Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Voortgang van die Volksraad  (Read 1481 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Voortgang van die Volksraad
« op: February 17, 2008, 09:42:16 AM »
SP Jan
Die vreemde gebeure in Bravoland het 'n uitwerking op ordelike voortgang veroorsaak.

Kan u die burgery inlig oor wat beplan word om die rustigheid te herstel, of is ek buite orde?

Daar is menige burgers wat sal help indien dit nodig geag word.

Mag ek die vryheid gegun word om enkele opmerkings te maak? Miskien is ek by die verkeerde draad, en daarvoor my verskoning:

Voorbeeld: Kan RoosMaryn se 365 Spore behoort so vinnig moontlik weer geaktiveer te word (Met erkenning aan Rosie vir haar onmisbare werk)?

Die gewone gebeure in die NSA moet onverwyld weer onder die aandag van die burgers kom, en dit blyk dat ons almal ietwat "verstar" het.

Is Bravoland werklik 'n vrye staat of word daar nog gewerk aan die saak?

My onkunde en oningeligtheid is moontlik dieselfde as by vele ander burgers.

Vriendelike groete en sterkte
Clem de Kerk
Kennis is mag

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Is: Voortgang van die Volksraad
« Antwoord #1 op: February 17, 2008, 01:55:46 PM »
Oom Clem.

Dankie dat oom die vrymoedigheid het om my die vrae te vra.

Jar daar is baie werk wat voorle vir die Volksraad.  Rustigheid moet herstel word, daar moet 'n aksie geloods word om burgers wat ons verlaat het weer terug te kry, en dan is daar 'n verkiesing wat gereel moet word.

Die forum het ook baie administrasiewerke wat gedoen moet word.  Kantore is met die staatsgreep toegemaak en oopgemaak, magtigings is rondgegooi, en persoonlike boodkappe is uitgevee.  Die hulp van die wat weet van die forum administrasie moet weer ingeroep word.

Na die drie lange dae onderhandelings wat gistermiddag 4uur afgehandel en afgesluit is, het ek my rekenaar afgesit, en my volksraadkantoordeur toegetrek.  Ek het die Volksraadslede in die gange gevind, opgewonde en ook bang.  Daar het ek sommer vir hul genoem dat ek nou gaan rus.

Dus oom Clem, vandag is deel van my rusperiode.  More is Maandag en dan spring ons weer met krag en moed in.  Die burgers sal weldrae kennis neem van ons besluite.

Oom Clem, Bravoland is dalk nog nie 'n vrye staat nie, maar Bravoland is nou in veilige hande.  Bravoland sal eers werklik vry wees as ons ons Art21 Mpy geregistreer het.  Maar Bravoland is vry in die sin dat niemand ons bedreig nie, en ons as Volksraad is nou weer in volle beheer van Bravoland.

Ons praat more weer.

Groete

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Voortgang van die Volksraad
« Antwoord #2 op: March 10, 2008, 12:36:05 PM »
Geagte Meneer die Staatspresident

Wanneer begin die amptelike verkiesing vir die Volksraad? Ek sal graag die stembus in gereedheid wil bring.

Baie dankie
KB
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Voortgang van die Volksraad
« Antwoord #3 op: March 10, 2008, 08:57:43 PM »
Geagte Meneer die Staatspresident

Wanneer begin die amptelike verkiesing vir die Volksraad? Ek sal graag die stembus in gereedheid wil bring.

Baie dankie
KB

KB die SP sal mettertyd van hom laat hoor - intussen bou ons Bravoland tot groot hoogtes - wat kwalik sonder jou gedoen kan word.

Groete
Clem
Kennis is mag

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Voortgang van die Volksraad
« Antwoord #4 op: March 10, 2008, 08:59:52 PM »
Dankie vir die antwoord, dit is net dat die nuwe VR so gou moontlik verkies moet word, dat Bravoland op koers kan kom. Die meeste departemente is onbeman en alles is so half hangende.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Voortgang van die Volksraad
« Antwoord #5 op: March 10, 2008, 09:13:35 PM »
Verstaan jou bekommernis - maar kom ons wees rustig - ons sal wel weer opbou wat seergekry het. Ons het deur die diepste water gegaan, seer gekry maar steeds strydend in volksbelang - en gesuiwer anderkant uitgekom.

Rustige aand virjou- ek kaan nou 'n rusplekkie soek.

groete
Clem
Kennis is mag

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Insake: Voortgang van die Volksraad
« Antwoord #6 op: March 11, 2008, 06:19:10 AM »
Kan ek vra dat KB die stemlokale open.  Ek is uitstedig en kom kwalik by die rekenaar uit.

Gaan asb voort met die verkiesing.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal