dood was baie onverwags.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #45 op: November 26, 2009, 08:21:15 AM »
Sannie, ons innige simpatie met jou en jou familie se groot verlies. Wees verseker dat God vir julle vertroosting sal bring in hierdie tyd. Ons dink aan julle in ons gebede. Sterkte!
Ons Sal!!!

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #46 op: November 26, 2009, 10:53:15 AM »
Sterkte Sannie. Die woorde ontbreek.....
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #47 op: November 26, 2009, 10:56:39 AM »
Sterkte Sannie, ons dink aan julle
VOEL TUIS

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #48 op: November 26, 2009, 11:42:47 AM »
Sterkte Sannie.

Afwesig Ankoren

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 104
    • Uit my ("Boeremag")-dagboek
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #49 op: November 26, 2009, 12:35:01 PM »
Sannie
Mag sy nagedagtenis vir jul as familie sterk bly staan.
Dink aan jou!
Liefde
Tannie Anita

Afwesig Sannie van der Walt

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1131
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #50 op: December 07, 2009, 01:19:01 PM »
Baie dankie aan almal vir julle gebede en boodskappe.  Dit word opreg waardeer.
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar. . . (DJ Opperman)

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Gebedsversoeke
« Antwoord #51 op: December 12, 2009, 06:06:37 AM »
Sannie, ek verneem nou eers van jul verlies - Mag die Here op besondere wyse vertroosting bring.
Kennis is mag


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal